Waarom kry die Boland-rugbyspan dit so dikwels reg om die Westelike Provinsie te ontsenu?

Kyk ’n mens na die spanlyste voor elke Curriebeker-derby tussen dié buurspanne – en vandag s’n hier in die Boland-stadion is dieselfde ou storie – kan jy niks anders nie as ’n groot sege vir die Streeptruie voorspel.

“Ek dink nie dis enigiets sielkundig nie. Verlede jaar het spanne gesukkel om op Boland se tuisveld bonuspunte te kry weens die toestand van die veld en manier waarop hulle speel,” verduidelik die WP se kaptein, Puke Watson.

“Boland verdien baie krediet daarvoor. Hulle het die vermoë om jou te ontwrig, want hulle speel nie op die gewone gestruktureerde manier nie.

“Daar is in die wedstryde tussen die WP en Boland groter klem daarop omdat ons bure is en almal mekaar ken. Dis daarom meer mededingend.”

Verlede jaar het die Kavaliers die WP ’n kritieke bonuspuntdrie in Wellington ontsê.

In 2007 was dit ’n nederlaag in die Boland-stadion wat die afdanking van Kobus van der Merwe (Uncle Fester) as WP-breier tot gevolg gehad het.

So wat kan ons dan in 2009 verwag? Sekerlik ’n klinkende WP-sege as jy die spanne op papier opweeg.

Die WP het nou ’n pak wat kan oorheers en behoort daarom stelselmatig die lewe uit die Kavaliers te wurg.

Allister Coetzee, afrigter van die WP, moes vandeesweek ’n slotpaar uit Adriaan Fondse, Chris Jack en Anton van Zyl kies.

Boonop kon hy sy neus vir die Springbok-skrumskakel Ricky Januarie(aka The Mechanic) optrek omdat hy “eers Dinsdag” oor sy beskikbaarheid ingelig is.

Wat sou die Boland se breier, Deon Davids, nie doen om sulke probleme te hê nie?

Die veld lyk beter as verlede jaar se moeras, maar die winterweer het wel ’n effense tol geëis.

“Die veld gaan sag wees en dit beteken ons gaan baie goed in die vaste fasette en by die afbreekpunte moet wees. Dit sal later in die wedstryd moeilik raak om die bal met dieselfde spoed en intensiteit wyd te speel,” het Davids aan Marco Botha gesê.

“Janro van Niekerk en Jacobie Adriaanse is albei baie goeie stutte. Om die WP se pak aan te vat, gaan egter ’n poging van al agt voorspelers verg.

“Ons weet die WP is tot dusver baie gevaarlik in dié faset en daarom is dit nóg belangriker dat elke voorspeler vir die man langs hom speel.”

Daar is in die onlangse verlede al genoeg vasgeval om nie sulke foute te maak nie. En dis dan seker ’n goeie rede waarom die WP vandag die oorweldigende gunsteling is.

Die spanne is:
Boland: Justin Peach, Deon Scholtz, Hein Myburgh, Lionel Cornelius, Ernie Kruger, Elgar Watts, Marnus Hugo, Junior Bester, Carel Hoffman, Zolani Mofu, Rito Hlungwane, Nico Esterhuyse, Jacobie Adriaanse, Clemen Lewis (k), Janro van Niekerk. PLAASVERVANGERS: Harry Vermaas, Jané du Toit, Frikkie Spies, André du Toit, Danie van der Merwe, Mark Harris, Llewellyn Adonis.

Westelike Provinsie: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Puke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Adriaan Fondse, Chris Jack, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Moller, Anton van Zyl, Pieter Louw, Bolla Conradie, Paul Bosch, J.J. Engelbrecht.

Skeidsregter: Marius Jonker.
Assistent-skeidsregters: Luke Burger, Reuben Rossouw.
TV-skeidsregter: JC Fortuin.
Verwagte toestande: Gedeeltelik bewolk, ligte suidooster, 20º C.

KingPaul

48 Responses to WP teen Boland-sonde met die bure

  • 1

    Go die Streep-Janne!

  • 2

    This game will be closer than people think.

  • 3

    Howzit 4man?
    Ek weet nou nie hoe dit in Wellington lyk vanmore nie, maar hier het vanoggend so ‘n lui tuin arbeider reentjie hier by ons uitgesak. Son begin egter nou kop uitsteek, so veld behoort droog te wees. Ek dink WP gaan 5 logpunte kry vandag, maar dit sal ‘n bonus wees as hulle bietjie aan hul punteverskil kan werk.

  • 4

    “verduidelik die WP se kaptein, Puke Watson”

    hehehehe Kpaul

  • 5

    Ek haat steeds alle Bulle!!! 🙂

  • 6

    WP gaan makliker wen as wat julle dink. 5 logpunte vir WP.

  • 7

    Die verskil hierdie jaar vir my is dat WP se pak sal oorheers, en as dit reen, behoort dit hulle nogsteeds te pas want hulle kan maul.

  • 8

    @Supa Die Bloubul – Is mos sy naam! Het daaraan gedink om dit te verander na “Werfetter” !! Ons moet dalk ‘n beleid vestig dat gaan Puke aanhangers hier welkom is nie! Nog net 11 games, dan is dit koebaai meraai!!

  • 9

    Is ek geban omdat ek nie like van die Bulle?
    Kan net GBS wees. Seker niks gistraand gekry. Go figure.

  • 10

    #8 Ek sien ons reply button is noi vervang deur n “internet explorer” teken.

  • 11

    Hierts
    Kyk hoe lyk dinge nou!!
    Supa
    Daar is ‘n goeie artikil in Die Burger oor Jacque Fourie, maar ek kry dit nie op die Net nie. Is jy bereid om my aantevat vir daai bottel brandy dat hy gaan Kaap toe kom?

  • 12

    10@Supa Die Bloubul

    Nou is dit weer reg? GBS maak my deurmekaar…hehe

  • 13

    11@KingPaul

    Ek het dan self gese Jaque gaan WP toe kom. Die Leeus stel die “enevitable” net uit.

    Vra vir Superbul – hyt op die ander thread gese Mossie gaan by die Leeus bly.

    Ek sal jou n bottel brandewyn wed die Bulle gaan bo die WP eindig in die curriecup aan die einde van die seisoen?

  • 14

    Ek is ook oop vir sidebets dat JF Kaap toe kom. maar soos GBS sê, ek gooi groot mielies, nie botteltjies dorpie pramfien soos KP nie.
    Anybody?

  • 15

    @Supa Die Bloubul – Gee ons ‘n bet waar ons darem ‘n 50/50 kans het, please! 🙂

  • 16

    GBS sit vi ons die “leave Comment” button bo die “read this first” button. Mens moet elke keer af-scrole na die Comment button.

  • 17

    15@isigidi

    hehehe – julle is een punt voor ons, so julle odds is beter.

  • 18

    GBS wat is ‘n “HTML” tag?

  • 19

    @Supa Die Bloubul
    Ek wed jou ‘n bottel Klipdrift WP gaan na Week 14 bo die Bulls op die log le!
    Kom iemand, kap deur asb

  • 20

    Ek kan geen rede sien hoekom die bet nie toegeken kan word nie.
    Bet is on gents!

  • 21

    Bulle speel nog die Lions, WP en Sharks sonder hul Bokke en net die Cheetas en Griekwas met hul Bokke (dis nou net spanne wat saakmaak, nie Luiperds en Boland nie) En soos Brussow deesdae speel weet ek nie of ‘n ou graag teen hom wil speel nie.
    WP kry eintlik net vir Scalla terug wat saakmaak, en dalk vir JF. Voor Bokke teruh is speel ons Lions, Sharks, Bulls en Cheetahs. Nie dat die Lions enige Bokke mer oor het nie. 😆

  • 22

    19@KingPaul

    Nee, aan die EINDE van die CC. As ons finaal toe gaan en julle nie, het ons mos beter gedoen.

    n Bottel Richelieu vir my.

  • 23

    gbs
    daai fotos wat jou broer? gedoen het, lyk nice
    1. ek hoop dit gaan gereeld verander … kan selfs (veral met die 3n) week na week verander
    bv laat die ouens stem vir die beste rugby foto vd week (dink j news24 en daai ouens sal omgee as jy hulle fotos gebruik?)
    2. kon julle nie ñ nuwer foto van die bokke gekry het nie? gee nie om oor os wat daar is nie
    maar is meer omgekrap omdat dit natuurlik beteken dat die beeeeeeeeeast nie daar is nie!

    o, en wp om te wen … weer is nice … boland het beserings, nuwe kaptein ens ens ens
    verwag ñ groot pak slae!!

  • 24

    Die ding oor JF. Dink dit gaan nie oor of hy WP toe kom nie, maar oor wanneer hy WP toe kom.

  • 25

    Vlug KP nou as ek hom wil wed…hehehe

  • 26

    23@ashley – Ons gaan nog ‘n PhotoBlog Widget ook insit bo, net onder die Header Image…. met recent Photos wat sal scroll…

    Kleinboeta sal nog in volgende week nog so paar variasies van die Header Image vir ons doen (hierdie was dringend)…. en NOG BELANGRIKER, hy gaan vir ons Rugby-Talk se eie Logo ontwerp en sulke dinge… hou maar net dop soos die ding gaandeweg gaan verbeter….

  • 27

    Supa ek dink die Lions benader die ding verkeerd as hulle hom ten alle koste daar sal wil hou, maw, sy kontrak op hom af te dwing.
    Dis duidelik hy wil nie daar speel meer nie en hoekom hom probeer dwing om ‘n job te doen as hy ieg ongelukkig gaan wees.
    Indien Lions hom nie kan oorreed met geld of add-ons om te bly nie, sal mens verwag hulle sal liewer wil kyk hoeveel geld hulle vir hom kan kry met ‘n transfer.
    Daar word nou vir loopholes gesoek in sy kontrak, wat blyk daar te wees alla Frikkie Erasmus en soos met die Mujati geval.

    Lions risk dus nou om JF te verloor en basies nokkol te kry vir hom, dis nou as die ding hof toe gaan. Indien hulle die saak wen sal JF my insiens soos ‘n Luke Kotsen behandel word by die Lions.

  • 28

    26@grootblousmile
    gepraat van fotos
    gaan na
    http://www.stuff.co.nz/sport/rugby/galleries/2733836/Springboks-v-Wallabies

    en bring asb nou vir my foto 7 van 7 aan in daai foto seksie van jou wat nog leeg is
    andersins
    werk ek nie meer ñ f*k verniet in daai tuin van jou nie
    ek is mos hoeka al mooi g*tvol vir daai dopstelsel van jou!! 😀

  • 29

    @isigidi

    Mujati het nooi n geldige werksvisa gehad nie aangesien hy van Zim af is nie, maar ons weet uiteraard nie wat se JF se kontrak presies nie.

    Dink ook die Leeus mors hulle tyd en geld, maar hulle weet hulle kort top spelers en hy is hulle enigste een.

    Stem nie noodwendig saam dat JF nie goed sal speel as hy bly nie. Ek het ook n jaar terug nog so gedink, maar Bakkies het my verkeerd bewys. Hyt nogsteeds goed gespeel ten spyte van al die hofsake.

    Dit gese, dink ek dit is baie moeilik om n speler te behou by jou unie, en sorg dat hy alles gee elke dag, as hy iewers anders wil wees.

  • 30

    28@ashley – Jy willie vandag in my tuin werkie….. Handbriekie het bakkies vol skaapmis laat loop haal oppie plaas…. en die “Tuiningenieurs” wat ons aangestel het vir vandag se petalje moet die goed verwerk en orals uitsprei….

    Hang nou aan man, vandag rus ek… môre werk ek verder aan die site se turbo !!

Users Online

Total 44 users including 0 member, 44 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm