Met die WP en Rassie Erasmus se agresiewe aanslag om senior spelers te bekom, ontstaan die emosionele vraag onder ondersteuners weereens oor watter provinsie status van ‘n speler aan homself kan toereken. Is Brian Habana werkilik ‘n Blou Bul? Is broers Du Plessis werklik Sharks?

Waar eindig al die WP en OVS juniors? Antwoord is daar waar die meeste geld is, en waar hy kontrak teken. Solank die koppies huis toe kom word daar nie gevra waar die speler ge-groom is nie, en ek bedoel skoolvlak. Dit is tog duidelik dat OVS en WP die teelgrond is vir meesste senior spelers, die junior resultate wys dit tog. Wat is dus die verskil tussen ‘n junior speler koop en ‘n senior speler koop? Antwoord is eenvoudig. Emosies. Senior spelers is in die nuus en op TV, junior spelers nie. Senior spelers bring die groot koppies huis toe, en nie juniors nie. Sal dus altyd seermaak as ‘n senior speler vlae ruil. Feit is egter dat dit ‘n professionele era is en spelers sal van provinsies verruil, hoe seer dit ookal maak.

Wie het claim tot ‘n speler se provinsiale status? Is dit die provinsie waar hy skool gegaan het, of die provinsie wat die speler in die senior liga ingetooi het? Seker daar sal net soveel opinies wees, soos wat daar spelers is. Die feit is egter dat die speler se status bepaal word deur sy kontrak. Populêr word die provinsies teen mekaar opgeweeg onder die ondersteuners, maar die realitiet is dat die Franchises die meeste blaam of kerdiet moet kry vir resultate. Die Bulle en ook Sharks franchises is die voorlopers in speler administrasie, terwyl die res catch-up bestuur toepas.

Die feit dat Rassie Erasmus op ‘n koop veldtog is, is ‘n bewys dat WP nie strukture in plek het om junior spelers te behou nie. Miskien ‘n erkentenis dat hy gevaal het in sy ontwikkelings plan?

Britse sokker is die voorloper in speler administrasie in ‘n span verbande sport. Spelers verander kleure gereeld. Die Britse sokker ondersteuner se fokus is lank nie meer op die individuele speler nie, maar op die span kleure, en uiteindelike sukses.

In Suid Afrika sal die debat egter steeds heftig voort duur.

104 Responses to Is Habana werklik ‘n Bul?

  • 61

    @Loosehead
    Yip, at #81.

  • 62

    http://www.rugby365.com/schools/craven/1805041.htm

    As julle nou name wil sien van South African Schools Players (1974-2008)

  • 63

    @Pietman

    Stem saam met almal, maar ek sou Lobberts weer n Bul noem (nie dat ek wil nie :wink:) Want hy het CC die eerste keer vir die Bulle gespeel.

  • 64

    @Supa Die Bloubul – Het Lobberts nie Springbok by WP geraak nie, en daarna Bulle toe nie?

  • 65

    @Pietman
    Nee, by WP of Boland juniors gespeel. By Bulle n Bok geword, en toe terug WP toe.

  • 66

    Some advice to selectors – on rugby positions …. – Lol – humor on Friday

    Herewith complete unbiased look at the different positions – selectors to follow strictly to select best side ….
    The Pack – eight handsome burly guys whom you’d want to marry yur daughter. Thye are intelligent, elegant, sensitive and sweet. Truly the ideal men.
    The backs – seven guys who will take advantage of your womenfolk, and all tubular household objects. Often dine on quiche, brie & wine. Regularly take blow dryers on road trips and wear bikini underpants.
    Prop – Short but stout, these strapping men support the hooker, but no money ever changes hands and the act is never specifically named.
    Hooker – Often identified by a balding spot atop the head, these vertically-challenged but talented men stand between the 2 props and secure the ball for their team during scrummages.
    Second row/Locks – These tall powerful men are the driving engines not only of the scrum, but of the entire game. They can be found working their magic from deep in the scrum, behind the front row, or lofting high above the lineouts pulling balls from the air.
    The back row – Usually the most handsome and intelligent, these men of stamina and strength are often considered the Renaissance men of the rugby field. They not only control the ball, but the entire pitch. Remember, thye back row defines the whole teams style of play.”They are the game”
    Scrum half -The point guard of the rugby team, the scrum half distributes the ball, runs hits and kicks. The scrum half is only half as handsome and burly as the pack members
    Fly half – The first of those back guys, end the first of the offensive chain. Often confused with an insect, may be referred to as the man with “the foot”
    Centres – Another pair of those back guys. Either power runner or annoying scampering guy usually found in the opposite order, but whose only purpose is to get the ball ot the wing.
    Wings – Ideally the fastest men on the team. their job is to “score with the ball” but they often confuse it with “get tackled with the ball”. Also an excellent snack when smothered in hot sauce and deep fried.
    Fullback – The last line of defence. A back even the pack can appreciate. often viewed as a back row in the larval stage — (lol)
    Ther you have it – selectors can’t go wrong if the follow the above guidelines….
    ‘ . Gatiep

  • 67

    @Supa Die Bloubul
    Dan is hy n Bul.
    Dok Craven ook!
    Ou Dok het vier provinsies gespeel, btw, (WP/OP/NTvl/Griekwas.

  • 68

    @Pietman
    Ek het dit gou gaan navors ook net om seker te maak ek is reg.

    Hierso:

    http://www.sarugby.com/news/Player/pid=664.html

  • 69

    @Pietman

    Ou Dok was n rugbyprosituut! 😆

  • 70

    @Pietman – #51 Willie Katz was hoof by Langenhoven Hoërskool, soos ek onthou het Wikus lank vi rdie Bulle gespeel, toe paar jaar by leeus en toe terug Bulle toe gewees…..

  • 71

    Laat my dink aan die twee zebras wat gewonder het of hul wit zebras is met swart strepe of swart zebras met wit strepe.

    Hul gaan vra toe vir koning Leeu.

    Hy antwoord, nadat hy lank gepeins is: “julle is wat julle is”

    Daar loop die 2 zebras toe daar weg en wonder, nou wat sou dit beteken ?

    Skielik stop die een en sê: “ek weet, ons is wit zebras met swart strepe, want, as ons swart zebras was met wit strepe, sou hy gesê het: “djulle es, wat djulle es …”

  • 72

    @Tripples

    Ja, maar Wickus het Springbok geword by die lions, so hy is dan n Leeu van beroep.

  • 73

    @superBul
    Lekker site daai, thx!
    Gaan dit bere.
    Ek sien Os was NOK Cravens.

  • 74

    @Tripples
    Sien jy ken vir Henning G.
    Was Johan Fourie nie ook daar nie?
    Dan moet jy vir Pierre Taljaard (Tallies) en sy vrou Amanda (Pieters) ook ken.
    Prof Leon van Medunsa se laaitie?

  • 75

    @Pietman

    Wikus het eintlik by die Bulle in 2003 n Springbok geword na hy ingetrek is in ons squad by die s14. Maar voor dit het hy vir die Leeus gespeel. Dis hoekom ek hom as n Leeu sien.

  • 76

    Wikus van Heerden
    Full names: Johannes Lodewikus
    Date of birth: 25 Feb 1979
    Place of birth: Johannesburg, South Africa
    School: Waterkloof, Pretoria
    Debut test province: Lions
    Physical: 1.93m, 105kg
    Current age: 30

    Test summary: Tests: 14 Tries: 1
    First Test: 7 Jun 2003 Age:24 Flank against Scotland at Kingspark, Durban
    Last Test: 20 Oct 2007 Age:28 Reserve against England at Stade de France, Paris

  • 77

    @Pietman – #74 Klink bekend maar ek kan nie altyd so lekker onthou nie hehehehe Pierre klink bekend en Johan Fourie beslis!!!!

  • 78

    @superBul

    Korrek.

    Gebore in Johannesburg. Skool in Pretoria. Debuut vir Leeus. Springbok geword by Bulle in 2003. Toe kaptein van Leeus. Toe s14 en wcup medalje by Bulle in 2007.

  • 79

    @Pietman – #74

    O ja, Henning het my soutie genoem want almal het my kuk gegee want ek het van engelse laerskool gekom en duidelik met aksent gepraat hehehehe, hy en Hildegard het naderhand vir die ander matrieks gese om my uit te los, want tipies engelse kind was ek maar bekkig gewees, hehehehe gelukkig het dit nou verander 😉

  • 80

    Wie iemand is wat tans nog speel, word bepaal deur die die provinsie waar hy nou gekontrakteer is.

    Iemand wat klaar is met die spel, word bepaal deur waar hy die meeste gespeel het en naam gemaak het, bv. Uli is ‘n Bul, al het hy later gaan speel en afgetree by die Leeus.

  • 81

    @Tripples – Pierre was NTvl paalspring (klomp springers gewees daai jare onder ou Fanus!).
    Sy jonger boet Leon NTvl was Craven skole en Menlo helagter, deesdae dokter op Pietersburg.
    Pierre en Amanda is op Stilbaai, het die gastehuis daar.

  • 82

    @Supa Die Bloubul
    Check #76, Wickus se debuut provinsie as Springbok.

  • 83

    Tjorts.
    Hierdie dominee gaan nou eers bar toe.
    Sien julle na n paar biere weer.

  • 84

    @Pietman

    Stem oordie aftree. Oor jou ander punt. Ons almal stem saam dat daar waar n ou nou gekontrakteer is, is sy span. Maar dit gaan daaroor dat wanneer kan n ou claim dat n speler eintlik van sy span af kom. Bv. Kan die Leeus claim dat alhoewel Habana nou n Bul is, is hy by die Leeus gemaak? Of alhoewel JS nou n Shark is, is hy eintlik by die Bulle gemaak? My opinie. Habana het naam gemaak by die Leeus, JS by die Sharks. (Gaan oor CC debuut vir my)

  • 85

    84@Supa Die Bloubul
    84 is vir BDB bedoel, nie vir Pietman nie.

  • 86

    @Pietman
    Lui ‘n klokkie kan net nie meer die gesigte plaas nie

    @bdb – 10 000 – Stem saam BDB

    Was jy dalk die maiki wat die 10 000ste post gedoen het?

  • 87

    82@Pietman
    Ek sien. Dis omdat hy onder die Leeus gekontrakteer was en aan die Bulle “geleen” was. Jy sal sien dat Wikus het in die 2003 s12 (Feb-Mei) (net voor sy Springbok debuut (Junie) vir die Bulle gespeel!

  • 88

    86 @Tripples – Hoe het jy dit geraai ? 🙂

  • 89

    @bdb – 10 000 – Ek is eintlik erg intelligent!!!!!!

  • 90

    Maar ek dink ons moet maar n bietjie veg vir ou Habana, kan hom nie sommer so laat gaan na Soddom en Gomora nie. Die man het 3 driee vir ons in S14 finale gedruk. Komaan ek dink daar moet bietjie geluide gemaak word by die Bulle.

Users Online

Total 19 users including 0 member, 19 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm