Gary Botha, 27, is terug in SA en gooi sy gewig weer by die Bulle in. Bloggers van thebulls.co.za kon hom met vrae peper en hy het reguit geantwoord.

Question: I was wondering is there a big difference between the physical levels here in South Africa and over seas in the rugby you have been playing?
Good luck for the rest of the season i hope the bulls win the trophy as they are the best team ever!!!

Hi,
yes it is more physical mainly because of the wet conditions in the UK. That means the game is played at a slower pace and therefore there is more contact.

1. Voel jy dat jou besluit om vir ‘n paar jaar oorsee te gaan speel ‘n goeie rugby besluit was, en het dit jou spel verbeter.
2. Pas jy weer goed in by die Bulle, siende jy laas nog onder Heyneke gespeel het?
3. Is die kultuur binne die span nog dieselfde as in 2007?

Sterkte vir jou toekoms hier by ons geliefde Bulle.

1) Ja, ek dink beslis dit was `n goeie besluit veral omrede ek nog jonk is. Ek glo dit het my spel verbeter, hoewel mens dit beter kan meet as ek eers weer S14 speel.
2) Ja, die strukture is nog alles in plek en dit awesome om weer saam met klomp boeties te wees!
3) Ja beslis, maar ek kan ook sien hoe spelers as individue en mense gegroei het.

Hi Gary

I am so glad that you are back at the bulls.

How was your experience aboard? Do you think the experience aboard gave you more experience than what you got in South Africa ?

I was a great time to learn about new cultures and new people.
As a front row player I definitely gained more experience overseas because we compete with international players week in and week out.

Ons as toeskouers is bekommerd oor skrumkrag van die Bulle laaste 2 seisoene.
Buiten dat ons meer beef daar kort soos jy en Maku, lyk dit of ons tegniek lol.
Twee sterkste pakke sit met spesialis voorrye wat hul afrig.

1. Dink jy hakers kan selfde rol vertolk om voorry te verbeter?
2.Sal jou wereldwye kennis ons eie voorrye se tegniek kan verbeter met speler en afrigter vermoens?
3. Dink jy Jaco Engels kan goeie haker word? En opsie van stut/haker op bank gee.
4. Het jy geleentheid gekry om by iemand soos Kobus Visagie iets daar in Engeland te leer, al was dit net wanneer julle teen hul gespeel het?

Dankie dat jy terug is, ons het jou gemis.

1) Ja beslis
2) Om te verbeter is een ding om te leer is iets anders. Ek glo dit is spanwerk en dat elke ou ‘n situasie anders ervaar. Daarmee gesê, tyd sal leer, want dan leer ons as voorrye mekaar se sterk- en swakpunte ken en dan is dit makliker om mekaar aan te vul.
3) Hy is beslis ‘n goeie speler en ek glo as dat hy ‘n besluit moet neem waar hy wil spesialiseer.
4) Ek het seker vier keer teen Cobus in Engeland gespeel. Hy is beslis van die gevreesde vaskoppe in Europa en ‘n ou kan sien as hy nie speel nie, watse inpak dit op Saracens het. Ons Suid-Afrikaners drom ook saam oorsee en dit is hoe ons leer & deel van mekaar.

Hi Gary,

Welkom terug in Blou Bul land.

Ek wil net graag weet hoe was jou verbintenis met ander Suid Afrikaanse spelers veral ex Bulle terwyl jy oorsee was en hoe voel die verlopenes om terug te kom Bulle toe?

Eens ‘n Bul altyd ‘n Bul!

Ek weet nie hoe baie jy met jou familie praat nie, maar ek, Wikus van Heerden en Derick Hougaard het minstens elke derde dag gesels. En elke paar weke mekaar gesien en gebraai.

Dit is great om terug te wees en ek weet dat hulle ook daarna verlang om terug te wees in SA.

1. Wat maak die blou bulle anders as ander spanne, behalwe vir die bekende feit dat hulle soos ‘n gesin is en vir mekaar speel?

2.Dink jy die bulle het genoeg jong talent wat deurkom om ouens soos victor, bakkies ens. te vervang as hulle klaar gespeel het en om nogsteeds die top span in SA te bly?

1) Saam met die familie-gees loop respek vir mekaar. Dit gaan hand aan hand en die feit dat die Blou Bulle se werksetiek net harder en beter is as enige ander franchise in die wereld maak dat ons jaar in en jaar uit kan kompeteer.

2) Tyd sal leer, maar in Fudge Mabeta, Wilhelm Steenkamp, Flip van der Merwe ens is almal ouens wat in die sisteen is. Ouens soos Victor en Bakkies is baie spesiale atlete en gaan natuurlik moeilik vervang word, maar dit is deel van ons as senior spelers se plig om die ervaring wat ons het aan te pass vir die youngsters. Hopelik neem daai ouens verantwoordelikheid om die regte keuses te maak om ook as wereldklas-spelers te ontwikkel.

Hi Gary, welkom terug,ek hoop jy het jou rugby oorsee geniet en dat jy so lojaal is om weer die blou bul trui aan te trek ,jy maak my as n bul ondersteuner baie bly. speel net nou vir daai springbok trui. en sterkte met jou loobaan vorentoe by ons.will graag by die finaal gewees het maar kon nie n kaartjie in die hande kry nie. Oefen jy alreeds saam met die span.

Dankie, ek is jammer jy kon nie kaartjies kry nie, sal vir oom Barend se ons moet nog ‘n ekstra 20000 sitplekke aanbou!

Ja, ek oefen reeds van verlede week Maandag saam met die span en dit is baie lekker vir my – net soos in die ou dae!

Ek kan egter ongelukkig nie vir die eindstryd oorweeg word nie agv die feit dat ek nie meer as 40 minute in meer as twee verskillende Curriebeker-wedstryde gespeel het nie.

Hi Gary.

Welkom terug by die Bulle. Ons het jou verskriklik baie gemis. Daar was vir ‘n lang ruk ‘n groot leemte in ons voorry gelaat. Alhoewel Derek baie goed gedoen het, het ons tog ‘n spesialis soos jy nodig. Jy is soos ‘n seun vir Bloubul rugby en sy ondersteuners. Baie welkom terug aan jou en jou familie en ons is seker jy sal gou weer terug wees in die groen en goud.

My vraag aan jou is…John Smit is geskuif vanaf haker na stut. Ons het gesien in die semi hoe hy gesukkel het. Dink jy hy sal kan uithou tot en met die Wereldbeker? Dit lyk of hy met elke wedstryd swaarder en swaarder kry. Jy is die ideale persoon om te vra omdat jy in die voorry betrokkke is. Miskien kan jy aan ons ondersteuners meer duidelikheid oor die saak gee.
Sterkte vir die res van die seisoen en volgende jaar. kan nie wag om jou weer in die blou trui te sien nie.

Dankie vir jou mooi woorde, ek is en sal altyd `n seun van Loftus wil wees.

Oor jou vraag oor John Smit: Mens moet verstaan dat hy baie rugby tot dusver gespeel het en dit `n faktor kon wees. Vaskop is `n verseker een van jou mees gespesialiseerde posisies en nie almal wil daar speel nie, juis omrede dit so moeilik en uitputtend tegnies is.

John is en bly `n wereldklas-speler en ek glo dat hy self nog meer leer op vaskop. Hoe ouer en meer ervare `n vaskop is, hoe beter.
Dus dink ek hy sal, indien hy reg bestuur word, Wereldbeker toe kan gaan.

Hi Gary.
Lekker om jou terug te hê. Wil net graag weet of jy dink daar is ‘n groot verskil tussen ons rugby en die noordelike rugby, en of daar miskien een of twee geheime is wat jy dalk uit die sak sal kan haal?

Daar is beslis ‘n paar geheime waaraan ons kan skaaf sodat dit by ons by die Bulle kan pas.

Ek sal maar net se, wag en kyk….
want dit is baie tegnies en ek sal dit met die afrigters en my spanmaats deel.

Hi Gary,
dis great om jou weer terug te sien in die Blou! My vrae:

1. Wat het jy die meeste gemis terwyl jy weg was van die Bulle?
2. Het jy enige ander SA unies oorweeg?
3. Watse vaardighede van jou tyd in Engeland kan ons na uitsien in vlge. jaar se S14?

1) Ek het die kameraderie onder die Bulle die meeste gemis. By Harlequins was ons nege verskillende kulture en elke doen sy eie ding.
2) Nee, ek het vir die Bulle gese ek is beskikbaar om terug te kom en boonop is ek `n seun van Pretoria. My familie en alles is hier.
3) Ek glo my vaste fasette het verbeter, veral skrums en lynstane want `n ou het nie `n Victor en Bakkies in die lynstane in slegte weer om balle te wen nie, so `n ou moet met ander ervaring & voorbereiding vorendag kom.

Wat dink jy is die oplossing vir die Bulle se voorry? Ons het maar n’ bietjie gesukkel die laaste paar games.

‘n Ou moet een ding verstaan, as ‘n voorry is dit noodsaaklik belangrik, veral as mens jonk is, en goeie ervaring op te doen en dit kom net met tyd.
Ons kan dalk nou in jou opinie swaarkry, maar mens kan nie ervaring koop nie en wat ‘n wonderlike vooruitsig het ons nie vir die volgende paar jaar met die jong voorrye wat ons nou grootmaak nie.

Om voorrye groot te maak is ‘n proses en ongelukkig neem dit tyd.

Hoekom het jy terug gekom PTA toe???Was jy nie opgewasse vir daai Rugby nie?? of was die geld te min???

Middag, dink jy ek moes vir die WP gaan speel het?
As jy kyk na my statistieke oorsee dan sou jy sien dat ek wel die pyp kon rook, ek het egter `n lewensbesluit geneem om terug te kom, want my kinders word groot sonder oupa`s en ouma`s. En daar is lewe na rugby.

Duidelik verstaan jy nie waaroor professionele rugby/sport gaan nie en dat `n ou `n kort leeftyd het en soveel as moontlik daaruit moet leer en geniet.

Hoop dit beantwoord jou vraag.

Ek is baie bly jy is terug. Speel jy nog jou hele lewe haker of het jou ander posisies ook gespeel bv. op skool?Verkies jy ‘n haker wat soos ‘n vierdie losvoorspeler speel of ene meer vir skrumkrag en gewig?

Jis, baie dankie vir jou ondersteuning, dit is wat ons ouens geniet en laat perform.

Ek het in 2003 haker begin speel nadat Heyneke vir my gese het om van oopkantflank na haker te skuif.

Dit was egter ‘n lang proses en ek was gelukkig om ouens soos Richard Bands, Wessel Roux, Kees Lensing en kie langs my te he wat my kon leer.

Voor 2003 het ek altyd flank gespeel.

Ek dink dit hang af van wat die behoefte vir die afrigter en span is. Daarvolgens glo ek watter tipe hakerspel die beste inpas en dan moet ‘n span daarvolgens werk.

Lekker dag en geniet die finaal!

196 Responses to Onderhoud met Gary Botha

  • 181

    #179 Toema, ‘n goeie begrip het ‘n halwe broodnodig. 😉

  • 182

    117@fender – jy moes vir Asbak gehoor het, Maandag, dit was iets verskriklik. GBS moes hom later ‘ban’ vir die dag. 😉

    Die ander WP ouens was OK. Het nog nie SAB hier raakgeloop nie, so ek weet nie wat sy mening was oor die wedstryd nie.

  • 183

    118 @grootblousmile – die gunsteling verskoning was ‘ons is ‘n jongspan’ … maar die gemiddelde ouderdom van albei spanne is: 25.

  • 184

    120 @Ashley – lawrence sou net ‘n klomp foute gemaak as die BB verloor het, maar gelukkig het hul gewen, so geen foute nie: goeie game Lawrence !

    Nou vir Kaplan, eish.

  • 185

    #182 bdb

    Nah, Ash was only asking a question about the ref (see his post of earlier on this thread).

    But of course, we can all believe what we want to and clearly there are many that want to believe the worst of other teams supporters. And faith begets understanding…

  • 186

  • 187

    124@Supa Die Bloubul – mooi, jy ken jou reels.

    126: Goeie punt, K9, maar dan was die wedstryd nie so spannend nie.

    128: ja, as driee die meeste moet tel, dan het die BB en Ctahs tuisveldvoordeel gehad in die semi’s.

    135: Isi, dankie vir daai komplement. Ek het dit van saterdag af gesê, geluk WP julle het goed gespeel, maar die BB is beter, want hul het gewen. Meeste spanne sou saterdag op nuweland verloor het, dit het ‘n kampioenspan gevat om te wen.

    143: hy is nou net Blou, daarom sien jy hom nie.

    151: meisies met borshare … 😉

    154: ja, ons praat van nou af groot rugby, oefenwedstryde is verby.

    158: jou hart gaan weer gebreek word die 31ste, dit is die jaar van die Bul.

  • 188

    186@Ashley – middag my vriend, hoe lyk dit, speel jy in die finaal agsteman of weer haker ?

  • 189

    188@bdb
    uhhhhh
    ..
    watter finaal? 😯

  • 190

    189@Ashley – ashley johnson ?

  • 191

    190@bdb
    huh?

  • 192

    191@Ashley – is jy die ashley wat maandag hier was, of is jy nou ‘n ander ashley ?

  • 193

    192@bdb
    die seimste ashley!! het maandag se 1 probleme veroorsaak?

  • 194

    193@Ashley – ek het met jou daai grap gemaak oor Johnson, kan jy nou onthou ?

  • 195

    194@bdb
    yep, ek onthou!!
    btw
    het j daai kompliment gelees wat een v nuweland se skare vir morné gegee het terwyl ons oppad uit die stadion uit was? indien nie, here goes … 1 vd bulls ondersteuners wou die heeltyd by ons weet wat ons v morné dink …. totdat iemand sy mo*r gestrip het, en somewhere uit die skare uit ge-respond het met
    “ek sil hom lat vashou en dan sil ek op sy f*kken voet pis!!”
    glo my, die meeste vd ouens is daarna (selfs na dier teleurstelling) met ñ smile by daai hekke uit!! 😆

  • 196

    195@Ashley – eish, julle ou WP ouens is darem ma stadig, vat jou amper ‘n halwe dag om te onthou wat maandag gebeur het … g’n wonder ons het julle geklop nie ! 😉

    toemaar, die pyn was maandag nog naby, en die wonde nog rou, mens verstaan as jou medemens sukke dinge vergeet)

Users Online

Total 42 users including 0 member, 42 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm