Callie VisagieWillie WepenerDie Vodacom Blou Bulle-afrigter, Pine Pienaar, het slegs een verandering aan sy span gemaak wat Vrydag op Loftus Versfeld in ‘n Absa Curriebekerwedstryd teen Griekwas speel.

Callie Visagie begin as haker in die plek van Willie Wepener, met Bongi Mbonambi wat Van Wyk se plek op die plaasvervangerbank inneem in die Blou Bulle se eerste tuiswedstryd van die kompetisie. Dit sal ook Mbonambi se eerste verskyning in vanjaar se kompetisie wees.

Wepener is met onmiddelike effek vrygestel om ‘n kontrak met die MTN Goue Leeus op te neem, het Pienaar bevestig.

“Ons is bitter spyt om Willie te verloor, maar hy het gevra vir ‘n vrystelling omdat hy ‘n langer termyn-kontrak met die Leeus beding het. Hy was ‘n ware staatmaker vir ons en daarom wil ons nie in sy pad staan of hom benadeel nie. Die Blou Bulle wil hom bedank vir sy bydraes die afgelope paar seisoene en wens hom alle sterkte toe met die volgende deel van sy loopbaan,” het Pienaar gesê.

Met verwysing na Vrydag se wedstryd, het Pienaar gesê die gelykopuitslag verlede week teen Westelike Provinsie het die span goeie momentum vir die res van die reeks gegee.

“Jy kon hierdie week in die oefensessies sien die spelers is lus vir die ding. Die span besef as hule volgens hul potensiaal speel, kan dinge gebeur hierdie seisoen,” het Pienaar aangedui.

“Ons is baie bewus van Griekwas se vermoë en het reeds gesien daar gaan nie enige maklike wedstryde wees nie, so die ouens besef watter gesindheid Vrydag nodig gaan wees,” het Pienaar gesê.

Die Vodacom Blou Bulle se kaptein, Jono Ross, het sy spanmaats tot nog ‘n vurige vertoning aangemoedig.

“Die geheim lê daarin om weekliks op jou snykant te wees. Ons kan nie ‘n goeie uitslag teen Griekwas verwag as ons nie werk daarvoor nie. Hulle is die tipe span wat swakplekke in jou spel uitbuit, so ons sal in elke fase op ons beste as ‘n span moet wees.”

 

Bloubul span: 15 Jürgen Visser, 14 Sampie Mastriet, 13 Ulrich Beyers, 12 Francois Venter, 11 Travis Ismaiel, 10 Tony Jantjies, 9 Rudy Paige, 8 Jono Ross (Kaptein), 7 Jacques du Plessis, 6 Wiaan Liebenberg, 5 Grant Hattingh, 4 Paul Willemse, 3 Frik Kirsten, 2 Callie Visagie, 1 Morné Mellett.

Plaasvervangers: 16 Bongi Mbonambi, 17 Marcell van der Merwe, 18 Wilhelm Steenkamp, 19 Jean Cook, 20 Ruan Snyman, 21 Waylon Murray, 22 Clayton Blommetjies.

7 Responses to Currie Cup: Bloubulle verander slegs 1 vir Griekwas wedstryd

  • 1

    Ag no a pity we loose Wepener and seems there has been some concern about Visagie’s line out throwing hopefully he gets this right as line out has been a big part of our game.

  • 2

    Ai Willie is groot verlies, was n toegewyde bloubul die laaste ruk.

    Ons besef nie altyd dat dit die mense se werk is nie en dat hulle maar na hul eie belange en hul families ook moet kyk.

    Dit is jammer dit kon nie uitwerk nie Willie, maar sterkte met jou loopbaan verder.

  • 3

    2 @ MacroBull:
    Ja, dis nogal ‘n gevoelige slag, veral met Callie Visagie wat nie akkuraat ingooi in die lynstane nie, maar nouja, Bandise Maku het by die Bulle aangesluit, so die haker voorraad is darem nie sleg nie.

    Willie Wepener was nogal onderskat, hy was solid en het baie ondervinding na die span gebring.

  • 4

    @ grootblousmile:
    Daar word ook baie van Bongi verwag.

  • 5

    I wonder if Pollard is regretting going to the Bulls yet?

  • 6

    5 @ Loosehead:
    He’s just returned from 6 weeks injury… what do you expect, for him to slot straight into the Currie Cup side?

    Nothing wrong with the way the Blue Bulls are managing him…

    This weekend he starts for the Blue Bulls under 21’s, if he goes well he could be on the Bulls bench next week or possibly start.

  • 7

    Jeez Pollard is only 19.

    He is lucky to be playing for the u21s in place of Marais.

    Whats tue rush? Rush him into top flight and risk him being as injury prone as goosen?

Users Online

Total 68 users including 0 member, 68 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm