Volgens Beeld is Gary Botha oppad terug Pretoria toe. Hy kan selfs nog ‘n rol vir die Bulle in die res van die Curriebeker speel.

Botha speel die afgelope twee jaar sy rugby in Engeland by Harlequins rugbyklub. Harlequins was onlangs in die nuus oor die groot “Bloodgate” skandaal waarin hulle geskorste afrigter, Dean Richards, deel was. Deans is uiteindelik vir drie jaar geskors.

Botha het glo ’n klousule in sy kontrak wat sy voortgesette betrokkenheid by die klub koppel aan Dean Richards.

Met Richards weg, het Gary Botha die keuse om die klub te verlaat, en hy is van plan om dit te doen.

Dit is uitstekende nuus vir die Bulle was juis ‘n kwaliteit haker nodig het. Derick Kuun is ‘n paar jaar gelede vanaf flank na haker verskuif maar het nooit die invloed op die Bulle voor, wat Botha destyds gehad het nie. Daar is baie wat meen, Derick moet weer oopkant flank begin speel en dat hy ‘n baljagter is. Chilliboy Rallepelle is ook gereeld op toer saam die Bokke.

Gary Botha is ‘n sterk skrumwerker en die Bulle het dit nodig aangesien hulle voorry die afgelope jaar swaargekry het. ‘n Haker wat sterk skrum maak dit makliker vir die stutte rondom hom waar Werner Kruger vir die Bulle sukkel.

In nog nuus het Ian Schwartz, die Bulle se mediabestuurder, erken dat Jaques-Louis Potgieter moontlik terugkeer na die Bulle toe, maar nog niks is onderteken nie.

172 Responses to Gary Botha dalk weer by Bulle

  • 91

    @Supa Die Bloubul
    Was meesal beseer daar in Natal, as ek reg onthou, knie en nek, so het Puma my eenmaal vertel daar op Voldy.
    Waar is hy deesdae, weet jy?

  • 92

    @Polla
    Die Bliksem!!!

  • 93

    Kobus Wiese het net van Kees gehou omdat hulle die enigste twee ouens was met daai k@k haarstyl!..

  • 94

    Balie het in 83 matrikuleer by Gim. Was 1ste jaar in 1984 oppie bos.

  • 95

    @Pietman – Hy speel vir Castres in Frankryk. En moenie deurmekaar raak met Caster nie…

  • 96

    @KingPaul
    Ek het gou ge-google, Balie ie 1964 gebore (op CK nogal).
    So jy skat hom reg!

  • 97

    @Polla – En dis hier innie koeikamp waar hy geleer skrum het!! hehehe

  • 98

    @Polla
    So Naas en Michael het dieselfde tyd vir NTvl gespeel?
    Seker daai tyd wat Naas oorsee was….

  • 99

    @KingPaul
    Castres klink soos Frans vir ‘kastrasie’ in elk geval…. 🙂

  • 100

    Onthou julle manne nog vir Kabous en ‘n ou genaamd Heinie Rietman. Heinie het so paar games hier in 88/89 vir TVL gespeel as scrummie van die bench af. Kabous en Heinie en Carel se neef Neil Du Plessis het almal saam gebly op die plaas Paradyskloof op Stellenbosch (Daar is nou ‘n moerske groot dorpsontwikkeling daar) Ek het net so entjie weg gebly en ons het gereeld groot paarties op daai plaas gehad!

  • 101

    Ek het nounet gegoogle hier by my…. ek het ‘n kakhuis vol werk vir vandag oor…. sien julle later…

  • 102

    @Pietman – Nee, hulle het dieselfde tyd (1987) vir TVL gespeel. Michael het as dienspligtige in sy jonger dae een of twee games vir NTVL gespeel.

  • 103

    @Polla
    Ek onthou Kabous.
    Sien sy broer is dominee daar by Blouberg gemeente deesdae.

    Ok manne, hierdie dominee gaan nou kroeg toe, dankie vir die lekker gesels oor die ou dae.
    Sien julle later.

  • 104

    Hier is ‘n aanhaling van Jimmy Smith-Belton oor die 1988 final. Ek wonder hoeveel coaches sal deesdae dieslfde doen…..”The best experience I had was in 1988. I penalised Western Province in the last minute at Loftus when Michael du Plessis infringed. Northern Transvaal kicked it over and won by one point.

    “The first person into the changing room afterwards was Dawie Snyman, the Province coach. He said to me: ‘Thanks, Jimmy. And I have no problem with that last decision. You blew what you saw.’

    “It made the final for me.”

  • 105

    @Polla – Ek wonder of ‘n ou soos Nick Mallet of tot Peter de Villiers daai sal kan doen?

  • 106

    @Polla
    Goeie een Polla!

  • 107

    104@Polla
    maybe dsnyman knew that the moment that k@k ref stepped out of the dressingroom there will be someone to throw him with a “pot pis”
    think thats where the current “brandy and coke” incidents come from!!

  • 108

    @KingPaul – Ek wonder of ou Buurman van Zyl dit sou doen!..lol

  • 109

    @Ashley – Ja..old Smith-Belton was not a popular ref amongst us Province supporters way back then. I remember an incident where a bunch of students got hold of him in a Stellenbosch pub and made him very very drunk!

  • 110

    Be Back Later…Need to do some work.

  • 111

    109@Polla
    hope they kept to oom tas, virginia or kaapse jolyt. anything else wouldve been a waste!!

  • 112

    Pietman,

    Kees was meestal reg om te speel, net nooit gekies nie. Toe hy daar aankom was hy gesond. MAar ek dink BJ was voor hom altyd gekies. Hy was n slag beseer, maar wragtig nie twee jaar nie. Ek onthou goed, want ek was vrek vies oor hy weg by die Bulle was! Sharks het droogemaak daar. Weet nie waar is hy nou nie.

  • 113

    can someone design a “woodensppon trophy” for the ab vs aus match (and post it on here)?
    cant see that those guys can play for 80 minutes without SOME kind of reward!!

  • 114

    113@Ashley
    …cant see that those guys play (oops)

  • 115

    @Ashley – I will design and build one from real wood.

    Sal nie moeilik wees nie. Vat net n houtlepel uit die laaikas ini kombuis!

  • 116

    @Supa Die Bloubul
    Blykbaar in Castres, se KP.
    Weet nie watse liga speel hulle nie, nog nooit van so n span gehoor nie…

  • 117

    115@The-Pill
    thanks for the offer phill the pill
    i only need a photo to go and paste on the nz/aus sites!!

  • 118

    117 @Ashley – Ashley, ek dink Gary Botha was die haker van die Bulls toe hulle op Loftus daardie rekordtelling teen die Stormers aangeteken het, dink dit was 75-14, of so iets ? 😉

  • 119

    118@bdb
    jaaaaaaaaaa boet
    was sê mens daarop behalwe dat die wiel gewoonlik maar draai?

  • 120

    119 @Ashley – solank hy net staaaaaaaadig draai.

Users Online

Total 53 users including 0 member, 53 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm