Inhoud deur J.J. HARMSE

Met die Wallabies as teenstanders in die volgende drie wedstryde in die Drienasies-rugbyreeks, gaan die Springbokke van vandag af met ’n heeltemal nuwe aanslag begin voorberei.

Die Australiërs gaan ander eise aan die Suid-Afrikaners stel en hulle sal nie net takties hul spel moet aanpas nie. Peter de Villiers sal ook sy troepe sodanig moet rangskik dat ’n sege Saterdag op Nuweland in Kaapstad ’n gegewe word.

Die Bok-breier kan egter nie veel aan sy span verander nie. Ruan Pienaar sal waarskynlik beskikbaar wees vir die kragmeting in die Kaap, maar dit sal verregaande wees om hom weer losskakel te laat speel.

Morné Steyn se droomseisoen en sy uitstekende skopwerk in Saterdag se toets hier teen die All Blacks gaan dít vir De Villiers onmoontlik maak om die nommer 10-trui weer aan Pienaar toe te vertrou.

Steyn het nou die momentum aan sy kant en solank dit pap reën vir dié Bulls-speler, moet die Springbokke skep.

De Villiers het twee keuses. Hy kan Pienaar nog ’n week laat rus en seker maak hy is slaggereed vir die oorsese deel van die Drienasies-reeks, of hy kan dié Nataller as plaasvervanger kies. In só ’n geval behoort hy Ricky Januarie te vervang.

Met Pienaar op die bank, het De Villiers ook die luukse om vyf voorspelers te kies, sou hy dit só verkies.

Die Bokke se aanslag sal sekerlik by die Wallaby-skrum begin en die fokus sal op rolmaal-bewegings wees.

Die Bok-kaptein, John Smit, het ná die oorwinning van 31-19 oor Nieu-Seeland erken dat hulle glad nie die rolmaal wou gebruik nie, maar dit sal verander teen ’n teenstander wat nie so bekend is vir sy inklimspel voorlangs nie.

Die hoogskop-taktiek wat so uitstekend teen die All Blacks se agterste driehoek gewerk het, gaan ook nie dieselfde vrugte dra teen die Aussies nie.

Dié spelers is veel vaardiger wat die vang van balle uit die lug betref en hul skopwerk is ook aansienlik beter as wat die Nieu-Seelanders kon opdis.

Met Matt Giteau op losskakel het die besoekers ook ’n angel van wêreldgehalte, iets wat Graham Henry (All Black-afrigter) nie beskore was in Stephen Donald nie.

“Die Aussies gaan beslis ’n ander dier wees,” het De Villiers erken.

“Ons doen egter die regte dinge deurdat ons voorbereiding baie deeglik is en dit daarna ook op die veld uitgevoer word.”

De Villiers het weer die wenkbroue laat lig toe hy Jean de Villiers met Adi Jacobs vervang het. Jacobs se spel as binnesenter is nie van dieselfde gehalte as wanneer hy buitesenter speel nie.

Boonop is sy verdediging in daardie kanaal verdag.

Die All Blacks het met sukses in die middelveld aangeval, maar dinge lyk veel beter as teen die Britse en Ierse Leeus toe Jamie Roberts en Brian O’Driscoll groot bresse geslaan het.

Die Bokke se lakwerk oor die algemeen is steeds een van hul beste wapens. Altesame 82 suksesvolle duikslae is teen die Kiwi’s uitgevoer en 16 verbrou, maar dis die span se vermoë om vinnig te herorganiseer wat hom só suksesvol maak.

Die Bokke het vandag ’n afrigtingskliniek in Wellington en oefen môre in Groenpunt.

331 Responses to Nou vir operasie Wallaby: Bokke sal visier anders stel in Kaap

1 2 3 12
  • 1

    Hallooooooo almal, Bokke was awesome!!!! Morne, wat kan mens se, maar regtig die hele span……Brussow=just what the doctor ordered……DIS WONDERLIK OM ‘n SA’ner te wees vandag hehehehehe

  • 2

    Ek het lekker gesmile toe die een Engelse komentator op SS gese het, gelukig het Jake White nie vir Heinrich Brussouw gehad as fetcher nie anders het hy nou al a “case and a half beers” gehad.

  • 3

    #2 hahahahaha ja nee, genade hy het darrem vir Richie ‘n harde tyd gegee!!!!!

  • 4

    Ek sou darem baie lekker gevoel het as ons oor die doelyn kon kom, toe ons in daai eerste 8 minute van die 2de helfte toe ons kamp opgeslaan het in hulle 22, en gaan druk het. Dan glo ek sou die damwal gebreek het. Maar 12 punte is n groot wen.

  • 5

    Morne en Brussow het nuwe lewe in die span ingeblaas, altwee behoort defnitief genomineer te word vir speler van die jaar.

  • 6

    Dink al het ons die AB so deurmekaar gehad, moet mens nooit vergeet dat hulle baie goed op defence is en hulle defence was Saterdag uitstekend gewees, al deel van hulle wedstryd wat goed was…….behoort moontlik meer driee teen Aussies te kry….weet ook nie meer nie hehehehe, solank ons net die sheepshaggers wen sal ek verheug wees 😆

  • 7

    #5 Halloooo Bloues, bly jy het aangesluit!!!!

  • 8

    Ja nee, so 2 wenne teen die Ausies en die koppie is ons s’n

  • 9

    7# Hi EEE. Ek is is net so bly, nou is daar darrem weer n plek waar mens kan rugby gesels

  • 10

    More more
    Ek wil nog steeds weet wat julle vir Steyn betaal het om daai laaste skop mis te skop?? My Superbru sou dan spot-on gewees het! Ek het al begin feesvier toe ons die strafskop kry, en toe ons nog 10tree nader kry toe down ek al my dop! Toe skop hy mis!!

    Die Ozzies gaan ‘n ander perd wees wat ‘n ander gameplan gaan benodig. Saterdag wat verby was het die hoe skoppe uitstekend gewerk. Eerstens omdat hulle so goed geplaas was, tweedens omdat ons ouens so goed opgevolg het en derdens oor die AllBlacks maar kak onder die hoe bal was.
    Nou die Ozzies speel daai Ozziefootball van hulle nog voor hulle ordentlik kan loop, so hulle is gewoond daaraan om hoe balle te vang. Hulle vleuels is dalk nie so sterk soos die AllBlack vleuels nie, maar hulle is beslis ook nie so lui nie, en hulle skakelpaar en senters in bliksems giftig. Mortlock is ook ‘n ou uitgeslape hond, en so onosel soos Nonu nie.

  • 11

    #10 hahahahaha hy wil mos nie laat ‘n sharkie superbru wen nie!!!!! 😆

  • 12

    #10 Dink jy nie ons moet met JF en WO as Senterpaar begin nie, dink hulle verdediging sal sterker wees as JDV s’n?

  • 13

    Enigeiemand sal beter wees as JDV

  • 14

    Ek het Sondag op ESPN Classic weer die 1995 WC Final gekyk, kyk daai AB’s se gesigte toe daai eindfluitjie blaas…..Classic

  • 15

    #13 is geneig om saam te stem….dink ook dis hoekom die bal nie by die vleuel kom nie…..net nie JDV en Adi nie…..die convicts sal dwarsdeur ons hardloop!!!!!

  • 16

    ok ek moet weer bietjie werk…….of ten minste maak asof ek werk hehehehehe

  • 17

    Ja, ou Jean het my erg teleurgestel met sy verdediging Saterdag. Hy mis gewoonlik nie so baie tackles nie. maar ek dink tog ek sal nogsteeds met hom en JF begin. Ons bank is op die oomblik erg ongebalanseerd

  • 18

    13# O moer, nog ‘n “maak die Bulle almal Bokke” een.
    Jy is nie miskien XKRENIWP nie?

  • 19

    #18 Ek praat feite.

  • 20

    #18 Nee Isi hy is nie, maar is ‘n groot Bul ondersteuner…..kyk bietjie weer na JDV se verdediging, jy moet ook erken dit was nie te hot nie!!!!

  • 21

    gaan xkreni ook hier kom blog? het julle hom genooi? hy het ook altyd op die Bulls site geblog en was cool gewees.

  • 22

    #21 Hell will freeze over voor hy hier toegelaat word!
    Ja, Juan was swak op die dag, maar dis onregverdig om hom in geheel as swak te brandmerk.

  • 23

    #22 LMAO – O ok het nie geweet hy is ook persona non grata!!!!!!
    en ons praat nie van Juan nie, praat van Jean de Villiers en sy verdediging is nooit baie goed nie, maak die odd tackle maar nie so goed soos wat dit moet wees, verder is ek mal oor hom maar partykeer oorspeel hy net sy hand bietjie….ek is net bekommerd teen die convicts met Mortlock en kie, gaan regdeur JDV hardloop.

  • 24

    10
    KP ek het gedink ek het Bokke met 15 gepick so ek was sommer lelik en moerig vir ons held Steyn, toe sien ek ek het in elk geval ons gepick met 14 so toe is my moerigheid gou genees. Hel hy was dodelik, maar ek sien hy is self vies vir homself oor daai mis skop.

  • 25

    Isi is jy nou in die kaap? hoe lyk die weer daar? ons het sopas die blerrie koudste naweek ooit in Gauteng gehad!!!! Wil net weet of daar weer ‘n koue front op pad is…

  • 26

    23# Sorry, wou sê Jean. Ek hoop dis ‘n wake-up call vir hom. Hy het beslis under par op die dag gespeel. Dis die tekens van ”n goeie span. Die hoë stanndaarde wat gestel word, lig ‘n non-performer soos Jean Saterdag vinnig uit.
    Hy sal sy sokkies moet optrek, of hy gee straks vir snorre rede om Jacobs te kies.

  • 27

    #26 net nie Jacobs nie, eerder jdv as jacobs hehehehehe……Jacobs kan die driee druk maar sy verdediging is ook nie wat wonders nie

  • 28

    Hello alle Bulle…..en ander saampraters.

    Net oor Saterdag vinnig, die bokke moes al lankal Blou Bul wenrugby begin spel het, ek is net bly Pdev besef dit nou.
    En ek hoop hy besef ook dat Jean de villiers die swak skakel in die agterlyn is.
    Hy moet begin met Mossie/Adi/Wynand, of selfs frans Steyn op #12, as Zane reg is.

    Hopeloos te veel WP-spelers in die Bokspan in elk geval 🙁

  • 29

    25# Dis koud, maar nie reënerig. Gister was ‘n great dag. Gsiter bietjie daar by die wynfees op Stellenbosch rondgehang. Was moerse gewees.
    Chris jack en Peter Grant was by mode vertoning gewees nogals heel voor inni koor.
    Kyk, daai manne het die modelle uitgetrek met hulle oë.
    Ek en my girlfriend was dit eens dat Grant ‘n bene ou is en Jack ‘n buuste man! Hehehehe
    Joe Petersen het ook daar met blink ogies rondgehang.
    O ja, en ek het in Hempies du Toit vasgeloop, letterlik, by die kudu hamburger stalletjie.
    Het toe maar polite onverskoning gevra. hehehehe

  • 30

    28# …..Bul wenrugby begin speel het…, sorry.

1 2 3 12

Users Online

Total 51 users including 0 member, 51 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm