2009 het gewys Vrystaat se rugby is gesond. Regdeur. Die Cheetahs se Craven week span, 0/19’s, 0/21’s, Vrouespan en Seniorspan het almal tot hulle onderskeie finale deurgedring. Dit is ‘n pluimpie vir die Vrystaat se rugby unie.

Harold Verster, president van die Cheetahs, is ‘n tevrede man.

 
“Ons het baie toegewyde mense wat leef vir rugby. Daar heers ’n familie gees en kultuur hier in Bloemfontein. Geografies gesproke is ons die kleinste unie in die land, dit is basies net Bloemfontein, en as dit kom by die hoeveelheid gekontrakteerde spelers lê ons tussen tweede en derde laaste. Maar ons leef as ’n eenheid na aan mekaar.”

“Die Engelse noem dit consistency en continuity. Party mense wou Naka Drotské vervang na die Super 14 na dit maar swaar gegaan het, maar ons het by hom gebly en kyk waar is ons nou.”

Dit blyk of die Cheetahs die meeste van hulle spelers sal behou. Richardt Strauss gaan egter in Ierland ‘n draai maak en Fabian Juries maak moontlik ‘n skuif Kaap toe. Die enigste ander verlies is loskakel Jaques-Louis Potgieter wat terugkeer Bulle toe. Verster was egter baie gelukkig met Potgieter se skepskop wat die semi-finaal vir hulle gewen het teen die Haaie.

“Ek kon dit amper nie glo nie, dit was ongelooflik! Dit het al soveel keer gebeur dat ons agter is dan veg ons terug. Dit sê iets van ons fiksheid, stamina en ook ons kondisioneringsafrigters.’

Verster is ook positief oor die Cheetahs se kanse in die finaal teen die Bulle op Loftus.

“Ek dink dit is weer ons beurt. Die Bulle het baie goed gedoen in die Super 14, en dit gaan moeilik wees in Pretoria. Ons is weer die underdogs, maar dit is soos ons daarvan hou.”

 

In ander nuus is ‘n Rawsonville rugbyspeler wat ‘n opponent se oor gebyt het, vir vier jaar uit rugby geskors. Hayne Anthony, het Puk skrumskakel Andries Mahoney se oor gebyt tydens ‘n Nasionale Klub kampioenskap wedstryd. Die vier jaar skorsing is nie goeie nuus vir Hans van Dyk nie. Van Dyk word beskuldig van’ n byt op WP flank Francois Louw se arm en moet nog verhoor word. Die 4 jaar straf, is selfs strawwer as die straf wat Johan Le Roux destyds toegedien is vir sy byt aan Sean Fitzpatrick se oor.

Die Pumas en Boland meet Saterdag kragte in die eerste relegasie wedstryd om 15:15 in Wellington.

Pumas: MJ Mentz; Braam Pretorius, Shaun Venter, Hyron Thysse, Allister Ketteldas; Tiaan Marx, Jacques Coetzee; Doppies le Roux, Pieter Meyer, Jaco Bouwer, Marius Coetzer, Eduaan van der Walt, Ashley Buys, Hannes Franklin ©, Ronnie Uys. Reserves: Dee-Jay Terblanche, Dawie Steyn, Savage van Heerden, Corné Steenkamp, Martin Sithole, Hendrik van der Nest, Ashwin Scott.

 
Die Boland span moet nog aangekondig word. Volgens Die Burger sal Boland R1 000 000 ontvang indien hulle die Pumas klop in die reeks relegasie wedstryde en hulle plek behou in die Currie beker top divisie. Elke speler van die 26 man groep sal sowat R38 000 ontvang. ‘n Paar WP spelers word vir die wedstryd geleen aan die Boland.

Die Luiperds en Arende speel ook Saterdag teen mekaar in die tweede relegasie relegasie wedstryd vir die naweek om 17:30 in Potchefstroom.

Die spanne is:
Luiperds: Danie Dames; Jovan Bowles. Deon van Rensburg, Basil de Doncker, Bom Samaai; Cecil Dumont, Michael Bondesio; RW Kember, Thabo Mamojele, Wilhelm Koch ©, Draad Linde, Brad Mockford, Os van der Walt, Gavin Williamson, Nardus Lombard. Reserves: Pellow van der Westhuizen, Divan Kotze, Ligtoring Landman, Bennie Adams, Theo van Wyk, Clayton Durand, Colin Lloyd.

 
Arende: Bevin Fortuin; Norman Nelson, Bobby Joubert, Joe Breytenbach, Baldwin McBean; Ricardo Croy, Dougie Hellmuth; Jody Burch, Jacques Engelbrecht, Victor Joubert, Henry Grimes, Giant Ntyanda, Tiaan de Kock, Wayne Bennett ©, Jaco Terblanche. Reserwes: Junior Leota, Brood van der Westhuizen, Hein Potgieter, Shaun Raubenheimer, Jandré Blom, Sinethemba Zweni, Jandré du Plessis.

41 Responses to Cheetah rugby gesond

  • 1

    vrystaaaaaaaat

  • 2

    Smallies @1

    Al verloor Vrystaat ook in die CB-finaal, kan hulle terugkyk op n trotse jaar in hul rugbygeskiedenis.
    Wie sou aan die begin van 2009 kon dink dat hulle in die finaal sou eindig saam met al die ander jnr Vrystaat spanne!

    Nou kan oom Harold op n hoogtepunt uittree, hoop ek….tyd vir hom om te gaan.

  • 3

    @ pietman ja dis tyd dat barry wolmarans oor vat.ou harold het sy kant gebring ma ons kort n nuwe besem

  • 4

    More Pietman , net so vinnig more aan jou en Smallies voor ek weer op my game drive(ag ek bedoel werk toe) gaan.
    Daai Motswari is n uiters suksesvolle Lodge nou ja, behoord an die Geiger familie, een het so 5 jaar terug gesterf in n vliegongeluk dink die.. (nee laat ek my feite regkry)

  • 5

    O en geluk met jou pick in Superbru, was maklik om te pick daai een, was mos teen WP , watter ondentlioke Bul sal vir WP pick. Boerboel het my al uitgetrap oor ek oorsese manne pick.

  • 6

    @ superbul jou gelukige donner geniet dit ma

  • 7

    Superbul
    Kan wees, kan nie meer die familie se naam onthou nie, Duitsers.
    Die een broer was eienaar van Club Motors, ek het in 1989 n kar by hom gekoop, toe nooi hulle ons vir n naweek.
    Ek onthou ons het tot op Hoedspruit gevlieg, toe vandaar per jeep die bosse in.
    Olifant het ons amper getrap op pad soontoe, dit onthou ek moerse goed!

  • 8

    superBul @5
    Ja, nou moet ons net vir Snoek vang!
    Sal maar groot sardyn-aas aansit, hehehehehe!

  • 9

    SuperBul

    More

    en ek watch jou……

  • 10

    Pietman & SmaLLies

    OOr OOmHarold

    Hy noem dit continuity….

    :-))

    Niemand is seker mEEr bly as hy dat die chEEtahs iNNie final is nie, behalwe miskien die buLLe se finansiEEle bestUUrder!

  • 11

    Wonder waar Vrystaat rugby sou kon wees sonder Harold…!

  • 12

    @willem hy het baie beteken en het die cheetahs gered toe hy oorvat,maar ek dink hy kan hul nie verder vat nie.ons moet nou uitgebou word tot n bonafide reus in rugga anders moet ons tevrede wees met die od cc

  • 13

    @swannie sien post 12 ons het n top klas stadion met 48000 seats en kort nou iemand om dit vol te maak.sonder harold sou ons nou o.p gewees het

  • 14

    SwaNNie & SmaLLies

    Yip

    Hy is nie rerig ‘n “gelAAikte” ou in Bloem nie.

    En verseker is die gedEElte van die $harks wat die mEEste gerespektEEr moet word die koMMersiEEle kant.

    Ek betwyfel of die ChEEtah Administrasie dieselfde kan doen.

    Wel die onmiDDelike fireback sal wEEs

    Hier is nie genoeg mense( geld) om so suksesvol te wEEs nie; en

    wat doen jy, om ‘n verskil te mAAk?.

    My persOOnlike opinie is dat dAAr huidiglik genoeg geld in die chEEtah sistEEm is om ‘n wereldklas sport administrasie te kan dra.

    Miskien kort ons net die regte mense.

    Miskien is Harold se ondersteuning$$pan ‘n groter problEEm as hy.

    rAAk van hom ontslae en nie van sy “embeDDed foLLowers”nie en niks sal verander nie.

    Ek sal net grAAg wEEt op waTTer positiewe ticket wil BaRRy Wolmarans verkies word

    waTTer positiewe verskil gAAn hy mAAk

    “rAAk ontslae van Harold” is nie genoeg rede nie

    dalk die regte ding op die kort termyn- mAAr gAAn op sigself nie die onderliGGende problem van VrystAAt Rugby AAnsprEEk nie.

    IntuSSen gAAn ek egter hierdie res van die OranjeOktober geniet!

    Nie in Junie mAAnd gedink Oktober gAAn Oranje wEEs nie!

  • 15

    @willem ek dink die vru moet biejie by die greenbay packers in amerika gaan kers op steek daai hele stad eet leef packers en dis nie veel groter as bloem nie ma top klas span en wen gereeld die superbowl

  • 16

    harold dink seker dis sy geld

  • 17

    SmaLLies 15 & 16

    StemsAAm!

    GBP is my gunsteling konsep!

    Nie sosialisme – net sosialeverantwOOrlikheid!

  • 18

    Wille, Smallies en Koos,
    So wat se julle dat n Bul n Cheetah prysnede artikel skryf? hehe Dis die laaste keer hoor! Geluk vir julle, dis flippen goed. Maar nou bky Naka…lol
    Het julle bietjie laer af gesien, daai speler wat iemand gebyt het is 4 jaar geskors! As daar bewyse is van Hans van Dyk se byt het hy groot probleme!

  • 19

    hehehe Supa

    Het jy al jou kas Sjampanje gekOOp?

  • 20

    @ supa jy is mos n hangkas cheetah met die dat jy n oos-vrystater is ma dankie man.as ek moet tel hoeveel kere ek aan die oor gebyt is in n skrum het ek nie hande nie

  • 21

    smaLLies@20

    hehehe

  • 22

    19 Willem
    Nee, ek is nie die Sharks nie, bang ek moet die kurkprop terugdruk!

  • 23

    20 Smallies
    Smeer julle so bietjie heuning om die mond. Hoekom byt die ouens jou so graag? Proe jy soos n karoo skaaptjoppie?

  • 24

    @supa n loskop wat pak kry is n desperate ding jong

  • 25

    Ou Smallies en n kollega sit en visvang daar langs die Oranjerivier, 6 uur die oggend.
    Vra die mede-Likkewaan: ‘Ek se Smallies, het jy al ingegooi?’
    Smallies : ‘Gee kans man, dis donker, ek soek nog die bleddie glase!’

  • 26

    @pietman likewane is mane met flitse dit klink eerder soos asbak en gbs he he he

  • 27

    Hey sakkies

  • 28

    Smallies, Verster het vrystaat baie held gekos. Waar is al die geld wat uit 3 cc wenne gekom het?

  • 29

    Swanie

    dAAr is baie rumours

    mAAr wie bewEEr moet bewys

    al wat nou bewys kan word is 3 weNNe in 4 jAAr, 10 agterEEnvolgende semi’s

    en

    as eKKe vir Supa mag kwote

    “2009 het gewys Vrystaat se rugby is gesond. Regdeur. Die Cheetahs se Craven week span, 0/19’s, 0/21’s, Vrouespan en Seniorspan het almal tot hulle onderskeie finale deurgedring. Dit is ‘n pluimpie vir die Vrystaat se rugby unie.”

    Nie eintlik baie skietgoed vir die “kom ons rAAk ontslae van HaroldBrigade” nie – mAAr nog stEEds ‘n goeie vrAAg dAAi!

  • 30

    Enigste “op die veld” AAngelEEntheid wAArmEE die huidige VS BestUUr AAngevat kan word is die algehele no show van die chEEtahs in die S14.

    Want ons spEEl al dAAr van 2006!

    Nie mEEr nUUt in die ding nie!

Users Online

Total 94 users including 0 member, 94 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm