Inhoud deur J.J. HARMSE

Met die Wallabies as teenstanders in die volgende drie wedstryde in die Drienasies-rugbyreeks, gaan die Springbokke van vandag af met ’n heeltemal nuwe aanslag begin voorberei.

Die Australiërs gaan ander eise aan die Suid-Afrikaners stel en hulle sal nie net takties hul spel moet aanpas nie. Peter de Villiers sal ook sy troepe sodanig moet rangskik dat ’n sege Saterdag op Nuweland in Kaapstad ’n gegewe word.

Die Bok-breier kan egter nie veel aan sy span verander nie. Ruan Pienaar sal waarskynlik beskikbaar wees vir die kragmeting in die Kaap, maar dit sal verregaande wees om hom weer losskakel te laat speel.

Morné Steyn se droomseisoen en sy uitstekende skopwerk in Saterdag se toets hier teen die All Blacks gaan dít vir De Villiers onmoontlik maak om die nommer 10-trui weer aan Pienaar toe te vertrou.

Steyn het nou die momentum aan sy kant en solank dit pap reën vir dié Bulls-speler, moet die Springbokke skep.

De Villiers het twee keuses. Hy kan Pienaar nog ’n week laat rus en seker maak hy is slaggereed vir die oorsese deel van die Drienasies-reeks, of hy kan dié Nataller as plaasvervanger kies. In só ’n geval behoort hy Ricky Januarie te vervang.

Met Pienaar op die bank, het De Villiers ook die luukse om vyf voorspelers te kies, sou hy dit só verkies.

Die Bokke se aanslag sal sekerlik by die Wallaby-skrum begin en die fokus sal op rolmaal-bewegings wees.

Die Bok-kaptein, John Smit, het ná die oorwinning van 31-19 oor Nieu-Seeland erken dat hulle glad nie die rolmaal wou gebruik nie, maar dit sal verander teen ’n teenstander wat nie so bekend is vir sy inklimspel voorlangs nie.

Die hoogskop-taktiek wat so uitstekend teen die All Blacks se agterste driehoek gewerk het, gaan ook nie dieselfde vrugte dra teen die Aussies nie.

Dié spelers is veel vaardiger wat die vang van balle uit die lug betref en hul skopwerk is ook aansienlik beter as wat die Nieu-Seelanders kon opdis.

Met Matt Giteau op losskakel het die besoekers ook ’n angel van wêreldgehalte, iets wat Graham Henry (All Black-afrigter) nie beskore was in Stephen Donald nie.

“Die Aussies gaan beslis ’n ander dier wees,” het De Villiers erken.

“Ons doen egter die regte dinge deurdat ons voorbereiding baie deeglik is en dit daarna ook op die veld uitgevoer word.”

De Villiers het weer die wenkbroue laat lig toe hy Jean de Villiers met Adi Jacobs vervang het. Jacobs se spel as binnesenter is nie van dieselfde gehalte as wanneer hy buitesenter speel nie.

Boonop is sy verdediging in daardie kanaal verdag.

Die All Blacks het met sukses in die middelveld aangeval, maar dinge lyk veel beter as teen die Britse en Ierse Leeus toe Jamie Roberts en Brian O’Driscoll groot bresse geslaan het.

Die Bokke se lakwerk oor die algemeen is steeds een van hul beste wapens. Altesame 82 suksesvolle duikslae is teen die Kiwi’s uitgevoer en 16 verbrou, maar dis die span se vermoë om vinnig te herorganiseer wat hom só suksesvol maak.

Die Bokke het vandag ’n afrigtingskliniek in Wellington en oefen môre in Groenpunt.

331 Responses to Nou vir operasie Wallaby: Bokke sal visier anders stel in Kaap

  • 241

    Stegman is glad nie goed in die lynstane nie. hehehe

    Ed…toemaar Snorre sal een van die dae bykom.

  • 242

    #241,

    Dink as snorre die bestes gaan begin kies, dan k@k die All Blacks en Wallabies met 50 punte.. 😀 Ek gaan nou ophou, Peester of GBS gaan my nou vloek. hhehehe

  • 243

    242 Vloek is baie sagkens gestel. hehe

  • 244

    242 Soos Griekwas gek@k het?

  • 245

    #243

    ek weet, ek is nou so bietjie skrikkerig. hehehe 😀

  • 246

    244 Ek sal ook nou ophou… 😳

  • 247

    As ek nie ‘n bang babelas gehad het nie, het ek jou nou gevloek. :mrgreen:

  • 248

    #246 Ek waardeur dit. 😉

  • 249

    Ek MOET nou werk insit. PRaat weer later Eddie.

    Pasop vir voorname hier tjom- kyk 241.

  • 250

    Lekker werk, sorry oor die name. klaar gefix!!

  • 251

    Heyyyyyyy, wa de fokkkkkkkkk gaan hier aan ??

  • 252

    Helllooo GBS. Ons praat net so bietjie k@k man.

  • 253

    252 – Boeta Ed,

    Ek het ‘n lekker dingetjie ontdek…… WordPress Theme Generator….. ek maak nou my eie THEME !!

  • 254

    #253, ek het ons ander dB heeltemal opgeneuk. Moes alles oorlaai. admin username en password weer dieslefde. Ek gaan so bietjie kyk na die theme generator.

  • 255

    254 – Ed,

    Ek mail die Theme Generator vir jou !

  • 256

    #255

    Thanks GBS. Het gekry. Werk nogals kwaai.

  • 257

    Ja, maar ek het nou ook ‘n ander ding ontdek Ed, gaan check my nuwe website gou… ek gebruik ‘n THEME wat mens heeltemal self kan aanpas….
    Noggie klaar nie… maar check bietjie.

  • 258

    Cuzzzyyyyyy??????

  • 259

    Ek sal check, net gou lunch

  • 260

    Flok, ek weetie of Cusin Cervix Maximus Clitorius gaan regkry om te registreer nie !!

  • 261

    Is dit waar julle manne weg kruip… Faark ek soek en soek julle…

  • 262

    Het ek julle verras?

  • 263

    261 – Cuzzzzzzz,

    O, jy het ook die een breinsel gebruik om te registreer !!

    Hellooooooooooo

  • 264

    262 – Cuzzy,

    Ja…. fluister… hier mag ons tydelik nog P@esssssss se !!

    Hehehe

  • 265

    Nee man ek het twee en hulle is altyd in konflik met mekaar! Moerse trot op jou oor die nuwe ruggas site GBS. Is dit nou net die hand-pick ouens wat hier kan blog of hoe?

  • 266

    Sien EEE is ook hier, moer lanklaas met haar gechat, meer as n jaar en n half terug voor ekke Congo toe was!

  • 267

    #264 GBS

    Bwaahahahahaa!!! Jis broer ek trek dalk oor 3 weke in my nuwe huis in, dan gaan ons moooooerse party hou. Nooi al die manne wat ons ken, trippels ens…

  • 268

    265 – Cuzzy,
    Ed en ekke develop nog hierdie blog….. die blog is nog soos die ou wat die Evolusieteorie uitgedink het (Darwin) gese het van die WALRUS… “Hy is nog nie klaar nie!”
    Maar ons vorder, en sodra ons klaar is gaan ons vir die laaste keer Keo toe en al die makmoere se moere vir hulle uitmekaar vloek.
    Ons gaan baaaaie bloggers hier toelaat maar ons gaan die gomtorre se tjank aftrap en wegjaag !

  • 269

    268

    O ja, en die ou wat regkry om EERSTE op Keo geban te word, kry ‘n kas bier !!

  • 270

    267 – Cuzzy,

    Ons sal jou nuwe huis stukkend suip…. hehehe

Users Online

Total 35 users including 0 member, 35 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm