PRETORIA
Twee van hul Super14-helde en moontlik nóg ’n Bok of twee moet die Blou Bulle Saterdag in Kimberley help om weer op die wenpad te kom in Absa se Curriebeker-rugbyreeks.

Zane Kirchner en Dewald Potgieter gaan straks betyds fiks wees vir dié belangrike wedstryd teen die pasaangeërs in die reeks, terwyl Wynand Olivier en Chiliboy Ralepelle ook moontlik gekies kan word.

Olivier was nie Saterdag by die Bokke se wenpoging teen die Wallabies betrokke nie en Ralepelle het tot dusver in die Drienasies-reeks skaars gesweet ná hy as plaasvervanger ’n geringe bydrae gemaak het. Albei het in die laaste maand of wat min Bok-rugby gespeel en hoewel hulle nie amptelik deur die Bokke vrygestel is nie, blyk dit dat Peter de Villiers nie te onwillig is om veral sy tweedekeuse-haker wedstrydoefening te gee nie.

Dit maak nogal sin, hoewel Bandise Maku waarskynlik nie sal saamstem nie, aangesien hy vir Ralepelle sal moet plek maak.

Derick Kuün behoort steeds te begin en later deur Ralepelle vervang te word – ’n benadering wat met groot sukses deur Frans Ludeke, afrigter, in die verowering van die Super14-trofee gevolg is.

Kirchner het van die wangbeenbesering herstel wat hy teen die Westelike Provinsie opgedoen het en Potgieter se gewrigsbesering is nie so erg as wat aanvanklik gevrees is nie.

Potgieter se terugkeer sal verwelkom word, veral vanweë sy uitstekende samespel met Deon Stegmann en sy vermoë om die bal oor die voordeellyn te kry. Die Bulle het nie te sleg gevaar in dié opsig in Bloemfontein nie, maar Potgieter sal beslis meer woema bring.

Kirchner se terugkeer is ewe goeie nuus. Hoewel Tiger Mangweni uitstekende rugby in Kirchner se afwesigheid gespeel het, ken die Bok-heelagter elke aks van Kimberley se GWK-park.

Hy was verskeie seisoene een van die Poubloues se groot staatmakers voordat hy twee jaar gelede na Pretoria getrek het.

Dit lyk of Heini Adams nie die vlug Kimberley toe gaan haal nie. Hy het sy enkelligamente beseer en sal waarskynlik ’n week of twee buite aksie wees. Francois Hougaard sal die nr. 9-trui in Kimberley dra, met Ruan Snyman in alle waarskynlikheid sy adjudant. Snyman het gister saam gedraf toe die span by Loftus Versfeld geoefen het.

Volgens die Bulle se spanbestuurder, Wynie Strydom, gaan net ’n positiewe gesindheid die span help om die wa deur die drif te trek. “Die ouens weet hoeveel geleenthede hulle teen die Cheetahs gehad het en nou moet hulle boonop die onoorwonne span in die kompetisie op sy tuisveld aanvat. Dit gaan ’n enorme taak wees, maar soos ek die Blou Bulle as ’n span ken, nie een waarvoor hy sal terugdeins nie.”

39 Responses to Sterre terug vir ligbloues

  • 31

    gbs @ 27 bedoel jy soos in ….. “in my jong dae kon ek nog naweke party, nou besef ek net weer eks gans te oud vr daai goed!! (sug)”

  • 32

    28# Hos Ash.
    Yes, I have heard of Walter Venter.
    This thing can have a grave effect on our rugby season, if it spreads.
    Happened here, with the Ozzies ruled out of a hockey comp., they were blocked at the airport and sent back.

  • 33

    31 – Asbakkie,

    As dit maar net “party-moeg” was….. hehehe

    Neee man, ek het tot so 04:00 gewerk aan site development hier, julle sal dalk later vandag ‘n paar HEAVY veranderinge hier kokkenotch…

  • 34

    33
    o, ok
    gedog jy’s gans te oud vir parties
    ..
    ek hoop darem jy geniet die teeparties waarheen jy gereeld genooi word? 😉

  • 35

    pietman @ 32
    gewonder waar julle manne is
    die oggend het bietjie stadig begin!!

  • 36

    33
    Laat kom maar. Ek het myself afgeboek vir die dag, het vanoggend bietjie soos ‘n hond gevoel. maar voel darem nou weer beter

  • 37

    35# Bietjie in en uit hier ook, ek gaan more vir n paar dae op verlof, nou is hier allerhande los joppies wat opkom.
    Reen n hond uit n bos boonop hier, en van my rekenaars by die kroeg het virusse…en allerhande sulke kuk en hare.

    Terloops, ek sien Schoonspruit het verloor 36-5….ek het nou vergeet teen wie, Hopefield?

  • 38

    34#
    Ek weet Grey het hulle naweek toernooi êrens in Gauteng afgestel weens H1N1. Lions o/21 game was ook gekanseleer.

  • 39

    Van wanneer af is Zane en Chilli sterre??? WTF?

Users Online

Total 46 users including 0 member, 46 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm