No corroberation could be obtained yet after Beeld Newspaper reported that Bismarck du Plessis is out of the rest of the Super 14, due to an operation on a growth on one of his back vertabrae.

The Article is in Afrikaans, here goes:

J.J. HARMSE

Die Sharks het ’n reuse-terugslag in hul Super14-veldtog beleef met die nuus dat hul Springbok-haker Bismarck du Plessis nie weer in vanjaar se reeks sal speel nie.

Du Plessis is gister geopereer om ’n groeisel aan ’n nekwerwel te verwyder en sal minstens ses weke buite aksie wees.

Die besering kon nie op ’n slegter tyd vir die Sharks gekom het nie, want hul kanse om die halfeindronde te haal, is op uiters wankelrige bene. Hulle moet al drie hul oorblywende rugbywedstryde met bonuspunte wen om in die wedloop te bly.

Du Plessis sal deur John Smit vir vandag se stryd teen die Bulls vervang word, met Tendai Mtawarira wat weer as loskop sal begin.

Du Plessis se onttrekking is ’n gevoelige slag vir die Sharks, veral teen ’n span soos die Bulls.

Teen húlle is fisieke inklimrugby ’n voorvereiste.

Die besering kan ook die Sharks se afrigter, John Plumtree, se planne met sy plaasvervangers beduiwel.

Plumtree het in die afgelope vyf weke, waartydens die Sharks nie een wedstryd verloor het nie, dikwels sy voorry verander, met Smit was as loskop begin en daarna as vaskop oorgeskuif het.

Met Du Plessis weg, sal Plumtree waarskynlik dié suksesvolle taktiek moet aanpas.

Du Plessis se besering krap boonop die Bok-breier, Peter de Villiers, se planne deurmekaar.

Die haker is nou in ’n wedloop teen tyd gewikkel om fiks te wees vir die Springbokke se toetse teen Wallis, Frankryk en Italië, wat in Junie gespeel word.

Hy behoort wel slaggereed te wees vir die Drienasies-reeks.

De Villiers kan Chiliboy Ralepelle, Bandise Maku, Adriaan Strauss, Gary Botha of Tiaan Liebenberg in sy plek kies en met Smit as vaskop volhard of hy kan Smit terugskuif haker toe en ’n ander vaskop inspan.

4 Responses to Bismarck out, according to Beeld Newspaper

  • 1

    Bugger there goes our chance for sure. HUGE loss. John will start now at hooker and Beast at LH.

  • 2

    Okay this is now confirmed on Sharksworld. Though Bissy wont need a op but has to let it settle down. No rugby for awhile. A disc has is pushed onto his nerve in the neck.

    With my experience having a slipped disc in my c6/7 area I had to have traction in hospital a few times to correct it. It helped but still get spasms in my neck. Also cant bend my neck down for too long, like working on a lap top, so not sure how Bissy will be back to play rugby. Unless his is not as serious as mine was. Otherwise think he may need a op. Feel for him as he was playing some really good rugby these past 5 weeks.

    John to start at hooker and Herbst on the bench.

  • 3

    I dont think this a train smash Puma. I think John needs time at 2 and Craig Burden is a more than adequate replacement on the bench,plus I can see a bit a bit of a bust up with him and Bakkies if he played today. Plus it also gives him a forced rest which he really needs.

  • 4

    Remember Schalk Burger in 2006. It started as not too serious and it ended up with Schalk out for the season.

Users Online

Total 48 users including 0 member, 48 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm