Lappies Labuschagne

Lappies Labuschagne

Lappies Labuschagne will be out of action for at least a month and will undergo surgery on his larynx on Thursday to repair damage to his vocal chords.

Labuschagne has been struggling since the Vodacom Bulls’ defeat against the Chiefs on tour, 3 weeks ago, but chose to continue playing to try and help the Bulls make the Super Rugby playoffs.

After that hope disappeared after their loss to the Melbourne Rebels last weekend, the Bulls flanker decided to follow medical advice and go under the knife.

According to team doctor Org Strauss, he will be out for at least a month as he recovers but should be ready to play in the ABSA Currie Cup series at the end of July.

The Bulls were further hit by bad news with the withdrawal of flanker Deon Stegmann with bruised ribs, ruling himself out of contention for the game this weekend against the Toyota Cheetahs and joining a number of stalwarts on the sidelines.

The Bulls will name their side on Thursday, but chances are it will be a relatively young and inexperienced team to face the Cheetahs, with coach Frans Ludeke resting several players.

Already midfielder Jan Serfontein has been ruled out with a knee injury for another 1 to 2 weeks, and with his chances of playing international rugby in the July window good, it seems like a wise decision, especially considering his replacement, Burger Odendaal, is in fine form at the moment.

Ludeke will also rest the Springbok trio of Victor Matfield, Handré Pollard and Trevor Nyakane, all 3 according to the agreement with SA Rugby, after they missed the original set of a break every 5 weeks. Matfield was rested against the Brumbies as well just a fortnight ago, but with only 1 game left, the Bulls have no option but to rest the Bok lock.

Pollard has also been given an extra week since returning early from the tour and it is likely that Jacques-Louis Potgieter will continue in the position with young Tian Schoeman on the bench.

Nyakane’s break couldn’t come sooner as the prop has been involved in every single game this season, on both sides of the scrum, and has not been managed as well as the Bok management would have liked.

Ludeke said they had managed Nyakane in the past fortnight.

“We are obviously honouring that arrangement with Saru – guys like Handré, Victor and Trevor. We’ve managed Trevor for the last 2 weeks, he didn’t really train and came off the bench because we tried to break through. This week we will honour that and give him that rest. It’s a well-deserved rest for him – he was really a stalwart the whole season.”

 

SuperSport

65 Responses to Super Rugby: Bulls – Lappies to go under the knife PLUS a number of stars will be rested against Cheetahs

  • 31

    Fokket, elke keer as ek die blad oopmaak sien ek daai halfgevreet van arme ou Lappies.

  • 32

    VRYDAG WORD BLOU MAANDAG

    Artikel deur Simon Riekert #PaleToe!

    Om oor Frans Ludeke te skryf is moeilik. Hy is ʼn gentleman. Hy is nie ʼn tipiese coach nie. Hy skep altyd die indruk dat die spelers en die afrigters die situasie onder beheer het, al verloor hulle elke toerwedstryd en al het hulle twee jaar laas vir die uitspeelrondtes van die Superreeks gekwalifiseer.

    Dis baie duidelik dat die Bulls se kraal omgekrap is. Ondersteuners wat die afrigter se kop eis, onsekerhede oor die Bulls se toekoms, bespiegelings oor ʼn bevordering vir Frans Ludeke en Victor Matfield wat die leisels mag oorneem. ʼn Nimmereindigende lys van groot ongelukkigheid.

    Dat dit allermins goed is vir ons land se rugby, is ʼn feit. Nie dat ons so arrogant is om te glo dat die Bulls in die Super-kompetisie hoegenaamd die laaste twee seisoene iets noemenswaardig tot die nasionale span bygedra het nie. Inteendeel, spelers wat daar gedy het tydens verlede jaar se Viernasies toernooi, was hoofsaaklik Springbokke wat reeds hul merk in enige span sou gemaak het.

    Volgens oud spelers soos Derek Hougaard, beskik die Bulls oor een van die gevaarlikste agterlyne in die Super-franchise. Feit is egter dat die spelers nie tot hulle volle reg kom nie en nie kan ontwikkel nie as gevolg van die patroon van spel wat op hulle afgedwing word. Dit help absoluut niks jy het die beste agterlyn nie, maar jy druk nie drieë nie. Net so min help dit dat die voorspelers balbesit kry en die aanvalpatrone val plat of nog slegter, besit word op ‘n skinkbord weggegee.

    Om oor Frans Ludeke te skryf is moeilik. Hy is te veel van ʼn gentleman. Hy is nie ʼn tipiese coach nie. Hy skep altyd die indruk dat die spelers en die afrigters die situasie onder beheer het, al verloor hulle elke toerwedstryd en al het hulle twee jaar laas vir die uitspeelrondtes van die Superreeks gekwalifiseer. Frans gee klas, hy rig nie af nie.

    Vandag was dit weer so: “ons aanvaar verantwoordelikheid vir die verloor, die swak toer, die nie kwalifiseer vir die uitspeel rondtes”, en dan: “maar ons is opgewonde oor die toekoms, want daar is baie jong spelers wat nog goeie rugby gaan speel.”

    “Ons het ons verloor wedstryde net-net gemis. Ons moes nie tuiswedstryde verloor het voordat ons gaan toer het nie, maar ons weet waar die foute is en ons kan dit regmaak.”

    Ludeke, so word algemeen gesê was gelukkig om in 2009 en 2010 die Super 14 te kon wen “en het met Heyneke Meyer se kalwers geploeg”. Meyer was in 2000, 2002 en 2004-2007 die Bulls se breier. Hy het in 2001 die trekpas gekry nadat die Bulls 11de in die Super 12 was.

    Onder sy opvolger, Phil Pretorius het die Bulls in 2001 na die 12de plek teruggesak. Daarna, in 2002 is Meyer weer aangestel en het die Bulls hul 12de plek behou. Meyer is aan die einde van daardie jaar weer ontslaan en Rudi Joubert kon die Bulls na die 6de posisie lei. Die jaar daarna, in 2004 is Meyer weer aangestel en hy kon die Bulls in vier jaar van 6de (2004) tot die kampioenspan in 2007 neem. Dit was die dae toe SARU nog afrigters aangestel het.

    In 2008 het Frans Ludeke die leisels oorgeneem vanaf die Lions en die grootste gros van die Bulls en Bulle se gekontrakteerde spelers, wat ook Meyer se senior spelers was, het oorgebly.

    Ludeke kon dus met die Meyer templaat voortgaan. Hy het die spelers en die Meyer-plan daarvoor gehad.

    Wynie Strydom skryf in sy boek “My Bloed is Blou” dat Frans en Heyneke goeie vriende is en dat Ludeke dit as “’n geweldige uitdaging” gesien het om Meyer op te volg, “veral omdat die Bulls in 2007 die Super 14 gewen het.”

    Aan motivering om te presteer, het dit nooit ontbreek nie.

    Ludeke en sy Bulls was in 2008 slegs 10de op die kampioenskapsleer.

    In 2009 het hy die bordjies verhang en hy word die eerste rugbyafrigter in Suid Afrika wat die gesogte Curriebeker en Super 14 kompetisies in een jaar kon wen. Hy en sy span wen die laaste Super 14 kompetisie in 2010.

    Ludeke het ʼn Bulls-span gehad wat uiteindelik die visie en missie van 2000 van Heyneke Meyer kon volvoer. Al wat hy moes doen, was om die proses te bestuur en die nodige aanpassings te maak as dit lyk of dinge ontspoor.

    “Ons het ʼn goeie basis gehad om van te werk sedert Heyneke hier weg is en ek glo die Bulls het verbeter en hul speelplanne aangepas soos rugby verander het.”

    Oud spelers stem nie saam nie. Ludeke het weliswaar die spelers en die visie van Heyneke Meyer geërf, maar hy het nie die spelers en die spelpatroon aangepas nie.

    “Jy kan nie stagneer nie, jy moet aan beweeg en die spelers die geleenthede gee om te ontwikkel. Spelers was gekontrakteer en het nooit of baie min speelkans gekry onder Ludeke se hand. Daardie spelers het eerder gaan speel by ʼn unie met minder groot name en kleiner reputasies en dit daar gemaak. Hulle kon dit by die Bulls ook gemaak het as Ludeke hulle net die geleentheid gegee het om hul natuurlike spel by ʼn aanpasbare speelpatroon in te gooi”, sê Werner Swanepoel, oud Springbok en rugbykommentator.

    “Jy loop die gevaar om die broodnodige verandering wat moet kom, uit te stel deur Frans na ʼn Direkteurspos te skuif. Daar bepaal hy wat die patroon van spel regdeur die Blou Bul unie sal wees, insluitend die junior spanne. As jy daardie patroon nie verander op junior vlak nie, val jy weereens vas wanneer die groot oomblikke aanbreek.

    Dit is soos om wolf skaapwagter te maak, die unie sal die hele afrigtingskorps en die patroon van afrigting moet verander en om dit te verander het jy nodig om iemand aan te stel wat anders dink.

    Jy moet skoon breek.”

    Victor Matfield en Fourie du Preez se name duik kort-kort op in gesprekke. Matfield se rol as speler/afrigter is al ʼn paar keer hierdie seisoen bevraagteken en ʼn mens wonder hoeveel van die motivering om te speel was gebore uit desperaatheid om die Bulls se skip weer op koers te kry.

    Wynie Strydom was daardie soort spanbestuurder wat die gom verskaf het om die spelers, ondersteuners en die afrigters bymekaar te hou. Tim Dlulane het ʼn ander persoonlikheid en waarskynlik ook ander drome. Die Bulls se openbare beeld word glad nie meer so gepoets soos in die tyd van Wynie nie, en so temperamenteel as wat ʼn Bul-ondersteuner is, gaan dit seermaak waar die Blou Bulle unie dit gaan voel, todat die regte besluite oor die span en sy afrigting geneem word. Of eerder, totdat die dapper besluit daartoe geneem word.

    Vrydag 12 Junie 2015 is D-dag vir Frans Ludeke en sy kaptein Pierre Spies. Beide het Donderdag oggend bevestig dat die verwikkelinge rondom die afrigter hul toekomspalnee gaan beïnvloed.

    Een ding is seker, en Matfield het dit onomwonde aan Pale Toe! gesê, hy staan met sy kop Springbok afrigter se kant toe. Na Vrydag mag hy dalk net die eerste stap in die rigting neem met sy aanstelling as afrigter van die Bulls en Blou Bulle.

    Hoe dit ook al sy, die magtige Blou Bul is op sy knieë en dit is nie ‘n mooi gesig nie.

    Die ringkoppe van Loftus Versveld het lank laas nodig gehad om ‘n goeie en dringende besluit te neem.

    Wil hulle?

  • 33

    Enige ou wat nou al die laaste paar jaar in Pretoria afrig, hetsy Varsity Cup, Vodacom of CC spanne, sal seker lekker suur wees as die Bulls vir Victor en FdP aanstel wat nog nooit enige coaching ondervinding iewers op gedoen het nie.

  • 34

    @ nortie:

    Stuur asb vir my die link?

  • 35

    Victoriabok wrote:

    @ nortie:

    Stuur asb vir my die link?

    Vir jou gemail

  • 36

    nortie wrote:

    Enige ou wat nou al die laaste paar jaar in Pretoria afrig, hetsy Varsity Cup, Vodacom of CC spanne, sal seker lekker suur wees as die Bulls vir Victor en FdP aanstel wat nog nooit enige coaching ondervinding iewers op gedoen het nie.

    Hulle het dieselfde gedoen met HM en FL

    Ook met Pine

  • 37

    36 @ Victoriabok:
    Fair enough, maar al daai ouens was coaches (dalk nie die beste coaches op aarde nie) maar coaches wat deur die ranks op een of ander wyse gekom het.

    FdP het nog nooit n laer skool span afgerig nie, maar kan dalk as sy eerste job n SR kry?

    So veel soos julle Frans aanval, moet Victor ook dan in die spervuur wees, hy is mos julle huidige aanvals afrigter….en dit wys as mens na julle aanval kyk dat hy nog nooit enige ondervinding in afrigting gedoen het nie.

    As die kriteria is dat jy gespeel en geleer het deur onder HM te speel, kan baie ouens ook n kans staan.

    Dalk moet hulle vir Mark Andrews aanstel, hy het onder moer baie Bok afrigters gespeel en moes seker ook al baie geleer het onder hulle

  • 38

    nortie wrote:

    Victoriabok wrote:

    @ nortie:

    Stuur asb vir my die link?

    Vir jou gemail

    Dankie

  • 39

    nortie wrote:

    FdP het nog nooit n laer skool span afgerig nie, maar kan dalk as sy eerste job n SR kry?
    So veel soos julle Frans aanval, moet Victor ook dan in die spervuur wees, hy is mos julle huidige aanvals afrigter….en dit wys as mens na julle aanval kyk dat hy nog nooit enige ondervinding in afrigting gedoen het nie.

    Nee jy verstaan nie

    Ek het nie ‘n probleem as hulle Victor en FdP as spesialis afrigters vir lynstaan en agterlyn gebruik nie, maar onder ‘n regte afrigter met ‘n beproefde track record

    Hulle is nie reg om af te rig nie

    Ek weet ook nie of Van Graan die antwoord is nie, hy’s ook maar onervare

    Maar hy moet seker erens begin

    Ackermann het ook relatief onervare begin en kyk nou

    Maar ons moet ‘n verandering maak

  • 40

    32 @ nortie:
    Simon Riekert is ‘n moerse nice ou… en geregistreer hier by Rugby-Talk.com… en hy speel as Makmoer in ons SuperBru Pools!

    Dis nou een van my vrinne tussen die joernaliste…

    Hy lees ook Rugby-Talk getrou elke dag…

  • 41

    @ grootblousmile:

    Hallo GBS, hoe gaan dit?

  • 42

    41 @ Victoriabok:
    Sukkel om grond te vat man, het so 10 minute gelede eers by die huis aangekom… en nou moet ek ‘n hoop goed hier op R-T doen… nuus, Weekend Teams, Round 18 Preview, Game Threads vir more…

    … en hoe gaan dit met die Kanadose?

  • 43

    @ grootblousmile:

    Goed man lekker warm hier

    Dis somer met laaang dae, die son gaan sak eers na 22:00

    Ek wil jou twee goed vra, jy is mos doenig in die rugby

    Ken jy vir Blikkies Groenewald? Hy het heelagter vir Pretoria Klub gespeel, ek dink in jou tyd?

    Wat het van Nico Serfontein geword? Hy was ‘n goeie coach by die jong Bulle en het toe Leeus to gegaan. Waar’s hy nou?

  • 44

    40 @ grootblousmile:
    Ok, dis interesant, nie geweet nie.

  • 45

    nortie wrote:

    40 @ grootblousmile:
    Ok, dis interesant, nie geweet nie.

    Sê hy terwyl hy nog ‘n opponent opsize…. 😈

  • 46

    Like die een….

    Attachment:

  • 47

    nortie wrote:

    Like die een….

    Dis nie die Stromers toss waaraan jy dink nie

    By die Sharks gebruik hulle ‘n muntstuk

  • 48

    I want to coach the Bulls – Matfield

    Brenden Nel – SuperSport

    Johannesburg – Springbok lock Victor Matfield may have one eye on the Rugby World Cup, but he has made it clear he wants to coach the Bulls at some stage.

    According to the supersport.com website, with coach Frans Ludeke’s job coming under the spotlight at a Board of Directors’ meeting on Friday, Matfield’s role in the Bulls setup will also be under the microscope after another disappointing season where the Bulls missed out on the playoffs of the Super Rugby tournament.

    There was a proposal put to the Board before the Bulls went on tour that Ludeke become Director of Rugby and that Matfield and one other take over the coaching role for 2016, but results on the tour have put a lot of pressure, with calls for change coming from fans and ex-Bulls legends like Naas Botha.

    Matfield already runs the attack for the Bulls, and has a dual player-coaching role for the team at the moment, and has been signed to take over as coach after the Rugby World Cup later this year.

    But Friday’s meeting could change all that, especially with the unhappiness that on the tour the Bulls dropped from 2nd overall and topping the South African conference to ninth and third in the SA conference. Their losing streak overseas stretches to 11 games now and it is the second consecutive season they missed out on the playoffs. On top of this the last time they won any trophy was in 2010.

    Talking at a function at the British High Commission to celebrate #100days to the Rugby World Cup on Wednesday, Matfield made it clear he wanted to coach the Bulls, and was hoping that somehow a decision would be taken on Friday to make that happen.

    “Of course. I’ve always said after rugby I want to coach, and no better place than at the Bulls,” Matfield said.

    “We have to see what happens, what they decide on Friday and how things are going to work. It isn’t something I can really talk about now but I’ve said it before, I’d love to coach and it would be fantastic if I could coach at the Bulls.”

    Matfield said he wanted to remain part of the game that has been most of his life, and that was his motivation to start coaching when he retires for the second time in November.

    “It’s rugby – rugby has been my life. We wonder sometimes why we keep on doing this to ourselves and staying in this game, there are always expectations,” he added.

    “If it doesn’t go well it is really tough. I know the fans hate to lose, but for the players and people in that environment it is just tough. If anyone has been around Loftus in the past few days, you can just feel the disappointment in the group. I think when you have been fortunate enough to have won trophies, when you have been a part of a team that has been the best in the world – whether the Springboks or the Bulls, you want to be part of that again and that makes up for all the bad times.”

    Although the agreement with SA Rugby for him to rest meant he never got a final game this weekend to say goodbye to the Loftus fans, Matfield says he is happy with what he has achieved at the union.

    “It is difficult for me, I came back to play for the Springboks – the Bulls are always close to my heart, but it almost more coaching there, helping out as a player. It will be tough to never play again at Loftus. I would have loved to have played this weekend again, maybe my last game.

    “But with the Boks and my resting I wouldn’t play. The Bulls will always be special to me, and hopefully I’ll have a few more years there in another capacity. I love the Bulls, and everything has to come to an end. I had a few more games for the Bulls than I thought I would in the last two years, it’s been good times.”

    Now looking ahead to the World Cup, he knows the Boks have the firepower to put up an excellent show in England and maybe, just maybe surprise everyone and win the World Cup for the third time.

    “That is why I came out of retirement, I told Heyneke that this is really a coaching staff and a team that can win the World Cup. For me to be a part of it will be fantastic, I don’t know what my role will be, playing in the squad or helping the youngsters, as long as I can be part of this it will be great for me. There are less than 100 days to go, I’m feeling good and hopefully I can be part of it.”

    Matfield is very much part of the Bok plans for the tournament, but depending on what the Bulls decide on Friday, his future at his home union may not be as certain as his future in the playing jersey.

    http://www.sport24.co.za/Rugby/Super15/I-want-to-coach-the-Bulls-Matfield-20150611

  • 49

    43 @ Victoriabok:
    Ja, so paar keer teen hom gespeel… ken hom nie juis nie.

    Hy is mos nou êrens in Oos-Europa of so iets…

    Ek weetie wat het van Nico Serfontein geword nie.

  • 50

    @ grootblousmile:

    Blikkies was ons L.O. onnie by FH Odendaal

  • 51

    47 @ Victoriabok:
    Hoe tos mens met ‘n muntsuk innie hand?

    Happy-Grin Happy-Grin

  • 52

    50 @ Victoriabok:
    O, OK…

    Pretoria Rugby Klub was mos net oorkant die straat van Quins, waar ek gejol het

  • 53

    @ grootblousmile:

    Met moeite

    Gebruik ‘n kopermuntstuk, dan sal jy nie rumatiek in die mielie kry nie

  • 54

    50 @ Victoriabok:
    O, so jy was by FL Odendaal… daar naby Jan Brannewyn Park…. in East Lynne… of Lynne East.

    Seker nou ‘n hele spul van Eersterust en Mamelodi wat skoolgaan daar by FL Odendaal.

  • 55

    Moosabul, jy is lykmy op meer as 1 instrument op R-T, gelyktydig!

  • 56

    Nouja, genoeg rondget#@s… moet nuus opsit!

  • 57

    Genade,

    My vrou en dogter het mos nou ‘n restaurant oopgemaak op ‘n venue wat hulle ook bestuur…

    My vrou is ‘n haastige enetjie, klein botteltjie, groot gif…

    Gister, terwyl ek nog op Kantoor is in Brakkenjanpan, is hulle by die restaurant, so 20 minute hiervandaan en slaat sy haarself met ‘n kasdeur op die oog, toe sy die kasdeur toebliksem.

    Gaan post sy op Vleisboek, dat sy haarself ‘n blou-oog gegee het…

    Flok, julle moet die kommentare sien, en die fyn insinuasies dat dit dalk nie die kas was nie!!

    Eish!!

    Ek sou nie waag om haar te timmer nie, nie dat ek ooit aan enige vrou sou timmer nie, sy sal wag tot ek slaap en my met ‘n groot pan bykom, sy vattie kak nie!

    Nou hoe maak mens nou met die Vleiboekgedagte? Enige idees?

  • 58

    @ grootblousmile:

    Luister sy nou? 😛

  • 59

    grootblousmile wrote:

    50 @ Victoriabok:
    O, so jy was by FL Odendaal… daar naby Jan Brannewyn Park…. in East Lynne… of Lynne East.

    Seker nou ‘n hele spul van Eersterust en Mamelodi wat skoolgaan daar by FL Odendaal.

    Ja ek was in Matriek toe Joost in Std 6 was, ek het hom ontgroen want hy en my nefie was groot pêlle toe suffer hulle maar saam

    Evette de Klerk was ‘n jaar of twee voor my

    Ja dis nou ‘n nes, ek was daar vir hulle 50 jaar herdenking en die plek lyk maar sleg

  • 60

    grootblousmile wrote:

    Gister, terwyl ek nog op Kantoor is in Brakkenjanpan, is hulle by die restaurant, so 20 minute hiervandaan en slaat sy haarself met ‘n kasdeur op die oog, toe sy die kasdeur toebliksem.

    Gaan post sy op Vleisboek, dat sy haarself ‘n blou-oog gegee het…

    Flok, julle moet die kommentare sien, en die fyn insinuasies dat dit dalk nie die kas was nie!!

    Nou’s julle ware Brakpanners, julle is nie meer Pa-slaan-vir-ma virgins nie

Users Online

Total 76 users including 0 member, 76 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm