Voor mense begin vloek en skel oor die meriete van Pierre Spies of Duane Vermeulen en elkeen sy eie drom slaan oor hoekom Spies goed of sleg is of oor hoekom Vermeulen goed of sleg is, lees die onderstaande syfers en tabelle deeglik deur.

Julle sal merk dat beide spelers hul sterk- en swakpunte het en dat hulle spel die direkte gevolg is van die patroon waarin die spesifieke speler in sy spanverband speel.

So, sien hierdie vergelyking eerder as iets positiefs as ‘n bepaalde uitspraak oor ‘n speler.

  

Tabel 1: Gemiddelde syfers op verdediging en in kontak

Verdediging en kontak
  Verdediging Kontak
Naam O/steun Omkeerbesit geforseer Duikslae Duikslae gemis Bal dra Lynbreke Offloads % kere oor die V/deel lyn Meters gevorder
Spies 19.5 0.41 8.8 2 11 1 1.25 64 66.5
Vermeulen 2.35 0.28 11.36 2 7.14 0.57 1.07 55.59 42.1

Uit die Tabel is dit duidelik dat Spies die beter speler op verdediging is en by die kontakpunte. Spies wen 6 van die 8 kategorieë. Enigste kategorie wat Vermeulen wen is duikslae gemaak naamlik dat hy 2 duikslae meer gemaak het (dit is duikslae per seisoen gedeel deur die aantal wedstryde). Spies dra dus duidelik meer by as dit kom by die kontakpunte.

Let op dat Spies meer offloads in kontak gemaak het meer kere oor die voordeellyn gaan en meer meters gevorder het met die bal in hand.

  

Tabel 2: Gemiddelde hantering en bydraes by afbreekpunte 

Hantering en afbreekpunte
  Hantering Afbreekpunte
Naam Aangeë Spelskep aangee Hantering telling Ruck omkeer Bydrae by 1-3 fases op aanval Bydrae by fases 1-3 verdediging
Spies 6.4 0.25 17.0 0 13.8 4.5
Vermeulen 7.1 0.36 13.6 0 11.2 7.5

Hierdie Tabel toon aan dat Vermeulen effens meer aangeë gemaak het as Spies. Waarskynlik omrede die bulls ‘n andersoortige wedstryd speel en daar van Spies verwag word om die bal op te vat. Anders as wat baie argumenteer naamlik dat Vermeulen meer spel skep blyk dit nie die geval te wees nie; hy het 0.11 meer spelskep aangeë gemaak maar Spies het die bal meer gehanteer en as mens terug gaan na Tabel 1 ook meer “ofloads” in kontak gemaak. Op aanval dra Spies dus meer by as Vermeulen en steek hy nie af wat betref aangeë gemaak nie.

Betreffende die afbreek punte het Spies meer bygedra by eerste drie fases op aanval en Vermeulen meer op verdediging.

  

Tabel 3: Gemiddelde aantal foute 

Foute

Naam

Strafskoppe afgestaan Geforseerde en ongeforseerde foute Hanteringfoute
Spies 0.08 1.41 – ratio = 8.29 2.3
Vermeulen 0.85 0.71 – rato = 5.22 1.5

Die Tabel toon aan dat Spies baie minder strafskoppe afstaan maar meer foute maak met die bal in die hand. Hierdie verskille is weereens as gevolg van die manier hoe die twee spelers speel. Spies vat die bal meer in kontak in en sal gevolglik meer geneig wees die bal te verloor.

Vermeulen dra meer by op verdediging by die afbreekpunte (waarskynlik as gevolg van die manier wat die Stormers speel -sien table 2 laaste kolom) en is daarom meer geneig om strafskoppe af te staan. 

Neem in ag dat Kankowski in alle waarskynlik beter in al die afdelings gaan vaar wat Vermeulen gewen het en swakker in die afdelings wat Spies gewen het, en dit  is duidelik dat Spies en Kanko jou beter twee keuses is. Jy het die beste speler in Spies m.b.t. die opvat van die bal en jy het in Kanko die speler met die meeste flair. Begin dus jou wedstryd met Spies en bring Kanko op as dinge begin los raak.

16 Responses to Spies versus Vermeulen – S14 stats

  • 1

    McLook,

    Interressante STATS… waarvandaan kry jy hierdie STATS?

    So by the way, net om duidelikheid aan die ander daar buite te gee…. my beste STATS is steeds my eie oë…. want met skriftelike STATS kan mens gewoonlik enigiets reg kroek of laat goed lyk.

    Dan is ek verder bly die Artikel kom van McLook af, wie nie op die oog af ‘n Bulls ondersteuner is nie….

  • 2

    grootblousmile wrote:

    waarvandaan kry jy hierdie STATS?

    Kry dit by ruggastats is bekikbaar op internet (google dit). Dit word aangebied per wedstryd en jy kan nie die spelers oorhoofs vergelyk nie. Dit het my gevolglik enkele dae geneem om eers na al die onderskeie wedstryde te gaan en die inligting in tabelle te sit en toe die goed op te tel en te deel deur die aantal wedfstryde gespeel en toe nuwe tabelle te maak.

  • 3

    Interessant, dankie McLook.

    Behoort heelwat reaksie uit te lok…

    Mind you ek sien die weepee manne is maar skaars deesdae, wonder hoekom 😉

  • 4

    2@ McLook:
    O, so jy het sommige van die stats verder gaan verwerk…. hel dit was skerp… en gee seker ‘n meer geballanseerde prentjie oor die duur van die Super 14.

    Baie dankie man, jou bydrae hier op R-T word waardeer.

  • 5

    So dis onomwonde…Spies is die beste !!! 😆

  • 6

    grootblousmile wrote:

    so jy het sommige van die stats verder gaan verwerk

    Korrek. As dit nie so tydrowende en langsame proses was nie sou ek dit met Kanko en van die ander losvoorsplers soos Schalk, Pottie, Stegman ensovoorts se stats ook gedoen het.

  • 7

    Blouste wrote:

    ek sien die weepee manne is maar skaars deesdae, wonder hoekom

    As jy die beste span het hoef jy mos nie daaroor te praat nie of wat praat ek als, hehehe.

  • 8

    @ McLook:

    Goed, van nou af bly ek dan maar doodstil 😉

  • 9

    3 SA Teams did pretty well in the Super 14 this year…

    Obviously the Bulls and Stormers, because they contested the Final, but the Sharks won 7 from the last 8 (only losing to the Bulls).

    In addition the Cheetahs rallied well to come back with a vengeance at the end of the Super 14…

    I am happy from a TOTAL SA PERSPECTIVE as far as the Super 14 is concerned.

  • 10

    mclook @ 7
    Blouste @ 8
    😆

  • 11

    A worrysome aspect about these STATS between Spies and Vermeulen is the handling portion of these STATS.

    I have always believed, and still do, that a No 8’s hands must be made of gold… handling errors must almost be non-existent….. and with Spies this is not the case.

    He needs to sharpen up on his handling skills, specially behind the scrum. His tackling has certainly improved this year compared to before, his tight play has also markedly improved…

  • 12

    grootblousmile wrote:

    He needs to sharpen up on his handling skills, specially behind the scrum. His tackling has certainly improved this year compared to before, his tight play has also markedly improved

    I’ll agree with that as Spies has a tendency to loose the ball in contact (it has improve though as compared to the beginning of last year). He also break away against the turn of the scrum and was nailed by the crusaders every time he tried that.
    He started passing the ball as well this year which is something he very rarely did in previous seasons. His great strength is his combo with Guthro en Danie Rossouw with the pods and of course his abilty to make line breaks.

  • 13

    Ek statastiek somme innie gang!!

  • 14

    @ KingPaul:

    Shame…Jy jou kamer uitverhuur vir die SWC ? 😆

  • 15

    @ McLook:

    Uitstekend McLook. Kan jy asb die stats in ‘n artiekel sit wat Burger teen Stegmann vergelyk, en Potties teen Frans Louw.

    ASB man toe!

  • 16

    ssssspppppiiiiiieeeeeeessssssss!!!!!!!!

    Sal baie nice wees om stegman teen burger te sien……

Users Online

Total 62 users including 0 member, 62 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm