(Apologies for being in Afrikaans but english link for this article gives an error…)

STEPHEN NELL
Kaapstad

Gio Aplon sê hy is vir eers klaar met sewesrugby en wil hom weer op die vyftienman-kode toespits.

Dié Springbok-sewesster is die afgelope paar weke een van die Westelike Provinsie se uitblinkers in die Curriebeker-reeks en dra Saterdag op Nuweland weer die nommer 11-trui in die kragmeting met die Leeus.

Aplon kan straks in die tweede helfte heelagter toe geskuif word. Hy hoop steeds hy kan hom op lang termyn daar vestig. “Ek verkies dit om heelagter te speel, maar geniet dit ook om soos nou in twee posisies aangewend te word. Ek verkies heelagter, maar is ook op vleuel gelukkig.

“Dit het goed in sewesrugby gegaan, maar ek wil my nou op die vyftienman-spel toespits en graag die Curriebeker saam met die WP verower.”

Die 26-jarige Aplon het vanjaar se Super14-reeks misgeloop om hom op sewesrugby toe te spits, maar hoop om homself aanstaande jaar teen die Suidelike Halfrond se bestes te meet.

“Ná verlede jaar was dit nie langer vir my ’n begeerte om in die Super14-reeks te speel nie. Maar noudat ek goed speel en my rugby geniet, sien ek weer vir die uitdaging van Curriebeker- en Super14-rugby kans,” sê hy.

“Toe ek in 2007 met Super-rugby begin het, was ek nie die volwasse speler wat ek nou is nie. Ek wou net met die bal hardloop, maar weet nou ook wanneer daar geskop moet word.”

Aplon glo nie die feit dat hy klein is behoort noodwendig op Super14-vlak in sy pad te staan nie. “Kyk maar na Matt Giteau, Shane Williams en Christian Cullen. Al drie het spesiale vaardighede, maar staan steeds hul man op die verdediging.”

“Die mening bestaan dat daar bo-oor ’n kleiner speler gehardloop kan word, maar dis waar jy jouself moet laat geld. Jy moet jou gewig reg gebruik en dieselfde werk as ’n groot speler verrig.”

Daar kan nog vrae oor Aplon se doeltreffendheid op Super14-vlak bestaan, maar daar is geen twyfel nie oor sy vermoë om die pyp op Curriebeker-vlak te rook.

Sy swenklopies kan die WP help om Saterdag deur die Leeus se verdedigingslinie te breek.

“Ons moet net die regte besluite neem oor wanneer om te skop en wanneer om te hardloop,” sê Aplon. “As ons teen ’n opskietverdediging te staan kom, sal ons dalk met meer diepte moet speel. Ons sal maar sien hoe die wedstryd ontwikkel. Hopelik is ons besluitneming in die kol.”

Intussen het Suid-Afrika se sewesbreier, Paul Treu, onderneem om Aplon se toekoms met dié speler en die WP se senior afrigter, Rassie Erasmus, te bespreek.

“Dit sal teleurstellend wees as ek nie langer oor Gio se dienste beskik nie, maar ek sal nooit in ’n speler se pad staan nie,” sê Treu. “Gio was vir ons ’n staatmaker en jy vervang nie maklik spelers van sulke gehalte nie. Ek moet betyds weet wat sy planne is sodat ek na ander talent kan soek. Ek sal met Rassie ’n afspraak reël. Ek glo Gio sal die mas op Super14-vlak opkom as hy ’n regverdige kans kry.”

117 Responses to Gio wil nou net 15-man speel

  • 91

    @Tripples – 85

    NOU praat jy!!!!!

  • 92

    Cheetahs met 25
    Bulle met 45
    Sharks met 10
    Wp met 6

    Weet nog nie so mooi oor die Aus/NZ game nie.

  • 93

    @SA Barbarians – Dink sy praat van borders op papier hehehehe weet okkie so mooi nie

  • 94

    @SA Barbarians – I was trying to say ‘margin’ Bwahahahah

  • 95

    @Pietman – #90

    Bwaaaaahahahaha ek is alklaar daar behalwe dat ek ook goed vandie ou dae nie kan onthou nie 😆

  • 96

    @Tripples – Hi tipples, nice to meet you! 🙂
    Doen jy soos my taal vandag?

  • 97

    @carol – Ok now I get it, margin…border is kantlyn op papier….3 words not one hehehehe

  • 98

    @SA Barbarians
    Le Roux.

    Die Johan Claassen wat julle van praat, was deur Volkskas aangestel om Bernardus van der Spuy opte volg. Hy was Volkskas se rekeningbestuurder vir TRU. Die stadion is toe na ‘n aparte maatskappy oorgeplaas, en Volkskas het aandele gevat om sy belange te beskerm. Dit was in daardie maatskappy wat die Johan Claassen wat julle van praat, CEO van was.

  • 99

    @Pietman

    Dit was een van vele, maar dit was die een wat hom gesink het.

  • 100

    @WilladieLeeu – #92

    Hmmmm

    EK het gese:

    Bulls by 98 (hehehehe)
    Cheetahs by 20
    Sharks by 5
    WP by 9

    Dink die AB’s gaan met 5 wen…

  • 101

    @Pietman – Morning Piet, what time of day is this for you? You are often slipping for for a beer when we are ages away from ‘Beer O’ clock’….I get quite envious!! 🙂

  • 102

    @carol – #96 Tripples = EEE hehehehehe

  • 103

    @carol – That margin you want is between 30-80 depending on weather, hope i helped .

  • 104

    @carol
    Hello Karlien.
    Another hour or so, and I am done at the office!
    5:30 pm over here.
    Howzit btw?

  • 105

    Here, moet ek gee op die taal dinge??? 🙁

    Ek is hopeloos !!

  • 106

    @superBul – Ouch, who would be a Cavalier!! I would not want to pull my boots on…..

  • 107

    @carol – 105

    You are doing fine!!! Fast learner!!

  • 108

    @carol – #105 You are doing fine!!!! Dont worry….

  • 109

    @Pietman – Getting close to ‘Beer O’ clock’…..Don’t stay in the office too long, you only live once!

    Just writing my HUGE to do list….and am going to start NOW!!!

    Carol – walk away from the keyboard,…….very slowly………don’t look back…….

    Till later Piet and chaps.

  • 110

    My tills have gone quiet – better go and see what the problem is. See you later

  • 111

    @carol

    Hi Carol, I salute you for using the Sweetest Tongue!

    A funny story about Afrikaans:

    We always go to Keurboomstrand, a little place close to Plettenburg Bay,for December Holidays. Keurboomstrand is half Knysna forest and half beach. Every year on Christmas day, they have a church sermon, under the huge yellowwood trees, by the holiday goers. Normally the service is undertaken by Dr. Louw Alberts, he used to be the Director General of Mineral and Energy Affairs, but is an acknowledged lay preacher.

    His sermon is exactly the same every year.

    He usually starts off by welcoming everybody, also people visiting from other countries. He then apologises for doing the sermon in Afrikaans, then urges the foreign people to please start learning to speak Afrikaans, because that is the official language in heaven.

    It is actually meant as a joke.

  • 112

    @SA Barbarians – hehehehe ons tweetjies is eweoulik al is jy ‘n problems supporter en ek ‘n bul hehehehehehe

  • 113

    @carol – 🙂 snap

  • 114

    @Tripples

    Ek is in my moer in met Superbru CC, maar voor in al 3 my pools met die 3 nasies. So, ek gan maar vesrigtig wees voor ek pick. Maar het so n gevoel oor die AB’s.

  • 115

    @Tripples – hehehe dit moet hierdie vriendelike site wees wat ons so oulik maak 🙂

    Tot later..

  • 116

    @WilladieLeeu – my curry cup is pathetic op superbru en dis die copy cats se skuld!!!!! homegames wat verloor is hehehehehehehe

    Tri Nations is ek ook bo op ons log so nou ja…..maar dink regtig die all blacks gaan ‘n moerse game hê Saterdag…..

  • 117

    @carol – a handy World clock i found on the internet, you can customize it , think up to 20 cities of your choice.

    http://www.timeanddate.com/worldclock/personal.html

Users Online

Total 60 users including 0 member, 60 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm