Gary Botha, 27, is terug in SA en gooi sy gewig weer by die Bulle in. Bloggers van thebulls.co.za kon hom met vrae peper en hy het reguit geantwoord.

Question: I was wondering is there a big difference between the physical levels here in South Africa and over seas in the rugby you have been playing?
Good luck for the rest of the season i hope the bulls win the trophy as they are the best team ever!!!

Hi,
yes it is more physical mainly because of the wet conditions in the UK. That means the game is played at a slower pace and therefore there is more contact.

1. Voel jy dat jou besluit om vir ‘n paar jaar oorsee te gaan speel ‘n goeie rugby besluit was, en het dit jou spel verbeter.
2. Pas jy weer goed in by die Bulle, siende jy laas nog onder Heyneke gespeel het?
3. Is die kultuur binne die span nog dieselfde as in 2007?

Sterkte vir jou toekoms hier by ons geliefde Bulle.

1) Ja, ek dink beslis dit was `n goeie besluit veral omrede ek nog jonk is. Ek glo dit het my spel verbeter, hoewel mens dit beter kan meet as ek eers weer S14 speel.
2) Ja, die strukture is nog alles in plek en dit awesome om weer saam met klomp boeties te wees!
3) Ja beslis, maar ek kan ook sien hoe spelers as individue en mense gegroei het.

Hi Gary

I am so glad that you are back at the bulls.

How was your experience aboard? Do you think the experience aboard gave you more experience than what you got in South Africa ?

I was a great time to learn about new cultures and new people.
As a front row player I definitely gained more experience overseas because we compete with international players week in and week out.

Ons as toeskouers is bekommerd oor skrumkrag van die Bulle laaste 2 seisoene.
Buiten dat ons meer beef daar kort soos jy en Maku, lyk dit of ons tegniek lol.
Twee sterkste pakke sit met spesialis voorrye wat hul afrig.

1. Dink jy hakers kan selfde rol vertolk om voorry te verbeter?
2.Sal jou wereldwye kennis ons eie voorrye se tegniek kan verbeter met speler en afrigter vermoens?
3. Dink jy Jaco Engels kan goeie haker word? En opsie van stut/haker op bank gee.
4. Het jy geleentheid gekry om by iemand soos Kobus Visagie iets daar in Engeland te leer, al was dit net wanneer julle teen hul gespeel het?

Dankie dat jy terug is, ons het jou gemis.

1) Ja beslis
2) Om te verbeter is een ding om te leer is iets anders. Ek glo dit is spanwerk en dat elke ou ‘n situasie anders ervaar. Daarmee gesê, tyd sal leer, want dan leer ons as voorrye mekaar se sterk- en swakpunte ken en dan is dit makliker om mekaar aan te vul.
3) Hy is beslis ‘n goeie speler en ek glo as dat hy ‘n besluit moet neem waar hy wil spesialiseer.
4) Ek het seker vier keer teen Cobus in Engeland gespeel. Hy is beslis van die gevreesde vaskoppe in Europa en ‘n ou kan sien as hy nie speel nie, watse inpak dit op Saracens het. Ons Suid-Afrikaners drom ook saam oorsee en dit is hoe ons leer & deel van mekaar.

Hi Gary,

Welkom terug in Blou Bul land.

Ek wil net graag weet hoe was jou verbintenis met ander Suid Afrikaanse spelers veral ex Bulle terwyl jy oorsee was en hoe voel die verlopenes om terug te kom Bulle toe?

Eens ‘n Bul altyd ‘n Bul!

Ek weet nie hoe baie jy met jou familie praat nie, maar ek, Wikus van Heerden en Derick Hougaard het minstens elke derde dag gesels. En elke paar weke mekaar gesien en gebraai.

Dit is great om terug te wees en ek weet dat hulle ook daarna verlang om terug te wees in SA.

1. Wat maak die blou bulle anders as ander spanne, behalwe vir die bekende feit dat hulle soos ‘n gesin is en vir mekaar speel?

2.Dink jy die bulle het genoeg jong talent wat deurkom om ouens soos victor, bakkies ens. te vervang as hulle klaar gespeel het en om nogsteeds die top span in SA te bly?

1) Saam met die familie-gees loop respek vir mekaar. Dit gaan hand aan hand en die feit dat die Blou Bulle se werksetiek net harder en beter is as enige ander franchise in die wereld maak dat ons jaar in en jaar uit kan kompeteer.

2) Tyd sal leer, maar in Fudge Mabeta, Wilhelm Steenkamp, Flip van der Merwe ens is almal ouens wat in die sisteen is. Ouens soos Victor en Bakkies is baie spesiale atlete en gaan natuurlik moeilik vervang word, maar dit is deel van ons as senior spelers se plig om die ervaring wat ons het aan te pass vir die youngsters. Hopelik neem daai ouens verantwoordelikheid om die regte keuses te maak om ook as wereldklas-spelers te ontwikkel.

Hi Gary, welkom terug,ek hoop jy het jou rugby oorsee geniet en dat jy so lojaal is om weer die blou bul trui aan te trek ,jy maak my as n bul ondersteuner baie bly. speel net nou vir daai springbok trui. en sterkte met jou loobaan vorentoe by ons.will graag by die finaal gewees het maar kon nie n kaartjie in die hande kry nie. Oefen jy alreeds saam met die span.

Dankie, ek is jammer jy kon nie kaartjies kry nie, sal vir oom Barend se ons moet nog ‘n ekstra 20000 sitplekke aanbou!

Ja, ek oefen reeds van verlede week Maandag saam met die span en dit is baie lekker vir my – net soos in die ou dae!

Ek kan egter ongelukkig nie vir die eindstryd oorweeg word nie agv die feit dat ek nie meer as 40 minute in meer as twee verskillende Curriebeker-wedstryde gespeel het nie.

Hi Gary.

Welkom terug by die Bulle. Ons het jou verskriklik baie gemis. Daar was vir ‘n lang ruk ‘n groot leemte in ons voorry gelaat. Alhoewel Derek baie goed gedoen het, het ons tog ‘n spesialis soos jy nodig. Jy is soos ‘n seun vir Bloubul rugby en sy ondersteuners. Baie welkom terug aan jou en jou familie en ons is seker jy sal gou weer terug wees in die groen en goud.

My vraag aan jou is…John Smit is geskuif vanaf haker na stut. Ons het gesien in die semi hoe hy gesukkel het. Dink jy hy sal kan uithou tot en met die Wereldbeker? Dit lyk of hy met elke wedstryd swaarder en swaarder kry. Jy is die ideale persoon om te vra omdat jy in die voorry betrokkke is. Miskien kan jy aan ons ondersteuners meer duidelikheid oor die saak gee.
Sterkte vir die res van die seisoen en volgende jaar. kan nie wag om jou weer in die blou trui te sien nie.

Dankie vir jou mooi woorde, ek is en sal altyd `n seun van Loftus wil wees.

Oor jou vraag oor John Smit: Mens moet verstaan dat hy baie rugby tot dusver gespeel het en dit `n faktor kon wees. Vaskop is `n verseker een van jou mees gespesialiseerde posisies en nie almal wil daar speel nie, juis omrede dit so moeilik en uitputtend tegnies is.

John is en bly `n wereldklas-speler en ek glo dat hy self nog meer leer op vaskop. Hoe ouer en meer ervare `n vaskop is, hoe beter.
Dus dink ek hy sal, indien hy reg bestuur word, Wereldbeker toe kan gaan.

Hi Gary.
Lekker om jou terug te hê. Wil net graag weet of jy dink daar is ‘n groot verskil tussen ons rugby en die noordelike rugby, en of daar miskien een of twee geheime is wat jy dalk uit die sak sal kan haal?

Daar is beslis ‘n paar geheime waaraan ons kan skaaf sodat dit by ons by die Bulle kan pas.

Ek sal maar net se, wag en kyk….
want dit is baie tegnies en ek sal dit met die afrigters en my spanmaats deel.

Hi Gary,
dis great om jou weer terug te sien in die Blou! My vrae:

1. Wat het jy die meeste gemis terwyl jy weg was van die Bulle?
2. Het jy enige ander SA unies oorweeg?
3. Watse vaardighede van jou tyd in Engeland kan ons na uitsien in vlge. jaar se S14?

1) Ek het die kameraderie onder die Bulle die meeste gemis. By Harlequins was ons nege verskillende kulture en elke doen sy eie ding.
2) Nee, ek het vir die Bulle gese ek is beskikbaar om terug te kom en boonop is ek `n seun van Pretoria. My familie en alles is hier.
3) Ek glo my vaste fasette het verbeter, veral skrums en lynstane want `n ou het nie `n Victor en Bakkies in die lynstane in slegte weer om balle te wen nie, so `n ou moet met ander ervaring & voorbereiding vorendag kom.

Wat dink jy is die oplossing vir die Bulle se voorry? Ons het maar n’ bietjie gesukkel die laaste paar games.

‘n Ou moet een ding verstaan, as ‘n voorry is dit noodsaaklik belangrik, veral as mens jonk is, en goeie ervaring op te doen en dit kom net met tyd.
Ons kan dalk nou in jou opinie swaarkry, maar mens kan nie ervaring koop nie en wat ‘n wonderlike vooruitsig het ons nie vir die volgende paar jaar met die jong voorrye wat ons nou grootmaak nie.

Om voorrye groot te maak is ‘n proses en ongelukkig neem dit tyd.

Hoekom het jy terug gekom PTA toe???Was jy nie opgewasse vir daai Rugby nie?? of was die geld te min???

Middag, dink jy ek moes vir die WP gaan speel het?
As jy kyk na my statistieke oorsee dan sou jy sien dat ek wel die pyp kon rook, ek het egter `n lewensbesluit geneem om terug te kom, want my kinders word groot sonder oupa`s en ouma`s. En daar is lewe na rugby.

Duidelik verstaan jy nie waaroor professionele rugby/sport gaan nie en dat `n ou `n kort leeftyd het en soveel as moontlik daaruit moet leer en geniet.

Hoop dit beantwoord jou vraag.

Ek is baie bly jy is terug. Speel jy nog jou hele lewe haker of het jou ander posisies ook gespeel bv. op skool?Verkies jy ‘n haker wat soos ‘n vierdie losvoorspeler speel of ene meer vir skrumkrag en gewig?

Jis, baie dankie vir jou ondersteuning, dit is wat ons ouens geniet en laat perform.

Ek het in 2003 haker begin speel nadat Heyneke vir my gese het om van oopkantflank na haker te skuif.

Dit was egter ‘n lang proses en ek was gelukkig om ouens soos Richard Bands, Wessel Roux, Kees Lensing en kie langs my te he wat my kon leer.

Voor 2003 het ek altyd flank gespeel.

Ek dink dit hang af van wat die behoefte vir die afrigter en span is. Daarvolgens glo ek watter tipe hakerspel die beste inpas en dan moet ‘n span daarvolgens werk.

Lekker dag en geniet die finaal!

196 Responses to Onderhoud met Gary Botha

  • 122

    @The-Pill

    haha..I also had a few telling me if Morne didnt play we wouldve lost by far. Well, he DID play and his points count.

  • 123

    119@The-Pill – Some even blame Morne Steyn for practising too much on his penalty kicks during the week…. and for being too accurate when not playing for the Bokke…

  • 124

    @Ashley

    Ashley, ek het gaan kyk na jou comment en daai strafskop. Natuurlik kan jy offside op jou eie bal wees. Gaan kyk mooi, Grant het uit sy eie 22 begin hardloop en is agter die voordeellyn gevang. Toe kom al die voorspelers terug gehardloop om hom te kom help. Toe kom van hulle van die kant af (dus onkant) in. Strafskop.

  • 125

    123@grootblousmile
    lol
    anyway guys
    i’m out
    back after lunch!

  • 126

    @Supa Die Bloubul – as Morne nie gespeel het nie het julle verder gewen want jul sou dalk ‘n drie of selfs twee kon druk as daar ‘n loskakel was wat iets vir sy senters kon doen met al die balbesit? Net ‘n vraag.

  • 127

    @fender
    @grootblousmile – Julle mense het mail. VRYSTAAAAAAAAAAAAAT!

    Stuur dir asb aan supa etc…..

  • 128

    123@grootblousmile

    I had someone tell me that WP are actually the better team because they scored a try, and the Bulls didnt! Nevermind the fact that we scored more tries than WP in the whole CC, the games against each other and also in the s14…

  • 129

    Gaan nou uit vir ‘n bier op hierdie lieflike somersmiddag. Tjorts.

  • 130

    120@Ashley – Lawrence is not perfect… he made mistakes…

    He blew far too few penalties against Province and at times they should have had a yellow or two…

    Hehehe

    No man, of course every Ref makes errors, every game they ref, but mostly the errors goes both ways… Saturday was an example of this… Mark was fair, as fair as is humanly possible.

  • 131

    @Supa Die Bloubul – Sadly yes….Sigh.
    Maybe next year….Sigh
    Bwaaaaahahahahaha

    Look at the bright side if you’re a WP supporter. I already had my disappointment for the season and I already feel much better.

    Either Bulls or Cheetahs in for a rough time next week.

  • 132

    #118 & #119 GBS and Pill

    Hehe, c’mon ouens – the only ou who blamed the returning Boks was Supa!

    I can’t recall a single Capie blaming anybody here on R-T. You know sometimes I think you Bulls fans need to demonise us Capies to prevent your enjoyment of the game of rugby dropping by 50%. 😉

  • 133

    127@Loosehead

    Ek wag in spanning.

  • 134

    126@K9-MonsterLeeu
    Sal nie weet nie, want net Morne het gespeel. Ek weet egter die Bokke het meer driee as die AB en Aus gedruk met Morne op 10.

  • 135

    @Supa Die Bloubul – Name ou bees, noem die naaaaame!
    Kom, name en shame die WP supporters hier wat verskoning gemaak het dat hulle teen die span wat deur vriend en vyand beskou word as die beste span in die wereld verloor het.

  • 136

    @Supa Die Bloubul – You ain’t gonna like it! [smilie]

  • 137

    @isigidi

    Hopelik die Cheetahs…

  • 138

    #127 Loosehead

    That is a great poster, but really I can’t send it to Supa – it will ruin a beautiful friendship. 😉

  • 139

    136@Loosehead

    I expect that much, as you want me to receive it so desperately!

  • 140

    135@isigidi

    Jy kry dan al my mails? Wat maak jy nou of jy niks weet nie?

  • 141

    135@isigidi

    Hier is solank vir jou drie: Isigidi, Kingpaul en Ex player. Hoop dit hou jou besig…hehe

  • 142

    @fender – Fair point.

    However i am reffering to comments made on other rugby blogs.

  • 143

    Waar is witenblou? Het hom nog nie gesien seder Saterdag nie. hehe

  • 144

    133@Supa Die Bloubul – Ag flok Supa…. Loskoppie is ‘n tipiese Cheetah…. hy het ‘n mooi Powerpoint presentation aangestuur waar die laaste foto, wat veronderstel in om ‘n girl te wees wat lekker flash, vervang het met ‘n Cheetah-speler wat die Kerriebeker in ‘n lynstaan vang………. eishhhhhhhhhhhh

    Droeë fokken drolle…..

  • 145

    #141 Supa

    Under which thread was that Supa?

  • 146

    @Supa Die Bloubul – Huh? Nou mis ek jou.
    Waarvan praaat jy?

    Ek wil weet wie die WP kwont hier is wat gese het die WP is eintlik ‘n beter span as die Bulle en as dit nie vir Mark lauwrens was nie, dan sou die WP gewen het.

    Lig hom vir my Supa. Wie is die kwont?

  • 147

    132@fender

    R-T, is still okay, you guys are too scared to blame the ref in front of us… Except Isigidi, he complained on R-T, mails, FB, everywhere! 🙂
    But WP supporters are made out of more than just R-T bloggers!

  • 148

    @Supa Die Bloubul – Oooooooo OK, is dit die kwonte.
    Sal hulle vermy in toekoms.

  • 149

    146@isigidi – Sleep die kwont hier uit!!

  • 150

    @isigidi

    Veral Ex player. Pasop vir hom.

Users Online

Total 23 users including 0 member, 23 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm