Inhoud deur J.J. HARMSE

Met die Wallabies as teenstanders in die volgende drie wedstryde in die Drienasies-rugbyreeks, gaan die Springbokke van vandag af met ’n heeltemal nuwe aanslag begin voorberei.

Die Australiërs gaan ander eise aan die Suid-Afrikaners stel en hulle sal nie net takties hul spel moet aanpas nie. Peter de Villiers sal ook sy troepe sodanig moet rangskik dat ’n sege Saterdag op Nuweland in Kaapstad ’n gegewe word.

Die Bok-breier kan egter nie veel aan sy span verander nie. Ruan Pienaar sal waarskynlik beskikbaar wees vir die kragmeting in die Kaap, maar dit sal verregaande wees om hom weer losskakel te laat speel.

Morné Steyn se droomseisoen en sy uitstekende skopwerk in Saterdag se toets hier teen die All Blacks gaan dít vir De Villiers onmoontlik maak om die nommer 10-trui weer aan Pienaar toe te vertrou.

Steyn het nou die momentum aan sy kant en solank dit pap reën vir dié Bulls-speler, moet die Springbokke skep.

De Villiers het twee keuses. Hy kan Pienaar nog ’n week laat rus en seker maak hy is slaggereed vir die oorsese deel van die Drienasies-reeks, of hy kan dié Nataller as plaasvervanger kies. In só ’n geval behoort hy Ricky Januarie te vervang.

Met Pienaar op die bank, het De Villiers ook die luukse om vyf voorspelers te kies, sou hy dit só verkies.

Die Bokke se aanslag sal sekerlik by die Wallaby-skrum begin en die fokus sal op rolmaal-bewegings wees.

Die Bok-kaptein, John Smit, het ná die oorwinning van 31-19 oor Nieu-Seeland erken dat hulle glad nie die rolmaal wou gebruik nie, maar dit sal verander teen ’n teenstander wat nie so bekend is vir sy inklimspel voorlangs nie.

Die hoogskop-taktiek wat so uitstekend teen die All Blacks se agterste driehoek gewerk het, gaan ook nie dieselfde vrugte dra teen die Aussies nie.

Dié spelers is veel vaardiger wat die vang van balle uit die lug betref en hul skopwerk is ook aansienlik beter as wat die Nieu-Seelanders kon opdis.

Met Matt Giteau op losskakel het die besoekers ook ’n angel van wêreldgehalte, iets wat Graham Henry (All Black-afrigter) nie beskore was in Stephen Donald nie.

“Die Aussies gaan beslis ’n ander dier wees,” het De Villiers erken.

“Ons doen egter die regte dinge deurdat ons voorbereiding baie deeglik is en dit daarna ook op die veld uitgevoer word.”

De Villiers het weer die wenkbroue laat lig toe hy Jean de Villiers met Adi Jacobs vervang het. Jacobs se spel as binnesenter is nie van dieselfde gehalte as wanneer hy buitesenter speel nie.

Boonop is sy verdediging in daardie kanaal verdag.

Die All Blacks het met sukses in die middelveld aangeval, maar dinge lyk veel beter as teen die Britse en Ierse Leeus toe Jamie Roberts en Brian O’Driscoll groot bresse geslaan het.

Die Bokke se lakwerk oor die algemeen is steeds een van hul beste wapens. Altesame 82 suksesvolle duikslae is teen die Kiwi’s uitgevoer en 16 verbrou, maar dis die span se vermoë om vinnig te herorganiseer wat hom só suksesvol maak.

Die Bokke het vandag ’n afrigtingskliniek in Wellington en oefen môre in Groenpunt.

331 Responses to Nou vir operasie Wallaby: Bokke sal visier anders stel in Kaap

  • 301

    Sport is ontspanning. Die goeie ding is, ons het admin 24 uur per dag, so niemand kan k@k aanjaag nie.

    Ons sal nog ‘n hele paar van daai manne steel.

  • 302

    # 299,

    Kry daai woordeboek reg may maat.

    #300

    Cheers Cuzzy.

  • 303

    Ed waneer kom jy weer kuier in SA?
    Sal darem nice wees as jy en Pietman selfde tyd in SA kan wees , dan kry ons n boslapa en kuier n naweek in my wereld, goeie plekke met billike deals hier moontlik.

  • 304

    #303
    superBul,

    Dit klink great. Ek sal seker volgende jaar eers weer SA toe gaan. Omtrent al my verlof vir die jaar al gebruik.
    So boslapa uitstappie saam julle ouens kan net lekker wees. Ek sal definitief probeer om dit saam Pietman te reël.

  • 305

    Dit is seker moeilik om nou al datums vas te maak maar n ou moet net n idee kry van se so feb/mrt 2010 dan gaan ons groot.

  • 306

    Ek stem saam. So lekker manne en kuier naweek. Ek sal bietjie met die ouers praat om te hoor wanneer hulle ook sal pas.

  • 307

    #306,

    Nie om saam weg te gaan nie. Net om hulle te sien. 🙂

  • 308

    I’m late again….. 🙁

  • 309

    Maybe we will get a few together tonight, how are you, watch your mail for updates on the Cheetahs and another surprise, new caracul’s (afr Rooikat) photos

  • 310

    Hellooooooooooo

    I’m back again, briefly…. busy coding for the final WEBBLOG at the moment… and that is NOT SOMETHING where you can multitask, I’m afraid… it takes utter concentration, camels, sletsap and biltong…

    Hehehe

  • 311

    310. Hello Chaps….am I glad to see you…..

  • 312

    superBul, what is a caracul? Sounds interesting!
    Are the little cheetahs less fluffy now? Love fluffy cheetahs……

    GBS – Please go steady on the camels!! Not that I am one to nag!! 😉

    So was everyone delighted with Saturdays result?? What do we think the Ausies will make of the Boks on Saturday?
    Have to say Newlands, on reflection is not a patch on Loftus or the Shark Tank! Maybe pouring rain did cloud my judgement though!!

  • 313

    #312 Carol, your judgment is clouded by more than it seems to me.

  • 314

    Hi Boerboel, what could you mean?

  • 315

    Actually Newland was a bit “Tatty”….

  • 316

    315 – Carol,

    Look at the HOME PAGE of the blog now, I have managed to ABRIEVIATE the Articles to show only the basic stuff !

    Oh, and you’ll be glad to hear, we have sorted out the “Users Online” thingy as well as the “Reply To” Thingy which will not appear here on the Development Blog… but in the Final one

  • 317

    316

    Looking better and better by the day GBS!!!!

  • 318

    GBS you are such a clever old stick…..how do you know this stuff…I thought you were a Lawyer!! Heheheheh 🙂

    How is the name selection going?
    I thought ‘LIne Out’ was OK,a bit of word play….rugby and lines of writing!!

    What would I know, I am just a girl!!

  • 319

    Hi S.A….Have you managed to get a hint when the new blog might be launched??

  • 320

    317 – SAB,

    Fanks !!

    318 & 319 – Carol,

    Only me and Ed are privy to that at the moment, the development work will just confuse the bloggers…. hehehe

    Clever ?? I told you I should have been TWINS !! Hehehehe

  • 321

    319 – Carol,

    Launch is as far away as the TIME Ed and I get to develop the site, sistah !!

    But, it’s coming closer and closer….

  • 322

    and getting more hits than keo. hehehehe

  • 323

    GBS I keep missing you….I have flitted onto Keo, and it is a dull as ditchwater……..
    If you were twins one of you could come and visit me!! 😉 !!!

    Should I just leave you be to get on with this then!! 😆 don’t want to hold up proceedings!

  • 324

    Ed, are you going to advertise the site?
    Do you want lots of blogggers?

    What is your “mission statement” ? Lol

  • 325

    #324 Carol,

    This will be a rugby blog for friends. No political and rasicm nonsens.
    I’m not to worried about advertising at the moment.

    Ok bye for now. Time to go home.

  • 326

    Ed, GBS

    Kyk gou of julle daai artikel wat ek gepost het in paragrawe kan kry. Hier by my was hy in paragrawe. En hoe kry n ou fotos op saam die artikel?

  • 327

    326 – Supa,

    Klaar jou geantwoord op die Thread self….

  • 328

    Well Ed, you and GBS will be in our debt after all the work you have put in!

  • 329

    328 – Karlientjie Cotwoldsie,

    No, you won’t be in anybody’s DEBT…. we are simply creating a better BLOG for ALL of US…..

  • 330

    Elo. Elo. anybody home?

Users Online

Total 61 users including 0 member, 61 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm