BullsDie Vodacom Bulls-afrigter Frans Ludeke het Francois Venter gekies om die beseerde Jan Serfontein te vervang in die span wat Saterdag op Nuweland teen die DHL Stormers speel. Serfontein het ‘n kniebesering.

Ludeke moes ook Francois Hougaard (enkelbesering) op skrumskakel vervang.

Jano Vermaak begin in die nommernegetrui en sy plek as plaasvervanger word deur Rudy Paige ingeneem.

Die skorsing van Wilhelm Steenkamp beteken ‘n moontlike debuut vir Jacques du Plessis, nà die 19-jarige as plaasvervanger-slot ingesluit is.

“Ons het nog een regmerkie om te maak om ons doelwit te bereik om die ligafase bo-aan die punteleer klaar te maak,” het Ludeke Woensdag gesê.

“Dit is lekker om iemand soos Swys (Venter) terug te hê, want hy het homself al op diè vlak onderskei. Hy sal gretig wees om weer te speel na sy suksesvolle lies-operasie. Jano se terugkeer bring weer ‘n ander energie. Sy spelpeil het hom vanjaar ‘n Bok gemaak en hy sal gretig wees om sy merk op die spel af te druk. Almal is baie bly oor Jacques. Hy oefen al die hele seisoen saam met ons en sal gretig wees om die kans te gebruik,” glo Ludeke.

Die Vodacom Bulls-kaptein, Dewald Potgieter, het gesê sy span sal hulle benadering en toepassing moet verbeter as hulle die Stormers wil klop en bo-aan die punteleer klaarmaak.

“Ons het nie afgelope Saterdag baie goed reageer toe sekere aspekte van ons spel onder druk geplaas is nie. Dit sal moet verbeter. Die Stormers het momentum en die tuisskare aan hulle kant. Voeg daarby die gebruiklike Noord/Suid derby en ek dink dit is veilig om te voorspel dat hierdie ons grootste uitdaging van die seisoen gaan wees.”

 

Bulls (met getal Super Rugby-wedstryde): 15 Zane Kirchner (80), 14 Akona Ndungane (94), 13 JJ Engelbrecht (31), 12 Francois Venter (10), 11 Bjorn Basson (53), 10 Morné Steyn (121), 9 Jano Vermaak (102), 8 Dewald Potgieter (65, Kaptein), 7 Jacques Potgieter (21), 6 Deon Stegmann (73), 5 Grant Hattingh (19), 4 Flip van der Merwe (61), 3 Werner Kruger (90), 2 Chiliboy Ralepelle (67), 1 Dean Greyling (36).

Plaasvervangers: 16 Callie Visagie (21), 17 Frik Kirsten (29), 18 Morné Mellet (10), 19 Jacques du Plessis (0), 20 Jono Ross (2), 21 Rudy Paige (3), 22 Jürgen Visser (10).

 

Mylpale:

  • Morné Steyn sal sy rekord as mees ervare Bulls-speler van alle tye verder verbeter in sy 122ste wedstryd. Sy punterekords wat verbeter kan word is: Getal punte (1423), strafdoele (267), doelskoppe (241) en skepdoele (25).
  • Zane Kirchner, Akona Ndungane en Werner Kruger verbeter die franchiserekord vir verskynings as heelagter, vleuel en stut.
  • As hy speelkans kry sal Jacques du Plessis sy Vodacom Super Rugby debuut maak.

One Response to Super Rugby: Bulls kies Venter & Vermaak… met jong du Plessis op die bank

  • 1

    Sjoe Bulle se diepte word behoorlik getoets, 5 spelers op die bank wat slegs 10 of minder wedstryde gespeel het. Maar in die begin span isdaar genoeg ervaring.

Users Online

Total 102 users including 0 member, 102 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm