Johann Thormahlen – Volksblad

’n Rits beserings het daartoe gelei dat die Vodacom Vrystaat-Cheetahs op Ashley Johnson se nommer moes druk om die gedugte lostrio van die Leeus te probeer tem.

 Dié belowende bossiekop is op agtsteman in die Vrystaters se beginspan vir die belangrike Absa Curriebeker-rugbykragmeting Saterdag hier met die Rooibontes ingesluit.

Die Vrystaters, wat sonder verskeie staatmakers moet klaarkom, se lostrio word deur beserings gery.

Francois Uys (agtsteman, knieligamente) sal nog ’n paar weke lank buite aksie wees, terwyl Hendro Scholtz (flank, harsingskudding) en Kabamba Floors (flank, enkelligamente) albei teen Griekwas seergekry het.

Scholtz sal eers aanstaande week oorweeg word, terwyl daar eers môre duidelikheid oor Floors se beskikbaarheid sal wees. 

Hy sal die meeste oefeninge mis-loop en as hy fiks is, op die bank wees. As hy nie reg is nie, sal Chris Dry ’n plaasvervanger wees. (Koos: ‘n Latere berig stel dat Kabamba onttrek het en dat Chris Dry, o.21 speler, hom wel sal vervang op die bank vir Saterdag).

Johnson, wat 110kg weeg, word in die laaste tyd as haker grootgemaak, maar is eintlik ’n losvoorspeler wat al baie keer sy staal in dié posisie getoon het.

Volgens Naka Drotské, breier, is Johnson eintlik ’n agtsteman en het hy die vermoë om op Absa Curriebeker-vlak te speel.

Hoewel hy reeds sedert 2007 vir die Vrystaters in die Vodacombeker-reeks diens doen, is Johnson die afgelope twee Absa Curriebeker-seisoene deur die Vrystaters aan die Griffons as leenspeler beskikbaar gestel.

Johnson was in dié tyd een van die staatmakers in die Perses se arsenaal.

Hoewel hy in die laaste tyd in die voorry diens gedoen het, is hy steeds ’n doring in die vlees by die afbreekpunte en dalk net wat die Vrystaters teen die Leeus nodig het.

Sy vermoë om balle af te neem en teenstanders se besit te ontwrig, kan waardevol wees.

Met ysters soos Willem Alberts, Franco van der Merwe en Cobus Grobbelaar in die Leeus se lostrio, sal dit ’n groot toets vir Johnson wees.

Op die aanval het dié agtsteman ook die krag en vaart om die voordeellyn oor te steek en momentum vir sy span op te bou.

Drotské sê daar is op Johnson vir die beginspan besluit omdat Floors dalk nie beskikbaar is nie.

“Ashley is ’n footballer en het baie vaardighede. Hy is iemand wat ’n mens in die diepkant kan ingooi,” sê hy.

In ander veranderings is Philip Snyman in Robert Ebersohn (enkel gebreek) se plek op senter gekies; en JW Jonker kry sy kans op linkervleuel in die plek van die beseerde Danwel Demas (knieligamente). Die linkervleuel Lionel Mapoe is ná ’n besering op die bank.

Die span vir die naweek is soos volg:

Cheetahs: Hennie Daniller, JW Jonker, Philip Snyman, Corné Uys, Jongi Nokwe, Jacques-Louis Potgieter, JP Joubert, Ashley Johnson, Frans Viljoen, Johan Wessels, David de Villiers, Nico Breedt, WP Nel, Adriaan Strauss (capt.), Coenie Oosthuizen.
Plaasvervangers: Richardt Strauss, Wian du Preez, Izak van der Westhuizen, Chris Dry, Tertius Carse, Louis Strydom, Lionel Mapoe

7 Responses to Johnson kry sy groot kans

Users Online

Total 65 users including 0 member, 65 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm