KingPaul,  WP korrespondent 

Die Westelike Provinsie se Curriebeker-rugbyspan het ’n groot terugslag beleef voor sy wedstryd vandag hier teen Griekwas.

Die Streeptruie se losskakel, Willem de Waal, is beseer en kan tot twee maande lank buite aksie wees. Peter Grant is vandag hier op GWK-park die losskakel vir die WP.

Die Streeptruie is een van die spanne wat die Noord-Kapenaars op hul tuisveld bloedneus kan gee, maar met De Waal se besering boet die besoekers heelwat taktiese skopvernuf in.

Met Grant die losskakel, sal Morgan Newman nou binnesenter speel.

Sarel Pretorius (skrumskakel), Naas Olivier (losskakel) en Riaan Viljoen (heelagter) sal Grant onder dieselfde soort druk wil plaas as wat vir “Generaal” De Waal beplan is.

Die WP het sy een weg-wedstryd tot dusver vanjaar verloor en is daarom onder druk om nou ’n weg-sege te behaal.

Die WP het Griekwas verlede seisoen met gemak op Nuweland geklop, maar die Diamantstad was op sy beurt ’n begraafplaas vir die Streeptruie.

Die voormalige WP-haker Charl Marais meen die besoekers sal opgewasse wees.

“Die WP behoort die knoop deur te hak. Dit is myns insiens een van Griekwas se groter toetse dié. Dit gaan ’n baie taai wedstryd wees. Griekwas sal hope selfvertroue hê. Sy gestruktureerde speelstyl maak van hom ’n gevaarlike teenstander,” het Marais gesê.

’n Fisieke voorspelerstryd word voorspel. WP het onder andere Chris Jack (slot), Brock Harris (stut) en Tiaan Liebenberg (haker) wat die pap voorlangs dik kan aanmaak. Griekwas kan hom ook voorberei vir ’n rolmaal-aanslag deur die Streeptruie en sal by die afbreekpunte beproef word deur Luke Watson, Duane Vermeulen en Francois Louw.

Jonathan Mokuena (agtsteman en kaptein) en sy flanke, Davon Raubenheimer en Rohan Kitshoff, het hulle reeds bewys en hul tweestryd met die WP-lostrio beloof om rugby vir die fynproewer op te lewer.

Edrich Lubbe, ’n voormalige senter van die Poubloues, meen Griekwas het ’n baie goeie kans om die WP te klop. “Hulle is goed op dreef en het wen-momentum; en die span het baie karakter en min swak punte.

“Hulle het twee sterk unies, die Vrystaat-Cheetahs en die Leeus, weg van die huis af geklop en is op die kruin van die golf,” het Lubbe gister gesê.

Die spanne is:
Griekwas: Riaan Viljoen, Egon Seconds, Jaco Bekker, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier, Sarel Pretorius, Jonathan Mokuena (k), Davon Raubenheimer, Rohan Kitshoff, Jacques Lombaard, Brendon Snyman, Ruaan du Preez, Rayno Barnes, Albertus Buckle. PLAASVERVANGERS: Andries Kruger, Steph Roberts, Heinrich Stride, Sean Plaatjies, Hanno Coetzee, Gavin Passens, Dewald Pretorius.

Westelike Provinsie: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Puke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Anton van Zyl, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Möller, Adriaan Fondse, Conrad Hoffman, Paul Bosch, Frikkie Welsh.

Skeidsregter: Craig Joubert.
 

507 Responses to WP sonder Willem teen Griekwas

  • 361

    358

    Baie waar, hoe gouer hy fokkof hoe beter

  • 362

    BWAAHAHAHAHAHAHA!!!!! Soos ou Cuzzy gister vir Queen Paul gese het: “Pasop wat jy se broer julle speel die Griekwas volgende”!!! Toe beaam my ou goeie maat Pietman dit ook…

    Neeeeeeee wat so drop my ou Pel Tjoppie (Riaan Viljoen) vir Wee Pee innie kak…

  • 363

    Aaaag, nou ja……
    Laat ek ek maar weer my geel kepsie gaan opsit op Superbru……

    Sorry KingPaul, maar Luke was kuk, Skotse rokkie, tattoos en al…
    Al se skopskiet, RobZim, Langkop,Grant10 en al daai ‘saagselkoppe sonner tanne in die Kaap’ ook wat, hy is kuk verby, soos almal kon sien vandag…
    Maar, nouja, niemand luister na my nie…..

  • 364

    1. as jy semi’s wil maak: wen tuiswedstryde, wen teen minnows weg (Boland en Luiperde) en kry ten minste bonuspunte teen groot spanne (waarvan GW nou deel is).

    2. as jy home semi wil hê: wen tuiswedstryde, wen teen minnows weg (Boland en Luiperde) en wen ten minste teen 2 van die groot spanne (waarvan GW nou deel is) weg.

  • 365

    361 Stem. Teen die Bulle kon julle minstens n bonuspunt of slefs n wen gekry het en vandag ook. Dis 5-8 logpunte.

    Boland voor ne!

  • 366

    Supa,

    Het Puke nie sy les geleer om liewer pale toe te skop as die oppertunity daar is nie…

    Ai ek kots somme as ek hom sien…!!!

  • 367

    13-elk

  • 368

    Hoop nou maar net ons BULLE wen die game later teen die Katjies. Baie bly Deon is terug as fetcher!

  • 369

    366 Cuz, ek le al in die kots omdat ek hom die hele game moes dophou!

    Hy skop nie pale nie, want hy wil maul, sodat hy nog n drie kan druk. Hyt al 5 driee gedruk van mauls die jaar.

    Maar wat hy nie besef nie, dit kos sy span.

    Tipies Luke, worry oor homself.

  • 370

    16-13 lions

    10min oor.

  • 371

    Supa,

    Presies wat ekke vir die vrou se, die d@@@@@s soek net driee. Tiaan Liebenberg was laaank my kaptein by Natal voor hy Griekwas toe was. Sal like as hulle hom Cappy maak!

  • 372

    #388 Thanx Cuzzy!!

  • 373

    Supa, die lions speel mos teen Boland. Watter stasie in SA of saai hulle dit nou weer nie uitt nie?

  • 374

    368 Die Vrystaat is desperaat om te wen. As die Bulle dink hul gaan net opdaag en punte vat, is hul in vir ‘n groot verrasing. Sal graag ook wil sien hoe speel Stegjan na sy beserings.

  • 375

    Haai julle is lelik met Luke, net omdat hy op die Springbok trui wil kots en sukkel om n bal vas te hou, ag nee julle gee hom n kans!

  • 376

    K9,

    Bwaahahaha!!! Plesier ou maat. Wat gaan aan met jou welpies? Wen die goed ten minste die Boland?

  • 377

    Cuzzy waar gaan on chat vanaand , ek worry oor die Bulle game, Vrystaat sal like om teen ons op te staan uit die dode.

  • 378

    371 Kan werk. Hy is meer n spanspeler as Kotzie. Se jou, hy wil net driee inryg voor hy Bath toe gaan. Al verloor die span, hy is fine daarmee.

  • 379

    AB,

    Jaaaaa AB ek wil ook kots as ek hom sien en jaaaaaa AB, Cuzzy is n Afrikaaner…

  • 380

    373 Ja, teen Boland. Weet nie waar saai hulle uit nie.

  • 381

    Lyk my daai o/15 coach is nie so bright daar by die Groot Leeus nie.

  • 382

    bdb, Supa,

    Die Vrystaat is moer gevaarlik nou en kan die Bulle wen as ons dink ons gaan net op daag. Maar het Dinsdag met Guttie gepraat en die man se hulle weet wat wag op hulle en se ook dit gaan een van hulle mees physical game nog van dis seisoen wees!

  • 383

    #379
    Cuzzy, hy het van Dutchmen gepraat, ons praat mos Afrikaans……. Gee die man n kans om te

    Fokoff!!!!!!!!!!!!!!!

  • 384

    383. Ek is ook bekommerd. Die Cheetahs moet een of ander tyd wen. Hoop nie dis vanaand nie.

  • 385

    Bly my van is nie Windvogel soos daai een speler van Vrystaat 0/21 nie 🙁

  • 386

    Waaaaaar is ou KP en daai manne vandag wat die week so GROOT bekkies gehad het die week??

    Kom uit ou KP, chat met ou Cuzzy oor jou hartseer, my skouers is breedt om op te huil broer…Hehehee!!

  • 387

    Leeus vs Boland telling, iemand ?

  • 388

    381 Ja, GK het 80 punte teen Boland aangeteken en Bull 50. Lees maar n kort-kop voor.

  • 389

    16-13 Lions 5minute oor.

  • 390

    16 – 13…3 minute oor.

Users Online

Total 109 users including 0 member, 109 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm