(Apologies for being in Afrikaans but english link for this article gives an error…)

STEPHEN NELL
Kaapstad

Gio Aplon sê hy is vir eers klaar met sewesrugby en wil hom weer op die vyftienman-kode toespits.

Dié Springbok-sewesster is die afgelope paar weke een van die Westelike Provinsie se uitblinkers in die Curriebeker-reeks en dra Saterdag op Nuweland weer die nommer 11-trui in die kragmeting met die Leeus.

Aplon kan straks in die tweede helfte heelagter toe geskuif word. Hy hoop steeds hy kan hom op lang termyn daar vestig. “Ek verkies dit om heelagter te speel, maar geniet dit ook om soos nou in twee posisies aangewend te word. Ek verkies heelagter, maar is ook op vleuel gelukkig.

“Dit het goed in sewesrugby gegaan, maar ek wil my nou op die vyftienman-spel toespits en graag die Curriebeker saam met die WP verower.”

Die 26-jarige Aplon het vanjaar se Super14-reeks misgeloop om hom op sewesrugby toe te spits, maar hoop om homself aanstaande jaar teen die Suidelike Halfrond se bestes te meet.

“Ná verlede jaar was dit nie langer vir my ’n begeerte om in die Super14-reeks te speel nie. Maar noudat ek goed speel en my rugby geniet, sien ek weer vir die uitdaging van Curriebeker- en Super14-rugby kans,” sê hy.

“Toe ek in 2007 met Super-rugby begin het, was ek nie die volwasse speler wat ek nou is nie. Ek wou net met die bal hardloop, maar weet nou ook wanneer daar geskop moet word.”

Aplon glo nie die feit dat hy klein is behoort noodwendig op Super14-vlak in sy pad te staan nie. “Kyk maar na Matt Giteau, Shane Williams en Christian Cullen. Al drie het spesiale vaardighede, maar staan steeds hul man op die verdediging.”

“Die mening bestaan dat daar bo-oor ’n kleiner speler gehardloop kan word, maar dis waar jy jouself moet laat geld. Jy moet jou gewig reg gebruik en dieselfde werk as ’n groot speler verrig.”

Daar kan nog vrae oor Aplon se doeltreffendheid op Super14-vlak bestaan, maar daar is geen twyfel nie oor sy vermoë om die pyp op Curriebeker-vlak te rook.

Sy swenklopies kan die WP help om Saterdag deur die Leeus se verdedigingslinie te breek.

“Ons moet net die regte besluite neem oor wanneer om te skop en wanneer om te hardloop,” sê Aplon. “As ons teen ’n opskietverdediging te staan kom, sal ons dalk met meer diepte moet speel. Ons sal maar sien hoe die wedstryd ontwikkel. Hopelik is ons besluitneming in die kol.”

Intussen het Suid-Afrika se sewesbreier, Paul Treu, onderneem om Aplon se toekoms met dié speler en die WP se senior afrigter, Rassie Erasmus, te bespreek.

“Dit sal teleurstellend wees as ek nie langer oor Gio se dienste beskik nie, maar ek sal nooit in ’n speler se pad staan nie,” sê Treu. “Gio was vir ons ’n staatmaker en jy vervang nie maklik spelers van sulke gehalte nie. Ek moet betyds weet wat sy planne is sodat ek na ander talent kan soek. Ek sal met Rassie ’n afspraak reël. Ek glo Gio sal die mas op Super14-vlak opkom as hy ’n regverdige kans kry.”

117 Responses to Gio wil nou net 15-man speel

  • 31

    @SA Barbarians – wat beteken salutation? Dan sal ek jou sê 🙄

  • 32

    @Snoek – met klem op die woord sluip hehehehehehe

    More SAB

  • 33

    @K9-MonsterLeeu – Eish… talking about a brewery this early in the morning, is like eating tripe for breakfast – kots ek nou in my eie mond… 🙂

  • 34

    @Tripples – More Tripples

  • 35

    @Pietman – Expecting good things at the Coke Can from now on.

    Good RUGBY people on the Exco’ with a passion for both the Lions and the game in general.

    Kevin knows that the only decent Rugby marketing tool is a winning team.

    IMO the stadium is a s good as any around now, with lots of open spaces and parking.

    Now we just need to get some TOP CLASS players in key positions, and we may be competetive in a year or two.

    All takes money though.

  • 36

    @Snoek – so nou en dan dan swem daar enetjie hier rond.

  • 37

    24@SA Barbarians
    Se sommer maar net “Dag Baas” vir die BULLE 😆

  • 38

    @K9-MonsterLeeu – 31
    Dis nie daai vlieë wegwaai move wat jy in die army gemaak het nie hehehe

  • 39

    @SA Barbarians – haha…hulle het dit vir MY gemaak 🙂

  • 40

    @Cosa – 🙂 Ons in die Kaap praat nie af op ander nie. Ons sal nie spot met julle nie 🙂

  • 41

    BTW……Aplon het so een goeie run per wedstryd. Dis die somtotaal van sy bydrae. Dit laat hom goed lyk in ‘n gemiddelde span.

  • 42

    Canine

    Hoekom is jy so afgepis met die BULLE? Een van die dae gaan jou span ook klubrugby in die Carltonliga speel!

  • 43

    @K9-MonsterLeeu – 39

    Slapgatste salute wat ek ooit gesien het was Frik du Preez s’n toe hy nog ‘n vlugsersant by 10 lugdepot was

  • 44

    @SA Barbarians – gedog salutation is wat salusa45 daar ini kaap genoem word. 🙂

  • 45

    @Cosa – ek terg maar net…en help om die hits hier op te kry. Vra maar die bulle wat my ken. Maar in elk geval. Ek like nie die bulle nie 😉

  • 46

    @SA Barbarians – ja maar niemand het geworry nie.

  • 47

    K9

    ‘n Saluut is ‘n groet. Die militere salueer (vliee wegwaai) is maar net ‘n geformaliseerde groet. Biertuin se “salutation” is net ‘n afleiding van die stamwoord, waarin hy aan jou vra wat jy dink van sy “Good morning Ladies, Gents, and Bulls fans”.

    Wys net, Koos was verkeerd in sy post 13. 🙂

  • 48

    @Cosa – hehehehe. Plaas ek ook gaan google het 😆

  • 49

    @K9-MonsterLeeu

    Ek steek ook maar die slang met ‘n stok. Ek het baie jare gelede in JHB ge-article en op RAU aandklasse geloop. Daar het my stryd met manne van Quins Pies begin!

    Dis maar net goedig!

  • 50

    @Cosa – Hahahahahahahahaha
    hulle het ook geen respek nie!!!!!

  • 51

    More More More

  • 52

    @K9-MonsterLeeu – 45
    Is dit nie vreeslik hoe die Bulle hulle CV’s deesdae die hele wereld rondstuur nie? Rassie, sit met sy hande in sy hare – het nie meer genoeg liaseer fasiliteite nie.

    Sy standaard reaksie is nou “don’t call me, I’ll call you when I need your services”

    Het julle dieselfde probleem daar by julle?

  • 53

    @Cosa – Ek het in Pta geswot en gearticle….daar het my stryd met die Tripples van die wêreld begin.

  • 54

    @WilladieLeeu – Uiteindelik!!!! Daarsy!! Nou kort ons nog 8 bulle hier hahaha

  • 55

    @K9-MonsterLeeu

    Ons is stadig besig om die wereld oor te neem.

  • 56

    @SA Barbarians – Ja man. Maar kevin het hulle gewaarsku dat die volgende een wat ‘n CV stuur m@er hy persoonlik. En hy is groter as enige bul. Blykbaar het die CVs nou opgedroog.

  • 57

    @WilladieLeeu – Ja. Kyk bietjie…noudat ons 2 is is almal weg.

  • 58

    @K9-MonsterLeeu

    Ergste van alles, ons was TRU se ouditeure, en ons klerke het Saterdae by die hekke gewerk. Ek het altyd die hek daar by Quinns Pies gekry. Die manne wat in Doornfontein gebly het, het daar ingekom.

    Moet se, TRU was ons klerke se redding. Ons het R60 gekry vir die dag, maar ons het na die hoofwedstryd geld getel tot 23H00 in die aand. ‘n Klerk se salaris was daai tyd R180 pm.

    Die destydste president (die een voor Luyt) is vandag nog ‘n klient van my!

  • 59

    Helloooooooooo

    Nou’s hier weer genoeg Bulle met my besonderse toetrede !

    (Nota aan myself… moenie nog forken Leeus APPROVE as bloggers hier nie !!)

  • 60

    @K9-MonsterLeeu – #53

    Bwaaahahahahaha anders sou jou lewe heel vervelig gewees het veral met hoe die copy cats deesdae feature!!!! 🙂

Users Online

Total 61 users including 0 member, 61 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm