KingPaul,  WP korrespondent 

Die Westelike Provinsie se Curriebeker-rugbyspan het ’n groot terugslag beleef voor sy wedstryd vandag hier teen Griekwas.

Die Streeptruie se losskakel, Willem de Waal, is beseer en kan tot twee maande lank buite aksie wees. Peter Grant is vandag hier op GWK-park die losskakel vir die WP.

Die Streeptruie is een van die spanne wat die Noord-Kapenaars op hul tuisveld bloedneus kan gee, maar met De Waal se besering boet die besoekers heelwat taktiese skopvernuf in.

Met Grant die losskakel, sal Morgan Newman nou binnesenter speel.

Sarel Pretorius (skrumskakel), Naas Olivier (losskakel) en Riaan Viljoen (heelagter) sal Grant onder dieselfde soort druk wil plaas as wat vir “Generaal” De Waal beplan is.

Die WP het sy een weg-wedstryd tot dusver vanjaar verloor en is daarom onder druk om nou ’n weg-sege te behaal.

Die WP het Griekwas verlede seisoen met gemak op Nuweland geklop, maar die Diamantstad was op sy beurt ’n begraafplaas vir die Streeptruie.

Die voormalige WP-haker Charl Marais meen die besoekers sal opgewasse wees.

“Die WP behoort die knoop deur te hak. Dit is myns insiens een van Griekwas se groter toetse dié. Dit gaan ’n baie taai wedstryd wees. Griekwas sal hope selfvertroue hê. Sy gestruktureerde speelstyl maak van hom ’n gevaarlike teenstander,” het Marais gesê.

’n Fisieke voorspelerstryd word voorspel. WP het onder andere Chris Jack (slot), Brock Harris (stut) en Tiaan Liebenberg (haker) wat die pap voorlangs dik kan aanmaak. Griekwas kan hom ook voorberei vir ’n rolmaal-aanslag deur die Streeptruie en sal by die afbreekpunte beproef word deur Luke Watson, Duane Vermeulen en Francois Louw.

Jonathan Mokuena (agtsteman en kaptein) en sy flanke, Davon Raubenheimer en Rohan Kitshoff, het hulle reeds bewys en hul tweestryd met die WP-lostrio beloof om rugby vir die fynproewer op te lewer.

Edrich Lubbe, ’n voormalige senter van die Poubloues, meen Griekwas het ’n baie goeie kans om die WP te klop. “Hulle is goed op dreef en het wen-momentum; en die span het baie karakter en min swak punte.

“Hulle het twee sterk unies, die Vrystaat-Cheetahs en die Leeus, weg van die huis af geklop en is op die kruin van die golf,” het Lubbe gister gesê.

Die spanne is:
Griekwas: Riaan Viljoen, Egon Seconds, Jaco Bekker, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier, Sarel Pretorius, Jonathan Mokuena (k), Davon Raubenheimer, Rohan Kitshoff, Jacques Lombaard, Brendon Snyman, Ruaan du Preez, Rayno Barnes, Albertus Buckle. PLAASVERVANGERS: Andries Kruger, Steph Roberts, Heinrich Stride, Sean Plaatjies, Hanno Coetzee, Gavin Passens, Dewald Pretorius.

Westelike Provinsie: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Puke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Anton van Zyl, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Möller, Adriaan Fondse, Conrad Hoffman, Paul Bosch, Frikkie Welsh.

Skeidsregter: Craig Joubert.
 

507 Responses to WP sonder Willem teen Griekwas

  • 61

    Bla bla bla bla

  • 62

    #59 K9
    Middag K9, Nou kan ons weer bietjie die mense van rugby leer. Ek dink die mede bloggers kry hoendervleis as hulle ons saam hier sien. Hoogtepunt van die naweek vir almal.

  • 63

    #57 ja nee nou moet ons maar nice met julle wees want julle is dan die Leeutjies se enigste twee supporters en ons harte bloei vir julle 😉

  • 64

    57 & 59
    25% van alle Lion supporters blog hier op We Talk Rugby!! Befokte statistiek!!

  • 65

    Ek gaan my verbeel dis Saterdag en 15:00 my eerste dop gooi. Buitendien te koud vir bier drink…

  • 66

    #64 25% van leeu supporters het meer tanne saam as 90% van WP supporters saam hehe

  • 67

    Ed….ek verstaan wat jy bedoel. Maar dis nie goed vir die blog nie. Die ouens skip al die comments en lees net ons sn.

  • 68

    #66
    LMFGA

  • 69

    #67 Ons kan onself net nie help nie

  • 70

    @66
    hehehe
    ithie waa nie!!

  • 71

    hey hey hey!!!

    Wat se julle appeldammers?

  • 72

    #66 K9

    Ek weet nie hoe kan mense sê die bulle het meer geskiedenis as die leeus nie. Die bulle het eers in 1938 ontstaan.

    Jy moet daai 120 Years off Lions rugby lees. Beste boek ooit. Ek sit nou al die playboy neer om daai boek te lees.

  • 73

    Hoor Bakkies en Kevin de Klerk word deesdae baie saam gesien.

  • 74

    #67 K9.

    Dit is hoekom ek hulle partykeer los om op hule eie te chat. Ek wil die heeltyd inspring en reghelp, maar dit is nie goed vir hulle selfbeeld nie.

  • 75

    #72 — net die highlights gelees — die inleiding…hehehehe

  • 76

    #72 Shame man is jy so verveeld

    #73 Wie is Kevin de Klerk

  • 77

    #73 K9

    Bakkies het mos gesê, hy hoop hy kan eendag so goed soos Kevin wees.

  • 78

    #74 😆

  • 79

    #76 Tripples

    Daar wys jy nou presies waarvan ek en K9 praat. 😀

  • 80

    Wat sê jy Trupi? Ek dink jy is die enigste Tjarkie hier. 😀

  • 81

    #77 En Kevin se ore is nie so groot soos Bakkies sn nie.

  • 82

    Ed
    Dis goed om die jare aan julle kant te he, maar moenie vergeet dat deur net te bestaan help niks, mens moet n merk maak soos die BULLE en WP doen, anders is jy niemand in die oe van Mnr Geskiedenis nie!

  • 83

    73 K9-MonsterLeeu

    Bakkies is glo mal oor Kevin se “sexy oë”

  • 84

    5*# AB
    My hart is in die Kaap, maar nie by WP nie.
    Luke Watson, as jou provinsie se kaptein, en jy staan by die span?
    Hoe de fok doen mens dit, vertel my?
    Buiten die anner goete nog, soos die verkoop van Nuweland…..
    Aag nee man.

  • 85

    #79 hehehehe 😳 help dit nie as ek se ek is ‘n vrou?
    Ek weet genuine nie wie Kevin de Klerk is nie……………………..HELP MY

  • 86

    Kyk nou hoe fok die twee Leeu welpies ‘n goeie blog op!! Ek praat eeder oor die 3de liga Carlton rugby as wat ek komentaar lewer oor Lion rugby. hehehe

  • 87

    Hello Eddie — mag dalk eensaam wees maar die trofeekabinet is darem nie leeg nie 🙄

  • 88

    #87 ja julle moet maar die CC mooi vir ons polish hoor hehehehehe

  • 89

    84 Pieta — Nuweland word nie verkoop nie – sover ek weet het hulle daarteen gestem

  • 90

    84# Daai was vir AB bedoel.

Users Online

Total 78 users including 0 member, 78 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm