Op versoek, hier is die S14 statistieke van Schalk Burger teenoor Deon Stegmann.

Tabel 1: Gemiddelde syfers op verdediging en in kontak 

Verdediging en kontak
  Verdediging Kontak
Naam O/steun Omkeerbesit geforseer/aanvaller verloor die bal Duikslae Duikslae gemis Bal dra Lynbreke Offloads % kere oor die V/deel lyn Meters gevorder
Burger 3.86 0.41 12.6 1.86 7.4 0.21 0.93 77.1% 61.9
Stegmann 3.1 0.42 9.5 1.17 2.75 0.08 0.08 68.1% 9.7

Duidelik uit Tabel 1 is dat Schalk by verre die beter speler op verdediging en in kontaksituasies is. Die mees insiggewende statistiek in Tabel 1 is waarskynlik “meters gevorder” waar Schalk gemiddeld 61.9 meter vorder per wedstryd terwyl Stegmann slegs 9.7 meter vorder met die bal in die hand.

Stegmann het ook feitlik geen (0.08) lynbreke en offloads gemaak nie. Die kere wat Stegmann wel die bal dra (2.75 kere per wedstryd) gaan hy in 68% van die gevalle wel oor die voordeellyn maar Schalk dra nie net die bal meer nie (7.4 kere per wedstryd) maar toon  ook ‘n groter persentasie geneigdheid (77%) om oor die voordeellyn te gaan.

Schalk het 0.69 (1.86 – 1.17 = 0.69) meer duikslae gemis maar hy het ook 3.1 meer duikslae per wedstyd gemaak.

Die enigste ander kategorie wat Stegmann gewen het (0.42 vs 0.41) is omkeer balbesit geforseer maar soos gesien kan word is die verskil tussen die twee spelers nikseggend. Hulle is dus ewe effektief as verdedigers wat die aanvaller die bal laat verloor. Die website wat ek gebruik (ruggastats) verskaf nie inligting oor wie balle steel nie. Net die totale aantal ball gesteel per span word geraporteer.

 

Tabel 2: Gemiddelde hantering en bydraes by afbreekpunte 

Hantering en afbreekpunte
  Hantering Afbreekpunte
Naam Aangeë Spelskep aangee Hantering telling Een van eerste 1-3 op aanval Een van eesrte 1-3 op verdediging
Burger 9.4 1.93 18.6 12.6 3.57
Stegmann 3.1 0.08 8.2 22.1 11.4

Hierdie Tabel toon aan dat Burger by verre die beter speler met die bal in die hande is. Hy hanteer die bal meer, maak meer aangeë en skep meer spel.

Stegmann was meer dikwels een van die eerste drie spelers by afbreekpunte op die aanval, dit het waarskynlik met die pods te doen. Stegmann was ook meer dikwels een van die eerste drie by afbreekpunte op verdediging in fases 1-3 wat toon dat hy gouer by die afbreekpunte kom as Schalk. Ongelukkig word nie aangetoon wie van die twee steel die meeste balle nie.

  

Tabel 3: Gemiddelde aantal foute 

Foute
Naam Strafskoppe afgestaan Geforseerde en ongeforseerde foute Hanteringfoute
Burger 1 1.29 – ratio 6.9% 2
Stegmann 1.58 0.33 – ratio 4.0% 0.58

Die Tabel toon aan dat Stegmann effens meer strafskoppe per wedstryd (1 versus 1.58) afstaan. Schalk maak meer geforseerde en ongeforsserde foute asook meer hanteringfoute maar dit is omdat hy die bal beduidend meer kere per wedstryd dra (18.6 versus 8.2). Druk mens die geforsserde en ongeforssede foute uit as ‘n persentasie van die aantal kere wat die speler die bal gehanteer het dan wen Stegmann steeds (4% versus 6.9%).

Statistiek het sy leemtes in die sin dat jy net inligting kry met betrekking tot wat jy gemeet het. Die statistiek is ingevorder (ruggastats) deur onpartydige mense en die vorm van invordering is bepaal aan die begin van die seisoen sonder enige agenda (soos om kriteria te kies wat een speler sal bevoordeel). ‘n Mens sou dink dat die beter speler tops sal uitkom as onafhanklike mense kriteria saamstel op grond van dit wat werklik ‘n verskil in wedstryde maak.

Statistiek neem ook nie ag watter rol die bepaalde speler binne spanverband speel nie. Burger was by die Stormers meer die baldraer terwyl Stegmann die rol van die klassieke “fetcher” vervul het. Stats vertel jou ook nie wat die gehalte van die aangee of duikslag was nie of hoe kritiek die “steeel” was binne konteks van die wedstryd nie. Die interpreteerder van die stats weet egter sulke goed en die syfers kan sinvol geinterpreteer word of daar kan verkeerde afleiding gemaak word afhangende van hoe daarna gekyk word. 

Inaggenome dus dat Stegmann ‘n” fetcher” rol vertolk het en Schalk nie (Louw het daardie rol by die Stormers gespeel) is dit jammer dat ruggastats nie die inligting met betrekking tot die individuele spelers verskaf nie. Een “turnover” het soms meer waarde as 10 en ons almal het gesien watter rol Stegmann in die eerste wedstryd teen die Crusaders gespeel het.

Desnieteenstaande spreek die data hier vir hulself en kan daar nie twyfel wees dat Schalk Burger steeds die beter speler is nie. Hy dra die bal meer, vorder verder met die bal, maak meer duikslae en skep meer spel. Wat mesn gaarg sou wou sien is hoe hy vergelyk as balomkeerspesialis teenoor Stegman. Die feit dat Stegman meer dikwels een van die eerste drie by die afbreekpunte op verdediging en aanval suggereer dat hy dalk meer balle per westryd steel as Schalk.

Binnekort die Dewald Potgieter vs Francois Louw vergelyking waarna ek ook Louw/Stegmann en Pottie/Schalk vergelykings sal maak.

81 Responses to Burger versus Stegmann – S14 stats

  • 31

    @ McLook:

    Baie dankie McLook! Daar is geen “balsteel” staistiek, dis waar. Maar dit is elders bekombaar. Sal julle glo, Schalk Burger het nie `n enkele bal gesteel die hele seisoen nie. Maar soos iemand hoort uit te wys, dit is nie sy rol om dit te doen nie. Heel anders die twee.

    Ook McLook, met die staistieke kan jy dit regmaak “per wedstryd”, maar die “minute gespeel” is nie daar nie. Dit is NET so belangrik. Kan jy die syfers in die hande kry?

    As dit `n geval van, soos hulle in engels in krieket se “srtike-rate”, sal dit duidelik word dat Steggman eintlik “meer” tekkel, en `n baie hoer spelpeil as Burger die hele seisoen gehandhaaf het. Kyk maar self.

    Ek soek so soort speler by die Bokke vir 2011 asb.

    @ fender:

    O, regso! Ek hou van die Bulle, maar ek hou nog meer van die Springbokke en gee dus nie om van watse provinsie ons talent afkomstig is nie. Ek het geen probleem met Schalk nie, maar Brussow is net beter in `n lostrio met die spelers wat ons het, en kan ons veel meer bied.

  • 32

    Die Blou Kuberruim Wandelaar wrote:

    Ek hoop net McLook voel nie dat ek hom in die gesig vat nie. Ek wil net he die stuk moet sy doel dien. (en dalk moet ons eerder Steggman vergelyk met Louw?)

    No problem mate. Ek is ook net mens en maak foute en het ander werk ook so dinge gaan soms bietjie vinnig. Ek stem dat Louw en Stegman ‘n beter vergelyking sal wees en sal dit binnekort plaas.
    Onthou ook dat ruggastats na generiese take kyk naamlik take wat eintlik deur alle spelers op die veld gedoen moet word. Rolle en posisies sal egter ‘n invloed hê op hoe spelers vaar mbt sekere van die generiese take.
    Senters en vleuel sal laer telling kry mbt een van die eesrte drie by afbreekpunte op aanval en verdediging ensovoorts.

  • 33

    @ McLook:

    “My indruk na die aanpassings is steeds dat Schalk oorhoofs meer bydrae met die bal in die hand. My uitspraak dat Schalk en Stegman ooreenstem as balomkeerspasialiste sal ek moet terugtrek aangesien ons nie data daaroor het nie. Ek sal saamstem dat Stegman beter vertoon as ‘n ondersteunende en ontwrigdende speler (vir die opponente) by die afbreekpunte as Schalk.”

    Die Data hiervoor IS beskikbaar. En oor die spelers se verkillende funksies in `n span, sien my kommentaar by 6 en 16.

  • 34

    Die Blou Kuberruim Wandelaar wrote:

    kan jy dit regmaak “per wedstryd”, maar die “minute gespeel” is nie daar nie. Dit is NET so belangrik. Kan jy die syfers in die hande kry?

    Ek het aangepas vir wedstryde gespeel. Soos jy tereg sê is die minute wat hulle gespeel het nie ingereken nie en dit is belangrik omrede Stegman dikwels nie vol wedstryde gespeel het nie en Schalk wel.
    Ek is nie so seker of mens daarvoor moet aanpas nie want as ek weet ek gaan net 60 minute speel kan ek baie meer insit in die eerste 60 minute.
    Ek dink dit dui maar net aan mens moet pasop om nie oorboord te gaan met die stats nie, Dit bly egter interessante leestof.

  • 35

    31@ Die Blou Kuberruim Wandelaar:
    Lostrios is ‘n uiters debatteerbare fasset van rugby en mynsinsiens is daar 2 skole hier…

    1. Die wat glo in ‘n geballanseerde lostrio waar ‘n “fetcher” broodnodig is (Bulls as voorbeeld)
    2. Die wat glo dat met die nuwe reëlinterpretasies die “fetcher” rol minder belangrik geword het en derhalwe 2 meer tradisionele Nr 7 flanke speel (Stormers as voorbeeld)

    My persoonlike voorkeur lê by opsie 1 maar bygesê die Stormers was baie effektief met hulle benadering hierdie seisoen.

    Wat vir my verder krities is, nee dis eintlik ononderhandelbaar, is dat die rol van Nr 8 se goue hande agter ‘n skrum… en hier moet ek toegee dat Spies effe kortkom, sy hande is soms swak en hy moet nog daarop verbeter.

  • 36

    @ grootblousmile:

    okei, goeies! Ek sal daarop broei. Maar dit sal iets drasties moet wees vir my om `n artikel daaroor te skryf, en my skryfvernuf is nou nie een wat pryse wen nie dis verseker.

  • 37

    No 7 is the best post, we are blessed with loosies as always, but Schalkie, is a machine, in fact he may be unique, I put it down to his Moms good German genes. His Dad was very good at bliksemming people.

  • 38

    @ McLook:

    McLook wrote:

    Die Blou Kuberruim Wandelaar wrote:
    kan jy dit regmaak “per wedstryd”, maar die “minute gespeel” is nie daar nie. Dit is NET so belangrik. Kan jy die syfers in die hande kry? Ek het aangepas vir wedstryde gespeel. Soos jy tereg sê is die minute wat hulle gespeel het nie ingereken nie en dit is belangrik omrede Stegman dikwels nie vol wedstryde gespeel het nie en Schalk wel.
    Ek is nie so seker of mens daarvoor moet aanpas nie want as ek weet ek gaan net 60 minute speel kan ek baie meer insit in die eerste 60 minute.
    Ek dink dit dui maar net aan mens moet pasop om nie oorboord te gaan met die stats nie, Dit bly egter interessante leestof.

    Ja, maar vir regverdigheid moet dit gedoen word.

    Die data vir hoeveelheid balle gesteel En minute gespeel IS beskikbaar, kan jy dit asb aanbring?

  • 39

    36@ Die Blou Kuberruim Wandelaar:
    Ek is ‘n IT spesialis met ‘n voet of 2 in die regsberoep…. so rugby is nie my brood en botter nie, en my skryfstyl moes ek aan werk… en seersekerlik is ek nie flaterloos nie.

    Maar rugby is ons almal hier se siellevoedsel, so jy’s welkom om goed te stuur.

  • 40

    @ grootblousmile:

    Ek staan bankvas; die Bulle kon baie aanvallend die seisoen speel a.g.v. hulle aanpassing by die jaar se EWVs en hulle toepassing van `n sogenaamde “baljagter”. Hulle (die Bulle) se trio se rolle was baie meer uiteen gesit, en hulle het bes gemaak van die harde werk van ons vastevyf.

    Die WP se benadering, of die Bulle sin? Die een keer toe hulle ontmoet die jaar onder die ELVs, het die WP kwaai tekortgeskiet. Klaar.

    Ek soek die fyn kuns by die Bokke (veral aangesien die vories meestal Bulle is)

  • 41

    Die Blou Kuberruim Wandelaar wrote:

    Die data vir hoeveelheid balle gesteel En minute gespeel IS beskikbaar, kan jy dit asb aanbring?

    Ek was sopas weer op ruggastats en weet nie waar sien jy dit (minute gespeel en aantal balle gesteel) nie.
    Die aantal balle gesteel per span word onder aan die table gewys maar teenoor die spelrs se name is daar slegs nulle. Dit wys nie wie het die balle gesteel nie.
    As jy my kan inlig waar presies jy dit sien (minute gespeel en balle gesteel per speler) sal ek dit aanbring.

  • 42

    @ grootblousmile:

    O ja, ek praat nie net van balsteel by @40 nie, maar die totale tiepe spel/rol wat Kuun en Stegmann beklee. Daar is plek vir die klein spelers, en ek glo ons sit die pot mis as ons dit nie sien nie. Ons het mos nou genoeg grofgeskut onder die res, dit sal net `n bate wees om een jackrusselltjie in te span, soos Brussow ons verlede jaar gewys het in die Drie Nasies.

    Ek verkies Brussow, maar hy is beseer en kan dalk binnekort deur Steggman verbygevat word. Of wat dink jy?

    (Jammer vir die stadig tik)

  • 43

    40@ Die Blou Kuberruim Wandelaar:
    Kyk, ons houding hieroor verskil nie…. maar ek gaan jou NOU sê, ‘n ou soos Saint gaan van ons 2 verskil hieroor.

    Wat die Bokke betref, met die afwesigheid van Brussow weens besering en inaggenome Schalla se puik seisoen, is ek tevrede met die keuses vir Saterdag…. benewens skrummie, daar dink ek ons het ‘n skrumskakel nodig wat naastenby Fourie du Preez se taktiese besluitnemingsvermoë en taktiese skopvaardigheid besit…. Ruan is nader daaraan as enige ander skrumskakel, Ricky speel meer op instink en op sy vermoë om druk toe te pas op sy direkte opponent en besit min taktiese oordeelsvermoë en ‘n swak taktiese skopvoet.

  • 44

    42@ Die Blou Kuberruim Wandelaar:
    Brussow is ‘n natuurfrats, met daai geweldige sterk bolyf en arms…. as daai ou op vorm is kan Stegmann en Schalla gaan doedoe….

  • 45

    @ McLook:

    McLook wrote:

    Die Blou Kuberruim Wandelaar wrote:
    Die data vir hoeveelheid balle gesteel En minute gespeel IS beskikbaar, kan jy dit asb aanbring?Ek was sopas weer op ruggastats en weet nie waar sien jy dit (minute gespeel en aantal balle gesteel) nie.
    Die aantal balle gesteel per span word onder aan die table gewys maar teenoor die spelrs se name is daar slegs nulle. Dit wys nie wie het die balle gesteel nie.
    As jy my kan inlig waar presies jy dit sien (minute gespeel en balle gesteel per speler) sal ek dit aanbring.

    Ja dis nie daar by “Ruggastats” nie. Dit blyk nie beskikbaar te wees vir Jan-alleman nie. Jy moet `n mediaman wees, vra vir GBS. Fox Sports stel die statistieke beskikbaar ek dink, en SARU het `n stats centre wat later aan die gang gaan kom ek dink.

  • 46

    NOW i REALLY LIKE THAT ANALOGY “Rugby is everyones food for the soul”, yeeeeeeaaaaahhhhh that is a truism.

  • 47

    Verusco se Stats is indrukwekkend en word deur meeste Super 14 en Curriebeker Franchises gebruik.

    Daar is ook Spesialis rekenaarsagteware wat die Franchises gebruik om byvoorbeeld 1 individuele speler dwarsdeur ‘n wedstryd en seisoen te volg en te meet…. hulle doen derhalwe so met elke speler in die groep, dis waar ‘n bekwame video-analis in vandag se spel onontbeerlik is.

    Gaan google gerus….

  • 48

    46@ 4man:
    Did you just applaud my choice of words…. I am suitably impressed…. hehehehe

  • 49

    @ grootblousmile:
    grootblousmile wrote:

    42@ Die Blou Kuberruim Wandelaar:
    Brussow is ‘n natuurfrats, met daai geweldige sterk bolyf en arms…. as daai ou op vorm is kan Stegmann en Schalla gaan doedoe….

    Ek stem nie heeltemal saam nie. Nadat ek na die twee oudspanmaats gekyk het sal ek se dis nou dat Stegman meer tyd en eervaring op 6 kry dat hy Brussow sal verbyvat. Ek is glad nie oortuig dat Brussow sterker arms het as Stegman nie. Ek wil eers hulle gym bookies sien daarvoor.

    Sover ek die storie bekye, woel Stegman net so lekker in die vastelos en sy tegniek is net so goed om bal te steel (ons het `n mooi voorbeeld gesien op Loftus teen die Crusaders). brussow het net meer ervaring in die posisie (en onthou natuurlik speel Brussow in `n ander span, waar hy ander geleenthede kry, en ons het kans gehad om hom op die Bok-toneel te sien- dit tel baie) laas jaar het Deon mos `n skorsing gekry vir sy boorvat in NZ. Dit het hom uit die prentjie uitgehaal en die deur goed oopgemaak vir Brussow, alhoewel die laasgenoemde al in 2008 sy buiging gemaak het.

    Onder die ou intepretasies was Brussow goed in die tekkel, maar die jaar het ons nie kans gekry om hom op sy beste te sien nie (onder die nuwes). Maar wat ons wel weet is dat Stegman hom goed ore aangesit het toe hulle teen mekaar gegaan het.

    So, Stegman kan dalk nou al beter wees as jy my vra. Kan jy vir ons die gym syfers in die hande kry GBS 🙂 ? Dan kan ons mooi sien of `n Cheetah sterker as `n Bul is.

  • 50

    @ grootblousmile:

    “Gaan google gerus….”

    🙂

    Gee ons `n leidraadjie asb.

  • 51

    49@ Die Blou Kuberruim Wandelaar:
    Flok, wil jy weet hoeveelkeer ‘n week elkeen van hulle spyker ook?

    Ek moet tille slaan hier, ek seg mos, ek is van ander dinge afhanklik om te lewe!

  • 53

    @GBS, yes I did, it was a good and true statement, but you were bailing fast there for your little slip into Provincialism….you shouldnt have mentioned the medals. I made a facebook post today “A call went out in England last week for all men with dicks less than 2 inches long to fly an English flag, I am shocked and amazed how many there are”, I am waiting for some of my English mates to come back at me. I must say I have mixed feelings about the importance of stats, we obviously used to use it for picking the shooting teams including the Protea team, but the other criteria are equally important….we really are blessed for choice. Wynand now has his chance, lets hope he goes better than the world cup period.

  • 54

    @ grootblousmile:

    HAHA, jammer boetman. Volgende keer as jy by Loftus is, steel Bazil Carstes se lêre. Ek sal `n vriendin van my vra om dieselfde te doen in Bloem.

  • 55

    Verusco Home Page: http://www.verusco.com

    Verusco Video Software:

    TryMakerPro
    TryMaker
    PlayBuilder
    3DTracking

    http://www.verusco.com/video-analysis-software-rugby-union.html

  • 56

    @ grootblousmile:

    grootblousmile wrote:

    Verusco Hom Page: http://www.verusco.com
    Verusco Video Software:
    TryMakerPro
    TryMaker
    PlayBuilder
    3DTracking
    http://www.verusco.com/video-analysis-software-rugby-union.html

    Maar is dit nie so dat jy moet registreer as iemand in die rugbymedia om toegang te verkry nie? Of `n geregistreerde afrigter of soiets.

  • 57

    @ grootblousmile:

    Ja. Jy moet `n klient wees.

  • 59

    @ grootblousmile:

    Dankie. Nie so deeglik soos FoxSports sinne.

  • 60

    @ grootblousmile:

    Ek het nogal `n probleem hiermee, die stats is verskriklik teenstrydig met “Ruggastats” sin. Ek kon seker self `n paneel ouens opgestel het en gesit het en elke speler se statistieke opneem. En Betaal word natuurlik.

    Die laat my wonder hoe baie hulle die kat aan die gat beet het.

Users Online

Total 54 users including 0 member, 54 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm