Gerdie Karstens

Kimberley. – Die Suid-Afrikaanse skeidsregtersvereniging sal vandag ’n klag by SA Rugby indien ná ’n voorval waarin mnr. Willie Roos, die skeidsregter in die naweek se Curriebeker-wedstryd tussen Griekwas en die Blou Bulle, met drank in die gesig gegooi is.

Dié voorval het plaasgevind net enkele weke ná voorvalle van geweld in rugbyklubwedstryde in Johannesburg en die Suid-Kaap en by ’n skolewedstryd in Roodepoort.

Mnr. André Watson, Suid-Afrika se skeidsregterbaas, het gister gesê daar sal ná die drankgooi-voorval in Kimberley dringend opgetree word omdat voorvalle soos dié nadelig is vir rugby en ’n negatiewe beeld uitstraal.

Die Blou Bulle het eergister se wedstryd in die doodsnikke met 25-24 gewen en Griekwas sy eerste Curriebeker-nederlaag van die seisoen toegedien.

’n Ontstoke toeskouer was glo ongelukkig oor die twee geel kaarte wat Roos in die laaste vyf minute onderskeidelik aan Griekwas se Jonathan Mokuena (kaptein en agtsteman) en Rohan Kitshoff (flank) toegeken het.

Dié toeskouer het Roos ná die wedstryd vermoedelik met brandewyn en Coke in die gesig gegooi toe hy van die veld stap.

Die twee geel kaarte het die tuisspan, wat toe met 24-18 voorgeloop het, met net 13 spelers gelaat en die gang van die wedstryd geswaai toe die besoekers se plaasvervanger-losvoorspeler, Pedrie Wannenburg, die wendrie in dié tydperk gedruk het. Op televisie kon gehoor word hoe Roos die Griekwas-spelers verskeie kere waarsku voordat hy die geel kaarte uitgedeel het.

Die ontstoke ondersteuner wou ook op die veld storm, maar is betyds deur stadion-personeel in bedwang gebring.

Hy het daarna dadelik tussen die honderde toeskouers verdwyn.

Watson het gesê die klag word vandag by die regsdepartement van SA Rugby ingedien. “Verslae van die skeidsregter, assistent-skeidsregters en al die beamptes sal aangevra word. Die unie en die betrokke sekuriteitsmaatskappy sal ook oor die voorvalle verslae moet voorlê.

“Ons hoop om die aangeleentheid teen Donderdag afgehandel te hê.”

In Johannesburg moes ’n wedstryd tussen die rugbyklubs van Wanderers en Eldorains onlangs stopgesit word nadat van die spelers glo messe uitgepluk en hul teenstanders met die dood gedreig het.

Dit was nadat hul teenstanders glo rassistiese aanmerkings gemaak en hul kaptein bewusteloos geslaan het.

Die rugbyklub van Heidelberg in die Suid-Kaap is op sy beurt vir 15 jaar geskors nadat die klub daaraan skuldig bevind is dat sy ondersteuners verlede maand spelers van die Mosselbaai-rugbyklub aangeval het tydens ’n wedstryd tussen dié spanne.

In Roodepoort is ’n aanrandingklag teen die oud-Springbokflank Ian McDonald ingedien. Hy het glo ’n lynregter in ’n skolewedstryd met die vuiste getakel.

76 Responses to Drank in blaser se gesig gegooi

  • 1

    Dronk Jan…

  • 2

    Janee, dit gaan soms woes daar in SWD.
    Ek het onlangs n wedstryd tussen Swellendam en Caledon gekyk, en tussen die ondersteuners gesit.
    daai ouens raak woes betrokke by die spel, om van die vrouens nie eens te praat nie!
    Ek wil nie die skeidsregter wees in n wedstryd op Blanco of Saldanha nie, dis verseker.

    In vandag se ‘Beeld’ is daar n artikel oor rugby aan die O-Rand, waar die spelers met messe op die veld gegaan het!

  • 3

    2 @Pietman – Pete, jy daai video clip gesien wat voorheen hier gepos was? Die een van Mosselbaai…nie lekker om te sien nie!

  • 4

    @Koos
    Ja koos, gesien.
    Daai veld op Mosselbaai is een van die mooistes wt ek nog gesien het, ek het my verkyk aan die uitsig toe ons een keer daar gespeel het…

  • 5

    Gesien dit lyk mooi…

    Maar dit is hartseer en ‘n teken van die tye, mense voel ‘n veer vir ‘n ander en geweld word te maklik aanvaar. Ek vind dit moeilik om my sulke dinge voor te stel of myself in hulle skoene te sit, seker maar anders groot gemaak…

  • 6

    @Koos
    Ek dink drank speel ook n groot rol.
    Daai dag op Swellendam het ek en my pa in die kar langs die veld gesit, en kyk hoe die manne sommer met kanne wyn en pakke Kentucky daar onder die bome plaasneem.
    Rumoerige affere.

  • 7

    6 @Pietman – Verseker Pete, maar drank en sport kom hand aan hand vir baie jare al, dit is nie iets nuuts nie! Die geweld het ‘n ander oorsaak, ek plaas nou iets uit NZ, kyk bietjie wat gebeur by hulle en dit nogal spog skole…

  • 8

    More Piet, Koos, hoe gaan dit met julle ?

  • 9

    Piet, I’ve hiked those mountains above George and Mosselbaai stukkend, still for me the most beautiful place in the world the Garden Route.

    Koos you been down Kiama way, reminds me a bit of the Garden Route with the rocky sea, then the rolling hills full of cows then the mountains behind that.

  • 10

    Howzit Manly! Funny weekend…no rugby!!!

  • 11

    9 @Manlybok – Nope, where that?

  • 12

    Manly, I did my honeymoon duties on the garden Route…but I did not do a lot of hiking! 😯

  • 13

    Kiama is about an hour and a half south of Sydney, next to Berry, beautiful part of Oz and less frequented because there is no direct highway, most Sydney people go North.

    Ja, kak with no rugby, I was desperately watching canned Currie Cup and ANZ games.

  • 14

    Koos/Manly
    Talk to you okes later, just got back from a short vacation break, and I have a few things to kick-start over here, least of all my overdraught!

  • 15

    @Koos@Manlybok@Pietman

    Not ‘least’, should be ‘first of all….’ 🙁

  • 16

    #Koos,

    Hehe, me too, I had my honeymoon in Sedgefield, lost major points because I cut it a day short to get back for the FNB mixed side against the Boks test series.

  • 17

    A long way for me Manly…but maybe one day.

    Later Pete…hou die bankbestuurder happy.

  • 18

    @Koos

    I can’t even spell overdraft, less pay it off, how can I keep the manager happy?

  • 19

    Wear some knee pads Piet, for when you’re begging.

  • 20

    18 @Pietman – Bier op die brein?

  • 21

    Ag Koos, it’s lekker warm where you live and I’d exchange for that anytime, I hate the cold, East London had a lekker climate, not as hot as Durban but not as cold as Cape Town, you could wear your dodgy old blue PT broek most of the year.

  • 22

    Hey Piet, there’s a new draught beer here that I’m fast becoming addicted to, it’s called “Fat Yak Pale Ale “, I’m dreaming of one now.

  • 23

    Piet, I also hiked “ebb and flow”, Wilderness, near the “ou krokodils” place, I tried to out run a swarm of bees there, and I was alone.
    Once I realised they easily kept up with me and that my fleeing only made them the moer in I stopped and stood dead still, they eventually calmed down and left me save for 3 who followed me all the way for the sweat in my hat.

    Beautiful place though langs die rivier.

  • 24

    @Manlybok

    Just dive into the lagune, when that happens, and stay undwer water for three minutes or so…
    ‘Eb ‘n Flo ‘ is nice, Fairy Knowe too (island), that is where old X-kreniWP has his guest house, nice place, horse-back riding and all…

  • 25

    21 @Manlybok – Hehe I had a blue, black and white one…sort of a colour for every occassion you know! I made my wife unpick the last one for the pattern…

  • 26

    Ill remember that Piet, but also saw lots of snakes and lehhwaans along the river. Mooi Tapas plekkie on the sea in Knysna, serves beer in jugs.

    Koos, in E.L. blue PT broek was formal attire.

  • 27

    leggewaans

  • 28

    26 @Manlybok – And very nice beer it is, I spend a few hours there…

    Likkewaan?

  • 29

    I must have been drunk when I saw them Koos, hehe. What are they in English ?

  • 30

    Hello boys 😀

    What is going on here then ?

Users Online

Total 41 users including 0 member, 41 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm