Die Sharks was so gelukkig as wat hulle ooit was. Baie dinge het my beïndruk. Laat my voor begin. Ek was vooraf bekommerd oor ons voorry maar ons was skitterend.

Kevin Buys en J C janse vanRensburg was FORMIDABEL. Ek het lanklaas sulke goeie skrumwerk by die Leeus gesien….. Jannie du Plessis en Mtawarira kon niks doen nie. In die vastelos was hulle skitterend. Hulle was my manne van die wedstryd.

Ons slotte het hulle deel gedoen. Kan hulle op niks fouteer nie. Soos die kommentators gesê het, Franco is seker die mees onderskatte speler in SA. Ek stem saam.

Dan die flanke…. Cobus, Derek, Willem en later Clever was absolute ysters. Dis al wat ek kan sê.

Chris Jonck was baie goed. Ons het mooi diepte op skrumskakel. Hy kry volpunte by my.

Herkie Kruger het ‘n goeie dag beleef. Wil sê op die dag net so goed so die Puma Hernandez.

Dan ons senters….. met Doppies en Jannie B (wonder waar was hy al die tyd) en later Walter Venter wil ek sê Jaque Fourie moet sy rugby in die Kaap geniet. Ons sal hom nie mis nie. Jammer hy kon nie al Saterdag vir sy nuwe span speel nie. Ek sal graag teen WP wil wen MET hom daar.

Ek was baie bly om Michael Kilian weer daar te sien. Hy het net min kanse gekry. Wonder ook net waar was hy al die tyd. Kon sien die outjie is lus vir rugby.

Earl Rose….. die ou het baie goed gespeel. Ek dink hy begin aanpas by ‘n vinniger tempo en begin al hoe beter lyk teen sterker opposisie. Neewat ek dink mense is partymaal hard op hom. Hy probeer ten minste dinge doen en maak maar foute in die proses. Die ou wat niks probeer nie maak nie foute nie.

Dan moet ek Kaplan se naam noem. Die ou was baie goed en vir my om dit te sê vat baie. Die wedstryd was goed hanteer en hy was baie konsekwent. Miskien is dit een rede hoekom ons so goed gespeel het. As ek na die outjies kyk wat gespeel het sal ek hulle almal weer ‘n kans gee. Ons is besig om mooi diepte op te bou.

29 Responses to My opsomming oor die Leeus / Sharks game.

Users Online

Total 50 users including 0 member, 50 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm