Die 0.21-Leeus se wedstryd teen Boland moes gekanselleer word nadat vier rugbyspelers met die dodelike H1N1-virus gediagnoseer is.

Beeld het Vrydag berig dat dié nasionale 0.21-toernooi-wedstryd Vrydag in Wellington sou plaasvind.

Elton Jantjies, Jaco Kriel, Ashley Kohler en Chuma Faas is met die H1N1-virus gediagnoseer en nóg 22 spelers in die 0.19- en 0.21-spanne is siek.

“Dit is te vroeg om te sê hoeveel spelers die H1N1-virus het,” het Timmy Goodwin, afrigter, gesê.

Intussen is ‘n jaarlikse sportsdag tussen die Grey-kollege en die Hoër Seunskool Pretoria ook gekanselleer nadat 250 leerders aan die Grey-kollege Donderdag afwesig was.

“Daar is ‘n aantal leerders met griepsimptome of verkoue. Ons wil nie hê die leerders moet saam in ‘n trein na Pretoria reis en mekaar aansteek nie,” het Johan Volsteedt, Grey-kollege se hoof, gesê.

Cheetahs-afrigter Naka Drotske en die rugbyspeler Louis Strydom is ook siek.

Ses spelers van Vrystaat se 0.19-span is weens griep aan die wedstryd teen die Griffons in Bloemfontein onttrek.

Beeld berig dat talle skole in Pretoria-Noord bevestigde gevalle van die H1N1-virus het.

Vier van dié gevalle is by die Hoërskool Wonderboom, een by die Hoërskool Montana en 12 studente aan die Universiteit van Pretoria is met dié virus gediagnoseer.

87 Responses to H1N1-Virus tref rugby

  • 1

    Arme Vark Janne…….

  • 2

    Ek het gister vir Bonzai Isigidi ook uit skool gehaal in Stellenbosch.
    Bloemhof het 14 gevalle van varkgriep net op hulle eie en skool is gesluit tot 11 Augustus.

  • 3

    Dit raak nou meer en meer van ‘n krisis jong, my vriendin hier by die werk is ook al van Saterdag af in isolasie, sy het varkgriep nou weet ons nie maar het nog niemand anders siek geword nie

  • 4

    Julle is darem n sieklike spul varke daar in SA….

  • 5

    4 – Pieta,

    Hello ouboetie

  • 6

    Hier in Brakkenjanpan gee ONS die varke Mensgriep…….. dan kakkkkkkkk hulle af !

  • 7

    #6 Het gehoor die oorsprong van varkgriep was nie in mexico nie……maar die PAN!!!!!

  • 8

    5# Kom nou net terug van die erf af, lekker nat gereen terwyl ek en die vrou n hoenderpotjie langs die rivier gemaak het….moosa romanties gewees.

  • 9

    7 – EEE,

    Ons is uitsonderlik hier jong…. ons praat tot selfs ons eie Taal hier…. JanPanees !!

  • 10

    #8 Hierdie is die goed wat goeie memories maak

  • 11

    8 – Pieta,

    Lekker man…. ek is effe de moer in vir my wederhalfte…. gaan gisteraand vroeg kamer toe en alles… dog ek kan bietjie romanties wees……. oi, hoe verkeerd was ek nie….

  • 12

    #9 Ooooo het gedod dis spanner taal- jy weet shiftings en so aan 😆

  • 13

    #12 gedod=gedog aai toggie

  • 14

    Ek sien ‘Oasis’ (Sarah Boomgaart se pa se mpy, SpringbokSarah op Keo) het sy borgskap aan SK Walmer( Lukas Kotze se klub in die Kaap) onttrek na die troue…..
    Daar is onmin in die kamp.

  • 15

    #11 laat dit vir jou ‘n les wees!!!!! Sorg dat jy al die aande vroeg in die bed kom, nie net nou en dan wanneer jy ‘romanties’ soos jy dit noem wil wees nie … hehehehehe

  • 16

    9 AfriJaans

  • 17

    #14 Is Sarah familie van die kotsende man? ek weet sy is mal oor hom

  • 18

    12 — EEE,

    Nee, hier leer die kleintjies eers spanners hanteer en ‘n enjin volledig overhaul voor hulle mag klei speel en leer tel en skryf.

    Die vereiste vir skoolgereedheid hier is om ‘n Ford se enjin te kan uithaal en weer terugsit in onder 4 ure….

  • 19

    #`8 😆 shame man……amper soos in Dans waar jy wil?

  • 20

    16 – BDB,

    Etzakkerly !

  • 21

    10# Moet jou se, ek het bietjie draai-draai terug gekom deur die berg, reen erg hier oppie dorp, en ek het n bietjie kwaai gevat daar onder die boom…..maar ek is darem hier voordat die blou ligte kon begin draai…. ok maar net.

  • 22

    15 – EEE,

    Vanaand gooi ek haar ‘n koue skouer….

  • 23

    17# Haar pa en Cheeky is previously disadvantaged gatgabba miljoeners…

  • 24

    #14 Pietman , Oasis behoort aan die drie Ebrahim’s?

  • 25

    #22 As ‘n verandering? dis nou nie soos al die ander aande wat jy laaaaaaaat of glad nie bed toe gaan nie? Wil ook sien hoe hou jy by jou koue skouer as mammie is vir jou met daai kyk loer hehehehehehe…..julle het GEEN weerstand daarteen nie

  • 26

    25 – EEE,

    Nee, ek sê jou, my kop gaan seer wees…. en alles !

    Ek sal maar flessie vat met die rugby games van 15:00 af vandag….

    Hehehe

  • 27

    #23 Oooo so haar pa was ook kamstig previously disadvantaged, is hulle ook geherklassifiseer as swart? 😆

  • 28

    Sien nêrens op web dat genl de Waal beseer is, en korporaal Grant losskakel gaan speel nie. Is dit ‘n ‘friday funny’ gewees ?

  • 29

    #26 hehehehe sal iets moet doen!!!!

  • 30

    24# Weet nie aan wie dit behoort nie, weet nie Sarah se pa is een of ander ‘nek’ daar.
    Hy opereer in Dubai meesal.

Users Online

Total 61 users including 0 member, 61 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm