The WP Team to face the Lions at the Coke Tin was announced today.

The Team is:

15. Joe Pietersen
14. Tonderai Chavhanga
13. Frikkie Welsh
12. Juan de Jongh
11. Sireli Naqelevuki
10. Peter Grant
9. Ricky Januarie
8. Luke Watson (C)
7. Duane Vermeulen
6. Francois Louw
5. Andries Bekker
4. Anton Van Zyl
3. JC Kritzinger
2. Tiaan Liebenberg
1. Wicus Blaauw

 

Reserves:

16. Deon Fourie
17. JD Möller
18. De Kock Steenkamp
19. Pieter Louw
20. Dewaldt Duvenage
21. Matt To’omua
22. Gio Aplon
 

Referee: Marius Jonker (SARU)

115 Responses to WP Team announced

  • 61

    Oraait manne, sal dalk later inloer. Ek gaan nou kwaliteit tyd saam die vrou spandeer!

  • 62

    60@KingPaul

    Stem. Ek hou van die idee van ekstra wedstryde in die week.

  • 63

    @Supa Die Bloubul – 59
    Klik juis of JS ‘n nek besering het. Sal ook al daai ouens laat rus, almal wat net ‘n halwe niggle het kan maar by die huis bly.

  • 64

    61@Supa Die Bloubul – Cheers, lekker pappegaaislaai rook….

  • 65

    @Supa Die Bloubul – 58
    Nee net die ouens wat in die toetse speel. PdV moet maar net uit sy eerste lesse leer en nie op vroee welslae van n paar WP mannetjies nou weer almal n kans gee nie. Laasjaar het hy mos al die WP manne beloon omdat hulle in die eerste helfte van 2008 se Super 14 die main peanuts was. Glad nie erkenning vir die Bulle gegee wat sterkste in s14 geeindig het nie.

  • 66

    @superBul – hehehe, in 2008 het die Stormers 5de ge eindig, en die Bulls 10de na hulle teen o.a. die Reds verloor het. Alhoewel jy reg is dat daar ‘n paar oortollige WP spelers in die Bok span was, moet jy darem seer sekerlik mans genoeg wees om te erken dat die Stormers beter vertoon het as die Bulls? Of is 10de in jou boek beter as 5de?

  • 67

    66@KingPaul – Die Bulls het aan die begin van 2008 gesukkel, wat hulle afgedryf het na heelwat laer as 10de….. toe kom hulle reg en wen die laaste 4 Super 14 games in ‘n ry…. teen die einde van die Super 14 het dit nie meer saakgemaak watter span lê waar nie, mens moes net kyk na die vorm van die spelers op daardie stadium en die maand of wat voor dit se vorm… om die Bokke te kon kies.

    Die Bulle het toe verder voortgegaan en die final van die CC gehaal in 2008….. maar al wat julle sien is ‘n WP 5de plek in die Super 14….. nee man…. wees bietjie heel objektief en kyk bietjie breed….

    …. em met bogemelde beweer ek nie daar moes meer Bulle gekies gewees het nie… ek beweer mens moes na vorm gekyk het op stadium van Bok-kies…. en dan sou ‘n paar van daai swak keuses en drommels nie daar gewees het nie.

    Maar ek dink ou Snorre leer so gaandeweg, ons almal sal saamstem daar’s taamlik min fout te vind met die Bokke se groep soos wat ons die 3N afgesluit het…. hoop Snorrie maak nie te veel veranderings nie…. kontiniuiteit sal goed wees.

  • 68

    63@KingPaul

    Stem. Die main konyne kry min ruskans. Hulle speel tot Desember en meeste spanne oefen dan al vir die s14.

  • 69

    64@grootblousmile

    Dankie, die :clover: was lekker!

  • 70

    @grootblousmile – Nee GBS, ek verdedig maar net my span teen ‘n ongevraagde aanval. hehehe. Sterkste geeindig het ek gelees as log posisie. Net so sal ek erkening gee aan die Bulle as hulle die CC wen, al le hulle nou laer as die WP. Ek is nogal nie skaam vir krediet uitdeel waar dit nodig is nie, maar ek gaat ook nie al die Bulle wil Bokke maak nie. Daar is genoeg belowende jong WP spelers wat beslis bo huidige Bulle in die Bok span hoort. Twee hiervan is Tian Liebenberg en Wikus Blaauw. Die res van die Bul Bokke hoort beslis daar, maar as PdV 36 spelers saam gaan vat, hoop ek hy vat die spelers soos hy bo deur my genoem saam.

    Wie was nou weer al die useless WP spelers in die Bokspan? Behalwe nou vetgat Mujati?

  • 71

    @KingPaul – 66
    Jy moet erken dat daai lied van Steve maak die Bulle almal Bokke tong in die kies gesing is. Net so moet n speler wat vir die Bokke gekies word oor n lang tydperk bewys hy is goed genoeg vir die Groen en Goud. Nou weet ons dat baie van daai keuses glad nie suksesvol is nie.

    Ek weet byvoorbeeld dat Stegman die Bokke goed sal dien , maar ek kan hom nie nou kies voor al die manne wat reeds in die Bok groep is nie. Net so met Mapoe, hy het homself nog glad nie genoeg bewys nie. Juan de Jong kom al heel seisoen goed aan en as hy nou waneer die heat opgedraai is in die semis n redelike goeie vertoning gee sal ek hom graag n kans wil gee. Maar vou hy nou moet hy maar eers bietjie wag.

  • 72

    @Supa Die Bloubul – 68
    Eers het ek erens gelees dat Snorre sy sterkste span gaan laat toer, toe weer dat die main konyne net in die belangrikste toetse gaan speel, en toe weer dat van hulle dalk heeltemal gerus gaan word??? Sal maar moet wag en sien. wanneer begin die toer?

  • 73

    2008 s14 was die Stormers beslis beter as die Bulle. Bulle was bleddie pateties. 50 punte teen Canes en Saders afgestaan en 40 teen die Reds!

  • 74

    @superBul – 71
    Ek dink ons verstaan mekaar verkeerd, ek wil hulle nie vir die Bokke toets span kies nie, ek wil hulle saam laat toer om in die week wedstryde te speel. MAAR, ons moet ook nie te versigtig wees om hier en daar ‘n jong lat kans te gee nie. As is dit dan eers net van die bank af soos laasjaar met Brussouw. Ons moet ontwikkel vir die toekoms, ons ouens raak oud en na die volgende WC gaan baie ouens toks ophang of die Europa toe.

  • 75

    @KingPaul – Kan ek jou geheue verfris, maar ek se nie noodwendig hulle was useless nie maar hulle was nie werklik internasionale klas nie.

    Tondi, Jantjes, Bolla, Grant en selfs Bekker. Regtig nie eens naby die gehalte wat die 3 nasies ingepalm het nie. O ja Mujati en Luke was ook daar. Eish , eeeeish dit maak seer.

  • 76

    71@superBul – Die ding is, die nuwelinge wat so “shine”… mens MOET wag en kyk of die spelers hulle nie net goed genoeg begin lees nie, met goeie video analise en die tipe ding…

    Kom ons vat ‘n hipotetiese voorbeeld…. met analiese vind mens dat Juan de Jongh eerder aftrap van ‘n sekere voet af of dat hy dalk swakker verdedig van die regterskouer af as hy links moet uitbeweeg… die manne maak planne en hy is dadelik nie meer so angel nie… ek sê nie dis waar sy foute lê nie… dit was net ‘n voorbeeld.

  • 77

    70@KingPaul

    Bolla, Mujati, Jantjies was daar in 2008. Selfs Bekker is nie watwonders nie. Maar hy was nie swak in 2008 nie. Tiaan speel baie goed, hy is defnitief beter as Chilliboy – geen tywfel. Maar ek verkies Adriaan Strauss na Bismark. Jammer hy is nou beseer. Loskop is ek tevrede met Beast en dan Gurthro. Blaauw skrum dalk sterker maar Gutties speel baie goed in die los en ken die set-up al goed. As ek iemand nuuts wil inbring sal ek eerder WP Nel en Coenie Oosthuizen inbring.

  • 78

    72@KingPaul

    As die main konyne saamtoer hoef hulle net teen Frankryk te speel. Ons kan Italie en Ierland sonder hulle speel.

  • 79

    @Supa Die Bloubul – Nee man, ek like vir Blaauw, hy is bliksems sterk!

  • 80

    @Supa Die Bloubul – Nee man, ek like vir Blaauw, hy is bliksems sterk! Jy like al weer net die Vrystaters!! hehehe

  • 81

    Ek wonder wat is Snorre se plan. Matfield, JS, Juan, Habana, FDP kan nie die hele volgende jaar s14, toetse en CC speel nie. Daai ouens moet iewers ruskans kry.

  • 82

    @grootblousmile – 76
    Dit is presies hoekom belowende spelers so maklik verdwyn. Hy lyk briljant maar op internasionale vlak ontleed hulle hom en elimineer al sy tricks. Indien so speler bly groei sal hy die opponente ook heeltyd bestudeer en wel deurkom. Ek se net wag eerder met n speler as om hom in te gooi en te destroy.

  • 83

    77@Supa Die Bloubul – Guthro se skrumtegniek suig…. kyk mooi hoe skrum hy kop verby die vaskop wat oorkant hom sak…

  • 84

    79,80@KingPaul

    Ek sien jy voel sterk hieroor, se dit sommer twee keer! hehe
    Nee, ek rate Flo, Tiaan en Juan De Jong wat nie Bokke is nie. Maar loosie vir die Bokke is regtig vol en dis n persoonlike keuse om Strauss bo Tiaan te verkies. Albei speel goed, maar ek kry die gevoel Strauss vind sy springers meer en sy toets wat hy destyds gespeel het was hy vir my goed in. De jong moet n kans kry. Al is dit net eers weekspan.

  • 85

    83@grootblousmile

    Ja ek het gesien. Dit lyk ook nie eers of hy ordentlik laag saak nie. Lyk of hy die opponent met sy linkerarm probeer skrum.

  • 86

    @superBul – Peter het gese sy toets span vertrek later op hul eie so die ander gaan speel vir plekke in die 22 op die bank. As hy dit so doen great dan kan ons sien wie deurkom van die dirt trackers.

    Voorrye wat goed lyk is beslis Blaauw en daai Vrystaat 2, maar watch hoe kom Werner dalk met n great comeback.

  • 87

    @Supa Die Bloubul
    Is dit regtig nodig dat hulle enigsens saamgaan?
    Danie, Muller en Bekker kan instaan vir Matfield
    Daar is genoeg voorrye om in te staan vir JS
    Juan het lanklaas gespeel, maar Scalla, Stegman, Potgieter, Deysel, Louw en Vermeulen kan daar uithelp
    Ndugane, Mapoe, Van Heerden, Juries en tot Chavanga kan instaan vir Habana
    Ruaan, Kockitt, Pretorius kan instaan vir FDP

    Ons gaan nog steeds ‘n befokte span he, en dan ‘n baie vars span as volgende jaar se 3N begin.
    Ek dink Snorre moet met die S14 afrigters ooreenkom dat sy main konyne (al die Bokke wat in die laaste 3N gespeel het?) almal so een of twee games uitsit in die S14. Weet egter nie of dit sal werk nie?

  • 88

    Willem Alberts, Louis Ludick, Heinke vd Merwe, Doppies La Grange, Jano Vermaak en Franco vd Merwe behoort in die span te wees.

  • 89

    @superBul – Werner??? Jou ou grapgat!!!
    Gaan nou eers kyk wat hier in die kas is om te drink. Praat dalk weer later.

  • 90

    @superBul

    Werner is swak, dis jammer, maar dis waar. Op loskop is Heinke ook nog daar. Hy is wel beseer maar skrum die sterkste van al die loskoppe. Maar ek sie hom ook nie baie ander goed op die veld doen nie. Dis hoekom ek Beast like. Hy speel goed in die los ook en dien sy ander werk. Hy skrum dalk nie so sterk so Heinke ens nie, maar hy bring sy kant.

Users Online

Total 52 users including 0 member, 52 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm