KingPaul,  WP korrespondent 

Die Westelike Provinsie se Curriebeker-rugbyspan het ’n groot terugslag beleef voor sy wedstryd vandag hier teen Griekwas.

Die Streeptruie se losskakel, Willem de Waal, is beseer en kan tot twee maande lank buite aksie wees. Peter Grant is vandag hier op GWK-park die losskakel vir die WP.

Die Streeptruie is een van die spanne wat die Noord-Kapenaars op hul tuisveld bloedneus kan gee, maar met De Waal se besering boet die besoekers heelwat taktiese skopvernuf in.

Met Grant die losskakel, sal Morgan Newman nou binnesenter speel.

Sarel Pretorius (skrumskakel), Naas Olivier (losskakel) en Riaan Viljoen (heelagter) sal Grant onder dieselfde soort druk wil plaas as wat vir “Generaal” De Waal beplan is.

Die WP het sy een weg-wedstryd tot dusver vanjaar verloor en is daarom onder druk om nou ’n weg-sege te behaal.

Die WP het Griekwas verlede seisoen met gemak op Nuweland geklop, maar die Diamantstad was op sy beurt ’n begraafplaas vir die Streeptruie.

Die voormalige WP-haker Charl Marais meen die besoekers sal opgewasse wees.

“Die WP behoort die knoop deur te hak. Dit is myns insiens een van Griekwas se groter toetse dié. Dit gaan ’n baie taai wedstryd wees. Griekwas sal hope selfvertroue hê. Sy gestruktureerde speelstyl maak van hom ’n gevaarlike teenstander,” het Marais gesê.

’n Fisieke voorspelerstryd word voorspel. WP het onder andere Chris Jack (slot), Brock Harris (stut) en Tiaan Liebenberg (haker) wat die pap voorlangs dik kan aanmaak. Griekwas kan hom ook voorberei vir ’n rolmaal-aanslag deur die Streeptruie en sal by die afbreekpunte beproef word deur Luke Watson, Duane Vermeulen en Francois Louw.

Jonathan Mokuena (agtsteman en kaptein) en sy flanke, Davon Raubenheimer en Rohan Kitshoff, het hulle reeds bewys en hul tweestryd met die WP-lostrio beloof om rugby vir die fynproewer op te lewer.

Edrich Lubbe, ’n voormalige senter van die Poubloues, meen Griekwas het ’n baie goeie kans om die WP te klop. “Hulle is goed op dreef en het wen-momentum; en die span het baie karakter en min swak punte.

“Hulle het twee sterk unies, die Vrystaat-Cheetahs en die Leeus, weg van die huis af geklop en is op die kruin van die golf,” het Lubbe gister gesê.

Die spanne is:
Griekwas: Riaan Viljoen, Egon Seconds, Jaco Bekker, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier, Sarel Pretorius, Jonathan Mokuena (k), Davon Raubenheimer, Rohan Kitshoff, Jacques Lombaard, Brendon Snyman, Ruaan du Preez, Rayno Barnes, Albertus Buckle. PLAASVERVANGERS: Andries Kruger, Steph Roberts, Heinrich Stride, Sean Plaatjies, Hanno Coetzee, Gavin Passens, Dewald Pretorius.

Westelike Provinsie: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Puke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Anton van Zyl, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Möller, Adriaan Fondse, Conrad Hoffman, Paul Bosch, Frikkie Welsh.

Skeidsregter: Craig Joubert.
 

507 Responses to WP sonder Willem teen Griekwas

  • 31

    WP rugby ondersteuners verpes die haasbek AB ondersteuners nog meer as julle
    WP rugby ondersteuners kan nie wag dat Bath hulle verlos van hulle grootste irritasie en verleentheid nie
    WP rugby ondersteuners is sout van die aarde BOK, WP en SA (in daardie orde) rugby ondersteuners

  • 32

    KP…ek haat die bulle!

  • 33

    Gaan nie oor sensitiewietyd nie (Fok, maar dis ‘n grootwoord 😆 ), ek wil net weet waar julle haat vandaan kom? Ons sal wel vanaand 5uur sien wie die een is met die eier op die gesig.

  • 34

    29 KingPaul

    Baie goeie punt KP

    Maar dit gaan nie net oor die werfetters nie.

    Dis nie waaroor die haat gaan nie. Hulle gebruik dit net as dekmantel.

    Dit gaan oor dieper dinge en letsels as dit.

  • 35

    #32 kyk julle kalmeer tog nou net hehehehe…………….ek looooooooooooove rugby en volgens my moet die WP en Die Leeus nou hulle acts reg kry want dit is belangrik vir SA rugby….ek haat nie die WP nie, ek haat nie die Kaap nie ek is MAL oor die HELE SA….ons noem dit niggle en terg……

    Is julle nou ‘n klomp ballerinas of wat, vra vir Div wat julle dan moet doen 😉

  • 36

    KP
    Doen jouself n gunsie.
    Gaan sommer nou oor keo toe, enige thread.
    Sien jy Sharks daar wat kuk praat, of Bulle of Cheetahs?
    Vat sommer die eerste thread op hierdie oomblik, net as voorbeeld.
    Wie is daar wat sense praat en wie praat kuk?
    Al die kukpraters en kukmakers op keo kom uit die WP, gaan kyk maar.
    Langkop, Katman, Harry, Skoppie, Grant, Saffa, Dawn,…..noem hulle.

  • 37

    K9
    hehehe, dan gehoor jy sing so lekker saam as jy daar op Loftus kuier? Of het hulle jou gesuip gemaak?

    SAB
    Dis wat ek ook sê, daar is buitendien baie meer cullarts wat die Bokke support as wat die AllBlacks support in die Kaap, en alhoewel ek hulle haat, gaan ek nou nie my siening oor die WP verander nie. Al die korup ANC leiers sit in Tswane, maar ek sien nie dat dit die Bulls pla nie? En waar vind die meeste plaasmoorde en geweldadige inbrake plaas? Maar dit pla ook nie die Bulls nie…

  • 38

    #37 Pla ons nie? waar kom jy daaraan?

  • 39

    33 KP
    Daar is net een span waarvoor ek enige respek het in ons rugby en dis die WP. Ons is die enigste twee spanne met behoorlike kompetisie geskiedenis.

  • 40

    Dit is so bevrydend om sonder haat te wees. Dankie tog!

    In 2008 bv kon ‘n mens met opregte simpatie gade slaan hoe die galgtoue vir Ludeke aan die jakkarandas gehang word en met empatie die pyn van die mense probeer deel…

  • 41

    Komaan Griekwas, moer hulle!

  • 42

    KP…hulle het my drank gespike

  • 43

    Pietman
    Ek stel nie belang wat op Keo aangaan nie. Het my account daar toegemaak.
    En vir wat steur jy jou buitendien aan daai lot?
    En skeer jy nou alle WP supporters oor die selfde kam?

  • 44

    #39 Feite, en dis hieroor dat daar die ‘rivalry’ is…..en by the way die Bulle moes baie abuse suffer buy KEO, julle het ons konstant uitgehaal daar

  • 45

    #42 Hmmm en jou vasgedruk en dit by jou keel afgegooi huh puppy? 😆

  • 46

    39 AB Bullsbok

    Vat ‘n high five vir daai volwasse kommentaar AB!!

    So ‘n Bulls bek kan maar jam kry!!!

  • 47

    Ek het nie ‘n probleem met die bulle nie….net hulle ondersteuners hehe

  • 48

    Hello

  • 49

    39 # WP pre-2008.
    Ek ook, ek was toe n stoere WP man.
    Maar toe hulle daai klein kotsgevreet as kaptein kies, wat moes ek doen?
    Net om een punt te noem.
    Nou is ons nog nie eens by die admin en Tobie Titus nie.
    Moet mens hulle in hulle kwaad sterk verder?
    Norrorefok…..nie Pietman nie

  • 50

    #48 dagse seun 😆

  • 51

    En nou gaan ek waai, voordat julle WP-manne my de moer in maak.
    Tjeers.

  • 52

    #50
    Dagsê Tannie

  • 53

    44 Tripples

    Ons het aan julle kant gefight wanneer die haasbekke die Bulls en Loftus aan Afikaanse kultuur gekoppel het en neerhalend daaroor was

  • 54

    #51 Pietman,

    Rustig ou grote. Lekker dag verder!!

  • 55

    #51 nee man Pietman, alles is goedgesind bedoel, almal stir net bietjie

  • 56

    So gepraat van kotsgevreet. het julle hierbo opgelet wie is vanmiddag die WP se kaptein?
    Nog net 14 games, dan fockoff hy!!
    Ek is egter geworry oor wie die volgende kaptein gaan wees.

  • 57

    Ag faarkoff julle almal. niemand het so baie kak gekry op keo soos ek en K9 nie. Maar ons staan sterk. 😀

  • 58

    #49 Mens verlaat nie jou huis as jou pa n ander vrou vat nie! Jy sal maar altyd n Province supporter wees! Jy is op die oomblik net te die moer in om dit te erken,,,, maar daar diep binne????

  • 59

    Mirrag Ed. Dankie dat jy hier aangekom het. Nou is ons 2 ordentlike bloggers hier.

  • 60

    #532 I know man……dis wat ek se dis 6 van die een en half dosyn van die ander……en eintlik is almal hier lekker……moet dit nei te ernstig opneeem nie, dis net ‘n gejokery

Users Online

Total 85 users including 0 member, 85 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm