Die Westelike Provinsie het nie gras onder sy voete laat groei nie ná die Springbok-senter Jean de Villiers se aankondiging gister dat hy die Ierse streekspan Munster eersdaags gaan verlaat.Rob Wagner, besturende direkteur van WP Rugby, het gister aan Sport24 bevestig dat hulle graag met De Villiers sal wil praat met die oog daarop om hom moontlik ’n kontrak aan te bied en terug Kaap toe te lok.

“Jean is ’n wêreldgehalte-speler wat op die internasionale verhoog uitgeblink het. Hy het ook al sy rugby in die Kaap vir die WP en die Stormers gespeel,” het Wagner gesê.

De Villiers sal egter nie betyds kan terugkeer om die Stormers in hul Super14-veldtog te help nie.

As alles volgens plan verloop, behoort hy betyds vir Suid-Afrika se internasionale seisoen terug te keer en vir die WP in die Curriebeker-reeks te speel.

Munster het Maandag aangekondig dat De Villiers nie sy kontrak by die klub gaan verleng nie.

“My besluit is gegrond op my begeerte om deel van die Springbok-groep vir die Wêreldbeker-toernooi in 2011 te wees.

“Hierdie is dalk my laaste kans om my land in ’n Wêreldbeker-toernooi te verteenwoordig en ná konsultasie met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie is dit duidelik dat ’n speler sy rugby in Suid-Afrika móét speel in die seisoen van die aanloop tot die toernooi,” sê De Villiers.

6 Responses to WP vry klaar na Jean

  • 1

    Bla bla bla

    Niemand gaan hom veel geld aanbied nie, hulle gaan hom bykans nooit kan gebruik voor die Wereld beker nie…

    En daarna is Jean weer weg…

    Tensy ‘n unie se ‘n 3 jaar kontrak met hom kan sluit, maar ek glo nie hy sal wil nie.

    Kom ons se julle Stormpies teken hom…dan het julle ‘n goeie backline moer, kort net ‘n decent fly.

    Marar tydens en na die WB waai hulle almal op een slag oorsee.

    Waar los dit julle. Back to square one ? Selfs slegter…

  • 2

    Isigidi

    Jy weet die “WP vry klaar na Jean” opskrif doen nie veel om te help met die homo gerugte wat om julle spannetjie hang nie 😆

  • 3

    Luiste hier ou Blouste, hoekom gaan haal jy nie jou suurgat geit uit daar op die BlouBul site nie? Al wat jy doen is nag, nag, nag. Nes of jy ‘n nat panty het?

  • 4

    KingPaul

    Funny dat jy dit nou mention…

    Verstaan die meeste Stormpie spelers se panties is redelik nat net voor hul stort sessie…

  • 5

    Nou waar’s jy nou, gou jou broek gaan change ? 😆

  • 6

    Sal great wees as hy vir die Bulle kan speel

Users Online

Total 78 users including 0 member, 78 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm