A lighter look at Power Balance arm bands… pity this was sent to me only in Afrikaans…

Wil jy dalk ‘n ponzi of pyramid scheme afpull? Check, baie mense het dit al reggekry, maar hulle is nog elke keer uitgevang omdat daar altyd iemand is wat snuf in die neus gekry het, of beesbollie ‘n myl ver kan ruik. Wat jy nodig het is heavy flippen gullible mense. Mense wat Power Balance armbandjies dra…

Die Power Balance hologram armbandjie werk min of meer so: Jy gee iemand (kom ons noem hom sommer ‘n skelm) R500 vir ‘n stuk akkies wat jy om jou arm dra en jy glo vas dat jou zaber langer gaan raak, jou boobs fermer gaan span of jou selluliet teen jou bene gaan afloop as jy weer ‘n stort vang.

Jy is heel moontlik met ‘n dom sales pitch gevang in ‘n shopping centre. Een of ander jafel het jou armpies laat uitstrek en die een arm afgedruk en toe donner jy om. Toe sit hy ‘n armbandjie om en toe hy dit weer doen, toe bly jy regop. Wow, flippen awesome. Probeer miskien die volgende: gaan verkoop bandjies wat seksklappe (daar is ‘n beter woord, maar kom ons hou dit beskaafd) vermy. Maak iemand voor jou staan, bene teen mekaar. Klap hom van sy voete af. Sit nou ‘n haar rekkie om sy arm. Swaai weer ‘n appel. Wat? Die ou het gekoes? Jinee, hierdie rekkies is net die freegin shit!

Jy raak half spyt dat jy R500 spandeer het op ‘n armbandjie, maar jy het klaar face verloor, so jy sal aanhou stry dat dit werk omdat jy soos ‘n boks voel. Especially omdat jy nie bewyse het nie. “Nee, maar ek voel vreeslik goed vandat ek die Power Balance dra. Regtig. My voorvel lyk ook beter!” Genuine? Jy het nie dalk per ongeluk Special K getand vir brekvis en ‘n gemaklike onderbroek aangetrek toevallig vanoggend nie? Of miskien net minder gedrink of zol gerook nie?

Power Balance werk amper soos ‘n placebo – jy kan dit soos placebo boudpille in jou hol opdruk en bittermin, benewens die ongemak natuurlik, sal gebeur. Die beste van alles is dat daar ook nie fake armbandjies is nie. Alles is flippen fakes. Die sogenaamde ripoffs ook. Of jy nou R500 of R150 daarvoor betaal. Soos daai flippen koper armbande in die 90’s wat glo die toxins uit jou lyf trek. “Check, ek het gisteraand gedrink. Nou kyk hier om my arm. Sien jy daai groen? Dis die armband wat die toxins uit my lyf trek!”. Ummh, jou arm is groen omdat koper afgee en omdat jy nie gebad het nie, jou flippen simpel stink hippie!

Die beste kans dat die armband jou lyf gaan balanseer is wanneer jy hom gaan vas staple aan daai stukkie vleis tussen jou balle en jou exhaust sodat hy mooi simmetries in die middel hang – daar by jou “tjommie” of jou “goos”.

Hang nou ‘n baksteen van die ding af en staan stil. Jy check? Jy flippen balance. – handeklap – Mooi man! Wag nou so drie dae vir die Power Balance om jou wond te heel. As jou exhaust afval van infeksie, dan werk die donnerse ding nie regtig nie.

Relatiewe bekende fools wat die stuk twak om hulle arms dra sluit mense in soos:

  • F1 driver driver Rubens Barrichello wat die Formule 1 hierdie jaar danksy Power Balance gewen het. O nee wag, ek praat twak. Dit was Sebastian Vettel wat gewen het. Met skill, jy check?
  • Akteur Russell Crowe wat danksy sy Power Balance nie sy aksent kon regkry vir Robin Hood nie. Hy moes seker die Ierse Power Balance gekoop het met direct injection, want hy klink soos ‘n Ier met ‘n spraakgebrek.
  • The Biggest Loser in Australie se trainer, Shannan Ponton. Biggest loser? Need I say more?
  • Dit laat my ook wonder oor Lee-Anne Liebenberg en haar tjommies wat R75000 se champagne gesuip het by Caprice in die Kaap en claim dat hulle nie dronk was nie. Hulle het almal seker flippen awesome Power Balance bandjies gedra en vergeeet om dit af te haal.

Aanhou stry, sal die Power Balance disipels. Daar sal onteenseglik bewys word (indien nie al klaar nie) dat duisende mense op planeet aarde vir ‘n gek gevat is, en dit vir ‘n armbandjie. In fact, ek dink Australie is klaar besig om mense te refund. Raak ontslae van jou vriende wat hierdie bollie aankak hou, maar los een ou met ‘n bandjie in die vriendekring. Dis altyd handy om iemand onnosel te misbruik om jou bier aan te dra of jou kar te was. Of as dit ‘n chick is, om heeltyd haar boobs vir almal te flash…

Ongelukkig sal daar altyd mense wees wat val vir sulke twak, maar ek is nou besig om my tyd hier te mors. Ek moet gaan uitgedroogde, wit hondebollie soek wat ek kan goud spray om as time-travelling amulets te verkoop. R450. Wie is in?

Ek sal vir jou een uithou, hoor …

6 Responses to Power Balance het julle vir die gek gevat!

Users Online

Total 42 users including 0 member, 42 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm