Free State CheetahsDie Toyota Vrystaat Cheetahs sê op Saterdag 19 Oktober die Sharks die stryd aan vir ‘n plek in die finaal van die 2013 Absa Curriebeker.  Die wedstryd skop om 17:00 in Durban af.

Rayno Benjamin word vervang deur Riaan Smit, met Ryno Benjamin wat afskuiwe na die plaasvervangersbank.

Elgar Watts begin as losskakel maar Johan Goosen is op die bank en vroeë aanduidings is dat Johan Goosen vir die hele 2de halfte sal diens doen.

Beide die Vrystaat Cheetahs en Die Sharks speel al hul beskikbare Springbokke en ‘n hewige stryd word in Durban verwag.

  • Dit is die 19de keer dat die Vrystaat sedert 1954 in ‘n Curriebeker-halfeindstryd speel. Hiervan was die Cheetahs in 8 baas, terwyl 10 verloor is.
  • Dit is die negende keer sedert 1984 dat die Vrystaat en Natal in ‘n halfeindstryd betrokke is. Van die vorige 8 halfeindstryde tussen die twee spanne, het die Toyota Vrystaat Cheetahs 3 gewen en die Haaie 5.
  • Uitslae van vorige halfeindstryde tussen die Haaie en die Toyota Vrystaat Cheetahs is: 1984 – KZN 26-15; 1996 – KZN 35-20; 1997 – VS 40-22; 1999 – KZN 45-8; 2000 – KZN 29-15; 2006 – VS 30-14; 2009 – VS 23-21; 2011 – KZN 20-13.

 

Vrystaat Cheetahs: 15 Hennie Daniller, 14 Riaan Smit, 13 Johann Sadie, 12 Robert Ebersohn, 11 Raymond Rhule, 10 Elgar Watts, 9 Sarel Pretorius, 8 Philip van der Walt, 7 Pieter Labuschagne, 6 Boom Prinsloo, 5 Lodewyk De Jager, 4 Francois Uys, 3 Trevor Nyakane, 2 Adriaan Strauss (Kaptein), 1 Coenie Oosthuizen.
Plaasvervangers: 16 Hercu Liebenberg, 17 Schalk van der Merwe, 18 Teboho Mohoje, 19 Freddy Ngoza, 20 Piet van Zyl, 21 Johan Goosen, 22 Ryno Benjamin.

 

Datum: Saterdag 19 October 2013
Plek: Kings Park, Durban
Afskop: 17:00 SA Time (15:00 GMT)
Skeidsregter: Marius van der Westhuizen
Assistent Skeidsregters: Rasta Rasivhenge, Cobus Wessels
TWB: Deon van Blommestein

5 Responses to Currie Cup: Vrystaat Cheetahs se span aangekondig om in die Haaitenk te swem (Gewysig)

  • 1

    Cheetahs lyk soos ‘n baie meer geballenseerde span. Die enigste swak punt in daai agterlyn is Hennie Daniler, en dit se baie, want hy self is nie te swak nie.

    Gaan maar sukkel teen PS du Toit in die lynstane, maar skrums moet in die Staters se guns tel.

    Uit die twee wedstryde van die naweek het die een die meeste potensiaal om ‘n upset te lewer.

  • 2

    Die Cheetahs kan verseker verras, hulle senters het mos gewys hulle is beter as die 2 BUL Bokke. Hoop Robert het weer ‘n blinder dat HM wakker skrik en hom kies vir die toer. Goosen kan dalk die uitslag bepaal.

  • 3

    2 @ HansieC:
    Hansie, welkom op Rugby-Talk.

    Hoop ons sien baie van jou kommentare hier op die vriendelike rugby website.

    Gee ons so bietjie meer om die been oor jouself, watter Provinsiale span en Super Rugby span ondersteun jy… as ek moet raai sou ek skat dis die Free State Cheetahs in die Currie Cup en Cheetahs in Super Rugby(uit jou eerste kommentaar).

  • 4

    @ grootblousmile:
    hehe GBS verseker n vrystater.

  • 5

    4 @ MacroBull:
    Ja, seker maar… wat ons wel reeds weet is dat hy nie veel dink van die Bulle nie!

    Happy

    Maar ons sal hom nog orienteer!

Users Online

Total 85 users including 0 member, 85 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm