SA Rugby het sy kommer uitgespreek oor díe afname wat ondervind word in die getal rugby gerigte skole, veral in die noordelike dele van die land. SA Rugby het in Kaapstad twee junior hoë prestasie groepe aangewys as deel van ‘n strategiese plan om te verseker dat belowende spelers nie uit die spel sal verdwyn nie.

Die afname in voorheen oorheersend wit skole wat nog rugby speel, word weerspieël in die o/16 en o/18 spanne wat vandag aangekondig is. Swart spelers is in die meerderheid, wat ooreenstem met die feit dat hulle tot 84% van die spelers tussen die ouderdomme van 11 en 14 verteenwoordig. Johan Prinsloo, Bestuurshoof van SA Rugby sê dat SA Rugby  geen speler verlore wil laat gaan nie. Hy sê verder dat SA Rugby wil seker maak met lang termyn versekering dat SA Rugby gesond bly en dat SA altyd verseker sal wees met ‘n plek onder die eerste twee rugby lande in die wêreld. 

Die aantal swart spelers wat SA as juniors verteenwoordig, word egter nie na die senior vlak deurgevoer nie. Prinsloo sê dat die spelers die geleentheid gegee moet word om hulself te verbeter ten alle tye en dat SA rugby dit baie ernstig sal aanspreek in die toekoms.Dit bleik egter dat die Provinsiale bonde die struikelblok is.  

Pieter Jooste, SA keurder, sê dat daar blyk ‘n blok op provinsiale vlak te wees, wat hopelik deur die jare uitgesorteer sal word. 

Die o/16 groep sal aanstaande maand ‘n spesiale oefenkamp bywoon terwyl die o/18 groep sal voorberei vir wedstryde teen Frankryk en Argentinië later vandeesmaand.

65 Responses to Afname in wit skole wat rugby speel, kommer SA Rugby

  • 31

    Ek ondersteun kwotas volkome.
    As ek ‘n bottel whisky oopmaak is 3/4 myne en 1/4 my vrou s’n.
    Wat is verkeerd daarmee?

    Wat rugby betref……. hulle moer. 15 jaar is genoeg tyd om op te vang.

  • 32

    30 Sien, toe hier net een bul opdaag, toe raak al die leeu welpies weer stil, dink ek moet my ‘nick’ maar verander na ” Daniël in die Leeukuil “

  • 33

    Hierdie blog is nou so lewendig soos ‘n bokke agterlyn beweging deesdae. zzzzzzz

  • 34

    #32 nee man Brok

    Ek is besig hier by die werk.

  • 35

    #32
    5 teen 1 Bloubul klink omtrent reg. Gee almal ‘n kans…………

  • 36

    Gaan nou maar die bal hoog skop vir die hoek van my bed en charge….hoop iemad maak n fout dan kan ek pale toe skop. Maar ‘n drie kan ek nie druk nie. Behalwe natuurlik as die stut ‘n grubber deursit sodat die slot voor die agterspelers daar is. mmmmm

  • 37

    #36
    K9
    Beteken dit alles goodnight? 🙂

  • 38

    34 Earl, al wat jy weet van werk is maagwerk.

  • 39

    #37 ja min of meer 😆

  • 40

    #38 Brok

    As drink werk is, weet ek dit ook.

  • 41

    Is dit iets wat ek gese het…………….

  • 42

    Miskien my nuwe deoderant wat nie heel dag hou nie?
    Of meer gereeld tande borsel.

    Se maar,………………….

  • 43

    41 Bul, weet jy wanneer die BB span vir saterdag bekend gemaak word, is dit nie gewoonlik op ‘n dinsdag nie ?

  • 44

    #43 Hi bdb.

    Lang naweek so dit sal more wees.

    Glo regtig hulle gaan wen en goed ook.

  • 45

    Hi and bye, hier gaan niks aan nie, sal maar op Voldy gaan blog

  • 46

    Do we have some Night Jans here?

    Where is GBS today, seems odd he is not about!!

    Hope he has not kicked the dog again!! 😐 or that will be BIG trouble in Brakpan!

  • 47

    A note for GBS and Pietman –
    On Keo ‘Boks are playing winning rugby’ post 290 Puma says ‘Carol If you hear from GBS tell him hello from me, I do miss his posts here also Piets…

    Boerboel told Puma to e mail him and gave him his address….hopefully we will see him here soon..

    I’m not sure the penny has dropped yet!

  • 48

    Howzit PumAAAAAAAAAAAAAAAA

  • 49

    #48 Het Puma geregistreer?

  • 50

    50

  • 51

    Hope Pumas Afrikaans is better than mine!! 🙂
    GBS will be so pleased if he comes to call!!

  • 52

    Supa, Ed en ander belangstellendes,

    Sal julle ouens later sien, sukkel hier met internet en pc’s, virusse, Trojane en sulke goete.

    51# I think Puma is shy, your Afrikaans being so good and all!

  • 53

    Ek lees rustig deur hierdie artikel vanmore en is stomgeslaan oor die rigting wat die kommentaar gegaan het. As ek nou reg verstaan dan gaan die artikel eerstens oor skole wat in die “ou” dae hoofsaaklik wit was en nou n meerderheid swart leerlinge het. Dit volg dan onvermeidelik dat ander sporte soos sokker eerder beoefen sal word. Tweedens gaan dit oor die onvermoe van die stelsel om belowende swart spelers deur te trek na senior vlak toe. Nerens word daar eers geskimp dat wit kinders enigsins benadeel word nie. Wat is fout met n Springbok span, wat uit die beste spelers bestaan, en swart is? Indien ons hierteen baklei dan is ons mos nie konsekwent nie, maar rassiste? Dan is daai ander klomp op Voldy, reg met hulle “namecalling” van ons as rassiste?

  • 54

    AB 53#

    Ek dink dit is n faite accompli, dat mettertyd die oorgrote meerderheid spelers in die Springbokspan swart sal wees, gegewe die demografie in SA.
    En hulle sal die beste beskikbare spelers wees.

    Miskien is daar net te veel druk tans om dit vinnig te laat gebeur, en die probleem is die provinsies absorbeer en ontwikkel nie daai ouens nie.
    En in die townships word niks gedoen vir hulle nie.
    Hulle word direk vanaf Cravens en elders opgekoop, dis nou die mannetjies wat wel gelukkig is om Cravens haal.

    Dis soos ek die artikel lees, moontlik lees ek verkeerd.

  • 55

    53# En as dit waar is wat jy se, dat die meerderheid van leerlinge in die ‘ou’ rugbyskole nou swart is, dan hierdie n logiese gevolg van daardie situasie.
    (Ek se ‘as dit waar is’, nie omdat ek jou betwyfel nie, maar bloot omdat ek nie weet wat die swart/wit getalverspreiding deesdae in die noordelike skole is nie.)

  • 56

    #53 Ek ook Pietman, dis hoekom ek so verstom is oor die opskrif eerstens (baie misleidend) en tweedens die posts wat gemaak is wat slegs van toepassing is op die titel van die artikel. Al afleiding wat ek kan maak is dat sommige van ons comment sonder om die inhoud te lees.

    Ek is miskien bietjie sensitief maar al daai comments oor kwotas en all black Springbok span het niks met die artikel uit te waai nie maar weerspieel iets anders!

  • 57

    Howzit AB,

    Hoe gaan dit met die stoom trein, het jy nie al gavapourise, waneer laas Pilgrims toe ?

  • 58

    #55 Ek lag gister lekker toe ek in die Pretoria News n hoofopskrif oor Voortrekkerhoogte Hoerskool sien, tradisioneel n sterk rugby skool, in die ou dae, maar die artikel gaan toe oor hoe hulle die sokker liga wen. In die ou dae was daar nie eers een sokker speler in daai skool nie! LOL

  • 59

    #57 Yes Manly, nee stoom nog voort! Gaan weer bietjie die 21e! Hoe lyk dinge daar?

  • 60

    AB, hou nie van winter nie, en die plek het n Kaapse winter, ek ry my mountain bike en kayak die Sydney hawe vol.

    Ek sien uit na die rugby hier, al my maats hier is Aussies, so 30 van ons wat van die see hou, so ons moet hier wen dat ek hulle lekker kan opwind.

Users Online

Total 32 users including 0 member, 32 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm