Neels Marais

Die Blou Bulle se afrigter Frans Ludeke het vyf voorspelers op die bank vir Saterdag se Noord/Suid-derby teen die WP in die Kaap gekies.

Ludeke het in Dean Greyling, Bandise Maku en Frik Kirsten ‘n volledige voorry op die bank, met Fudge Mabeta wat later by een van die slotte kan oorneem en Jacques Burger wat op 6, 7 en 8 ‘n impak kan maak.

Ludeke het basies sy span wat teen die Leeus gespeel het onveranderd gelaat, maar op skrumskakel sal Heini Adams begin met Francois Hougaard wat weer op vleuel sal diens doen.

“Francois en Heini weet albei waar hulle staan en afhangend wat in die wedstryd gebeur, kan ons Francois in die laaste gedeelte van die tweede helfte op skrumskakel gebruik.”

Ludeke en die kaptein Derick Kuün was dit eens dat hulle teen die WP baie beter in die lynstane moet vaar as wat die geval verlede naweek in Johannesburg was en daarom het hulle ‘n paar nuwe opsies in dié afdeling van die spel oorweeg.

Kuün sê die Bulle was baie stereotiep in die lynstane “en omrede die Leeus baie van ons baie gesteel het, kon ons selde enige aanvalsbewegings uitvoer.

“Juis daarom het ons na alternatiewe gekyk en die moontlikheid van kort lynstane is ook oorweeg.

“Die belangrikste is egter dat ons vir die volle 80 minute moet speel.

“Teen die Leeus het ons eers wakker geskrik toe ons 0-17 agter was, maar dit kan beslis nie weer die geval wees nie.

Ons moet van die begin af gefokus wees en almal in die kamp weet dit. Elke speler in die span is oorgehaal vir dié kragmeting veral ook omrede ons in 2007 laas op Nuweland gewen het.”

Blou Bulle: Zane Kirchner; Gerhard van den Heever, Jaco Pretorius, Stefan Watermeyer, Francois Hougaard; Burton Francis, Heini Adams; Dewald Potgieter, Pedrie Wannenburg, Deon Stegmann, Wilhelm Steenkamp, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Derick Kuün ©, Jaco Engels. Reserwes: Bandise Maku, Frik Kirsten, Fudge Mabeta, Jacques Burger, Dean Greyling, Francois Brummer, Tiger Mangweni.

49 Responses to Vyf voorspelers op bank teen WP

  • 1

    Blou Janne bly baas!

  • 2

    Ek dink dis n goeie skuif van Ludeke. WP gaan verseker die skrums domineer en 4 stutte kan dit help counter.

  • 3

    hahaha
    Lyk my die Bulle se light five is alweer bang vir die WP se tight five! Ludeke moet maar ‘n ou Rassie trick try en mik vir uncontested skrums hier vanaf so 10minute na halftyd!

    Ek sal later vanmiddag die WP span opsit.

  • 4

    Sien hier op CNN dat Mohammed Ali is in Ierland, sy voorvaders se dorp besoek.
    Blykbaar was sy grootoupa n Ier.
    Heng, maar die arme stap swaar (Parkinsons), kan nie glo hy kon eens ‘float like a butterfly’ nie…
    Ouderdom is n bliksem, ek se julle manne…..ek begin raak bangerig….

  • 5

    @Pietman

    Nee man Pietman, jy gaan nog 250 jaar word en gesond bly! Jy gaan nog sien hoe word Luke se agter agter agter kleinkind Bok kaptein! 😆

  • 6

    @KingPaul

    Ludeke is nie so skelm soos Rassie nie.

  • 7

    @Pietman – hopelik in daardie 250 jaar wen wp n cc en miskien die s15 lol

  • 8

    @Pietman
    Ek het nou die dag van sy fights op ESPN gekyk, sy probleem het gekom dat hy homself te veel laat raakslaan het. Daai tyd het hy “gedink” hy kan die houe vat, maar nou, jare later, haal al daai harde gevegte hom in! En dan natuurlik die feit dat hy opgehou drink het toe hy vanaf Casius Clay na Mohamed Ali verander het! Ek vertrou nie mense wat nie drink nie, en hulle kak gewoonlik af as hulle oud word. Ek sê nie ‘n ou MOET suip nie, maar so ‘n paar knertsies in ‘n week is baie goed vir die gesondheid.

  • 9

    Dink Pedri moet weer slot speel, soos in 2004 toe hy daar uitgehelp het. Sou ook eerder vir Brummer daar wou gehad het, Francis skop te stadig.

    Sterkte Bulle !

  • 10

    @KingPaul
    Ek stem.
    Om op te hou drink skielik is moosa nadelig.
    Wag, laat ek gou n vodka/lemoensappie gaan gooi, terwyl jy praat 🙂
    Net vir die wis en onwis en varkgriep….

  • 11

    @bdb

    Ek verkies ook Brummer. Hy is heeltemal te laat opgebring laas week.

  • 12

    @KingPaul
    Vat vir skoppie, bv.
    Hy eet nie vleis nie en hy drink net tee.
    Maar hy bly steek……….sy neus in ander mense se sake!

  • 13

    Ek is bly Francis speel. Maar hy moet toegelaat word om sy eie rugby te speel. Francis is ‘n meer aanvallende loskakel en is een van die ouens met die meeste skills wat ek nog gesien het. Wanneer die ou tot sy reg gaan kom, gaan ons iets baie spesiaal sien. Die Blou Bulls in laasjaer se Vodacom Cup met Francis as losskakel was baie meer oortuigend as die jaar se Bul span met Brummer as losskakel. Ek skryf hulle altwee baie hoog aan, maar as ek die Bulle moes afrig dan sou ek vir Francis bo Brummer verkies het.

    Francis se grootste probleem is daardie knie-probleem van hom. As Francis nie gaan opstap en iets spesiaal in die Curriebeker gaan doen nie, gaan hy nes baie ander talentvolle spelers verdwyn.

  • 14

    good evening good people of RT

  • 15

    @vanStraaten
    Miskien moet die WP maar ‘n aanbad aan een van die twee maak…
    Ek hoor vanaand op die radio dat dit ook nog nie ‘n uitgemaakte saak is dat JdV direk na die 3N oorsee gaan nie. Hy gaan glo eers die CC moet klaarspeel. WP gaan hom nodig he om saam met Jacque Fourie die middelveld te cover teen die Sharks in die CC finale…

  • 16

    15 @KingPaul – klink soos die praatjies voor die S14 hierdie jaar: WP en Sharks gaan die vaandeldraers wees. Nou ja, die res is geskiedenis. 😉

  • 17

    16 @bdb – bdb, ek sien op supersport sê JDV:

    The former WP and Stormers captain put those rumours to bed in Australia by revealing that he would be joining Munster after the Tri-Nations.

    “For me, going away after the Tri-Nations and ending the tournament on a high would be a great thing. This team is fantastic, awesome guys and it’s been great to be a part of it.”

  • 18

    17 @bdb – ja, en ek sien dat hy nie van plan is om weer vir die WP te speel nie, want daar staan ook:

    ” … but De Villiers said it was still his dream to clinch a Currie Cup winner’s medal to go with his World Cup and Tri-Nations medals. ‘Who knows. Maybe I could be back in South Africa playing Currie Cup rugby after a year or two,’ he said. “

  • 19

    @bdb

    “but De Villiers said it was still his dream to clinch a Currie Cup winner’s medal”

    As hy sy droom wil waar maak sal hy dan vir n ander unie moet speel as hy terugkom.

  • 20

    hy sal ma vrystaat toe moet kom

  • 21

    @smallies72

    Ons kan hom by die Bulle ook gebruik as Wynand seerkry.

  • 22

    @Supa Die Bloubul – ek het vanmiddag ‘n plan bedink hoe die cheetahs vir mossie kan kry as ons nou vir jdv kan nader trek is ons gewax so hanne af

  • 23

    @smallies72
    Wat is jou plan om Mossie te trek?

  • 24

    @Supa Die Bloubul – ons gaan vir die leeus se dat ons vir tiger rose verniet gaan vat as ons vir mossie kan koop,hulle sal so bly wees dat ons nog afslag gaan kry op mossie.as alby dan hier is leen ons rose vir die griffons waar hy sal uitstaan en dan koop die sharks hom vir ‘n helse prys,ons gebruik dan daai geld om mossie te betaal

  • 25

    @smallies72

    Klink na n goed, deurdagte plan, maar daar is een probleem. Rose sal nie uitstaan vir die Griffons nie.

  • 26

    @Supa Die Bloubul – hel dan sit ons ma sy gadgeds vir hom aan en gebruik hom as n tackle sak hy is darrem verniet so ons hoef nei te worry oor mediese uitgawes nie

  • 27

    @smallies72

    n tacklesak wat net een tackle hou…

  • 28

    @smallies72 – dis nogal ‘n plan a tacle evading tackle bag… enige bemarkers hier wat ‘n strategie kan uitwerk?

  • 29

    @Supa Die Bloubul – ons sit BAIE pading op en onthou hy is gratis

  • 30

    ouens my dag is nou kla kids in die kooi en ek ok nou cheers almal

Users Online

Total 103 users including 0 member, 103 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm