Op versoek, hier is die S14 statistieke van Schalk Burger teenoor Deon Stegmann.

Tabel 1: Gemiddelde syfers op verdediging en in kontak 

Verdediging en kontak
  Verdediging Kontak
Naam O/steun Omkeerbesit geforseer/aanvaller verloor die bal Duikslae Duikslae gemis Bal dra Lynbreke Offloads % kere oor die V/deel lyn Meters gevorder
Burger 3.86 0.41 12.6 1.86 7.4 0.21 0.93 77.1% 61.9
Stegmann 3.1 0.42 9.5 1.17 2.75 0.08 0.08 68.1% 9.7

Duidelik uit Tabel 1 is dat Schalk by verre die beter speler op verdediging en in kontaksituasies is. Die mees insiggewende statistiek in Tabel 1 is waarskynlik “meters gevorder” waar Schalk gemiddeld 61.9 meter vorder per wedstryd terwyl Stegmann slegs 9.7 meter vorder met die bal in die hand.

Stegmann het ook feitlik geen (0.08) lynbreke en offloads gemaak nie. Die kere wat Stegmann wel die bal dra (2.75 kere per wedstryd) gaan hy in 68% van die gevalle wel oor die voordeellyn maar Schalk dra nie net die bal meer nie (7.4 kere per wedstryd) maar toon  ook ‘n groter persentasie geneigdheid (77%) om oor die voordeellyn te gaan.

Schalk het 0.69 (1.86 – 1.17 = 0.69) meer duikslae gemis maar hy het ook 3.1 meer duikslae per wedstyd gemaak.

Die enigste ander kategorie wat Stegmann gewen het (0.42 vs 0.41) is omkeer balbesit geforseer maar soos gesien kan word is die verskil tussen die twee spelers nikseggend. Hulle is dus ewe effektief as verdedigers wat die aanvaller die bal laat verloor. Die website wat ek gebruik (ruggastats) verskaf nie inligting oor wie balle steel nie. Net die totale aantal ball gesteel per span word geraporteer.

 

Tabel 2: Gemiddelde hantering en bydraes by afbreekpunte 

Hantering en afbreekpunte
  Hantering Afbreekpunte
Naam Aangeë Spelskep aangee Hantering telling Een van eerste 1-3 op aanval Een van eesrte 1-3 op verdediging
Burger 9.4 1.93 18.6 12.6 3.57
Stegmann 3.1 0.08 8.2 22.1 11.4

Hierdie Tabel toon aan dat Burger by verre die beter speler met die bal in die hande is. Hy hanteer die bal meer, maak meer aangeë en skep meer spel.

Stegmann was meer dikwels een van die eerste drie spelers by afbreekpunte op die aanval, dit het waarskynlik met die pods te doen. Stegmann was ook meer dikwels een van die eerste drie by afbreekpunte op verdediging in fases 1-3 wat toon dat hy gouer by die afbreekpunte kom as Schalk. Ongelukkig word nie aangetoon wie van die twee steel die meeste balle nie.

  

Tabel 3: Gemiddelde aantal foute 

Foute
Naam Strafskoppe afgestaan Geforseerde en ongeforseerde foute Hanteringfoute
Burger 1 1.29 – ratio 6.9% 2
Stegmann 1.58 0.33 – ratio 4.0% 0.58

Die Tabel toon aan dat Stegmann effens meer strafskoppe per wedstryd (1 versus 1.58) afstaan. Schalk maak meer geforseerde en ongeforsserde foute asook meer hanteringfoute maar dit is omdat hy die bal beduidend meer kere per wedstryd dra (18.6 versus 8.2). Druk mens die geforsserde en ongeforssede foute uit as ‘n persentasie van die aantal kere wat die speler die bal gehanteer het dan wen Stegmann steeds (4% versus 6.9%).

Statistiek het sy leemtes in die sin dat jy net inligting kry met betrekking tot wat jy gemeet het. Die statistiek is ingevorder (ruggastats) deur onpartydige mense en die vorm van invordering is bepaal aan die begin van die seisoen sonder enige agenda (soos om kriteria te kies wat een speler sal bevoordeel). ‘n Mens sou dink dat die beter speler tops sal uitkom as onafhanklike mense kriteria saamstel op grond van dit wat werklik ‘n verskil in wedstryde maak.

Statistiek neem ook nie ag watter rol die bepaalde speler binne spanverband speel nie. Burger was by die Stormers meer die baldraer terwyl Stegmann die rol van die klassieke “fetcher” vervul het. Stats vertel jou ook nie wat die gehalte van die aangee of duikslag was nie of hoe kritiek die “steeel” was binne konteks van die wedstryd nie. Die interpreteerder van die stats weet egter sulke goed en die syfers kan sinvol geinterpreteer word of daar kan verkeerde afleiding gemaak word afhangende van hoe daarna gekyk word. 

Inaggenome dus dat Stegmann ‘n” fetcher” rol vertolk het en Schalk nie (Louw het daardie rol by die Stormers gespeel) is dit jammer dat ruggastats nie die inligting met betrekking tot die individuele spelers verskaf nie. Een “turnover” het soms meer waarde as 10 en ons almal het gesien watter rol Stegmann in die eerste wedstryd teen die Crusaders gespeel het.

Desnieteenstaande spreek die data hier vir hulself en kan daar nie twyfel wees dat Schalk Burger steeds die beter speler is nie. Hy dra die bal meer, vorder verder met die bal, maak meer duikslae en skep meer spel. Wat mesn gaarg sou wou sien is hoe hy vergelyk as balomkeerspesialis teenoor Stegman. Die feit dat Stegman meer dikwels een van die eerste drie by die afbreekpunte op verdediging en aanval suggereer dat hy dalk meer balle per westryd steel as Schalk.

Binnekort die Dewald Potgieter vs Francois Louw vergelyking waarna ek ook Louw/Stegmann en Pottie/Schalk vergelykings sal maak.

81 Responses to Burger versus Stegmann – S14 stats

  • 1

    Baie insiggewend!

    Schalla het ‘n seisoen duisend gehad… die man is ‘n yster…. en op hierdie seison se vorm was Schalla beter, dis gewis!

    Stegmann self is ‘n yster en soos regtens aangevoer, die 2 spelers beklee verskillende rolle in spanverband.

    Jammer dat statistieke nooit iets kan meet soos hoeveel balle van die opposisie het ‘n speler vertraag deur sy optrede nie, wat deurslaan na die kwaliteit besit wat ‘n ander span kry. Soos ons sien uit bogenoemde ontleding van McLook is Stegmann gereeld vinniger as enigiemand by die afbreekpunte wat my vermoede bevestig het dat hy uiters belangrik was in die rol om opposisiebal te vertraag…. vandaar miskien die effe hoĂ«r strafskoptelling ook.

    Netso jammer dat statistiek nooit ‘n bepaalde speler se invloed op die verloop van ‘n wedstryd sal kan meet nie, soos McLook genoem het, miskien in die vorm van kritieke steel van ‘n bal of ‘n stukkie individuele briljantheid of sy totale invloed op die uitslag van die wedstryd…. hiervoor dien ons oĂ« maar as enigste barometer…. en in die geval van beide spelers het my oĂ« vir my vertel dat beide uitstaande spelers in hulle span was.

    Kom mense, kom ons gee beide spelers krediet en wees erkentlik teenoor die feit dat Schalla ‘n fenomeen is, wat dalk net deur Heinrich Brussow ge-ewenaar kan word….

    SA is uiters ryk in goeie losvoorspelers!

  • 2

    Stegmann is a decent player, but the fuss about his ability is coming mostly from the Bulls fans. The stats shows clearly that Burger was the better of the two this year, and I wouldn’t even rate him better than Botes, hell, even Deysel make the same amount if not more steals than Steggies.

    That said, he is good at slowing down the ball in the ruck. But according to the stats he doesn’t bring much else to the party.

  • 3

    Snoek wrote:

    Stegmann is a decent player, but the fuss about his ability is coming mostly from the Bulls fans. The stats shows clearly that Burger was the better of the two this year, and I wouldn’t even rate him better than Botes, hell, even Deysel make the same amount if not more steals than Steggies.
    That said, he is good at slowing down the ball in the ruck. But according to the stats he doesn’t bring much else to the party.

    ….. except 2 Super 14 medals and a very dominant role in a very successful Bulls pack…

  • 4

    McLook.

    Baie dankie. Maar…

    Mense, die statestiek “Forced turnovers” is nie die omkeer wat die speler heel seisoen gemaak het nie, maar die situasie wat hy daar bewerkstellig het. Die baljagters se eintlike gevalle waar hulle man-aleen bal gesteel het is nie daar aangebring op ruggastats nie. (Kyk maar net die finaal se stats in die verband)

    En McLook, is die statestieke aangepas vir Stegman se veel minder speeltyd?

    Onthou Burger het net een wedstryd gemis en was net een keer vervang in `n ander wedstyd, sover ek nou onthou. So party van die nommers dien geen doel nie.

    Is daar `n manier wat jy dit kan aanpas? En dalk die eintlike balsteel syfers kan aflaai?

    Ook is dit dalk belangrik om te onthou dat die jagter `n bal kan steel wat nie “toegeken” word a.g.v. die strafskop wat geblaas word of die skeidsregter wat nie spel toelaat om aan te gaan van daaraf nie.

  • 5

    GBS, your first post was a good attempt at being objective, but I’m afraid your horns are showing on the second, hehe!

    Still, I’ve never been one for these type of comparisons (the best guitarist, the best player on the day, etc). I realise they can be fun until of course someone gets offended, but its a team game and you only play as well as the opposition and your team mates allow you to play.

    I agree; Stegman is a good fetcher – with or without medals.

  • 6

    @ Snoek:

    Snoek wrote:

    Stegmann is a decent player, but the fuss about his ability is coming mostly from the Bulls fans. The stats shows clearly that Burger was the better of the two this year, and I wouldn’t even rate him better than Botes, hell, even Deysel make the same amount if not more steals than Steggies.
    That said, he is good at slowing down the ball in the ruck. But according to the stats he doesn’t bring much else to the party.

    Snoek, it are like GBS says= one cannot really understand the players impac for the whole season by stats.
    If you go look to “Ruggastats” on the Super 14 final, you wil see that the stats for Francois Louw and Stegmann are very the same. But then they make Stegmann their player of the match at no.6
    It is true that one have to look at the stats with the eyes (like GBS says). Clearly it doesn’t tell the whole storie.
    What is also true is that our “openside flank” have a much bigger influence for the Bulls for keeping possesion on attack. If you see the stats, he make a huge contribution to the breakdown that also slow the ball down considerablely for the opposition. So comparing the two players just because they have the no.6 on their back, is like appels and pears. As showed out above, they do a different function in the team. Both are vital for the teams success.

  • 7

    5@ fender:
    And how exactly does my comment in #3 detract from my objective view in #1??

    It does not slate or slant a single other player… in fact it ties in very much with the contents and sentiments you express in comment #5.

    One gets a gut feel for a certain player’s true value to his team, which stats can never show, a gut feel about a player’s actual performance… something we all alude to here….. you, me, McLook…

    People and coaches were very slow to buy into Heinrich Brussow’s exceptional performance and value to the Bokke barely a season or so ago… but apart from his fetcher values, I think he has silently inspired Schalla to rejuvinate himself and up his performance remarkably…. it certainly showed this season.

    Similarly, the healthy fetcher battle between a Stegmann, Botes, Deysel, Francois Louw, Schalla and some others will continue to keep the incumbant on his toes, which only bodes well for Bokke rugby.

    What a fortunate position to be in to be able to choose between probably 6 International class Openside Flankers in SA… other countries are and should be green with envy!

  • 8

    Normaalweg probeer ek nie om ‘n artikelskryer te kritiseer nie, maar partykeer kan mens nie help om te lag nie.

    My eerste indrukke is dat die een speler hoort op ‘n rugby veld, die ander nie. As ek na die name kyk en die speler wat nie op ‘n rugby veld hoort nie van ‘n kampioenspan kom het ek ‘n antwoord.

    Die statistieke misluk in die doel waarvoor dit aangewend is.

    Enige persoon wat rugby die laaste aantal jare volg weet van die polemiek rondom die spesialis fetcher wat niks anders as “my seuns wat my bier fetch”.

    Hierdie statistiek gee die antwoord vir dit.

  • 9

    McLook.

    Die “Fases 1-3” is NIE die eerste 3 fases nie, maar SPELERS wat tel onder die eerste 3 by die afbreekpunt. Kan jy dit dalk regmaak asb?

  • 10

    @ Die Blou Kuberruim Wandelaar:

    (Ek bedoel natuurlik; onder die eerste 3 wat by die punte uitkom- DIE tel
    as die ondersteuners daar.)

  • 11

    McLook.

    Wat ek wou aanlas, is dat die ekstra “Hantering telling” van die Bulle se flank van die rolmaal af kom.

  • 12

    “Desnieteenstaande spreek die data hier vir hulself en kan daar nie twyfel wees dat Schalk Burger steeds die beter speler is nie. Hy dra die bal meer, vorder verder met die bal, maak meer duikslae en skep meer spel. Belangrikste is ook dat hy anders as wat baie mense dink nie afsteek as ‘n balomkeerspesialis teenoor Stegmann nie.”

    Met alle respek gesĂȘ, hierdie stelling is suiwer twak. As jy die foute in jou aannames regstel in die artikel hierbo, kry `n mens redelik `n heel ander prentjie oor die twee spelers.
    Schalk was uitstekend as baldraer en spelskepper, maar kan glad geensins met Stegmann vergelyk word t.o.v sy ondersteunende spel nie. Buitendien, soos reeds gesĂȘ, is die rol wat elk van die twee spelers in hul afsonderlike spanne speel, anders.

  • 13

    Die beter manier om statistieke aan te wend sal wees om ‘n model vir ‘n fetcher asook een vir ‘n baldraer op te stel. Vergelyk spelers dan met hierdie modelle. Dan kan jy besuit hoe goed ‘n speler in die eerste plek sy werk doen waarvoor hy gekies is.

    Wanneer jy ‘n span kies stel modelle op vir elke posisie. Doen soek jy die speler wat die naaste aan jou model ooreenstem. Dan kies jy jou beste span.

    Om spelers blootweg statisties soos hier te vergelyk moet eers seker gemaak word dat spelers se rolle in hulle onderskeie spanne ooreenstem. Daardie rolle is selde as ooit 100% dieselfde.

    Die een eet ‘n appel en die ender een eet ‘n peer. Wie eet die lekkerste vrug?

  • 14

    @ dWeePer:

    Ekskuus dWeeper, kan jy dalk jou punt duideliker stel asb?

    Die statistieke kategoriee is verkeerd hierbo;

    Dit is nie die “balsteel” syfers in die een, en die ander is nie “fases 1 tot 3” nie- maar hoort “eerste 3 spelers” te wees.

    Dit skep `n ander prentjie.

  • 15

    Bloggers actually asked McLook to analize Burger vs Stegmann, following on his comparison between Spies vs Vermeulen…

    I think McLook did a fine job in the circumstances… also acknowledging that stats alone does not tell the whole story. Differing roles in team context is a given!

    The mere fact that there was interest in an analysis between these 2 players show that both are rated and excell in their respective rolls…. to me that in itself is good enough.

  • 16

    @ dWeePer:

    Selfs dan sal daar tekortkominge wees. Brussowtjie word ook by die Cheetahs effe anders gebruik as Stegman by die Bulle. Duidelik is Stegman se werd daarin om altyd by te dra by die afbreekpunt sodat dit ons groot baldraers soos Spies meer vryheid en spasie kan bied. As Ludeke wou, kon hy Steggman meer as `n draer gebruik het die seisoen. As ek dit nie mis het nie, het ek Steggman as agtsteman sien uitdraf vir Grey, asook die Bulle `n paar jaar terug. Maar nou word hy uitsluitlik in hierdie rol gespesialiseer,

    en my kommer is dat ons dit nie by die Bokke gaan sien nie. Kyk net hoe suksesvol dit by due Bulle toegepas word!

  • 17

    16@ Die Blou Kuberruim Wandelaar:
    As ek dit reg het was Heinrich Brussow die fetcher flank by Grey College, Steggies was agsteman en Strauss (een van die Cheetahs hakers) was blindside flank… al drie in dieselfde span.

  • 18

    @ grootblousmile:

    Ja-nee. En Baie Dankie aan McLook.

    Maar van sy kategoriee is verkeerd- dit moet reggestel word sodat ons sin kan kry uit die hele storie, nie waar nie?

    Dis nie verkeerd omdat ek so sĂȘ nie, maar McLook het verkeerd verstaan, en dus sal ander die artikel verkeer verstaan. Net om duidelikheid te verkry, kom ons maak dit reg, ASOOK die aanpassing vir die hoeveelheid minute deur elk gespeel is, asb.

  • 19

    @ grootblousmile:

    Ja dis reg. Maar onthou Stegman het ook flank op skool gespeel, en is daar onmiddellik deur Meyer raak gesien dat sy beste posisie op 6 is.

  • 20

    C’mon GBS, you must be having me on?!

    Your first post is balanced and I agreed with it. Is your second post not in response to Snoek’s statement that he does not bring much to the party, and then if I understand your response correctly, you state that he brings two S14 winners medals to the party?

    Ma bygese: either by design or due to your nature, you consistently offer by far the most balanced view of all the Bulls fans on the site – and thank you for that.

  • 21

    18@ Die Blou Kuberruim Wandelaar:
    McLook sit in New Zealand…. heel ander tydsones as hier by ons… hy sal seker later (miskien vannag of more) jou kommentare raaklees en daaraan aandag skenk.

    Julle is natuurlik welkom om self so diep na dinge te kyk en ons te voorsien van goed uitgelegde vergelykings, artikels en besprekings…. ek sal verseker so iets plaas!

  • 22

    20@ fender:
    My response in # 3 was definately in response to a faulty statement that Stegmann does’nt bring much to the party… it is simply not correct.

    Balance, I suppose, is in the eye of the beholder…. but be assured that it is always my intention to be as objective as is reasonably possible.

    I believe in giving credit where it is due, whether a player wears blue or hoops or that ugly grey and black or orange or red.

  • 23

    @ fender:

    No, GBS said that the Bulls flank has two S14medals.
    But what is actually your standing point over the article?

    @ grootblousmile:

    regtig waar? Hoe doen mens dit? Hoe kontroleer jy dat ons nie twak skryf nie?

  • 24

    @ fender:

    What I am saying is Stegman don’t have an equal in South Africa at the moment with regards to supportplay. And I want to see that at the Bokke aswell.

  • 25

    @ grootblousmile:

    grootblousmile wrote:

    18@ Die Blou Kuberruim Wandelaar:
    McLook sit in New Zealand
. heel ander tydsones as hier by ons
 hy sal seker later (miskien vannag of more) jou kommentare raaklees en daaraan aandag skenk.
    Julle is natuurlik welkom om self so diep na dinge te kyk en ons te voorsien van goed uitgelegde vergelykings, artikels en besprekings
. ek sal verseker so iets plaas!

    Ek hoop net McLook voel nie dat ek hom in die gesig vat nie. Ek wil net he die stuk moet sy doel dien. (en dalk moet ons eerder Steggman vergelyk met Louw?)

  • 26

    Die Blou Kuberruim Wandelaar wrote:

    McLook, is die statestieke aangepas vir Stegman se veel minder speeltyd?

    Ja dit is aangepas vir minder wedstryde gespeel.
    Ek het die ander goed waaroor jy ontevrede was ook reggestel. Ongelukkig -soos die nuwe teks aantoon- verskaf die program/website nie inligting wie het balle gesteel nie.

  • 27

    Die doel van statistieke is om ‘n besuit of gevolgtrekking te maak. Die doel waarvoor hierdie statistieke in die eerste plek daar gestel is was om ‘n speler se bydrae tot sy span te meet, en nie om spelers met mekaar te vergelyk nie. Ek self het met die eerste oogopslag die fout gemaak en daarna besef dit moet nie gedoen word nie.

  • 28

    DBKW, I’m saying what you’re saying: if the guy plays for the best team, he must be the best….

  • 29

    23@ Die Blou Kuberruim Wandelaar:
    Sekere mense hier het “Author Status”, wat beteken dat hulle self Artikels kan plaas…. McLook is een van hulle, so ook Blouste, Loosehead, tighthead, Sharky, Saint, Snoek, Trippels, SuperBul, TonyM, MornĂ©, Rugby_Princess en paar ander…. ek vertrou hulle, want ek ken hulle vanweĂ« ander plekke / bronne of ek het hulle oor tyd hier leer vertrou… ek het nie nodig om hulle te polisieer nie, gladnie.

    Ek kry selfs input van mense soos Tim Noakes.

    Stuur jou Artikels vir my, na webmaster@rugby-talk.com en ek plaas dit (mits dit nie nonsens is nie)… en so stilweg raak jy dalk ook ‘n blogger met Author status wat self kan plaas.

    Onthou een ding, hierdie web site word nie bestuur en onderhou deur joernaliste nie, dit word onderhou deur rugbyliefhebbers…. dis deur en vir ons almal…

    Hoe meer julle my help, hoe beter en meer volledig maak ons die inhoud en nuus hier…

    Ek kry gereeld bloggers wat my aandag vestig op nuwe nuus… en glo my, ek gebruik dit!

  • 30

    Die Blou Kuberruim Wandelaar wrote:

    “Desnieteenstaande spreek die data hier vir hulself en kan daar nie twyfel wees dat Schalk Burger steeds die beter speler is nie. Hy dra die bal meer, vorder verder met die bal, maak meer duikslae en skep meer spel. Belangrikste is ook dat hy anders as wat baie mense dink nie afsteek as ‘n balomkeerspesialis teenoor Stegmann nie.”
    Met alle respek gesĂȘ, hierdie stelling is suiwer twak. As jy die foute in jou aannames regstel in die artikel hierbo, kry `n mens redelik `n heel ander prentjie oor die twee spelers.
    Schalk was uitstekend as baldraer en spelskepper, maar kan glad geensins met Stegmann vergelyk word t.o.v sy ondersteunende spel nie.

    My indruk na die aanpassings is steeds dat Schalk oorhoofs meer bydrae met die bal in die hand. My uitspraak dat Schalk en Stegman ooreenstem as balomkeerspasialiste sal ek moet terugtrek aangesien ons nie data daaroor het nie. Ek sal saamstem dat Stegman beter vertoon as ‘n ondersteunende en ontwrigdende speler (vir die opponente) by die afbreekpunte as Schalk.

Users Online

Total 66 users including 0 member, 66 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm