PRETORIA
Twee van hul Super14-helde en moontlik nóg ’n Bok of twee moet die Blou Bulle Saterdag in Kimberley help om weer op die wenpad te kom in Absa se Curriebeker-rugbyreeks.

Zane Kirchner en Dewald Potgieter gaan straks betyds fiks wees vir dié belangrike wedstryd teen die pasaangeërs in die reeks, terwyl Wynand Olivier en Chiliboy Ralepelle ook moontlik gekies kan word.

Olivier was nie Saterdag by die Bokke se wenpoging teen die Wallabies betrokke nie en Ralepelle het tot dusver in die Drienasies-reeks skaars gesweet ná hy as plaasvervanger ’n geringe bydrae gemaak het. Albei het in die laaste maand of wat min Bok-rugby gespeel en hoewel hulle nie amptelik deur die Bokke vrygestel is nie, blyk dit dat Peter de Villiers nie te onwillig is om veral sy tweedekeuse-haker wedstrydoefening te gee nie.

Dit maak nogal sin, hoewel Bandise Maku waarskynlik nie sal saamstem nie, aangesien hy vir Ralepelle sal moet plek maak.

Derick Kuün behoort steeds te begin en later deur Ralepelle vervang te word – ’n benadering wat met groot sukses deur Frans Ludeke, afrigter, in die verowering van die Super14-trofee gevolg is.

Kirchner het van die wangbeenbesering herstel wat hy teen die Westelike Provinsie opgedoen het en Potgieter se gewrigsbesering is nie so erg as wat aanvanklik gevrees is nie.

Potgieter se terugkeer sal verwelkom word, veral vanweë sy uitstekende samespel met Deon Stegmann en sy vermoë om die bal oor die voordeellyn te kry. Die Bulle het nie te sleg gevaar in dié opsig in Bloemfontein nie, maar Potgieter sal beslis meer woema bring.

Kirchner se terugkeer is ewe goeie nuus. Hoewel Tiger Mangweni uitstekende rugby in Kirchner se afwesigheid gespeel het, ken die Bok-heelagter elke aks van Kimberley se GWK-park.

Hy was verskeie seisoene een van die Poubloues se groot staatmakers voordat hy twee jaar gelede na Pretoria getrek het.

Dit lyk of Heini Adams nie die vlug Kimberley toe gaan haal nie. Hy het sy enkelligamente beseer en sal waarskynlik ’n week of twee buite aksie wees. Francois Hougaard sal die nr. 9-trui in Kimberley dra, met Ruan Snyman in alle waarskynlikheid sy adjudant. Snyman het gister saam gedraf toe die span by Loftus Versfeld geoefen het.

Volgens die Bulle se spanbestuurder, Wynie Strydom, gaan net ’n positiewe gesindheid die span help om die wa deur die drif te trek. “Die ouens weet hoeveel geleenthede hulle teen die Cheetahs gehad het en nou moet hulle boonop die onoorwonne span in die kompetisie op sy tuisveld aanvat. Dit gaan ’n enorme taak wees, maar soos ek die Blou Bulle as ’n span ken, nie een waarvoor hy sal terugdeins nie.”

39 Responses to Sterre terug vir ligbloues

  • 1

    Jan Jan Jan, die Bul van die bosveld….

  • 2

    Wat is nou die storie met Guthro? Is hy vrygestel vir die game of is Snorre bang hy kry weer op sy moer in die skrums teen die Griekwas? Ek kan nie glo Snorre hou nog vol om hom te kies nie. Hy skrum een goeie skrum, dan hang hy bal vir twee skrums, dan gee hy weer alles in die volgende skrum…

  • 3

    Eks bly Potgieter en Wynand kan dalk speel…Chilli maak nie juis n verskil nie.

  • 4

    Bulls behoort die game te wen, as hulle nie weer so kak speel soos teen die Staat nie! Hoekom het Snorre nie vir Wynand vrygestel om teen die Staat te speel nie?
    Ek sou net die match 22 gerus het en al die ander ouens vrygestel het om die naweek CC te speel.

  • 5

    4 Ek sou net die 15tal gerus het. Jannie Dup, Langbek, Pakslae, Mechanic, Pienaar, Wynand, Adi ens kon almal gespeel het. Nie een van daai spelers is oorspeel nie.

  • 6

    ‘n Verkoopsman wat van deur tot deur loop, klop aan die soveelste

    deur: ‘n Seuntjie, so agt jaar oud, maak die deur oop.

    Hy het sykouse aan en ‘n satyn nagrok.

    In sy een hand is ‘n Martini en in die ander ‘n vet sigaar. (Ollie se seun)

    ‘Is jou mammie tuis boeta?’ vra die verkoopsman.

    Die seuntjie kyk stip na hom vir twee sekondes en antwoord stadig:

    ‘Lyk dit fokken so?’

  • 7

    Bulle MOET eenvoudig hierdie een wen….
    WP gaan bonuspunte slaan.

  • 8

    6
    Sorry Supa, ek het bedoel net die match 15. Soos jy sê het die ander ouens nie een meer as 30minute in enige van die games gespeel nie. Kan ook nie glo Snorre hou vol met Ricky nie. Moet beslis ‘n kwota ding wees.

  • 9

    7
    More Pietman.
    Hulle voorspel reen die week. En jy weet Boland hou altyd hul beste vir die WP op Bolandpark. Dit gaan ‘n taai een wees.

  • 10

    9 Nee man. GW en Bulle het Boland ver gewen. Julle behoort maklik te wen.

  • 11

    9# Hello KP.
    Lanklaas gesien, sorry, was gou uit na die rekenaardokter, virusse by ander besigheid se pc’s…
    Julle lekker langnawek gehou?
    Myne begin more, dan is ek lekker lank af by alles, gaan bietjie rondloop hier op die kuslangs.

    Nee wat, WP behoort maklik te wen, mag dalk netsukkel vir die bonus in die modder .

  • 12

    GW het Boland ver gewen, 73 punte
    Bulls het maar met 32 punte gewen
    Lions het maar met 6 punte gewen…..hehehe

  • 13

    11 Dink regtig WP sal maklik n bonuspunt kry. Boland en Luiperds is nie kompeterend nie.

  • 14

    12 Presies. WP behoort minstens met 25 punte te wen.

  • 15

    Ek het nou gou Bakkies se hit op Barnes gekyk!
    Daar is n clip op rugbydump.com, check bietjie.
    Net voor die clip is n foto van Barnes wat aan Bakkies se trui rem tydens die Gitau-voorval….hy moes dit seker maar nie gedoen het nie, Bakkies het hom amper vrek geduik daarna!

  • 16

    Hou nie van Nakalafokenvuki nie, maar die huidige WP span se vleuels/heelagter is darem net te fokken lig vir ordenlike rugby. En Frikkie Welsh is heeltemal te stadig om vleuel te speel. Gelukkig is dit nog vroeg in die seisoen, so die veld behoort darem nog speelbaar te wees.

  • 17

    Nee manne, Boland verander in ‘n ander dier as hy teen die WP speel, veral op Wellington. My Superbru sal wen vir WP wys, maar dit gaan broekskeur kos. Indien nat en daai veld is modder bad, gaan die bonuspunt geen definitief wees nie.
    Bulle behoort met Zane en veral Potgieter daar, te veel te wees vir Griekwas.

  • 18

    15 hehehe – ja daai was n helse tackle…hyt sommer heeltemal rigting verander.

  • 19

    13# WP kon nie laasjaar n bonus teen Boland in die nat kry nie (Fijiaan het die bal op die doellyn laat val), en dit het hulle n semifinaal gekos.

  • 20

    16 Naqelevuki het julle juis n bonuspunt gekos laasjaar!

    17 Nee wat Isi, WP sal bonuspunt wen kry. Laasjaar was die veld baie erger en die WP span swakker en die Boland span beter en WP sou n bonuspunt gekry het as Sireli nie aangejaag het nie.

  • 21

    Daai try van Gitua was darem self ‘n stukkie briljantheid!!

  • 22

    19 Pietman, die veld was laasjaar 700 maal erger as nou, hy was so te se onspeelbaar.

    Kan regtig nie glo julle is bekommerd oor Boland na Griekwas en die die Bulle hulle met 30 punte geklop het nie.

  • 23

    21 Ja, hyt FDP en Brussouw dink ek lekker gestep daar! Hys flippen rats.

    Moet gaan, praat later manne.

  • 24

    @22
    Ek was tot Donderdag aand nog baie +tief gewees dat ons die Griekwas ook gaan trap. Toe word DeWaal beseer, ons verloor lynstane, ons fucktup kaptein verloor op sy eie omternt meer balle as die res van die span saam en hy neem die stupidse besluite!! En toe ek weer sien, toe blaas die eindfluitjie!!
    Moet erken daai Griekwas span het ‘n klop goeie spelers. Die Bulls sal seker weer ruim koop daar…

  • 25

    24# Klomp KoopJanne!

  • 26

    25
    Jy weet dan….

  • 27

    Helloooooooo

    Fokkkkkkit, ek issie op spoed vandag nie…. lekwar moeg !

  • 28

    dont know whether this is old news, but i’ve just heard that most of the lions’ u21 team is in quarantine because of swine flu
    and that the ranks of senior players have also been depleted because of this
    ..
    can anyone confirm these stories?

  • 29

    25 Bwahaha!

    Hoe kom Tiaan, JAck, AJ, Anton, Duanne, Luke, Ricky, De Waal, Bobo, Jantjies, Welsh en nou ook Mossie by die WP???

    WP is die groot koopBalletSannies…. 😆

  • 30

    28

    Walter Venter has missed the last two games because of swineflu!

    My internet sny kort-kort uit. Loer netnou weer in.

Users Online

Total 33 users including 0 member, 33 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm