Joost van der Westhuizen does indeed suffer from a deadly motor neuron disease (MNS) and has an 80% chance to live for two to five years.

This was confirmed earlier this week by Dr Jody Pearl, a neurologist at the Sunninghill hospital in Sandton.

“Joost was examined by Dr (Erik) Pioro, a leading expert on motor neuron disease at the neuromuscular unit of the Cleveland hospital,” said Pearl.

Joost van der Westhuizen ly aan ’n dodelike ­motor-  neuronsiekte (MNS) en het ’n 80%-kans om twee tot vyf jaar te lewe.

Afrikaanse berig heel onder

Van der Westhuizen and Pearl visited the hospital in Ohio last week and returned home earlier this week. Almost 200 neurologists work in the hospital.

“Dr Pioro confirmed that Joost does indeed suffer from ALS (amyotrophic lateral sclerosis), which gives him a 80% chance to live between two and five years,” said Pearl.

According to the medical text book, The Merck Manual, ALS is the most common type of motor neuron disease. It is also known as Lou Gehrig-illness.

ALS causes motor neurons in the brain and spinal cord to shrink and disappear, and with voluntary muscle action progressively affected, patients in the later stages of the
disease may become totally paralysed.
Pearl says it seems that the illness often occurs in sportsmen, but it is yet to be proven as such.

Joost van der Westhuizen ly aan ’n dodelike ­motor-
neuronsiekte (MNS) en het ’n 80%-kans om twee tot vyf jaar te lewe.

Dít  is vandeesweek in ’n verklaring deur dr. Jody Pearl, ’n neuroloog by die Sunninghill-hospitaal in Sandton, bevestig.

“Joost is deur dr. (Erik) Pioro, ’n leidende kenner in motorneuronsiekte, in die neurospier-eenheid van die Cleveland-hospitaal ondersoek,” het Pearl gesê.

Van der Westhuizen en Pearl het verlede week na dié hospitaal in Ohio, Amerika, vertrek en vandeesweek teruggekeer.

“Dr. Pioro het bevestig dat Joost wel ALS (amiotrofiese laterale sklerose) het, wat hom ’n 80%-kans gee op ’n oorlewingstyd van twee tot vyf jaar,” het ­Pearl gesê.

Volgens die mediese handboek The Merck Manual is ALS die algemeenste soort motorneuronsiekte. Dit staan ook bekend as Lou Gehrig-siekte.

ALS onderbreek die seine van die brein na die willekeurige spiere, beïnvloed die diafragma en pasiënte in ’n gevorderde stadium van die siekte sukkel meestal met asemhalingsprobleme.

Die simptome begin gewoonlik in die arms of bene.

Beeld het in Mei berig dat Van der Westhuizen se jare lange vriend dr. Henry Kelbrick ’n kragvermindering in sy regterarm opgemerk het.
Van der Westhuizen het dr. Pieter Kritzinger, ’n Pretoriase neuroloog, en Pearl besoek, wat albei voorlopig MNS by hom gediagnoseer het.

Hy is plaaslik aan ’n reeks toetse onderwerp en medisyne gegee waarop hy nie gereageer het nie.

Me. Bridget van Oerle, Van der Westhuizen se woordvoerder, het toe gesê daar is nog nie uitsluitsel oor die soort spiersiekte waaraan hy ly nie.

Pearl het Van der Westhuizen na die Cleveland-hospitaal verwys omdat die beste neuroloë ter wêreld glo in dié hospitaal werk en spesialiseer in dié spiersiekte, berig newstime.co.za.

Sowat 2 400 dokters en 188 neuroloë werk in dié hospitaal en spreek sowat 8 000 pasiënte per dag.
Van der Westhuizen is van 19 tot 21 Julie aan ’n reeks hoogs gespesialiseerde ondersoeke onderwerp wat die oorspronklike diagnose bevestig het.

Rapport het Sondag berig dat Van der Westhuizen reeds die gebruik van sy een hand verloor het.

Volgens Pearl lyk dit of die spiersiekte veral sportiewe mense aantas, maar dit is nog nie bewys nie.
Die Suid-Afrikaanse Rugby­legendesvereniging (Sarla) het Van der Westhuizen geldelik ondersteun tydens sy besoek aan die Cleveland-hospitaal. Verskeie geldinsamelings
vir die toekoms word beplan, waaronder ’n vertoning deur Johnny Clegg en Watershed, wat hul hulp gratis aangebied het, het me. Tanya Harvey, assistent van mnr. Gavin Varejes, administrateur van die vereniging se presidentsfonds, gesê.

Wat is ALS?

  • Amiotrofiese laterale sklerose (ALS) is die algemeenste van minstens vier
    verskillende soorte motorneuronsiektes en die oorsaak is meesal onbekend.
  • Die simptome begin lukraak. Dit sluit onder meer krampe, spierswakheid in
    die hande (meestal) en voete, spastisiteit, lompheid, styfheid, gewigsverlies en
    moegheid in.
  • Kort daarna begin die persoon sukkel om sy gesigspiere en tong te beheer.
  • Die meeste lyers sterf omdat die respiratoriese spiere ingee.
  • Sowat 50% van lyers sterf binne drie jaar nadat die siekte begin, 20% leef 5
    jaar en 10% leef 10 jaar. Min leef langer as 30 jaar.
  • Dit is ongeneeslik, maar medisyne kan sekere simptome
    verlig.

Bron: The Merck Manual

4 Responses to Doctor confirms Joost’s fears

  • 1

    hell Joost what can i say, how do you live with this sword over your head. I have no idea how i would handle it, maybe try and get the most out of life while you can. That will of course make many enemies. Must be hell. Thinking of you, be strong.

  • 2

    Mani Thangadurai – July 27, 2011 at 23:14 comment
    He was a fantastic sportsman who represented his country with dignity and a true legend of the sport, one of my favourite players of all time, and I don’t even support South Africa! Shame about some of his antics outside the sport, but I think it’s time to show him some compassion as he is now effectively walking through the valley of the shadow of death.

    I firmly believe that the remainder of his life on earth should be a celebration of his good qualities as a person and the great things he did for his country. OF course, as Shakespeare himself says, “The evil that men do [will live] after them, the good [is often buried] with their bones.” It’s up to the people of South Africa, in particular rugby fans, to ensure that Joost van der Westhuizen receives nothing but goodwill and magnanimity. His family members should also be consoled and supported.

  • 3

    Very sad. Be strong Joost.

  • 4

    Feel for Joost. Must be hectic to get such bad news.

    Stay strong and all the best Joost. Our thoughts are with you.

Users Online

Total 101 users including 0 member, 101 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm