Was hierdie nie veronderstel om die Kaap van Vleuels te wees nie?
Dís die vraag wat die Westelike Provinsie se senior professionele rugby-afrigter, Rassie Erasmus, hom afvra noudat hy en sy afrigtingspan daarin geslaag het om ’n mededingende pak voorspelers te vestig.


“Ek het verwag daar sou ’n groter vloei van vleuels gewees het. Voor ek Kaap toe gekom het, het ek gedink dis die een probleem wat ek glad nie sal hê nie. Ek het gedink my probleem gaan wees om ’n pak bymekaar te kry, maar dis nou andersom. Daar kom baie voorspelers deur,” sê Erasmus.

Gio Aplon en Tonderai Chavhanga word môre teen die Boland-Kavaliers in Wellington as vleuels ingespan. Die Fidjiaan Sireli Naqelevuki is nog op die krukkelys.

Die WP het wel die belowende o.21-ster JJ Engelbrecht op sy plaasvervangerbank gekies.

Allister Coetzee, wat die WP in die Curriebeker-reeks slyp, hoop om Engelbrecht se ontwikkeling ’n stap verder te neem deur hom speelkans te gee indien die situasie op die veld in die Boland-stadion dit toelaat.

“Ek het nog altyd gesê daar moet ’n goeie balans tussen ervaring en jeug wees. Ons het reeds o.21-spelers soos Dewaldt Duvenage op skrumskakel en Juan de Jongh op senter. As jy dán vir JJ laat begin, het jy ’n baie jong agterlyn,” sê Coetzee.

“Hierdie is miskien die regte tyd om JJ se spoed van die plaasvervangerbank af te gebruik. Hy het ’n baie goeie wedstryd teen die Luiperds se o.21-span gehad en hy kan met sy fisieke benadering soos Sireli baie verdedigers besig hou.”

Intussen het Nick Koster, wat nog aan die herstel is van ’n kniebesering wat hy in die Super14-reeks opgedoen het, vir Erasmus laat weet hy wil graag aanhou vleuel speel eerder as om slegs weer as ’n losvoorspeler oorweeg te word.

“Nick het ons kom sien en ons het lekker gesels. Hy het dit só op die vleuel geniet dat hy gretig is om vir eers met die skuif te volhard,” sê Erasmus.

Volgens hom hou die WP ’n ogie op die talent onder die top-klubs, maar beamptes is ook welkom om uitsonderlike talentvolle spelers aan te beveel indien hulle meen dié spelers word misgekyk.

“As iemand by die klubs weet van ’n begaafde speler wat ons miskyk, kan hulle ons inlig. Ons sal spelers wat benoem word deur hul passies sit. Ons het al na vyf of ses gekyk, maar niemand het die paal gehaal nie.”

Erasmus sê hy het nie ’n spesifieke profiel van ’n vleuel in gedagte nie, maar kleiner spelers moet besef dat die behoud van balbesit in kontaksituasies belangrik is.

“ ’n Klein, ligte speler wat slegs kan afrond, kan in moeilike situasies op Super14-vlak verrinneweer word.

“Die tendens is om groter spelers met vaart te kies, maar dis nie al waaroor dit gaan nie,” sê hy.

“Juan de Jongh het byvoorbeeld nie die bou van ander groot senters nie, maar hy het die vermoë om die bal lewend te hou. Dis waar grootte en vaardighede hande neem.”

KingPaul

34 Responses to Vleuel-skaarste in Kaap

  • 1

    Sagte ballatjanne!

  • 2

    @Supa Die Bloubul

    ballet… 😳

  • 3

    Daai is baie waar. WP het nie meer goeie agterspelers nie.

  • 4

    WP het nie n tekort aan vleuelsnie, hulle het n tekort aan rugbyspelers! (nou gaan die manne my moer!) hehehe

  • 5

    Ek sal nie sê ons het nie meer goeie agterspelers nie, ons sukkel net om goeie vleuels te kry!
    Waar die dae toe WP vleuels van die kaliber van Jannie Engelbrecht, Chester, Neil en Kobus Burger, Justin Swart, Pieter Rossouw, Breyten Paulse ens gelewer het? Maak my WP hart baie moerig!!

  • 6

    hehehehe julle twee sukkel, nou nou moet ons weer hoor dat ons hulle target 😉

  • 7

    @AB Bullsbok – 4
    Nee wat, ons sal jou die keer los…
    Maar dis waar, ons is besig om ‘n goeie pak optebou, nou skielik is daar geen buite-agterspelers nie!

  • 8

    @KingPaul – #5

    Dink hulle is nog daar dis net dat die wp hulle nie daar hou nie maar toelaat dat hulle onder hulle neuse weggeraap word. swak management

  • 9

    @Tripples – Is dit dan nie wat julle doen nie? 😛

  • 10

    5@KingPaul

    Julle het regtig nie goeie agterspelers nie.

    Wie in julle agterlyn is wereldklas. Net JDV. Aplon, Welsh, Chavanga, Grant, De Waal ens is nie wereldklas nie. Daar is darem n paar jong ouens wat duerkom wat in die toekoms dalk goed gaan wees.

    Julle voorspelers doen baie goed in die skrums nou en julle het goeie losvoorspelers.

  • 11

    @KingPaul – #9 Ons is eintlik oneindig liefies vir julle hoor hehehehehehe

  • 12

    @Tripples – Ek wou nou sê dat kwotas in skole rugby ook ‘n rol speel, maar dan kan dit dalk as ‘n rasisties aanmerking gesien word, so ek gaan dit liewer nie sê nie.

    As Rassie nou ‘n goeie ding wil doen moet hy vir Alotta Tequila koop. Hy sal van die lewenstyl in die Kaap hou!!

  • 13

    12@KingPaul

    Se dit maar. Ons gee nie om nie.

  • 14

    @KingPaul

    Dink hoe lekker sal Lotsa Tequila, Mechanic en Sireli Maakwilleaaptwakkie saam kuier!

  • 15

    @KingPaul – Ja ons sal dit beslis nie teen jou hou as jy dit se nie hehehehehe

    Feite is Feite

  • 16

    WP moet die Rose’s terug koop!

  • 17

    @Supa Die Bloubul – Hoeveel wereldklas spelers is daar in die wereld? In die Bul agterlyn is dit net FdP wat ‘n wereld span gaan maak. Maar jy is reg, hulle is dalk nie Springbokke nie, maar darem ook nie so sleg nie.
    Welsh is gefire
    Aplon is klein, maar donners giftig
    Chavanga is foken vinnig, maar kort beslis selfvertroue
    Grant is glad nie so kak nie en met DeWaal in die span is jou kanse om te wen beter as om te verloor. Ek sl like om De Waal op heelagter te sien.

  • 18

    @AB Bullsbok – nou sal jy vir ou K9 en Ed histeries bly maak, vir wat sal Rassie dit wil doen?

  • 19

    @AB Bullsbok – O FOK, net nie dit nie!! hehehe

  • 20

    @KingPaul – #18 Ek dink de Waal sal excellent heelagter maak en dan Grant op losskakel, klink nogal steady en veilig so

  • 21

    @Tripples – Mense stry met my, maar ek het dit al in my familie ervaar. As jy ‘n 12 jarige lightie is wat vleuel speel en jy is die vinnigste in die die skool en nog lekker fris ook, maar jy moet jou plek in die CravenWeek span afstaan an ‘n ander outjie teen wie jy in die proewe 2 driee gedruk het en hom nog seker 5 keer geklop het, dan val jou plug. Kinders verstaan nie van kwotas nie…

  • 22

    @Tripples – DeWaal het al sy games vir Maties op heelagter gespeel.

  • 23

    17@KingPaul

    Met wereldklas bedoel ek ouens wat teen die beste van ander lande op die hoogste vlak kan speel en gereld domineer.

    Ons praat nie nou oor die Bulle nie, maar FDP, Morne, WO, en Habana is daar.

    WP het net JDV. Geen ander nie.

    Dalk oor n paar jaar kom Duvenage, Juan, Morgan, Koster ens deur.

    Aplon en Chavanga speel al jare en kon nog nooit ordentlike indruk maak nie.
    Grant is seker die beste naas JDV.
    De Waal skop briljant – dis al.

    Dink Rassie se koop van Mossie was perfek, want hulle sou Jean mis.
    WP het nou die voorspelers, hulle kort n loskakel wat kan paas ook en twee ouens wat drieevrate is agter. Mossie is een.

  • 24

    21@KingPaul

    Selfs swart spelers verstaan nie kwotas nie. Adams is gister gevra hoe hy daaroor voel, toe se hy, hy glo aan die besteou vir die posisie. Dis net die dasknapies wat kwotas soek.

    Ek raak nou weer erg laat…praat later

  • 25

    @Supa Die Bloubul – Ek dink nou die dag daaraan. Hoe sal ‘n wereldspan lyk?
    My span
    15-Mills Muliana
    14-Sivivatu
    13-Jacque Fourie
    12-Matt Gitau
    11-Shane Williams
    10-Carter
    9-FdP
    8-Spies
    7-Mccaw
    6-Brussow
    5-Victor
    4-Bakkies
    3-?
    2-John Smit
    1-?

  • 26

    @KingPaul – #21

    Ek stem 100% saam met jou…dis dieselfde met die studente, my sussie se twee seuns is briljant, die een is 24 en doen al sy Prof skap maar hy mag steeds nie dokter swot nie, net medical science, hy en sy broer wat top in sy jaar is, en die mediese studente tutor, mag nie medies swot nie……

    en so kan mens aangaan tot vervelens toe, hulle bring dan 4000 onnies van Zim in om poste te vul maar die wit kinders mag nie poste kry nie, kry net tydelike poste…….daar is duisende van hulle wat sonder werk sit, en dan voer hulle 4000 in….onverklaarbaar

  • 27

    25@KingPaul

    Interessante vraag, want AB domineer nie meer nie.

    My span
    15-Mills Muliana
    14-Sivivatu
    13-O’Driscoll/Mossie
    12-Matt Gitau
    11-Habana
    10-Carter
    9-FdP
    8-Spies
    7-Mccaw
    6-Brussow
    5-Victor
    4-Bakkies
    3-Sheridan
    2-John Smit
    1-?

    Stem nogal met baie saam jou. Maar ek dink as ons die Franse meer gevolg het, kon ons dalk n speler of twee van hulle ook oorweeg het.

  • 28

    @Supa Die Bloubul – Daar was op ‘n tyd sprake dat hulle die Noordelike en Suidelike halfronde se rugby oor die selfde tyd wil laat loop. Wonder wat het daarvan gebeur?

  • 29

    Helooooooo almal!
    Ek het ontsnap uit die toergroep, om n bier te drink, wil net gou hello se, hoessit?
    Warm hier, en stap my gat af saam met die vrouens en n klomp ou toppies.

    Lyk lekkerder hier by julle
    Maar laas was dit blou, nou is dit geel….?
    Ek dink GBS het n goeie idee, die span wat bo-aan die log is se kleure moet wapper, soos Griekwas bv. hierdie week.
    Wat dink julle?

    Nou gaan die WP-makkers weer kla, seker……anders is hulle kleure nooit op nie… 🙂

  • 30

    @Pietman – Nee wat, ons kans om bo te kom is baie beter as die Bulle se kans…

Users Online

Total 36 users including 0 member, 36 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm