Met die WP en Rassie Erasmus se agresiewe aanslag om senior spelers te bekom, ontstaan die emosionele vraag onder ondersteuners weereens oor watter provinsie status van ‘n speler aan homself kan toereken. Is Brian Habana werkilik ‘n Blou Bul? Is broers Du Plessis werklik Sharks?

Waar eindig al die WP en OVS juniors? Antwoord is daar waar die meeste geld is, en waar hy kontrak teken. Solank die koppies huis toe kom word daar nie gevra waar die speler ge-groom is nie, en ek bedoel skoolvlak. Dit is tog duidelik dat OVS en WP die teelgrond is vir meesste senior spelers, die junior resultate wys dit tog. Wat is dus die verskil tussen ‘n junior speler koop en ‘n senior speler koop? Antwoord is eenvoudig. Emosies. Senior spelers is in die nuus en op TV, junior spelers nie. Senior spelers bring die groot koppies huis toe, en nie juniors nie. Sal dus altyd seermaak as ‘n senior speler vlae ruil. Feit is egter dat dit ‘n professionele era is en spelers sal van provinsies verruil, hoe seer dit ookal maak.

Wie het claim tot ‘n speler se provinsiale status? Is dit die provinsie waar hy skool gegaan het, of die provinsie wat die speler in die senior liga ingetooi het? Seker daar sal net soveel opinies wees, soos wat daar spelers is. Die feit is egter dat die speler se status bepaal word deur sy kontrak. Populêr word die provinsies teen mekaar opgeweeg onder die ondersteuners, maar die realitiet is dat die Franchises die meeste blaam of kerdiet moet kry vir resultate. Die Bulle en ook Sharks franchises is die voorlopers in speler administrasie, terwyl die res catch-up bestuur toepas.

Die feit dat Rassie Erasmus op ‘n koop veldtog is, is ‘n bewys dat WP nie strukture in plek het om junior spelers te behou nie. Miskien ‘n erkentenis dat hy gevaal het in sy ontwikkelings plan?

Britse sokker is die voorloper in speler administrasie in ‘n span verbande sport. Spelers verander kleure gereeld. Die Britse sokker ondersteuner se fokus is lank nie meer op die individuele speler nie, maar op die span kleure, en uiteindelike sukses.

In Suid Afrika sal die debat egter steeds heftig voort duur.

104 Responses to Is Habana werklik ‘n Bul?

  • 1

    Emosionele Janne!!!

  • 2

    ..of laat ek eerder sê ..familie janne!!

  • 3

    Goeie een Isi…….baie baie waar.

  • 4

    Ek sê dis waar die ou die eerste keer rugby gesien het…waarskynlik op tv. Sooo….90% van die spelers vandag is eintlik maar Leeus. TV was eerste hier. :mrgreen:

  • 5

    @K9-MonsterLeeu – Ja ek stem heeltemaal saam!!!!

  • 6

    Goeie artikel.

    Ek het dieselfde vraag al jare terug keo gevra toe die WP ondersteuners so aangehou se het al die Bulle se spelers kom van die Kaap.
    Waaarna kyk jy? Kyk jy na sy geboortedorp? Sy skoolprovinsie? Sy junior intreevlak?
    Ek persoonlik kyk na waar n ou die eerste keer sy buiging op CC of s14 vlak gemaak het. Bv Des Fountain pla my niks. Hyt nooit vir die Bulle in die CC of s14 gespeel nie. MAar Habana se vertrek soontoe sal my weer sleg wees vir my.
    Maar dis net ek. Spelers gaan skuif, dis n profesionele era.
    Ek weet Rassie het baie respek verloor met die dat hy al 17 spelers gekoop het en nog n klomp nie gekry het nie. En hy plaas hom in n verloor-verloor sitausie. Wen hy uiteindelik n trofee in die Kaap, gaan almal se, dis omdat hy al die opposisie se top spelers gekoop het. Wen hy nie, gaa almal se hy koop top spelers en kan nogsteeds niks wen nie.
    Dit gaan seker maar oor n balans, maar wie weet waar is die lyn?

  • 7

    Ek sê dit is waar die ou die eerste keer raak gesien word……en verteenwoordigende rugby speel. Op watter vlak ook al.

  • 8

    As ‘n speler in Marais Viljoen nie Cravenweek speel nie en hy gaan swot op tukkies en word daar raakgesien dan is dit sy provinsie.

  • 9

    In sokker is daar meer unies met geld egter. As SA regtig daai pad stap dink ek net die Bulle, Sharks en WP sal kan kompeteer. Die klein unies het verseker nie die geld nie. Cheetahs ook nie. Leeus het dalk op n tyd gehad, maar nie meer nie.

  • 10

    @K9-MonsterLeeu – Seker so, maar is Craven Week nie verteenwoordig genoeg nie? Agente is skrkkerig om spelers onder o/18 te nader. Craven week is ook die toernooi waar mens werklik kan sien hoe ‘n laaitie vaar teen ander ouens.

  • 11

    @K9-MonsterLeeu

    So as n ou 0/13 vir die Sharks Craven week speel en st 6 trek sy ouers Kaap toe en hy speel van 0/14 in die Kaap vir WP, is hy n Shark eendag as die Stormers hom kies?

  • 12

    @Supa Die Bloubul – Dis hoekom ek sê Cravenweek, want daar is nog nie geld by betrokke nie. “n speler wat vir griekwas, of grens of SWD speel het net soveel kans om senior te draai as in ander spanne.

  • 13

    @isigidi

    Soos ek se. Ek vat hom as hy CC of S!4 speel. n outjie soos Francois Hougaardt of selfs Derick hougaard sien ek as oorsronklike bulle. Hulle het van 0/19 en 0/21 vir ons gespeel en nou die natuurlike volgende vlak gevat na CC en dan s14.

    Maar dis seker debateerbaar. Ek meet hom maar aan CC en s14 debuut.

  • 14

    @isigidi – nee maar dis wat ek sê. As jy ‘n provinsie op Cravenweek verteenwoordig het beteken dit jou rugby het in daai provinsie so ontwikkel dat jy op daai vlak kan speel EN daai provinsie het jou op die voorgrond gesit. As ‘n provinsie dan ‘n speler ignoreer agv die voorkeur aan sekere skole……en hy speel dan die eerste keer verteenwoordigende rugby by ‘n ander provinsie….fark die provinsie dan wat hom geignoreer het en nie sy talent kon raaksien nie.

  • 15

    @Supa Die Bloubul – Senior Cravenweek Supa. Junior beteken niks.

  • 16

    @Supa Die Bloubul – geez man….hoeveel ouens doen dit?

  • 17

    @isigidi – presies….senior Cravenweek.

  • 18

    Ek het n lang storie op die ander garing gepost, oor gebrekkige onwikkeling in die Kaap.
    WPRU het die meeste geregisteerde klubs van alle unies, maar hulle doen bokkerol om talent te ontwikkel.
    Ek het juis gehoop Loosehead kan my se waar die WPRU se akademie is, maar hy het nog nie geantwoord nie.

  • 19

    @isigidi – junior gaan oor die oukie wat ligaamlik die vinnigste ontwikkel in 90% van die gevalle.

  • 20

    @Supa Die Bloubul – 6, jy slaan die pyker op die kop oor Rassie. Hy het wat my betref klaar gefaal. Hy het hoog en laag belowe hy sal by die klubs(WP) gaan talent soek, en ek glo hy het gekry, maar hy bestuur sy fondse nie reg nie. Hy betaal daai jonges bykans niks , so moet ek maar vermoed , want die oomblik dat die Bulle scouts n aanbod maak waai hulle.

    Die hele onsekerheid wat hy skep vir daai jong spelers maak dit ook maklik vir die ander Unies om hulle op te raap. Kyk al daai ou manne wat glo vir ondervinding aangekoop is het meer skade as goed gedoen.

    Kyk wat is sy rede dat Chris Jack nie Saterdag uitdraf nie, dis belaglik om so iets te se, is sy ervaring nou nie meer goed genoeg vir die Leeus game nie?

  • 21

    @isigidi

    Ek vat n ou soos Wynand. Hy is van Welkom maar het St8 affies toe gegaan en Craven week gespeel en toe 0/19 en toe 0/21 en toe seniors. Ek sal nooit se die Bulle het hom gekoop by die Griffons nie.
    Matfield het Griekwas eers gespeel, en selfs n slag Cats.So hy is nie oorspronklik n Bul nie.
    Maar dit skep weer n ander vraag. Die kleiner unies is eintlik net “feeder unies”. Tel hulle as “koop”? Ek is seker heelwat WP spelers kom uit die Boland uit.

  • 22

    @Supa Die Bloubul – bedoel nie as ‘n 5 jarige in die Marie biscuit toernooi vir die bulletjies tussen die kwartlyn en doellyn speel nie 😉

  • 23

    @Supa Die Bloubul

    Ek stem, daar waar n man sy senior debuut maak op provinsiale vlak, dis sy unie.
    So kan mens bv nie redenaar dat JP Nel of heinie by Boland ontwikkel het nie, al het hulle daar Cravens gespeel.
    Vat jou strooijonker Ex-Player as voorbeeld, hy het Boland Cravens gespeel, maar f@kkol verder ontwikkel behalwe in die klubhuis 🙂

  • 24

    @Supa Die Bloubul – Ek dink daar moet onderskeiding gemaak word met talent. Ja dit is so dat alle spelers aanhou ontwikkel, selfs tot in hul laat 20’s.
    “n Speler met talent word reeds op skoolvlak ge-groom. Vraag is egter steeds, sou WP Hougaard ook ontwikkel het tot wat hy bereik het? Ek is nie so seker, daarom dink ek daar is meriete in jou redenasie.

  • 25

    16@K9-MonsterLeeu

    Ek is seker dit gebeur gereeld. Kyk vir Wynand. Dit gaan nie oor die aantal gevalle nie, dit gaan oor die beginsel. Ek gaan nie n ou n Shark noem as hy 0/13 vir die Sharks gespeel het en die res van sy loopbaan by die WP nie.
    Maar dis presies waar die debat inkom.

  • 26

    @Supa Die Bloubul
    John Smit is n ander voorbeeld.

  • 27

    Dis die provinsie wat die ou op die voorgrond sit van o/18 af.

  • 28

    @Pietman

    Presies Pieta.

  • 29

    @Pietman
    Weer korrek. Ek sien JS nie as n Bul nie. Al het hy hier op skoolvlak gespeel en Craven week gespeel. Gaan se vir enige Sharks supporter JS is n Bul – en hy sal jou uitlag!

  • 30

    Mens kan hierdie van enige kant af redeneer. Kies ‘n kant wat jou provinsie laat goed lyk.

Users Online

Total 33 users including 0 member, 33 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm