Die Springbokke het hul eerste Toets sedert 2005 teen Frankryk gewen toe hulle die Hane Saterdag op Nuweland in Kaapstad met 42-17 vermorsel het.

Rugby-Talk se man by die wedstryd, KingPaul, is soos ‘n Koninklike vervoer met ‘n spesiale mediabus, onder polisiebegeleiding, van die Garden Court Holiday Inn na die stadium in ‘n rit waar die pad letterlik oopgedwing was en die rit, wat in spitsverkeer ‘n uur sou vat, verkort is na net 15 minute.

Hier is fotos van die dag.

  

[cincopa 10634827]

  

Dit was ‘n naweek wat die Franse eerder sal wil vergeet nadat die nasionale sokkerspan Vrydagaand gesukkel het in hul WB-groepwedstryd teen Uruguay. Dié wedstryd het 0-0 geëindig.

Peter de Villiers was na die wedstryd soos gewoonlik baie diplomaties en wou niks hoor van dat die Hane ‘n swak span is nie.  “It’s frightening how similar these sides are. France don’t play the run-from-anywhere brand they used to. They’re structured, like us, and that similarity scared me. Their forwards are bulky and physical and we had to be on top of our game to just match them. We did well today.”

De Villiers voel ook dat hy die eerste keer in twee jaar met vertroue die ouens van die bank af kon gebruik en dat elke speler in die groep daar op verdienste is.

Hy het erken dat die derde Toets laasjaar teen die Lions vir baie spelers hul laaste toets in die Bok trui was omdat hulle nie die mas kon opkom nie.

Hy het ook ontken dat die Bokke ooit ‘n B-span sal kies want dit sal “disrespectful” teenoor die opponente wees. Hy het egter wel erken dat die volgende twee wedstryde teen Italië die idiale geleentheid is om sy spelers basis uit te brei.

Op ‘n vraag van hoe hy voel die nuwelinge in die span gevaar het het hy geantwoord dat almal van hulle, Francois Louw, Dewald Potgieter, Juan de Jong en Gio Aplon, ‘n baie goeie Super14 toernooi agter die rug het en dat hy hulle daarvoor beloon het met ‘n plek in die Bok span.  Sover is hy baie tevrede dat hulle hom terugbetaal vir sy vertroue in hulle.

Oor die Bokke se goeie skrumvertoning nadat die Hane ons laasjaar in die grond in geskrum het het hy die lof voor Os du Rand se deur gelê.    “In the last two years everybody spoke about our perceived weakness at the scrums and we fell into the trap of believing that. So we brought in Os to work on that and start from zero in order to get the players to believe in themselves once more. Today was a good start in that process.”

John Smit was baie gelukkig met hoe die wedstryd begin het.  Dit was ‘n moeilike week om in voor te berei met al die opwinding wat met die sokker WC gepaard gaan.  Om alles te kroon het “Barney” sy hamstring in die opwarmsessie seergemaak en vyf minute voor die afskop was hulle nog besig om hom op te bind.  Dit was seker die rede hoekom hy in die 40 minute wat hy op die veld was gelyk het soos ‘n ou wat loodskoene aangehad het…

Smit hoop ook dat die spekulasie oor Chiliboy nou sal ophou. “I think he was outstanding. He won four turnovers and scrummed really well, while also defending brilliantly. There is a lot of talk about how much he plays, but every time he comes on, he does well. I certainly have a lot of faith in Chili,” het Smit gesê.

Die wen oor die Franse gee ook aan die Bokke ‘n sielkundige voorsprong met die oog op volgende jaar se Wêreldbeker in New Zealand.  “Victory was paramount and in our preparations we discussed the psychological benefits of a victory over France. It was our last chance to put a Springbok stamp on this fixture after France’s dominance. It was crucial in the greater scheme of things that this result went our way”

Die Hane se kaptein en afrigter het soos twee manne gelyk wie se paddaboutjies gesteel is.  Hulle was gladnie tevrede met die span se vertoning nie en hoop om so gou as moontlik van vandag se uitslag te vergeet. ” The defeat is hard to us to accept, but we knew it was going to be intense” het Lievremont gemompel.

Hy het erken dat hulle maar gesukkel het met die nuwe reëltoepassings en die strafskop telling van 17-9 beaam dit.

Verder kon ek ongelukkig nie veel uitmaak van die Franse deel van die nuuskonferensie nie, behalwe dat dit op ‘n tyd gelyk en geklink het of die Franse afrigter en die Franse media lus was om mekaar te lyf te gaan!  Die Franse media was glad nie be-indruk met die spel van die Hane nie, veral in die lig daarvan dat die Franse die Ses-Nasie kampioene is en Franse spanne baie goed gedoen het in die Heinelen Cup.

3 Responses to Bokke vermorsel Hane

  • 1

    Well done Boks 🙂

  • 2

    Well done KingPaul…. our own Media man at the game!

    Certain players enhanced their Springbok longevity in my opinion whereas others have slipped a bit in my estimations.

    At loosehead, Gurthro Steenkamp, was exactly what we needed and he continued his good season.

    John Smit, playing with a half-injured hammie did not do himself any favours, whereas Chilliboy stood in well, for a change. I would still like to see both Gary Botha and Tiaan Liebenberg closer to the Bokke fold, I believe they are the way forward.

    BJ Botha slipped in my estimation, 2 weeks in a row…. has he come to the end of the road? With Jannie du Plessis replacing him, the Bokke scrum looked better and Jannie is not exactly reknowned for his scrumming excellence… maybe time to give a younger man like werner Kruger a run to see how he performs on the Test Arena.

    Danie Rossouw has clearly laid down the gauntlet for Bakkies to step up a gear and curb his penalty liabilities.

    All three looseforwards did their job well and Dewald Potgieter filled the sub-role well too.

    Ricky Januarie played well, he impressed me with his tenacity but his tactical kicking abilities still let him down.

    Morné Steyn again showed why he is the premier flyhalf in SA.

    The door is open for Juan de Jongh to be the choice No 12, Wynand was’nt on his best, this coming from a staunch Wynand supporter.

    Jaque Fourie is undoubtably the premier outside centre in SA.

    Gio Aplon had an excellent game… good for him! Bryan Habana once again showed his worth.

    Zane Kirchner, for the 1st time got a start in the best Test side (his previous start against the B & I Lions was in a 2nd team). He was solid and nearly scored a try. His connection on defence and attack was impressive.

  • 3

    well Done to the bokke……… Great game!!!!

Users Online

Total 61 users including 0 member, 61 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm