Hier is die twee spanne wat gekies is na die 3de rondte se wedstryde / Here are the 2 teams after the 3rd rounds games.


Rugby-Talk Keurders / Selectors Rugby-Talk Bloggers
Joe Pietersen Zane Kirshner
Gerhard vd Heever Gerhard vd Heever
Jaque Fourie Deon van Rensburg
Wynand Olivier Wynand Olivier
Francios Hougaardt Francios Hougaardt
Morne Steyn Morne Steyn
Fourie du Preez Fourie du Preez
Tod Clever Tod Clever
Juan Smith Juan Smith
Heinrich Brussow Heinrich Brussow
Victor Matfield Victor Matfield
Flip vd Merwe Flip vd Merwe
Werner Kruger Werner Kruger
Tiaan Liebenberg Gary Botha
Wian du Preez Guthro Steenkamp

Interessant die Rugby Talk Bloggers het saam gestem oor Werner Kruger  maar die Gurus het vier verskillende spelers op nommer 3 genomineer, WP Nel, Werner Kruger , Guthro Steenkamp en Brok Harris. Dus het die Bloggers se keuse die veto reg gehad op die keuse van Werner Kruger op nommer 3.

Sal dit nie lekker wees as ons eendag n veto reg kry met die Springbokspan nie.

5 Responses to Rugby-Talk team of the weekend- Super 14- Week 3

  • 1

    Next week will see 8 changes in the Gurus team and a whole new team with 11 changes in the Bloggers team. Yes you can NOT pick the Bull players if they dont play. I know some will still look better sitting next to their swimming pools than some others on the rugby field.

    This teams is the best performers of the weekend, as we see it.

    I look forward to see the Bulls supporters picks. Now we must compare apples with apples and not diamonds with coal. 😆

  • 2

    Die groot wenner die laaste twee weke is Flip vd Merwe. Dit lyk nie asof die Bulle Bakkies mis nie.

  • 3

    Lag julle maar n bietjie ek gaan werk, bye.

    Blou Willem
    Nee kyk vriende, in dié liewe ou landjie van ons moet ons nou met oogklappe TV kyk, asem ophou vir die riool, wag vir die polisie, kook vir drinkwater, hoes vir krag en smeek vir dienste.

    Maar soos my ander helftetjie Saterdagaand daar voor die TV sê, dit sal beter vir my hartspier wees as ek die res van die seisoen eerder pornografie op TV kyk as na die Cheetahs.

    En ja, so van dienste gepraat: daar tussen Villiers en Frankfort het ek verlede naweek gesigte begin sien dat ons een van die dae van slagpaaie gaan praat.

    Dis nou as daar meer slag as pad oorbly om op te ry.

    Een van die hoofredes waarom ons natuurlik nou so op groot skaal onse slaggate sien is omdat ons ingenieurs soos Julius Malenema het wat die tenders kry om die gate groter en groter te maak.

    Kan jy jou vir ’n enkele oomblik indink dat ’n outjie wat ’n F vir houtwerk gekry het (vir sy ouma het hy natuurlik gesê dit staan vir Fantasties) nou ’n direkteur kan wees van ’n ingenieursmaatskappy wat omtrent die hele Lampopo se paaie in stand moet hou?!

    Is dit dan vir enigiemand ’n verrassing dat daar nou meer gat as pad is?

    Dit sal eintlik ’n goeie ding wees as onse President en sy indoenas vir ons betyds wil sê of hulle wil hê dat dié windgat mannetjie verder moet vorder as volksleier of nie, sodat ons kan weet of ons snags mag slaap of moet wakker lê.

    Ja my Kroon, ons ou landjie kan seker ’n slaggat of twee oorleef, maar of ons die gatslag van Malenema wat ons regeer sal oorleef, betwyfel ons sterk.

    “Vir die President om nou so vir Malenema op te kom en te sê hy’t niks verkeerd gedoen nie, is soos die pa wat skool toe kom en die hoof kom uittrap as sy seun vir rook in die kleedkamers gevang is,” brom Oom Johnny.

    “Daai speknek kom mos met sy 4×4- dreunwa daar by die skool aan, storm by die hoof se kantoor in en kondig aan dat hy geen probleem daarmee het dat sy seuntjie rook nie.

    ’n Goeie hoof sal mos sulke tyd antwoord: ‘Dis goed en wel Meneer Speknek, maar dan kan hy by jóú huis rook en nie by mý skool nie, so vat hom maar dat hy kan gaan rook.’ Dink julle ouens mens kry nog sulke skoolhoofde? ( of Presidente).”

    Dik Daan sê hy het hierdie week gehoor die President beplan om uiteindelik met 16 vrouens te trou as die stof en die babapoeier net eers ’n bietjie gaan lê het.

    “Sestien!”, vra ek verbaas maar nie heeltemal ongelowig nie.

    “Ja, dis blykbaar waar, want met sy laaste troue het hy die huweliksformulier wat vir hulle tweetjies voorgelees het, ’n bietjie skeef verstaan,” verduidelik Daan.

    “Hy wat die Pres is, het gehoor die priester sê: ‘Four better, four worse, four richer and four poorer.’

    ” Sestien plus die pienkvoete. Eisjhh! En dan gaan hy nog ook hierdie week die agterhoede dek daar in ’n koetskonvooi in Londen wanneer hy en twaalf (ja, twaalf!) ministers by Ant Liesbet gaan kuier.

    Ja nee, húlle ry koets en soustrein en ons bly agter op die nagkar en die gekrokte vullislorrie.

    Maar nou ja, dit kan dalk net dié week beter gaan aan hierdie kant!

  • 4

    O flok, ons moet net pasop of hy maak vir Tannie Liesbet en al die vroulike ministers wat saamgaan ook swanger….

  • 5

    Teen hierdie pas hoe gaan die Springbok span lyk?

    11 Bulle, 2 Vrystaters en ‘n Stormer en
    ‘n Shark?

    En dan 5 Bulle,’n Stormer en ‘n Shark op die bench?

    Dit sal mos nooit vlieg nie. Maar dis die performers. Maar wag, die seisoen is nog lank, kom ons kyk wat gebeur.

Users Online

Total 107 users including 0 member, 107 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm