Inhoud deur J.J. HARMSE

Met die Wallabies as teenstanders in die volgende drie wedstryde in die Drienasies-rugbyreeks, gaan die Springbokke van vandag af met ’n heeltemal nuwe aanslag begin voorberei.

Die Australiërs gaan ander eise aan die Suid-Afrikaners stel en hulle sal nie net takties hul spel moet aanpas nie. Peter de Villiers sal ook sy troepe sodanig moet rangskik dat ’n sege Saterdag op Nuweland in Kaapstad ’n gegewe word.

Die Bok-breier kan egter nie veel aan sy span verander nie. Ruan Pienaar sal waarskynlik beskikbaar wees vir die kragmeting in die Kaap, maar dit sal verregaande wees om hom weer losskakel te laat speel.

Morné Steyn se droomseisoen en sy uitstekende skopwerk in Saterdag se toets hier teen die All Blacks gaan dít vir De Villiers onmoontlik maak om die nommer 10-trui weer aan Pienaar toe te vertrou.

Steyn het nou die momentum aan sy kant en solank dit pap reën vir dié Bulls-speler, moet die Springbokke skep.

De Villiers het twee keuses. Hy kan Pienaar nog ’n week laat rus en seker maak hy is slaggereed vir die oorsese deel van die Drienasies-reeks, of hy kan dié Nataller as plaasvervanger kies. In só ’n geval behoort hy Ricky Januarie te vervang.

Met Pienaar op die bank, het De Villiers ook die luukse om vyf voorspelers te kies, sou hy dit só verkies.

Die Bokke se aanslag sal sekerlik by die Wallaby-skrum begin en die fokus sal op rolmaal-bewegings wees.

Die Bok-kaptein, John Smit, het ná die oorwinning van 31-19 oor Nieu-Seeland erken dat hulle glad nie die rolmaal wou gebruik nie, maar dit sal verander teen ’n teenstander wat nie so bekend is vir sy inklimspel voorlangs nie.

Die hoogskop-taktiek wat so uitstekend teen die All Blacks se agterste driehoek gewerk het, gaan ook nie dieselfde vrugte dra teen die Aussies nie.

Dié spelers is veel vaardiger wat die vang van balle uit die lug betref en hul skopwerk is ook aansienlik beter as wat die Nieu-Seelanders kon opdis.

Met Matt Giteau op losskakel het die besoekers ook ’n angel van wêreldgehalte, iets wat Graham Henry (All Black-afrigter) nie beskore was in Stephen Donald nie.

“Die Aussies gaan beslis ’n ander dier wees,” het De Villiers erken.

“Ons doen egter die regte dinge deurdat ons voorbereiding baie deeglik is en dit daarna ook op die veld uitgevoer word.”

De Villiers het weer die wenkbroue laat lig toe hy Jean de Villiers met Adi Jacobs vervang het. Jacobs se spel as binnesenter is nie van dieselfde gehalte as wanneer hy buitesenter speel nie.

Boonop is sy verdediging in daardie kanaal verdag.

Die All Blacks het met sukses in die middelveld aangeval, maar dinge lyk veel beter as teen die Britse en Ierse Leeus toe Jamie Roberts en Brian O’Driscoll groot bresse geslaan het.

Die Bokke se lakwerk oor die algemeen is steeds een van hul beste wapens. Altesame 82 suksesvolle duikslae is teen die Kiwi’s uitgevoer en 16 verbrou, maar dis die span se vermoë om vinnig te herorganiseer wat hom só suksesvol maak.

Die Bokke het vandag ’n afrigtingskliniek in Wellington en oefen môre in Groenpunt.

331 Responses to Nou vir operasie Wallaby: Bokke sal visier anders stel in Kaap

  • 211

    210 Moenie my n pom noem nie!!!

  • 212

    Ek wil iets sê en ek gaan dit sê. Almal hierbo kerm oor JdV se verdediging….maar hy moet 2 kanale cover…Morne tackle nie!

  • 213

    212 Nonsens man!! Meeste van sy missed tackles was in broken play en Morne was nie naby nie.

  • 214

    enas die no 10 sy man mis moet die no8 darem cover…en hy tackle OOK nie!!!

  • 215

    214 Wat n surprise, K9 dink die Bulle is die swak skakels!

    Nee wat Morne, 31 punte is nie genoeg nie, jy sal moet 50 punte aanteken Saterdag om dalk n kompliment van K9 te kry!

  • 216

    Die klomp bulle hier is besig om mekaar te mail……..’kom lees wat sê K9 nou al weer!!!” hehehe

  • 217

    hELLO K9……hoe lykkit mater

  • 218

    Ek het nie gesê AL die bulle nie!

  • 219

    Jis jis Ed!!!! Nee dit lyk nog reg ……. so geloer innie stort hehehe

  • 220

    216 Eintlik mail ons niemand nie. Almal weet wat is jou opinie oor Bul spelers voor jy dit nog se!

  • 221

    Ek is bly om dit te hoor my tjom. As Earl Rose gespeel het, het ons met 50 punte gewen. 🙂

  • 222

    Gister ‘n hangover of note gehad……eish!!!! So saam ‘n verkoue. Nie lekker nie.

  • 223

    Net so Ed!!!! So bietjie nice balverspreiding van ‘n loskakel wat so baie bal op die voorvoet kry….mmmm…….kan maar net droom 😉

  • 224

    221 Met Herkie Kruger wat van die bank af kom?

  • 225

    Griekwas!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 226

    Nee man Supa…….nou push jy dit so bietjie.

    JS het maar gesuffer in die skrums Sat.

  • 227

    Toemaar Supa…wag maar. Julle moet hulle nog speel.

  • 228

    Herkie is die oplossing man, hy is die leeus se loskakel. Bok loskakels moet wees:

    Earl Rose
    Herkie Kruger
    Louis Killian

    en Jody Rose moet saamtoer om ontwikkel te word vir die toekoms.

  • 229

    Ek self so bietjie met ‘n moeesa babbie gesit gister.
    LEEUSSSSSSSSSSSSS!!!!!

  • 230

    @228 Louis of Michael Killian?

  • 231

    227 Griekwaaaaaas!!!!!!!!!!! Ek probeer soos Oom Bushy klink man.

  • 232

    228 Louis, Michael se beter helfte. hehe

  • 233

    Supa…..hoekom is dit as iemand iets van ‘n speler sê kyk julle eers van watter provinsie hy kom en dit bepaal dan die aard van jul antwoord? Of ‘n speler word afgekraak as daar iemand van jul provinsie is wat dalk in sy plek kan speel?

  • 234

    Ok julle twee groot Leeus,

    Ek loer weer later in. Gesels julle solank oor Alberts, Earl en Willem Stoltz wat in die Bok span hoort. 🙄

  • 235

    #233,

    Ek vergewe jou Supa!! 😀

  • 236

    233 Dalk omdat jy elke speler van die Bulle afkraak? Jyt mos selfs gese FDP, Bakkies, Habana en al die ander Bulle is swak. Net Stegmann en Vic in die lynstane is goed.

  • 237

    #234

    Alberts is myle beter as kanko en spies.

  • 238

    Hehe…ek moet ook gou gaan……..praat netnou. Ed ….hou ons leeus se naam HOOG 😉

  • 239

    Kom nou ouens. Gaan ek die eerste fight op ons site nou sien. 😀 Geen politiek of rassisme nie. hehehehe

  • 240

    Cheers Manne.

Users Online

Total 57 users including 0 member, 57 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm