Volgens Beeld is Gary Botha oppad terug Pretoria toe. Hy kan selfs nog ‘n rol vir die Bulle in die res van die Curriebeker speel.

Botha speel die afgelope twee jaar sy rugby in Engeland by Harlequins rugbyklub. Harlequins was onlangs in die nuus oor die groot “Bloodgate” skandaal waarin hulle geskorste afrigter, Dean Richards, deel was. Deans is uiteindelik vir drie jaar geskors.

Botha het glo ’n klousule in sy kontrak wat sy voortgesette betrokkenheid by die klub koppel aan Dean Richards.

Met Richards weg, het Gary Botha die keuse om die klub te verlaat, en hy is van plan om dit te doen.

Dit is uitstekende nuus vir die Bulle was juis ‘n kwaliteit haker nodig het. Derick Kuun is ‘n paar jaar gelede vanaf flank na haker verskuif maar het nooit die invloed op die Bulle voor, wat Botha destyds gehad het nie. Daar is baie wat meen, Derick moet weer oopkant flank begin speel en dat hy ‘n baljagter is. Chilliboy Rallepelle is ook gereeld op toer saam die Bokke.

Gary Botha is ‘n sterk skrumwerker en die Bulle het dit nodig aangesien hulle voorry die afgelope jaar swaargekry het. ‘n Haker wat sterk skrum maak dit makliker vir die stutte rondom hom waar Werner Kruger vir die Bulle sukkel.

In nog nuus het Ian Schwartz, die Bulle se mediabestuurder, erken dat Jaques-Louis Potgieter moontlik terugkeer na die Bulle toe, maar nog niks is onderteken nie.

172 Responses to Gary Botha dalk weer by Bulle

  • 61

    @Loosehead
    Lot of guys landed in Bloem too, Cln. Peet Kleynhans drafted them to 1 SAI and the para school….Danie Gerber, Rassie, Jan-Harm van Wyk, Chris Badenhorst, Jouba, Honibal, Thabo Thomas, Christo Ferreira, Fritz Wolmerans etc.

  • 62

    @KingPaul
    Beslis.
    Hoekom dink jy het Naas vir Rovigo en NTvl gespeel?
    Naas het skatryk geword in Italy daai jare al…..speel Saterdag op Loftus en dan hol hy vir die lughawe na die eindfluitjie, Sondagmiddag speel hy alweer daai kant van die wereld.
    Man doen dit nie verniet nie…..

  • 63

    @Pietman – More mense…EK lees nou so van die kopery. Carel en sy broer Michael is op TVL toe op Luyt se tjekboek….ook net vir een seisoen (in 1988 dink ek)

  • 64

    @Ashley
    Was alles onner die tafel gewees, soos KP se.

  • 65

    @Polla
    Michael was NTvl, militere opleiding, tandarts gewees by 1 Mil.
    Deon Lotter ook, en so ook Joel Stransky.

    Carel en Jacques het Tvl gejol, saam met Goggie van Heerden (WP).

  • 66

    Ek onthou een jaar het die SA Sports Illustrated ‘n April Fool’s joke gehou en Naas met ‘n TVL trui op die voorblad laat pryk. Met die eksklusief dat hy nou vir die Rooibontes gaan speel. Daar was amper oorlog in Pretoria daai tyd. Was ook hier in die laat 80’s gewees as ek dit nie mis het nie.

  • 67

    En wat van jare gelede toe Theuns Stofberg af Kaap toe is om vir die WP rugby unie te gaan werk?
    Dit was laaank voor enige van die bogenoemdes.

  • 68

    Nou meer beurt vir n vraag.
    Wie was die duurste (en die kukste) koop ooit in SA provinsiale rugby?
    (Ek praat natuurlik nou van voor Habana se onlangse aanbod).

  • 70

    @Pietman
    Seker daai oorlams voory van Namibie wat by die Sharks geteken het? Kan nie nou sy naam onthou nie. so ‘n lekekr fris seun met so ‘n borselkop…

  • 71

    Ek weet van Stransky..hy het in 1986 destyds as 18 jarige daar by Voortrekkerhoogte aangekom en direk in die N/Tvl 0/20 span ingestap. EK was toe ook in Voortrekkerhoogte besig met JL’s. Ek weet Jaques is baie jonger as die ander twee en het vir OP gespeel. Ek sal by Carel hoor, maar ek is amper seker dit was Michael wat saam met hom TVL toe is.

  • 72

    Jy gedeeltelik reg.
    Michael was by Youngsfield in die Kaap, later vir n paar maande op Buffalo en n baie kort tyd in Pretoria. Het waarskynlik net 2 games vir die Bulle gespeel.
    @Pietman

  • 73

    GBS

    Gary is 28, word oktober 29

  • 74

    @Polla – Ek kan bevestig dat Jacques vir OP gespeel het. Iets hier in my agterkop vertel my Jacque het daai jare saam met Balie Swart vir Elsenburg gespeel, maar ek mag deurmekaar wees…

  • 75

    Hulle het vir die Vaal gespeel na sy dienspligtydperk.
    @Polla

  • 76

    69@grootblousmile
    ek stem saam!

  • 77

    Dan het hy nog 3 jaar oor.

    @Supa Die Bloubul

  • 78

    @Stan

    Ja, genoeg tyd vir n nuwe jong ou om dan oor te neem.

  • 79

    @KingPaul – Jy’s reg, Jaques het vir Elsenburg gespeel, maar ek kan nie onthou of Balie ook daar was nie. /84/85 op Stellenbosch.

  • 80

    @KingPaul – @grootblousmile –

    Korrek, Kees.
    R2.4m, in 2006 al.
    En daai ou was nou net mooi fckol werd vir die Sharks.
    Hy was hopeloos in elk geval, van sy skooldae op Upington al.
    Maar hy het lekker met sy gat in die botter geval daar in Deben.
    Wonder waar is hy nou, seker terug oppie plaas in die Kalahari?

  • 81

    Is julle seker dis nie Earl nie?….

  • 82

    @Stan@Polla
    Dis moontlik dat Michael vir Tvl gaan speel het later.
    Weet nie of hy span gehaal het nie, Lance Sherrell was toe die ‘in’-man daai tyd.

    Michael het nie lank daarna nie weer in die Baai geland, eers as tandarts en toe as predikant, hy en Jacques is glo beide deesdae leke-predikers daar.

  • 83

    @Polla
    Ja, ou Balie was daar. Maar moet ook nou nie vir my die jaartal vra nie. hehehe.

  • 84

    Ek verwys na sy dienspligtydperk toe hy en Carel in 87 vir Tvl gaan speel het.
    @Pietman

  • 85

    @Pietman

    Kees was n vrek goeie stut en kon sterk skrum. Die Sharks het hom net nooit gekies nie! Weet nie wat daar aangegaan het nie. Ek onthou hoe mal was Kobus Wiese oor Kees.

  • 86

    @KingPaul
    Balie het ’93 Springbok geword, terwyl hy vir Tvl gespeel het.
    Sou hy het seker so ’91-92 rond klaargemaak in die Kaap.

  • 87

    Ek stem. Toe hy vir die Bulle gespeel het was hy sonder twyfel die beste losskop in die land.
    @Supa Die Bloubul

  • 88

    @Stan
    Ek kan nie die rondtrekkery van die Du Plessis broers so lekker onthou meer nie.
    Al wat ek wet is dat beide Michael en Carel terug was by WP in 1989, en hulle het beide daai jaar Springbok gespeel teen daai Wereld XV- tal.

  • 89

    Ja. dit was 1987 gewees toe Carel en Michael TVL toe is. Hulle was weer in 1988 terug vir WP toe Michael in die laaste sekondes van CC Final op Loftus ‘n strafskop afstaan regvoor die pale. Jimmy Smith-Belton was ref en Naas skop oor…N-Tvl wen met 1 punt!

  • 90

    @Pietman – Ja, maar dit was vroeer as daai. Hy en ‘n familie lid het saam vir Elsenburg gespeel en daai familie lid van my is nou al seker so 43 of 44. So kom ons sê hy was 20 toe hy Elsenburg toe was dan is dit so 23 jaar terug van nou af. So jy is nie ver uit nie, so ’86-’89.

Users Online

Total 52 users including 0 member, 52 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm