Saterdag pak die Lions en Stormers mekaar in ‘n wedstryd wat vir albei spanne baie belangrik is in terme van hoe die seisoen gaan uitdraai.

Albei spanne se ondersteuners verwag niks minder as ‘n wen nie en beide afrigters se eer is op die spel.   Iemand gaan beslis  moerig wees na die eindfluitjie geblaas het!!

Laasjaar het die Stormers oortuigend gewen (56-18) en dit opgevolg met ‘n 25-20 wen in die eerste ronde van die CurrieCup waarna die Lions goed gespeel het om ‘n opwindende game later in die jaar te wen met 27-25.

Net die uitslae wys dus dat die WP/Stormers op ‘n afwaartse kurwe is met die Lions wat boonte beur… Maar hierdie is ‘n nuwe seisoen met albei spanne wat nuwe afrigters het en nuwe spelers op wie hulle hul hoop plaas. Kom ons kyk na hoe die S14 spanne vanaf 14 Maart 2009 na 13 Februrie 2010  verander het.      Die spanne wat laasjaar opgedraf het is in swart met vanjaar se veranderinge in rooi:

STORMERS

 

LIONS

Wicus Blaauw

1

Heinke van der Merwe

Tian Lieenberg/Schalk Brits

2

Willie Wepener/Hannes Franklin

Brok Harris/Brian Mujati

3

Lawrence Sephaka/Ross Geldenhuys

De KockSteenkamp/Adriaan Fondse

4

Janus Labuscgne/Willem Stoltz

Andries Bekker

5

Anton van Zyl/Jacques Lombaard

Schalk Burger

6

Cobus Grobbelaar

Francois Louw

7

Franco van der Merwe

Duane Vermeulen

8

Willem Alberts/Jonathan Mokuena

Dewald Duvenhage/Ricky Januarie

9

Jano Vermaak/JP Joubert

Peter GrantWillem de Waal

10

Andre Pretorius/Carlos Spencer

Bryan HabanaNick Koster

11

Henno Mentz/Wandile Mjekevu

Juan de Jong/Jean de Villiers

12

Barry Goodes/Doppies la Grange

Jacques Fourie/Gcobani Bobo

13

Jaque Fourie/Deon van Rensburg

Geo Aplon/Sireli Naqelevuki

14

Ashwin Willemse/Tonderai Chavhanga

Joe Peterson/Percy Montgomery

15

Louis Ludik/Earl Rose

Deon Fourie

16

Hans van Dyk/Charles Enslie

JC Kritzinger/JD Moller

17

Gert Muller/JC Janse van Rensburg

Anton v Zyl/AJ Venter

18

Gerhard Mostert/Derrick Minnie

Pieter Louw/Luke Watson

19

Todd Clever

Ricky JanuarieDewaldt Duvenhage

20

Chris Jonck/Jacques Coetzee

Lionel Cronje /Tonderai Chavhanga

21

Earl Rose/Burton Francis

Sirel Naqeluvuki/Peter Grant

22

Shandre Frolick/Michael Killian

 

Daar is dus heelwat verskile in vanjaar se spanne teenoor laasjaar s’n met die Stormers wat 11 nuwe spelers in hul 22 het en die Lions met 17 nuwe troepe in hul 22. 

So, wat het verander vanaf 2009 na 2010?  Is die Lions ‘n sterker span met al hul nuwe spelers of is die Stormers sterker deurdat hulle die helfde van hul groep met beter spelers vervang het?

Daar is geen twyfel daaraan dat Habana en Fourie twee van die beter spelers in S14 rugby is nie, so daar glo ek die Stormers het verbeter.    Percy was ‘n yster op sy dag, maar moes voor laasjaar se S14 al sy boots opgehang het.  Joe Peterson moes volgens  my en menige ander “rugby kenner” laasjaar saam met die Bokke gaan toer het.  Sy skopwerk pale toe het ook heelwat verbeter.     Aplon het teen die einde van laas seisoen van sy beste rugby gespeel en dit voorgesit in die opwarmings wedstryde.   Juan de Jong is nog ‘n ongepoetsde diamant en sy kombinasie met Fourie mag dalk net groot deure vir hom oopmaak in die toekoms…

Voorlangs is Tiaan en Brok beslis beter skrumwerkers as Brits en Mujati.  Steenkamp ken ek nog nie goed genoeg nie, maar hy sal moet grind as hy Fondse se skoene wil volstaan.  Die lostrio is dieselfde as laasjaar en almal wag in spanning om te kyk hoe die nuwe reëlvertolking die ouens gaan be-invloed.

Op die bank is al die oë op Ricky na sy paar games in Wallis en ook op Sireli om te sien of hy gaan opmaak vir sy droogmakery in laasjaar se CC semi-finale.    Nog iemand om dop-te-hou is Lionel Cronje wat klaar deur menige rugbyskrywer as die eerste keuse losskakel in die Kaap teen die begin van die Currie Beker seisoen genoem word…

Die Lions se grootse aankoop is Carlos Spencer.  As hy op sy stukke is en die ouens om hom kan hom “lees” gaan hy baie games vanjaar vir die Lions wen.   Van die veld af glo ek ook gaan hy baie ‘n groot bydrae lewer en veral jong latte sal graag van sy “magic” wil leer.   Earl Rose bly maar Earl Rose en gaan beslis ‘n paar supporters na hul brandy laat gryp, al is dit nou om ‘n “brain fart” te verdrink of om ‘n briljante stukkie spel te vier!!

Daar is spoed op vleuel met Toderai wat sal wil wys die Stormers het ‘n fout gemaak om hom te laat gaan.   Sy verdediging is egter verdag en kom ons hoop hy bly beseringloos.   Doppies gaan beslis ‘n paar goeie tackles inkry en sy balverspreiding is ook nie te bad nie.  Wonder net wat Walter Venter moet doen om in DM se goeie boekies te kom?

Ek was nog nooit ‘n groot Mokuena fan nie en dink beslis die Lions gaan Alberts se krag hier mis.  Cobus Baywatch is ‘n yster en die tweestryd tussen hom en Skalla gaan mooi wees om te aanskou met die nuwe reeltoepassing wat dalk net vir Baywatch meer pas as vir Skalla.

Die slotte sal ook hul deel moet doen as hulle nie deur die Stormer langerate oordonder wil word in die lynstane nie.  In die skrums kan dinge dalk lol vir die Stormers met Blaauw wat gereeld hier ‘n strafskop of twee afstaan.  Ek is seker hy is ook baie bly Kevin Buys speel nie Saterdag nie.    Heinke en Brok skrum al glo van skooldae af teen mekaar met Heinke wat meeste van die tyd die oorhand gehad het.   Hy was egter laasjaar beseer en het nie goed vertoon op die EOYT nie.

 

So, wat gaan die uitslag wees?  Ek voorspel ‘n harde game met die gewone geniepsighede wat altyd te sien is in ‘n WP/Stormer teen Lions wedstryd.  Die Lions gaan beslis daarop uit wees om vir Skalla te ontsenu en om vir Jacque Fourie ‘n punt of twee te bewys.   Spencer sal wil wys dat hy nog net so goed, indien nie beter is, as ‘n paar jaar gelede nie en dat die ouderdom hom nie stadiger gemaak het nie.

Burger weer sal wil bewys dat hy die regte ou is om die Stormers te lei en Fourie en Habana sal wil wys dat hulle ‘n verskil aan ‘n anders middelmatige agterlyn kan maak.  Die Stormers se vaste vyf sal weer wil wys dat hulle die “light five “tag afgegooi het.

My voorspelling……Stormers net net met 15punte!!

3 Responses to Lions teen Stormers….so wat het verander?

  • 1

    Ek dink jy is beskeie ou maat , Stormers net net met 15. 😆 Ek sou dink jy sou n telling van 42-15 soos ek voorspel het. Jammer maar die Leeus lyk vir my soos n Puma of Valke span. Dus kan dit nog ugly raak en dalk na 60 toe gaan. Nag boet nag.

    Maar ek kan natuurlik ook heeltemal verkeerd wees.

    Maar wat samespel betref is die Stormers hulle ligjare vooruit. Gaan baie interesant wees. Die lekker. Ek kan terugsit en die game geniet.

  • 2

    Waar is Puke ?

    Hy nie gespeel verlede jaar ?

  • 3

    Blouste
    Hy was toe nog oppie bank gewees.

Users Online

Total 124 users including 0 member, 124 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm