Inhoud deur J.J. HARMSE

Met die Wallabies as teenstanders in die volgende drie wedstryde in die Drienasies-rugbyreeks, gaan die Springbokke van vandag af met ’n heeltemal nuwe aanslag begin voorberei.

Die Australiërs gaan ander eise aan die Suid-Afrikaners stel en hulle sal nie net takties hul spel moet aanpas nie. Peter de Villiers sal ook sy troepe sodanig moet rangskik dat ’n sege Saterdag op Nuweland in Kaapstad ’n gegewe word.

Die Bok-breier kan egter nie veel aan sy span verander nie. Ruan Pienaar sal waarskynlik beskikbaar wees vir die kragmeting in die Kaap, maar dit sal verregaande wees om hom weer losskakel te laat speel.

Morné Steyn se droomseisoen en sy uitstekende skopwerk in Saterdag se toets hier teen die All Blacks gaan dít vir De Villiers onmoontlik maak om die nommer 10-trui weer aan Pienaar toe te vertrou.

Steyn het nou die momentum aan sy kant en solank dit pap reën vir dié Bulls-speler, moet die Springbokke skep.

De Villiers het twee keuses. Hy kan Pienaar nog ’n week laat rus en seker maak hy is slaggereed vir die oorsese deel van die Drienasies-reeks, of hy kan dié Nataller as plaasvervanger kies. In só ’n geval behoort hy Ricky Januarie te vervang.

Met Pienaar op die bank, het De Villiers ook die luukse om vyf voorspelers te kies, sou hy dit só verkies.

Die Bokke se aanslag sal sekerlik by die Wallaby-skrum begin en die fokus sal op rolmaal-bewegings wees.

Die Bok-kaptein, John Smit, het ná die oorwinning van 31-19 oor Nieu-Seeland erken dat hulle glad nie die rolmaal wou gebruik nie, maar dit sal verander teen ’n teenstander wat nie so bekend is vir sy inklimspel voorlangs nie.

Die hoogskop-taktiek wat so uitstekend teen die All Blacks se agterste driehoek gewerk het, gaan ook nie dieselfde vrugte dra teen die Aussies nie.

Dié spelers is veel vaardiger wat die vang van balle uit die lug betref en hul skopwerk is ook aansienlik beter as wat die Nieu-Seelanders kon opdis.

Met Matt Giteau op losskakel het die besoekers ook ’n angel van wêreldgehalte, iets wat Graham Henry (All Black-afrigter) nie beskore was in Stephen Donald nie.

“Die Aussies gaan beslis ’n ander dier wees,” het De Villiers erken.

“Ons doen egter die regte dinge deurdat ons voorbereiding baie deeglik is en dit daarna ook op die veld uitgevoer word.”

De Villiers het weer die wenkbroue laat lig toe hy Jean de Villiers met Adi Jacobs vervang het. Jacobs se spel as binnesenter is nie van dieselfde gehalte as wanneer hy buitesenter speel nie.

Boonop is sy verdediging in daardie kanaal verdag.

Die All Blacks het met sukses in die middelveld aangeval, maar dinge lyk veel beter as teen die Britse en Ierse Leeus toe Jamie Roberts en Brian O’Driscoll groot bresse geslaan het.

Die Bokke se lakwerk oor die algemeen is steeds een van hul beste wapens. Altesame 82 suksesvolle duikslae is teen die Kiwi’s uitgevoer en 16 verbrou, maar dis die span se vermoë om vinnig te herorganiseer wat hom só suksesvol maak.

Die Bokke het vandag ’n afrigtingskliniek in Wellington en oefen môre in Groenpunt.

331 Responses to Nou vir operasie Wallaby: Bokke sal visier anders stel in Kaap

  • 271

    GBS,

    Ernstig… Eks nou terug gaan gou die goed se ma’le vloek!! As hy my ban soek ekke my kas bier.

  • 272

    271 – Hokaai…. ons blog moet eers klaar wees, dan gaan ons almal gelyk Keo toe en jaag kakas aan….

  • 273

    Faaaarrrk het my login vergeet en die ou mail delete… Nou wat nou?Hehehehe

    Jy moet nie hier sit en chat nie swaer, daai Jacuzzi roep jou naam hard uit! Hehehee

  • 274

    Jis jis
    Sjoe, maar dit het my ‘n ruk gevat om al die posts te lees.
    Wil net een ding hier regstel .
    Andries Bekker en Luke Watson is nie pels nie, was nooit pels nie en sal seker nooit pels wees nie. Dis dan ook die laaste keer dat ek hieroor komentaar lewer, die wat my nie wil glo nie moet maar glo wie hulle wil. Hy wat Andries Bekker is is eintlik ‘n baie nice ou en ‘n goeie slot.

  • 275

    274 – Koning,

    Ons glo jou fokkolllllllll !!

    …. en Andries Langbek is ‘n hiperkak slot !

  • 276

    Julle wat so spot oor varkgriep, een van my familie lede wag op sy uitslae en die dokters is taamlik bekommerd. Vandag bevestig dat ‘n Matie student wat laasweek oorlede is varkgriep gehad het.

  • 277

    Andries is n kak slot en jaaaaa ek glo jou nie!!

  • 278

    276 – Koning,

    Het die vark Matiegriep gehad ?

  • 279

    Nee die Matie student is oorlede deur alkohol vegiftiging!

    P.S Danie Russow is twee keer beter as Andries!!

  • 280

    275
    Haal jou bril af. hehehe
    Daai ou gaan nog Matfield se skoene eendag volstaan, dis net oor hy van die WP afkom dat julle hom nie like nie, maar ons ken julle al so, so ons worry nie meer nie.

  • 281

    #280 kaaaaaaaaaak

  • 282

    Alle Maties het Varkgriep of Wingerdgriep…. een van die twee !!

    Kyk nou hoe try die Oud-Maties hierdie Oud-Tukkie donner…..

    Bwahahahaha

  • 283

    Ek dink King Paulus het sy jasknoop nou af geskrik en weg gehardloop…Hehehehe!!

  • 284

    Cuzzy, hoe like jy die blog ??

    Gaan lekwar werk as hy klaar is, ne !

  • 285

    279
    Brock is twee keer sterker as Gerber… hehehehe

    Help nie om met julle te rideneer nie, julle like nie die persoon nie oor julle glo hy is tjommies met Puke, so nou kan hy niks goed in julle oe doen nie. Al wat ek weet is dat meer mense met my saam stem, Jake en PdV inkluis, as met julle.
    Gaan nou eers dop gooi en rook, praat weer later.

  • 286

    GBS,

    Nee moer nice broer, baie impressed!! Gaan nog lekwar hier chat tot in die oggen ure, weet somme al!

    #285 KP

    Feit is hy is kak… JY moet minder rook, jy glo al die ou is goed!

  • 287

    Cuzzy Vix!!! Lekker om jou hier te sien.

  • 288

    Haaaaallllllooooooooo ED!

    Se nou net vir GBS hie impress ek is met die blog van julle… Welll done broer!!!!

  • 289

    Wonder wa ou K9 “oubaas se honde” is vanaand?

  • 290

    Naand se dit gaan jolig hierso , try opcatch , manne dis lekker om elke post te lees en nie die helfte te skip nie. trek nou by 222 sal netnou rejoin.

  • 291

    SuperBul,

    Hehehehehe!!! Naand se lees maar gerus verder…

  • 292

    #288,

    Dankie Cuzzy. Beter as om saam daai klomp skerminkels te gaan gesels op keo.

  • 293

    Meng jou met die semels en die varke vreet jou op! Menge jou met die H**tK***e en die luise vreet jou op!Hehehe…

    Nee lekwar om hier te chat man, gaan lekwar wees!

  • 294

    Gaan lekker wees. Mekaar lekker k@k gee oor die rugby.

  • 295

    Net so ietsie oor daai dag waar ons kyk wie eerste geban word , maak die speelveld gelyk ek is lus vir daai kas bier , gee ons darem 24 uur kennis waneer die game begin, van ons werk. 😆

  • 296

    Is dit nou die keo dag.? 🙂 Dit gaan lekker wees.

  • 297

    Bwaahahahaha!!! Nee dis reg, ons moet hom dalk Woensdag try, net by mekaar uitkom en se watter tyd en dag!

  • 298

    Cuzzy lekker om jou hier te sien , flok manne daar is moer baie ouens op Keo, toe ek gister bietjie name ingesamel het vir daai lys van bloggers dog ek ek het almal, so 120. Vanmore sien ek vlugtig nog baaie nuwe ouens.

    Ek en Rudi sal later vir julle verduidelik wat die doel van daai lys gaan wees. Kyk nou is dit heeeeerlik om te kan blog en elke ou is n beskaafde blogger, ek voel eerder minder as n klomp drolle wat ons weer aan die veg sit. Sport is immers ontspanning. Ne WeePeees. 😆

  • 299

    296# sal sommer nou al my vloekwoordwoordeboek uithaal en delf vir n paar in die argiewe.

  • 300

    Manne moet gou loop, praat later!

Users Online

Total 49 users including 0 member, 49 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm