Vodacom Westelike Provinsie se afrigter Allister Coetzee het slegs een verandering aan sy span gemaak vir eerskomende naweek se kragmeting teen die Vodacom Blou Bulle.  

Haker Deon Fourie (22) skuif op van die bank af om die beseerde Tiaan Liebenberg se toks vol te staan.    Liebenberg het sy knie beseer in WP se  oorwinning (21-9) oor die Sharks laasnaweek in Durban.       Liebenberg behoort egter gereed te wees om die Cheetahs volgende naweek in Bloemfontein te pak.    Fourie se plek op die bank word ingeneem deur die voormalige SpringBok Hanyani Shimange.   Alhoewel hy (Tiaan) taamlik stabiliteit aan die WP skrum gegee het is die WP se hulp afrigter, Matthew Proudfoot vol vertroue dat die WP  sy man sal kan staan met Wicus Blaauw (23), Fourie en Brok Harris (24) in die middel.   

 Die enigste ander verandering aan die 22tal is waar die jong Conrad Hoffmann vir Bolla Conradie op die bank vervang.     Hoffmann het pas herstel van ‘n “hamstring” besering en sal kan instaan op skrumskakel, losskakel en heelagter. 

Die wedstryd is op Nuweland en word vanaf 17:00 regstreeks op SuperSport 1 uitgesaai.   Geen reën word vir Vrydag of Saterdag voorspel nie.    Kaartjies verkoop soos soetkoek en ondersteuners van beide  spanne sal moet spring indien hulle nog ‘n goeie sitplek in die stadion wil kry vir Saterdag se wedstryd. 

Die WP span is:

15. Joe Pietersen
14. Tonderai Chavhanga
13. Juan De Jongh
12. Morgan Newman
11. Gio Aplon
10. Peter Grant
9. Dewaldt Duvenage
8. Luke Watson (C)
7. Duane Vermeulen
6. Francois Louw
5. Anton Van Zyl
4. Chris Jack
3. Brok Harris
2. Deon Fourie
1. Wicus Blaauw

Reserves:

16. Hanyani Shimange
17. JD Moller
18. De Kock Steenkamp
19. Pieter Louw
20. Conrad Hoffmann
21. Frikkie Welsh
22. JJ Engelbrecht

77 Responses to WP span vir kragmeting teen die Bulle

  • 31

    Ek het gou gaan kyk na Saterdag se Bulle…slegs 7 of 8 kom van daardie omgewing…Net beter as 30% van hulle eie skoolspelers kry kans by die Bulle!…

    Blue Bulls: 15 Zane Kirchner (PW Botha George), 14 Gerhard van den Heever(Affies), 13 Jaco Pretorius (Gelofte High JHB), 12 Stefan Watermeyer (Waterkloof), 11 Francois Hougaard (Paul Roos), 10 Burton Francis (Paulus Joubert Paarl), 9 Heini Adams(Esselen Park, Worcester), 8 Dewald Potgieter(HTS Daniel Pienaar Uitenhage), 7 Pedrie Wannenburg (Oakdale Landbou, Riversdal), 6 Deon Stegmann (Grey Bloem), 5 Wilhelm Steenkamp (HJS Paarl), 4 Flip van der Merwe(Grey Bloem), 3 Werner Kruger(Jeugland), 2 Derick Kuün (captain)(Affies), 1 Jaco Engels(Volkskool Potch).
    Replacements: 16 Bandise Maku (Dale College), 17 Frik Kirsten(Affies), 18 Fudge Mabeta, 19 Jacques Burger(Windhoek), 20 Dean Greyling(Affies), 21 Francois Brummer (Waterkloof), 22 Tiger Mangweni(Ntsonkota (Oos-Londen)

  • 32

    31 @Polla Die ou storie is al holrug gery, dit is die professionele era en waar ‘n man vandaan kom maak nie saak nie. Al wat tel is die kleur van die trui wat hy Saterdag aantrek. Tyd dat mense dit begin besef.

  • 33

    @Koos – Maar dis is altyd snaaks dat die mense vir WP wil aanvat as hulle spelers koop in die prof era en praat van speler ontwikkeling etc etc. Dit word altyd gou afgemaak as die handskoen nie pas nie!

  • 34

    33 @Polla Polla jy sal vind dat die vrae hier bo gevra is deur WP ondersteuners, hulle wil weet hoekom word daar soveel senior spelers gekoop en waar is die conveyer belt van jare terug? Die vraag word ook gevra hoekom hulle soveel spelers deur hulle hande laat glip.

    Ek ken nie die antwoorde nie maar ek se as jy geld het KAN jy koop. Vir jare was ek telke male gatvol omdat Vrystaat nog ‘n speler verloor het en het veral Natal blameer wat wild en wakker gekoop het. Ding is, nie die Sharks se skuld die Vrystaat admin is te onbevoeg om spelers te behou nie…

  • 35

    @Ex Player – Thx Ex, ken die outjie glad nie….maar klink hy is goed genoeg vir die Leeuwens!
    Wat se jy van WP/Bulle, ek moet nog my picks doen?

  • 36

    @Polla
    Interessante stats daai, thx!.

  • 37

    @Pietman – Ou maat jy het mail.

  • 38

    @Koos – Ek stem in ‘n mate saam, die feit is dat WP in die professionele era nog steeds nie te sleg doen om ons eie produkte te probeer ontwikkel nie. Te oordeel na die laaste paar jaar was dit miskien nie die regte strategie nie, maar omdat Bulls en Sharks van ons beter jong talent opgeraap het kyk party ondersteuners met oogklappe en besef nie dat ‘n Unie nie AL sy goeie skolespelers kan kontrakteer nie. ‘n Paar sal altyd deurglip en party ontwikkel later as ander. Voorbeelde is Willem De Waal, Derick Hougaard ens wat nie as jong manne kon WP kontrakte kry nie.

  • 39

    @Polla
    Polla, btw, weet jy of WP-rugby n Akadmie het en waar dit is?

  • 40

    @AB
    Check gou dankie.

  • 41

    @Pietman – Ja Pietman, dit is op Stellenbosch gesetel. Hulle het klomp van die laaste twee jaar se WP cravenweek en SA skole spelers daar.

  • 42

    Hulle noem dit die WP Rugby Instituut….hier is die website.
    http://www.wpri.co.za/

  • 43

    @Polla
    Gaaf man, ek sal graag wil kyk dankie.
    Jy het klomp dinge hier verduidelik vandag waaroor ek al lankal kerm, dalk onnodiglik!
    Werklik n waardevolle bydrae van jou hier.

  • 44

    Julle het nou vir Pote HUMAN en Pote FOURIE verwar. Albei het vir die Oos Kaap gespeel in hul beginjare. Pote FOURIE was jare lank NTvl agsteman. Hy het nooit vir Vrystaat gespeel sover my kennis strek nie. Pote Fourie is oorspronklik van Rustenburg of daar iewers.

    Pote Human het na sy uittrede as speler by Vrystaat in afrigting betrokke geraak. Hy was voorspeler afrigter van die BULLE se Vodacom span. Die storm om sy kop het gekom oor die spankeuses. Sy seun is gereeld op flank gekies vir die BULLE, sonder verdienste. Dit is die rede hoekom Pote se kontrak beeindig is en hy in Japan gaan afrig het.

  • 45

    Ek is baie nader aan skolerugby as provinsiale rugby aangesien dit vir my nog die suiwerste vorm van die spel is. As mens kyk na die ongelooflike talent wat die laaste paar jare op ons skoolvelde rondgehardloop het, hoop ek maar net hulle kan deur die provisiale opsette gaan sonder om die flair en instink te verloor.

  • 46

    @Pietman – I remember that game !! Cost us a semi !!

    Remember the Bester brothers ? LOL

    I do have a question though , is WP really that good or are the rest just bad without their Boks ? Returning for the Bulls are ??

    FDP , Habana , WO , Bakkies , Danie , Victor. Thats six top class players !!

    For WP ?

    Schalk , Januarie , Jean , Bekker – Also top class

    Take away Danie from the top list as he is not a startiung player then its a little more even but then again JDV is lost to the WP cause as well. We should remember that WP lost quiet a bit of players to injury and retirement and UK as well , Percy , Janjies and Bobo a few that sticks to mind , there are replacemenst for these players but aimed at the S14 and not CC so we should be stronger next year. For now though I would say the Bulls are more affected than WP due to the Bokke and will be considerably stronger when they return.

    I remember in 97 to 2001ish when the Bokke team was full of WP players , the Bulls supporters and the rest of the country said we cannot complain , in 99 WP year WP fielded a virtual 2nd team !! So I know how the Bulls fans must feel.

    PS – PRRRROOVVIINNCCEEE !!!

  • 47

    Pietman @Pietman – Daar is nog ‘n instituut p[ Riebeeck Wes, wat deur Alan Zondagh bedryf word. Maar dit is meer ‘n ‘privaat’ kliniek.
    Ja, WP het laat gekom met hul instituut, maar hulle het baie goeie een – en word deur Dawie Snyman gehardloop – as ek reg is. Juan de Jong het deur die instituut gekom.

  • 48

    @Polla – Ahhhhhh I see now why Morgan Newman is held in such high Esteem at WP , he is from Bishops.

  • 49

    @Cosa
    Ahaaa!
    Pote Human, net so.
    Waar is sy seun deesdae?

  • 50

    Sparty @sparty – The only differance is that we did not call the Bok team the Blue Bulls – hehehe.
    But that was the team with the 17 games record – hahaha.

    All I really like, is that WP have 3 very young front rowers, Duanne, Francois Louw is young, Dewaldt, Juan de Jong is also youngsters – and quite frankly – they are the guys who put their hands up every game!

  • 51

    See all you boys a bit later, getting busy here now.
    Tjeers vir eers.

  • 52

    Cheers Pieta!

  • 53

    @sparty – Yes…the Bishops clan!..I always try not to critisize players as they do not pick themselves nore does anyone play the game to be bad!…My motto is…Unless you have been there and done it..shut the trap and comment about the game and leave the players alone.

  • 54

    @Pietman – 49

    Ek glo hy is ook nou in Japan.

  • 55

    I know one cannot use it as a yardstick, because players either fade away or develop later, but in the month of July, WP had a golden 2 weeks against the likes of OFS with their youth teams. First the u/16 WP team beat OFS in the final game of Grant Khomo week, then the u/18 Cravenweek team beat OFS in the final of CW and the next Saturday WP u/19, u/21 and senior teams beat OFS at Newlands. Now if we look at the fact that Grey College in Bloem is the benchmark for schools rugby and players (currently 5 of them in Bok Squad)and that most of the OFS players in their youth teams hails from Grey, then the WP boys did very well indeed!

  • 56

    @Polla – I have never in my life seen a rugby team – quite like the grey team of this year – the are truly amazing players!

    it is sad that Oakdale and Boland Landbou’s interschools was canceled this year – due to swine flu histeria. Think it was a blunt move!

  • 57

    Ek wil iets se en ek gaan dit nou se; ons Bulle het probleme die naweek teen WP!

  • 58

    Apparently next year’s Grey team will even be better…and this I heard from sources close to the school’s coaches.

  • 59

    @AB – Ek weet nie AB, ek sal nie so seker wees nie. WP is baie soos die Bokke van ouds….net as jy dink hulle is op vorm, vang hulle iets stupids aan!

  • 60

    @Polla – Ek hoop jy is reg ou maat, maar ek is BAIE ongemaklik oor hierdie game.

Users Online

Total 34 users including 0 member, 34 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm