Jesse Kriel

Jesse Kriel

Regular captain and No 8 Pierre Spies is back at the helm of the Vodacom Bulls when they take on the Hurricanes at Loftus Versfeld on Friday in Round 2 of the Vodacom Super Rugby competition.

Spies takes over the captaincy from Victor Matfield and the No 8 jumper from Arno Botha, who picked up an injury in the Vodacom Bulls tournament opener last weekend against the DHL Stormers.

The regular Bulls leader was eased back into action off the bench, but is now fit to start in a team that shows 4 changes to the starting line-up and 6 all-together from the one that started their campaign with a disappointing loss against the Cape side.

Spies comes in for Botha, with his place on the bench taken by rookie loose forward Hanro Liebenberg, who could earn a first start should he take to the field.

The injury to Werner Kruger also resulted in a front row shuffle. Trevor Nyakane will move from the left side of the front row to the right and Morné Mellett off the bench into the No 1 jersey.

A fit-again Dean Greyling will take Mellett’s place on the bench.

The other unforced change is at fullback where Jesse Kriel will start, with Jurgen Visser moving down to the bench in a straight swop with the Junior Springbok player.

This will be Kriel’s first start after 2 appearances off the bench.

Vodacom Bulls coach Frans Ludeke admitted that the forced changes to his pack will add to the pressure that resulted from last week’s poor result.

“There is always pressure and the fact that we have 5 frontline props out with injury does not make it any easier. We have good depth though and we back our junior structures, so I am comfortable that we will be a very competitive outfit on Friday.”

Spies also backed the young guns in the team.

“Yes, we have a couple of younger guys in the team, but they are definitely good enough to play here. They bring lots of energy in the mix and we will need a healthy dose of that to compete on Friday against the Hurricanes, who will be full of confidence following their win last weekend.”

A step-up from last weekend was also not negotiable, he insisted.

“We know we were not good enough. We did not play the important moments well and made silly errors that cost us dearly. Everyone is ready to make the step-up,” the captain said.

 

Vodacom Bulls – caps in brackets: 15 Jesse Kriel (2), 14 Bjorn Basson (72), 13 JJ Engelbrecht (50), 12 Jan Serfontein (29), 11 Francois Hougaard (73), 10 Handré Pollard (14), 9 Piet van Zyl (45), 8 Pierre Spies (104, Captain), 7 Lappies Labuschagne (28), 6 Deon Stegmann (80), 5 Victor Matfield (139), 4 Jacques du Plessis (16), 3 Trevor Nyakane (43), 2 Adriaan Strauss (106), 1 Morné Mellett (25)
Replacements: 16 Callie Visagie (39), 17 Dean Greyling (54), 18 Dayan van der Westhuizen (0), 19 Grant Hattingh (35), 20 Hanro Liebenberg (0), 21 Rudy Paige (8), 22 Jacques-Louis Potgieter (56), 23 Jurgen Visser (26).

 

Milestones:

  • There are 3 centurions in the squad line-up. Victor Matfield 139 (Bulls 131 & Cats 8); Adriaan Strauss 106 (Cheetahs 97, Bulls 9) and Pierre Spies 104 (all Bulls)
  • Coach Frans Ludeke will extend his Vodacom Super Rugby as most experienced coach ever – He has coached the Vodacom Bulls in 110 matches and the Cats in 24 for a tally of 134.
  • Victor Matfield will extend his Vodacom Bulls record as their most capped Super Rugby player to 140. It also is his 16th season of Vodacom Super Rugby, a record he shares with Tony Brown and Tana Umaga.
  • Should he take to the field, Dayan van der Westhuizen will make his Vodacom Super Rugby and Vodacom Bulls debut.
  • Should he take to the field, Hanro Liebenberg will make his Vodacom Super Rugby and Vodacom Bulls debut.

 


Sy gereelde kaptein en Nr 8, Pierre Spies, is weer op sy pos en sal die Vodacom Bulls Vrydagaand op Loftus Versfeld op die veld lei in hul Vodacom Super Rugby wedstryd teen die Hurricanes.

Spies neem die kapteinskap oor van Victor Matfield en die Nr 8 trui van Arno Botha.

Botha is in die openingswedstryd van vanjaar se reeks verlede naweek teen die DHL Stormers beseer en Spies, wat as plaasvervanger begin het, skuif op tot in die beginspan. Hanro Liebenberg neem Spies se plek op die bank en kan sy debuut vir die Vodacom Bulls in die kompetisie maak.

Die Vodacom Bulls-afrigter, Frans Ludeke, moes ‘n nuwe voorry kies vir die stryd teen die Hurricanes, met Werner Kruger wat weens ‘n enkelbesering ‘n geruime tyd buite aksie sal wees.

Trevor Nyakane skuif van loskop na vaskop en Morné Mellett word van die bank bevorder om op loskop te sak. Dean Greyling is weer fiks en begin as plaasvervanger-stut.

Die enigste ongedwone verandering is op heelagter waar Ludeke vir Jesse Kriel laat begin en Jurgen Visser wat afskuif bank toe. Dit is Kriel se eerste keer in die beginspan na 2 verskynings as plaasvervanger.

Ludeke erken daar is bykomende druk na die span in sy openingswedstryd vasgeval het en ‘n rits stutte krank is.

“Daar is altyd druk en die feit dat soveel soos 5 van ons stutte nie beskikbaar is nie, maak dit nie makliker nie. Ons het egter goeie diepte en ons onderskryf ons junior strukture om spelers deur te bring, so ek is vol vertroue dat ons mededingend sal wees,” het die breier gese.

Spies het ook sy vertroue in die jonger spelers uitgespreek.

“Daar is ‘n hele paar van hulle, maar hulle is beslis goed genoeg, anders sou hulle nie hier wees nie. Jongelinge bring altyd nuwe energie en entoesiasme en ons gaan beide nodig he teen ‘n Hurricanes-span wat vol selfvertroue sal wees na hulle wen verlede naweek.”

Die Vodacom Bulls sal ‘n beter vertoning lewer, het Spies verseker.

“Dit is nie eens debatteerbaar nie, ons moet eenvoudig beter wees. Teen die Stormers het ons nie die belangrike oomblikke van die wedstryd benut nie en sagte oomblikke gehad wat ons gekos het. Almal besef ons moet beter.”

 

Vodacom Bulls – wedstryde in hakkies: 15 Jesse Kriel (2), 14 Bjorn Basson (72), 13 JJ Engelbrecht (50), 12 Jan Serfontein (29), 11 Francois Hougaard (73), 10 Handré Pollard (14), 9 Piet van Zyl (45), 8 Pierre Spies (104, Kaptein), 7 Lappies Labuschagne (28), 6 Deon Stegmann (80), 5 Victor Matfield (139), 4 Jacques du Plessis (16), 3 Trevor Nyakane (43), 2 Adriaan Strauss (106), 1 Morné Mellett (25)
Plaasvervangers: 16 Callie Visagie (39), 17 Dean Greyling (54), 18 Dayan van der Westhuizen (0), 19 Grant Hattingh (35), 20 Hanro Liebenberg (0), 21 Rudy Paige (8), 22 Jacques-Louis Potgieter (56), 23 Jurgen Visser (26).

 

Notas:

  • Daar is 3 spelers met meer as 100 wedstryde. Victor Matfield 139 (Bulls 131 & Cats 8); Adriaan Strauss 106 (Cheetahs 97, Bulls 9) en Pierre Spies 104 (almal Bulls).
  • Afrigter Frans Ludeke is in beheer van sy 135ste wedstryd, ‘n toernooirekord. Hy het reeds in 110 Super Rugby wedstryde die Bulls afgerig en die 24 vir Cats, vir ‘n groottotaal van 134 Super Rugby wedstryde).
  • Victor Matfield speel in sy 140ste wedstryd (‘n SA rekord) en sy 132ste vir die Vodacom Bulls, ‘n franchise rekord. Dit is sy 16de seisoen van Vodacom Super Rugby, ‘n rekord wat hy deel met Tony Brown en Tana Umaga
  • Sou hy speelkans kry, sal Dayan van der Westhuizen sy Vodacom Super Rugby en Vodacom Bulls debuut maak.
  • Sou hy speelkans kry, sal Hanro Liebenberg sy Vodacom Super Rugby en Vodacom Bulls debuut maak.

100 Responses to Super Rugby: Bulls – Kriel at No 15, Trevor at No 3, Spies as captain… for Canes clash

  • 91

    OK, vrinne… ek is klaar vir die aand, ek gaan in.

    Groente van deur tot deur!

  • 92

    grootblousmile wrote:

    Wat dink julle van Nollis Marais?

    Hy’s ‘n goeie afrigter

    Lees die ou op die Bulls site se voorstel, ek dink hy’t dalk ‘n punt beet

    “Ek dink Frans word onredelik vir al die Bulls se probleme verkwalik. Daarmee wil ek hom nie verontskuldig nie, want ek dink hy het nie Heyneke se balls om moeilike besluite te kan neem om van ouens ontslae te kan raak wat nie slaag nie. Onthou julle nog die storie van Heyneke se pel en mede-afrigter daar in die beginjare, Mike Bailey?

    Soos Heyneke besef het Mike is nie die man wat sy span se tekortkominge kan aanspreek nie, moes Frans ook lankal besef het hy kort iemand anders om sy voorspelers te brei. Goeie ou Wessel Roux SLAAG EENVOUDIG NIE DIE TOETS as skrumafrigter nie!

    Dit gaan verder. Dis ‘n sensitiewe saak, maar ek glo Victor Matfield is een van ons kernprobleme. Hy werk al sedert 2012 met die voorspelers (sedert 2013 as amptelike voorspeler-afrigter!) en ons sien eenvoudig die gebrekkige resultate elke week met ons eie oë! As julle dink die Bulls/Blou Bulle het nou ‘n krisis, wag mat tot Victor en sy pel, Fourie du Preez die leisels oorvat! HKGK!!

    Dan praat ek nie eers van Matfield se terugkeer as speler nie. DIS ‘n SIEK SITUASIE!

    Die Bulls se bestuur hoef nie verder as Pote Human te kyk as voorspeler-afrigter nie. Hy is nou in sy tweede jaar as Tuks-afriger en die resultate begin DUIDELIK wys. Enigiemand wat Tukkies Maandag in aksie gesien het, sal hoendervlel kry van opwinding as hy dink aan die moontlikhede as Pote die Bulls se pak onder hande kan neem. GEEN SPAN in die Curriebeker kon dryf en maal soos Griekwas toe Pote hulle afgerig het nie. En onthou, Pote was Heyneke se voorspeler-afrigter in die suksesvolle Curriebeker jare tussen 2002 en 2006, asook die Superrugby era tussen 2005 en 2007!”

  • 93

    Julle moet ophou om vir Frans die skuld te gee…….hier is die regtige culprit

    Attachment:

  • 94

    92 @ Victoriabok:
    Op hierdie stadium vat ek enige afrigter bo dit wat die Bulle nou het vir die voorspelers en vir die agterspelers!

    Dis nogal interessant dat jy noem dat Pote Human Heyneke Meyer se voorspelerafrigter by die Bulls was in die suksesvolle jare… jy is reg hulle kan hom maar naderroep!

    Nollis Marais het net soveel sukses met Tuks en met die Bulle se junior spanne bereik… en sy voorspelerpakke is altyd sterk, so dis ook wat my aanbetref ‘n goeie opsie.

    Pote Human sal ook nie enige kak en slapgatheid duld nie, hy kan glo ‘n moeilike etter wees die dag as hy moer pluk met sy spelers…. en dis wat die Bulls nodig het, want onder Frans Ludeke is daar so diplomatiese slapgat aura wat uistraal buitetoe en seersekerlik ook na die spelers se kant toe!

    So, wat die ou basies voorstel, as ek jou reg lees, is dat Ludeke die ballas moet groei om Wessel Roux, Victor Matfield en Slapchips in die pad te steek en vir Pote te betrek as Voorspelerafrigter.

    Vir my gaan dit effe verder, die Bulls Top-bestuur moet ontslae raak van Frans Ludeke en Xander Janse van Rensburg ook, sowel as Wessel Roux en Slapchips… hulle moet skoon vee en hard vee… en ‘n gesonde kern afrigters aanstel wat die manne kan vasvat… en ‘n High Performance Manager aanstel wat WEET hoe om te onderhandel, nie hierdie slapgat Xander nie.

  • 95

    Ek het ook al opgelet dat die kwaliteit van die Bulls Babes ook die laaste paar jaar afgeneem het saam met die bulle se spel (dit kan ook andersom wees). Daar lyk my is nie meer motivering nie.

  • 96

    hmmm …
    klaarblyklik nie meer Blou Bulle nie, maar nou eerder Vrome Tollies …

  • 97

    I will do a number of new News Articles a bit later, just a little heads-up here so long:

    Hurricanes side for Bulls clash: 15 Jason Woodward, 14 Cory Jane, 13 Conrad Smith (Captain), 12 Ma’a Nonu, 11 Julian Savea, 10 Beauden Barrett, 9 TJ Perenara, 8 Blade Thomson, 7 Callum Gibbins, 6 Brad Shields, 5 James Broadhurst, 4 Mark Abbott, 3 Ben Franks, 2 Dan Coles, 1 Reggie Goodes
    Replacements: 16 Brayden Mitchell, 17 Jeffery Toomaga-Allen, 18 Chris Eves, 19 Ardie Savea, 20 Victor Vito, 21 Chris Smylie, 22 James Marshall, 23 Matt Proctor

    Chiefs side for Brumbies clash: 15 James Lowe, 14 Bryce Heem, 13 Charlie Ngatai, 12 Sonny Bill Williams, 11 Hosea Gear, 10 Aaron Cruden, 9 Brad Weber, 8 Maama Vaipulu, 7 Sam Cane, 6 Liam Messam (Captain), 5 Michael Fitzgerald, 4 Matt Symons, 3 Siate Tokolahi, 2 Hika Elliot, 1 Jamie Mackintosh
    Replacements: 16 Quentin MacDonald, 17 Pauliasi Manu, 18 Ben Tameifuna, 19 Brodie Retallick, 20 Tevita Koloamatangi, 21 Augustine Pulu, 22 Damian McKenzie, 23 Seta Tamanivalu

  • 98

    grootblousmile wrote:

    92 @ Victoriabok:
    Pote Human sal ook nie enige kak en slapgatheid duld nie, hy kan glo ‘n moeilike etter wees die dag as hy moer pluk met sy spelers…. en dis wat die Bulls nodig het, want onder Frans Ludeke is daar so diplomatiese slapgat aura wat uistraal buitetoe en seersekerlik ook na die spelers se kant toe!

    Ek onthou hoe goed ons pak was met hom daar en ook Griekwas s’n

    Hy was ‘n harde speler op sy dag ook, ek onthou die groot no 8 met die baard wat vir Vrystaat gespeel het, voor Vrystaat het hy vir OP gespeel

    Daardie dae moes hy teen ouens soos Pote, Adri en Wiese gespeel het, so hy ‘n hardegat genoeg

  • 99

    MacroBull wrote:

    Ek het ook al opgelet dat die kwaliteit van die Bulls Babes ook die laaste paar jaar afgeneem het saam met die bulle se spel (dit kan ook andersom wees). Daar lyk my is nie meer motivering nie.

    Jy’s reg die ou Bulls Babes was “scratch golfers”, hulle was farkin hot en het geen voorgee nodig gehad nie

    Die huidiges het voorgees van ‘n sixpack bier tot twee bottels Brandewyn nodig voordat jy hulle sal bykom 😛

  • 100

    grootblousmile wrote:

    92 @ Victoriabok:
    Nollis Marais het net soveel sukses met Tuks en met die Bulle se junior spanne bereik… en sy voorspelerpakke is altyd sterk, so dis ook wat my aanbetref ‘n goeie opsie.

    Wie was die ou wat so goed was by die Bulle se Juniors en toe ook weg is?

    Ek dink hy’s Leeus toe?

Users Online

Total 870 users including 0 member, 870 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm