OK boys and girls… here we go.

This should become a daily institution, a DAILY KAKPRAAT THREAD.

From “Drive-In” stories to “Poepruik” stories… anything except politics and religion… except by approved bloggers !

Hehehehe

Gooooooooi Mieliessssssssss !

357 Responses to “Kakpraat” Thread – 29 July 2009

1 2 3 12
  • 1

    Eerste – julle sleg etters – soos WP gaan eindig die jaar – hehehehe

  • 2

    Sommer tweede ook – soos Boland verseker nie gaan eindig nie – ai jai jai!

  • 3

    Ex,

    Ek remove sommer jou Posts dan is ek eerste… hehehe

  • 4

    Ek haat alle Bulle!

  • 5

    4 – Isi

    Dankie Isi, ons is vir jou netso lief !

    Flok !!

  • 6

    Hiehiehiehiehie

    Dit IS mos ‘n kakpraat thread! bwaaaahahaha

    Ex Player ek sien dis net ons hier. Lyk my die anner ouens wil ons ‘n boodskap stuur.

    Kan mos nie net ek en jy wees wat kuk praat nie!

    Narre!

  • 7

    Geen politiek en religion.

    So ons mag nie praat oor die dominee wat in die parlement poep nie. 🙂

  • 8

    7 – Snoek

    Bwahahahaha

  • 9

    The boys are pushing and shoving in the tuckshop queue: and then the tuckshop teacher hears one of the boys say “jou ma se @#*$”
    She is outraged – and sends him off to the headmaster’s office.
    The headmaster asks him: “So what did you say?”

    “Nuuthing Meneer”

    The teacher heard you swearing”

    “No Meneer”

    “Well, What did you say?”

    “Meneer – the guys was out of order.. So I jus tol them ‘you maasen poesh’

  • 10

    Ex Player

    Dis seker OK as ek jou Ex Seisoenkaartjie so skuins voor Kersfees terugstuur?
    Moerse nice van jou!! 🙂

  • 11

    Koos jou bliksem ons dog jy het nuwe werk.

    My straf

    Tuesday, July 28 2009 @ 11:37 AM SAST
    Geskryf deur: koosk
    Besigtigings: 1
    My straf
    Hier sit ek nou en berou
    Laaste geld in ‘n bottel in my hand gehou
    Geen brood, geen melk
    Die dop vat al my geld

    Geen vrou of kind
    Want nog ‘n dop wou ek drink
    Geen vriend of kraai
    Saam met my laaste dop… het hul ook gewaai

    Die bank het my huis kom vat
    Die kar is ook op pad
    Maar dis okay nou kan ek nog meer dop kry

    Mis ‘n dag hier en daar
    Nou is my werk ook in gevaar
    Maar ek het geen probleem…
    Dis net my maag wat pla

    `n Lee kamer wag vir my
    Maar dis ‘n pad blokade wat my kry
    Vanaand gaan ek in die selle bly
    Sonder kombers of kos, koud gaan ek kry

    Rehab is my voorland
    Sê die papier in die magistraat se hand
    Anders gaan ek in die tronk beland
    Dop het my hier laat beland

    Dae, weke en nou is drie maande verby
    Sonder drank leer ek bly
    Ek is seker my lewe gaan ek nou terugkry
    Maar almal bly kwaad vir my

    Sonder huis of kar
    Sonder vrou en kind
    Sonder werk …
    Dis waar ek my nou bevind

    Nou moet ek my lewe weer oor begin.

  • 12

    9

    Bwaahahaha

    Nie sleg vir ‘n Shark met ‘n WP Dawn nick nie! 🙂

  • 13

    Die site kan nie hier van die UK gegoogle word nie

  • 14

    12-SAB = Ek laaik snoek braai, dis hoekom ek die nic gekies het, niks met wp uit te waai nie.

    Het dit al oorweeg om my nic te verander oor dieselfde misverstand, maar dit is nou maar wat ek sal bly.

    Julle moet maar sê ” Haai hier is Snoek” 😀

  • 15

    Wie het al met Telemakelaars paaie gekruis?

    Ring Ring…….Ring Ring
    PRIVATE NO. – antwoord maar – Besigheid se foon

    More, CC wat praat
    …………………Eeeee
    Eeee may I speak to Mr. CC
    Is hy wat praat.
    Eeee Mr. CC, Eeeee

    Eeee I am calling from Cell C / Sanlam / ABSA. How are u ?
    Gaan goed dankie
    ………………….Eeee
    Eeee Mr. CC may I have 10 min of your time?
    VOOR EK KAN ANTWOORD
    Eeee……. we like to…………….

    FOK, DONNER, MOER !!!!
    BLIKSEM die foon op lessenaar neer! Gaan maar aan met werk. SUG!
    Dag nou sommer klaar moertoe!

    Kling .. Kling. Oproep eindig!
    5min. 20 sek.
    MET WIE DE DONNER HET DIE BEMARKER GEPRAAT?

    CELL C – Los my uit! – Jul diens is KAK
    SANLAM – Los my uit! – Jul ROOF my al klaar
    ABSA – Los my uit – Ek het nie geld nie

    Los my uit, AS EK IETS WIL HE SAL EK JULLE BEL OF MAIL!

    Maak tog nie meer saak nie, Pyn is klaar in my gat!

  • 16

    Waar is K9 Baaspatrolliehond in die wereld?

  • 17

    Cheers moet eers toer

  • 18

    14 Snoek

    hehehe ek is self ‘n Ex Eshowe boytjie

  • 19

    16 – JL1

    Hy sluip hier rond as DonnerLeeu of so iets…

  • 20

    Werk staan, cheers vir eers.

  • 21

    Waar is daardie sleg waghond?? Wonder nogals self!

  • 22

    Ex die kon net sowel ek en jy gewees het

    Vir al die rugby mense

    Monday, July 14 2008 @ 12:09 PM SAST
    Geskryf deur: Tantra

    My man die Cheetah en sy chom die bul
    Wil rugby gaan kyk, ag lieffie ek wil
    Die een oranje die ander blou
    Spring hulle in die bakkie met ‘n groot gejou
    Die game begin
    En die glasse klink
    Die een skreeu Cheeeeetah
    En die ander weer bulls
    80 minute se harde werk
    Dis nie die spanne op die veld nie
    Dis die bierhand net soos ‘n vlerk
    Dis ‘n harde geswoeg en gesweet die
    Nog ‘n rondte
    Nog ‘n biertjie
    Die laaste minute tel af soos ‘n straf
    Die een het verloor
    Die ander is braaf
    Sy chom wil net huil
    Dan word hy half beskaaf.
    Ag toemaar ou chom
    Volgende jaar vat julle weer hom.
    My man die cheetah en sy chom die bul

  • 23

  • 24

    Ek praat later weer…

  • 25

    23 & 24 – Koos

    Dit was ‘n besondere waardevolle bydrae van jou !!

  • 26

    #25 Help maar waar ek kan…jy weet mos!

  • 27

    GBS – wat van ‘n link onderaan die thread – met ‘n ‘Home” knoppie? Dan hoef mens nie op te scroll nie.

  • 28

    27 – Ex

    Druk die volgende knoppies op jou keyboard, jou dom donner:

    HOME (dan is jy heelbo)
    END (dan is jy heel onder)

    Wat is so moeilik daaraan, huh ?

  • 29

    Goeie genade GBS – altyd gewonder waarvoor daardie knoppies is! Gedog Home is as jy f@kof uit die kantoor – en End is so tipe selfmoord knoppie!

  • 30

    29. Ex
    Ek ook!
    Maar so leer man.
    Al wat ek weet ek is nou ‘home’ en gaan n lekker doppie gooi en bietjie huisnuus opvang by die vrou….

1 2 3 12

Users Online

Total 57 users including 0 member, 57 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm