Op versoek, hier is die S14 statistieke van Schalk Burger teenoor Deon Stegmann.

Tabel 1: Gemiddelde syfers op verdediging en in kontak 

Verdediging en kontak
  Verdediging Kontak
Naam O/steun Omkeerbesit geforseer/aanvaller verloor die bal Duikslae Duikslae gemis Bal dra Lynbreke Offloads % kere oor die V/deel lyn Meters gevorder
Burger 3.86 0.41 12.6 1.86 7.4 0.21 0.93 77.1% 61.9
Stegmann 3.1 0.42 9.5 1.17 2.75 0.08 0.08 68.1% 9.7

Duidelik uit Tabel 1 is dat Schalk by verre die beter speler op verdediging en in kontaksituasies is. Die mees insiggewende statistiek in Tabel 1 is waarskynlik “meters gevorder” waar Schalk gemiddeld 61.9 meter vorder per wedstryd terwyl Stegmann slegs 9.7 meter vorder met die bal in die hand.

Stegmann het ook feitlik geen (0.08) lynbreke en offloads gemaak nie. Die kere wat Stegmann wel die bal dra (2.75 kere per wedstryd) gaan hy in 68% van die gevalle wel oor die voordeellyn maar Schalk dra nie net die bal meer nie (7.4 kere per wedstryd) maar toon  ook ‘n groter persentasie geneigdheid (77%) om oor die voordeellyn te gaan.

Schalk het 0.69 (1.86 – 1.17 = 0.69) meer duikslae gemis maar hy het ook 3.1 meer duikslae per wedstyd gemaak.

Die enigste ander kategorie wat Stegmann gewen het (0.42 vs 0.41) is omkeer balbesit geforseer maar soos gesien kan word is die verskil tussen die twee spelers nikseggend. Hulle is dus ewe effektief as verdedigers wat die aanvaller die bal laat verloor. Die website wat ek gebruik (ruggastats) verskaf nie inligting oor wie balle steel nie. Net die totale aantal ball gesteel per span word geraporteer.

 

Tabel 2: Gemiddelde hantering en bydraes by afbreekpunte 

Hantering en afbreekpunte
  Hantering Afbreekpunte
Naam Aangeë Spelskep aangee Hantering telling Een van eerste 1-3 op aanval Een van eesrte 1-3 op verdediging
Burger 9.4 1.93 18.6 12.6 3.57
Stegmann 3.1 0.08 8.2 22.1 11.4

Hierdie Tabel toon aan dat Burger by verre die beter speler met die bal in die hande is. Hy hanteer die bal meer, maak meer aangeë en skep meer spel.

Stegmann was meer dikwels een van die eerste drie spelers by afbreekpunte op die aanval, dit het waarskynlik met die pods te doen. Stegmann was ook meer dikwels een van die eerste drie by afbreekpunte op verdediging in fases 1-3 wat toon dat hy gouer by die afbreekpunte kom as Schalk. Ongelukkig word nie aangetoon wie van die twee steel die meeste balle nie.

  

Tabel 3: Gemiddelde aantal foute 

Foute
Naam Strafskoppe afgestaan Geforseerde en ongeforseerde foute Hanteringfoute
Burger 1 1.29 – ratio 6.9% 2
Stegmann 1.58 0.33 – ratio 4.0% 0.58

Die Tabel toon aan dat Stegmann effens meer strafskoppe per wedstryd (1 versus 1.58) afstaan. Schalk maak meer geforseerde en ongeforsserde foute asook meer hanteringfoute maar dit is omdat hy die bal beduidend meer kere per wedstryd dra (18.6 versus 8.2). Druk mens die geforsserde en ongeforssede foute uit as ‘n persentasie van die aantal kere wat die speler die bal gehanteer het dan wen Stegmann steeds (4% versus 6.9%).

Statistiek het sy leemtes in die sin dat jy net inligting kry met betrekking tot wat jy gemeet het. Die statistiek is ingevorder (ruggastats) deur onpartydige mense en die vorm van invordering is bepaal aan die begin van die seisoen sonder enige agenda (soos om kriteria te kies wat een speler sal bevoordeel). ‘n Mens sou dink dat die beter speler tops sal uitkom as onafhanklike mense kriteria saamstel op grond van dit wat werklik ‘n verskil in wedstryde maak.

Statistiek neem ook nie ag watter rol die bepaalde speler binne spanverband speel nie. Burger was by die Stormers meer die baldraer terwyl Stegmann die rol van die klassieke “fetcher” vervul het. Stats vertel jou ook nie wat die gehalte van die aangee of duikslag was nie of hoe kritiek die “steeel” was binne konteks van die wedstryd nie. Die interpreteerder van die stats weet egter sulke goed en die syfers kan sinvol geinterpreteer word of daar kan verkeerde afleiding gemaak word afhangende van hoe daarna gekyk word. 

Inaggenome dus dat Stegmann ‘n” fetcher” rol vertolk het en Schalk nie (Louw het daardie rol by die Stormers gespeel) is dit jammer dat ruggastats nie die inligting met betrekking tot die individuele spelers verskaf nie. Een “turnover” het soms meer waarde as 10 en ons almal het gesien watter rol Stegmann in die eerste wedstryd teen die Crusaders gespeel het.

Desnieteenstaande spreek die data hier vir hulself en kan daar nie twyfel wees dat Schalk Burger steeds die beter speler is nie. Hy dra die bal meer, vorder verder met die bal, maak meer duikslae en skep meer spel. Wat mesn gaarg sou wou sien is hoe hy vergelyk as balomkeerspesialis teenoor Stegman. Die feit dat Stegman meer dikwels een van die eerste drie by die afbreekpunte op verdediging en aanval suggereer dat hy dalk meer balle per westryd steel as Schalk.

Binnekort die Dewald Potgieter vs Francois Louw vergelyking waarna ek ook Louw/Stegmann en Pottie/Schalk vergelykings sal maak.

81 Responses to Burger versus Stegmann – S14 stats

  • 61

    60@ Die Blou Kuberruim Wandelaar:
    Ek het dit juis gewys om aan te toon dat dit afhang van WIE neem die stats… die verskillende stats verskil so ooglopend dat dit juis een van die redes is hoekom ek meer konsentreer op wat my EIE OGE waarneem as iemand anders se subjektiewe sogenaamde stats.

    Ek he al gesien hoe werk Verusco se Sagteware, veral die 3D Tracking sagteware, wat ‘n afrigitngspan SELF in staat stel om spelers te meet aan hulle verwagtinge…. daaaaaaaaaaai goed werk hoor, dis amazing!

  • 62

    @ grootblousmile:

    Janeewat, hierdie is `n probleem vir. Ek het my les geleer. Sien is glo.

    Die Bulle is beter as die Bokke in alle opsigte (behalwe `n speler hier en daar).

    “3-D Tracking”? Hoe werk dit? Anders as in die ou dae toe jy hoog kon tekkel en pampoenkoppe trap nes jy lus gehad het.

  • 63

    Flok, ons het beurtkrag hier…. my UPS’e gaan nie lank hou nie… ek teken eers af… en sit dan met my duim in my hol en wag vir die krag sodat ek kan werk….

    Eishhhhhhhh

  • 64

    Baie dankie vir al die statistieke, vergelyking en analises.

    My gunstelinge 3 statistieke van die S14 is as volg:

    1. Sharks vs Bulle (2007, Durban), 19-20

    2. Bulle vs Chiefs (2009, Pretoria), 61-17

    3. Bulle vs Stormers (2010, Soweto), 25-17

    😀

  • 65

    @ bdb:

    😀

  • 66

    Die waarheid aangaande Burger en Stegman.

    Na die Super 14 eindstryd erken Schalck self hy is Stegman se mindere. Hy blameer die skeidsregter dat Stegman beter is met sy sogenaamde twee stelle reels en afrigting van die Bulle

  • 67

    McLook jy kan die “minute gespeel” syfers kry by;

    http://www.rugbystats.com.au/matches/rugby/match3489.html?page=player-stats

    Dit is natuurlik baie noodsaaklik om enige iets te vergelyk wanneer jy na die totale kyk. Maar soos ons reeds opgemerk het, die statistieke verskil erg.

    MY VOORSTELLING: Bebruik die AUS webblad vir die “minute gespeel” data, sê dankie, en cheers.
    Vertrou liewer Ruggastats met die res (dis van Verusco en dis `n Suid Afrikanse webblad- waar ons eintlik iets weet van rugby).

    So met dit kan jy dalk asb die statistieke maak vir “minute gespeel” en dan opsit? Die Bulspeler hier het heelwat minder gespeel.

  • 68

    @ dWeePer:

    HAHAHA! Nou sê jy `n ding! Ek het dit heeltemal misgekyk. Jy’s reg. Ook die dat ou Burgertjie geniepsig geraak het soos de wedstry gevorder het.

  • 69

    Sonder beserings, is die volgende ons beste lostrio keuses:

    Spies Kanko Duane
    Juan Deysel Dewald
    Brussow Burger Stegmann

  • 70

    @ bdb:

    Soos wat ek vir GBS hierbo gesê het (en probeer verduidelik het), ek dink Stegman kon dalk nou al Brussowtjie verby gevat het. Alhoewel, ja ek dink dalk Brussow kom eerste. Maar Burger! Neewat, die Jack Russells bied veel meer. Gin van die Stormers is beter as die Bulle nie. Behalwe miskien hulle buitesenter, wat tot onlangs toe nog `n Tranvaler was.

  • 71

    Hehehe!!

  • 72

    kan enigiemand vir scrumsaam vra om my op webmaster se mail te kontak ek soek telefoon of email addie, seblief.
    Dink die mail wat ek hom gelos het het hy gemis.

  • 73

    72@ superBul:
    Ek het vir jou sy besonderhede gelos op Admin Chat

  • 74

    @ grootblousmile:

    Haai GBS, ek het die perfekte foto wat jy hier kan opsit vir die artikel met die opskrif “Burger vs Stegman”; http://www.galloimages.co.za/Asset/Details/749227 LOL

    (Jy weet, net ingeval een of ander WP’er nou weer iets te sê het)

  • 75

    74@ Die Blou Kuberruim Wandelaar:
    Mmmmm, Gallo Images…. het ‘n pricetag…..

  • 76

    75@ grootblousmile:

    O! ‘skuus, Het nie so geweet/mooi gedink nie. Sit dan net die aflaaibare “preview’-weergawe dalk op dan? met die Gallo merk bo-oor.

  • 77

    @ bdb:
    lol so na my hart….

  • 78

    Think this is a pointless debate,Stegman is a fetcher and Schalk plays more of a blind side role so its like comparing chalk and cheese..

  • 79

    kan nie stegman en brussow vergelyk nie stegman het die hele s14 sespeel en brussow nie so ek dink dis bietjie onregverdig vergelyk hom met botes flo grobbelaar en henro dis immers die ouens wat gespeel het

  • 80

    oor stegman vs burger net dit stegman was in grey en burger in een van daai boland poofter skole julle weet daai wat grey se bunnies is

  • 81

    Die Blou Kuberruim Wandelaar@67. Dankie vir daai website ek sal verseker die minute probeer inwerk. Aangesien ons almal blyk saam te stem dat mens eerder Stegman/Louw en Burger/Pottie vergelyking moet maak sal ek ulke vergelykings post en die data van beidde websites (rugby stats en Rugga stats) gebruik. Ek sal die minute inwerk en kyk of mens iets soos ‘n “strike rate” telling mbt kontak by afbreekpunte en/of turnover gemaak kan saamstel deur die aantal minute op die veld in berekening te bring.

Users Online

Total 108 users including 0 member, 108 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm