STEPHEN NELL

KAAPSTAD

Die Springbok-senter Jaque Fourie se plan om hom by die Westelike Provinsie aan te sluit sal vandag vet op die vuur wees in die Streeptruie se Curriebeker-rugbywedstryd teen die Goue Leeus op Nuweland.

Die Leeus gaan nie net verwoed baklei om hul veldtog op koers te hou nie, maar min dinge sal hulle meer genot verskaf as om die WP ’n bloedneus te gee.

Hierdie is immers twee unies wat nie ooghare vir mekaar het nie en die toutrekkery oor Fourie is maar net die jongste episode in ’n sepie waarin die wedywering van die veld af al lelik geraak het.

Die Springbok-vaskopstut Brian Mujati het ook die Leeus die rug toegekeer om hom op ’n omstrede wyse by die WP aan te sluit.

En wie sou die drama rondom die Rose-broers (Earl en Jody) se besluit om Johannesburg toe te trek, kan vergeet? Die WP het nooit gedink hulle gaan die Rose-boeties kwyt wees nie – veral nie nadat daar glo reeds ’n mondelinge ooreenkoms was om hul dienste te behou nie – maar toe tref die slegte tyding een aand.

Earl Rose speel terloops vandag heelagter vir die besoekers in ’n wedstryd wat hulle onder groot druk is om te wen. Die Leeus het tot op hede ewe veel wedstryde gewen as verloor.

Hulle móét eenvoudig wen om binne trefafstand van die voorlopers te bly.

Op hul beurt is die WP daarop uit om die eerste ronde van vanjaar se CB-reeks onder die voorste spanne af te sluit.

Die twee spanne bo hulle – Griekwas en die Haaie – meet vandag in Durban kragte.

Dit is dus vir die Streeptruie ’n realistiese doelwit om ná vandag tweede op die puntelys te lê.

Ofskoon niemand die Leeus onderskat nie, is dié ’n wedstryd wat die WP behoort te wen.

Sy kanse om dit te doen, het gister verstewig met die nuus dat die losskakel Peter Grant nie meer las het van spierspasmas in die rug nie. Sonder Grant sou die WP geen ander keuse gehad het nie as om die talentvolle, maar onervare Conrad Hoffman as losskakel in te span.

Die Leeus, wat reeds ’n tekort aan diepte het (nóg meer so nadat die slot Anton van Zyl hom vroeër vanjaar by die WP aangesluit het!), is boonop sonder staatmakers soos die flank Cobus Grobbelaar en die agtsteman Willem Alberts.

Dis nog twee redes waarom die WP as volslae gunsteling op die veld draf, maar in kragmetings waar die gemoedere hoog kan loop, wil jy nie met groot bravade voorspellings waag nie.

)?Die spanne is:

WP: Joe Pietersen, Tonderai Chavhanga, Juan de Jongh, Morgan Newman, Gio Aplon, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Luke Watson (k), Duane Vermeulen, Francois Louw, Anton van Zyl, Adriaan Fondse, Brock Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, JD Moller, Chris Jack, Pieter Louw, Conrad Hoffman, Frikkie Welsh, JJ Engelbrecht.

Leeus: Earl Rose, Dusty Noble, Alwyn Hollenbach, Doppies la Grange, Henno Mentz, Herkie Kruger, Jano Vermaak (k), Todd Clever, Franco van der Merwe, Derrick Minnie, Willem Stoltz, Nico Luus, Gert Muller, Hans van Dyk, JC van Rensburg. PLAASVERVANGERS: Derek Harwood, Kevin Buys, Johan Snyman, Johan van Deventer, Chris Jonck, Ruan Boshoff, Pieter Engelbrecht.

Skeidsregter: Mark Lawrence.

Grensregters: Ben Crouse, Eugenia Daniels.

TV-skeidsregter: JC Fortuin.

Verwagte toestande: Deels bewolk met ’n sterk suidooster; 18ºC.

31 Responses to Fourie se oorlopery is vet op die vuur

  • 1

    Curriebeker Janne!

  • 2

    If Fourie was playing today then there would be sparks.

    Today will just be another false dawn for the WP, they will klap a terrible Lions side, tell the world how great they are and then not make the semi’s [again].

  • 3

    Assistant ref- Eugenia Daniels, is dit n vrou? O hel pasop netnou kap die baas van Atletiek my weer. Maar die naam ? Is dit?

  • 4

    @Loosehead – Not a chance! You may be an expert on false dawns and semis 😆 but not on WP

    WP have a lot of talent at the moment in the team, just not so sure why Chris Jack is on the bench

  • 5

    @superBul – Klink soos een van dan 100 jaar name soos Eufesia, Eugenia, Euline

  • 6

    @JL1 – Typical WP arrogance! Lets get your pre-match check list out and see if you have ticked all the boxes yet:
    Personal insults – check
    Unparalleled jealousy – check
    Blowing smoke up your own arse – check
    Telling everyone how much talent you have – check
    self loathing – soon to come

    😆 😆 😆

  • 7

    @Loosehead – #6 No arrogance just support for my team, backing them to the hilt and understanding that they have developed over the last year to beat any team at the moment

    No jealousy, what of the Lions? who have not had any success at all.

  • 8

    @JL1 – Hey, don’t get me started on the Lions.

    If you take a look at the trophy cabinet at the Freesate Stadium you will still see the impression of the CC Trophy in the dust.

  • 9

    @Loosehead – #8 Free Sate were handed the trophy in watered down competitions with no Boks present. Talk about social welfare package

  • 10

    @JL1 – And it is the Boks fault that the Kiwi’s choked in the 1/4’s against the Frogs?

    But what the hell, WP didn’t lose in any of the finals which the Vrystaat won. 😆

  • 11

    Rower & WP_, you have both registered and you have both been APPROVED.

    Blog AWAY !!

  • 12

    Hellooooooooooooooooo Friends, muppits & moepels,

    What a wonderful day awaits us here on the blog, yet again !!

  • 13

    môre mense en blou bulle!!
    hoe gaan dit vandag?

  • 14

    Hello.

  • 15

    13@ashley – Hellooooooo Asbak!

    14@Pietman – Hello Pieta,

    Jinne mater, gisteraand het dit gekook op die blog… comments het so vinnig gegaan dat mens op ‘n stadium nie kon byhou deur te lees nie…. ek se jou

    Almal is gisteraand hier weg met ‘n mooooosa smile !

  • 16

    @grootblousmile
    GBS @15
    Hierdie blog se spoed is baie goed, dit gaan amper te vinnig….man wil nog dink dan het jy klaar ‘submit’!
    Dit werk regtig glad.
    Die game threads is lekker, dan kan man op een plek blog….ek raak deurmekaar as daar te veel garings is.

    Jy en Ed moet maar regstaan, sal seker n bedrywige dag wees hier.
    Ek het gister aan die slaap geraak, was te laat hier om die wedstryd te kyk, en ek ek het gister te lank in die son gebraai en bier gedrink, toe maak ek dit nie 🙂

  • 17

    Apoc184, you have registered and been APPROVED.

    Blog AWAY !

    To all recently registrated bloggers, our Registration Requirements are that CERTAIN INFORMATION is essential for our Database and for purposes of good governance here on the blog.

    To those who have not completed First Name and Surname Particulars, go do so immediately by updating your profile.

    That information stays with me and our Data Base and giving those bits of Information forms part of the Terms & Conditions you accepted and bound yourself to.

  • 18

    15@grootblousmile
    ek vertel gister vir pietman dat jy so ñ week of wat vir my gesê het dat jou vorige vrou ñ koei was

    toe’t ek net gewonder
    is daar dalk ñ konneksie tussen haar en daai “heilige koei” regs bo?
    😀

  • 19

    @ashley
    Carol se Lilith is ook n koei.
    Glo egter nie hierdie een is Lilth nie, sy is te mooi….die koei, meen ek

  • 20

    @ashley
    Lekker vinnig hol ou Ash nou weg vir GBS, hehehehehe!
    Hy is sommer dadelik af by guests on-line.

  • 21

    19@Pietman
    hehehe, sallie wetie!

  • 22

    18@ashley – My Ex-Draak is nou so vet koei met sproete (shame, sy was mooi toe sy jonk was)…

    Ek soen eerder die “Holy Cow” hierbo, oopbek, op die hol, voor ek die Ex-Draak weer soen….

    Die “Holy Cow” behoort in Kopiereg aan my kleinboet…. dis sy plek, Propaganda Studios

  • 23

    Sien julle manne by die rugby, kyk of ek vinnig n meeting kan afhandel voor die rugby…..oor spaarparte-uitvoere van alle dinge!
    Moet gaan stort en skeer gou, eish….
    Tjeers.

  • 24

    20@Pietman
    nee nee, eks nog hier.
    het ook al opgelet as mens paar keer refresh verdwyn ouens wat nie gereeld blog nie, se name van die users online lys af, alhowel ek vermoed hulle eintlik nog steeds aanlyn is.

  • 25

    @grootblousmile
    @22
    Maak dit dan maar n vinnige piksoen ….die een op die koei se hol ek meen 🙂

  • 27

    @ashley
    Ja, sien so.

  • 28

    @Pietman

    More mense.

    Pieta, spesiaal vir jou n game thread oopgemaak nou. Dan kan ons almal tot na die Tri-nations daar gesels. Dan sal ek n CC thread.

  • 29

    17@grootblousmile

    Gaan post dit sommer heelbo op die nuwe thread. Dan gaan almal dit lees.

  • 30

    @Supa Die Bloubul
    Thx.
    Praat later, ek hol eers (soos in hardloop, nie die koei sin nie…. 🙂 )

Users Online

Total 39 users including 0 member, 39 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm