KingPaul,  WP korrespondent 

Die Westelike Provinsie se Curriebeker-rugbyspan het ’n groot terugslag beleef voor sy wedstryd vandag hier teen Griekwas.

Die Streeptruie se losskakel, Willem de Waal, is beseer en kan tot twee maande lank buite aksie wees. Peter Grant is vandag hier op GWK-park die losskakel vir die WP.

Die Streeptruie is een van die spanne wat die Noord-Kapenaars op hul tuisveld bloedneus kan gee, maar met De Waal se besering boet die besoekers heelwat taktiese skopvernuf in.

Met Grant die losskakel, sal Morgan Newman nou binnesenter speel.

Sarel Pretorius (skrumskakel), Naas Olivier (losskakel) en Riaan Viljoen (heelagter) sal Grant onder dieselfde soort druk wil plaas as wat vir “Generaal” De Waal beplan is.

Die WP het sy een weg-wedstryd tot dusver vanjaar verloor en is daarom onder druk om nou ’n weg-sege te behaal.

Die WP het Griekwas verlede seisoen met gemak op Nuweland geklop, maar die Diamantstad was op sy beurt ’n begraafplaas vir die Streeptruie.

Die voormalige WP-haker Charl Marais meen die besoekers sal opgewasse wees.

“Die WP behoort die knoop deur te hak. Dit is myns insiens een van Griekwas se groter toetse dié. Dit gaan ’n baie taai wedstryd wees. Griekwas sal hope selfvertroue hê. Sy gestruktureerde speelstyl maak van hom ’n gevaarlike teenstander,” het Marais gesê.

’n Fisieke voorspelerstryd word voorspel. WP het onder andere Chris Jack (slot), Brock Harris (stut) en Tiaan Liebenberg (haker) wat die pap voorlangs dik kan aanmaak. Griekwas kan hom ook voorberei vir ’n rolmaal-aanslag deur die Streeptruie en sal by die afbreekpunte beproef word deur Luke Watson, Duane Vermeulen en Francois Louw.

Jonathan Mokuena (agtsteman en kaptein) en sy flanke, Davon Raubenheimer en Rohan Kitshoff, het hulle reeds bewys en hul tweestryd met die WP-lostrio beloof om rugby vir die fynproewer op te lewer.

Edrich Lubbe, ’n voormalige senter van die Poubloues, meen Griekwas het ’n baie goeie kans om die WP te klop. “Hulle is goed op dreef en het wen-momentum; en die span het baie karakter en min swak punte.

“Hulle het twee sterk unies, die Vrystaat-Cheetahs en die Leeus, weg van die huis af geklop en is op die kruin van die golf,” het Lubbe gister gesê.

Die spanne is:
Griekwas: Riaan Viljoen, Egon Seconds, Jaco Bekker, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier, Sarel Pretorius, Jonathan Mokuena (k), Davon Raubenheimer, Rohan Kitshoff, Jacques Lombaard, Brendon Snyman, Ruaan du Preez, Rayno Barnes, Albertus Buckle. PLAASVERVANGERS: Andries Kruger, Steph Roberts, Heinrich Stride, Sean Plaatjies, Hanno Coetzee, Gavin Passens, Dewald Pretorius.

Westelike Provinsie: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Puke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Anton van Zyl, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Möller, Adriaan Fondse, Conrad Hoffman, Paul Bosch, Frikkie Welsh.

Skeidsregter: Craig Joubert.
 

507 Responses to WP sonder Willem teen Griekwas

1 2 3 17
  • 1

    GO WP Janne!!!
    Behalwe natuurlik Puke, hy is ‘n Janine!!

  • 2

    Panic jy KP? Ek sou….

  • 3

    Ek dink KP het homself bepoefies en gan slaap!!

  • 4

    Dink ook so

  • 5

    Ed, wou vir ons ‘n Friday Far Side Jannie cartoon opgesit het maar ek sien Gary Larson is nie keen dat jy sy goed pos nie…sal maar iets ander soek later.

  • 6

    #5 Koos

    Hoe gaan Gary weet?

  • 7

    Ek gaan ‘n Catogory maak “fun”. Gooi hom vir ons daar.

  • 8

    Ed, jy is die een in Amerika waar die copy right laws jou kan kap, wil nie krap waar dit nie jeuk nie..

  • 9

    Terloops Ed, gaan ons vir eers beperk hoeveel artikels geplaas word op ‘n dag? Miskien maak ons ‘n ‘fun’ een vir gesels en ‘n rugby een. As iemand ‘n artikel wil pos las hulle dit net by die oorspronklike storie eerder as ‘n heel nuwe…

  • 10

    Koos, ek dink jy is reg. Kom ons krap eerder nie.

    Ek dink daar word te veel gepost op die oomblik. Maar met die nuwe blog sal ons dit anders hanteer. Miskien ‘n nuwe post elke 2 ure of so. Ek wil graag hê mense moet op almal se posts chat.

  • 11

    Bang gat! 😆

    Pla my nie veel nie, gee mense kans om beitjie te pos en eksperimenteer ook.

  • 12

    Hehehehe,

    Ek moet maar die wet gehoorsaam. Wil nie graag gedeporteer word nie. My pa gaan weet ek praat kak as ek sê ek was homesick. 😀

  • 13

    Ek stem, as jy nie daar was nie kon mens nog waag. Wie gaan hulle nou haal in SA of hier by my? Hy stuur blykbaar ‘n persoonlike brief waar hy vra dat jy dit liewers nie doen nie…of die volgende kontak is van sy prokerowers…

    Op daai punt, jy moet die mense vertel dat as hulle artikels pos moet hulle seker maak die persoon se naam en die site waar dit vandaan kom is deel van die artikel. Solank jy hulle krediet gee is dit fyn om te copy en paste…

  • 14

    Ja Koos.

    Ek sien die ouens doen dit, so ek glo ons speel dit reg. My opinie oor ‘n blog of nuus, dit is iets wat jy mag kopie en paste as jy die skrywer se naam by sit. Jy sal sien, op news24, kan mens nie die goed kopie nie. Hulle maak dit bietjie moeiliker. Jy kan dit e-mail en dan kopie en paste.

    Verder, hoe gaan dinge aan daardie kant van die wêreld. Dink daai klomp Toheys drinkers hulle gaan ons kan wen?

  • 15

    Ek kan News24 copy en paste!

    Die span klink positief maar die meeste kommentators reken dit gaan maar moeilik wees. Rod Kafer reken daar is min swak plekke in die huidige Bok span. Hy reken hulle moet ons aanvat in die lynstane en ons opvolg van skoppe is nie die beste nie.

    Sover lynstane betref, hulle gaan beslis moeiliker wees as die ABs maar die beste wat hulle kan doen is parity…ek dink Vic en Bakkies is laas in St 3 geklop in lynstane…maar ook net omdat hulle teen die St 5 laaities gespeel het 😯

    Die video footage wat hy gewys het van die opvolg van die skoppe dra egter water, JPP en Habana hardloop met die spoed van witlig maar is soos afkop hoenders en mis gewoonlik die eerste tackle. As daai agterste 3 van die Wobblies eers op die voorvoet kom sal ons moet keer dat dit klap.

    Ek se steeds die moeilike deel vir die Bokke is die 3de van 3 games in ‘n ry…maar ons kan net so wel met 30+ wen as wat ons kan verloor, moeilike ene om te pick.

  • 16

    Koos,

    Jy stel altyd alles so goed. Jy is 100% reg. Habanero en Petrusen mis die tackles. hulle hardloop moerse belowend soos ‘n hond wat ‘n kar jaag. As hulle nou uiteindelik by die target uitkom, het hulle nie ‘n clue wat om te doen nie. Ek kan dit net nie deur die dag sê nie, want ek is moesa outnumbered. 😀
    Daai BDB is baie skerp.

    Ek dink ons kan ver wen, maar ons moet slim rugby speel. Daai Wallabies is ‘n onervare span. Ons skuld hulle ‘n 49-0 pakslae. Hopelik sommer Saterdag.

    nog 15 minute werk vir my, dan gaan ek huis toe.

  • 17

    Hahahaha netso, en hulle is vinnig genoeg om die kar te vang..

    Die Wobblies het nog nie naby hulle potensiaal gespeel onder Deans nie, maar hy werk hulle en hulle gaan gevaarlik wees volgende jaar en even meer so in 2011!

    Ons behoort hulle te wen…

    Ek het nog 7 ure…maar dan is dit naweek!

  • 18

    Ek het nog 5 minute en dan is dit môre eers Vrydag 😀

    Ek is weg my maat. Lekker gechat. Ons site gaan mooi wees. Jy sal sien.

    Lekker naweek.

  • 19

    Tot later Ed, geniet die aand

  • 20

    Moer hulle Griekwas!!!

  • 21

    @20
    Nie sommer nie!!
    Jy moet nou nie soos ‘n tipiese BlouBul supporter word dat jou haat vir ‘n ander span jou liefde vir jou eie span oorheers nie! hehehe

  • 22

    Dag KP!!

  • 23

    Dag SAB

  • 24

    21 KingPaul

    Soos ek op die ander garing gesê het, ons het volwasse begrip, en verstaan die historiese pyn wat hulle ervaar….

  • 25

    Komaan die Poublou….moer hulle !
    Hulle wil mos AB jerseys dra op die pawiljoen as die Bokke speel en haasbek wees en n kaptein het wat so kots….moer hulle Griekwas!

  • 26

    Bwaaaahahahaha maar julle mensies wat so met die berg gepla is, is maar sensitiewe sielietjies!!!! 😉

  • 27

    Gooooo die KWAS!!!!!!

  • 28

    #27 nee jong die mense gaan moan….wees nou tog net sensitief

  • 29

    Nee jong, ons het nou die aand ook daaroor gesels. Ek verstaan dit regtig nie. Ek support die WP en dis dit. Of die Bulle nou teen die Vrystaat wen of verloor, dit traak my nie rerig nie. Maar hier is ‘n onderliggende haat vir alles wat met die WP of WesKaap te doen het. Volgens my kan jy ook nie die twee skei nie. Ek het jou al gesê, jy kan mos nou nie Malmesbury se saaiboere, Veldrift se vissermanne, Stellenbosch se wynmakers, Caledon se garsboere en die Overberg se merinoboere met die klomp werfetters van die vlakte vergelyk nie! So, as jy die WP haat, dan haat jy sy supporters ook en dan haat jy al hierdie mense ook.
    Net my opinie.

  • 30

    GK het die leeus op ellispark gewen…so wp het maar geen kans nie!!!!

1 2 3 17

Users Online

Total 31 users including 0 member, 31 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm