Derick Minnie

“Cheers vir eers!” Derick Minnie op pad vorentoe Saterdag teen die Bloubulle op Ellispark.

Niemand wil dit hard sê nie, maar almal weet dit: Suid-Afrikaanse rugby is in die #2%$.

Vir diegene wat onlangs uit ’n diep slaap uit ontwaak het, hier is die feite: Net een Suid-Afrikaanse span kon dit tot in ’n Super Rugby semi-finaal maak. En daar het hulle ook in die pomp geduik. Die ander klomp – die Bulle, Stormers, Leeus en Cheetahs het redelik swak gedoen.

Hoe kan ’n land soos Suid-Afrika, wat meer spelers as Nieu-Seeland en Australië saam het, so sleg uit die bus uit bliksem?

Om daardie vraag te beantwoord, moet ons teruggaan tot ons terugkeer tot internasionale rugby in 1992.

Dan sal ons sien dat ons intussen nooit pasaangeërs was nie. Nie met taktiek nie en nie met afrigting nie.

www.meneertv

’n Mens weet nie of dit ’n stiksienigheid is nie en of dit ’n naïewe arrogansie is dat ons “niks van ander mense hoef te leer nie’’ maar die bottom line is dat al ons suksesse berus het op buitengewone omstandighede. En, natuurlik, ’n hardkoppige vegtersinstink.

Vat nou maar die 1995 Wêreldbeker. Ons het Mandela magic en tuisveldvoordeel in ons guns gehad. Maar moenie vergeet van die dodgy oorwinning oor Frankryk waar Abdelatif Benazzi se drie op Kingspark nie toegeken is nie. As dit was, sou ons gelykop gespeel het en nie in die finaal gewees het nie.

In 2007 het ons ’n easy ride finals toe gehad, sonder dat ons teen Nieu-Seeland of Australië hoef te gespeel het.

As jy ’n beter barometer van ons spel wil hê, moet jy na kyk na die Drienasiereeks en Superrugby omdat dit elke jaar plaasvind. Dan sal jy besef hoe ons eintlik sukkel teen Nieu-Seeland en, heeltemal te veel teen Australië.

Sommige manne sal vir jou sê dat die Bulle die titel drie keer kon wen en hulle sou korrek wees. Maar wat hulle nie weet nie is dat daardie sukses teen ’n prys gekom het. Want daardie prys was die onmiddelike toekoms van Suid-Afrikaanse rugby.

Want die top Suid-Afrikaanse span se taktiek was en is steeds een van groot voorspelers, stormramlopies in kanaal een en die eentonige up and under. Keer op keer op keer.

In die proses is instinktiewe spelers soos Francois Hougaard gesteriliseer omdat net die Fourie du Preez-tipe skrumskakel daar kan werk. Gou, noem die Bulle se senters die afgelope paar jaar… dis moeilik. Wynand Olivier is vir sy blonde hare onthou, maar die res? Want die bal is op die aanval meestal deur Steyn in die lug op geskop vir Bryan Habana, Gerhard van den Heever, Bjorn Basson, Akona Ndungane en Zane “Die Niknaks Man” Kirchner om te probeer terugwen.

Vir ’n paar jaar was dit sukesvol (die Argentyne het al die up and under-tegniek met vrug in die 2007 Wêreldbeker gebruik om Frankryk tot skoknederlae te dwing). Die ander ding wat nooit verander het nie, is Suid-Afrikaanse spanne se voorliefde om in teenstaanders vas te hardloop in ’n poging om hulle plat te hardloop. En tog kry hulle dit nooit reg nie.

Daar is ’n gesegde wat lui dat net ’n mal mens dieselfde ding oor en oor sal doen en ’n ander uitkoms verwag. Maar steeds probeer die meeste SA spelers om bo-oor Australiese en Nieu-Seelandse teenstaanders te hardloop. En almal weet wat gebeur.

Sedert die Bulle se suksesse met hulle beperkte spelpatroon ’n paar jaar gelede het min vooraanstaande plaaslike spanne regtig met innoverende spelpatrone vorendag gekom.

Om dit in perspektief te stel: Die tweede “nuwe spelpatroon’’ na die Bulle se skop-en-storm-filosofie, was toe Rassie Erasmus omtrent vyf jaar gelede die Stormers laat speel het sonder om te speel – maar eerder op verdediging te konsentreer. En in die jare daarna het Allister Coetzee self nie regtig met iets nuuts vorendag kon kom nie.

En dis die WP, ’n unie wat saam met die Vrystaat nog altyd bekend was vir sy aanskoulike hardlooprugby. Maar nee, seg Allister met ’n straight face, “ons speel beter sonder die bal’’.

Miskien is dit omdat ons spelers van nature groot is dat hulle so min vaardighede ontwikkel. Daarom wil jy jou hare uit jou kop uit trek elke keer as Frans Ludeke of Allister Coetzee ’n nederlaag toeskryf aan die feit dat die manne “nie akkuraat was in die uitvoering van die wedstrydplan nie’’ en dat hulle “nie by die strukture gehou het nie’’.

Wel, dis die probleem – die strukture en wedstrydplanne is kak. En selfs al is jy “akkuraat” daarmee, gaan die Australiese en Nieu-Seelandse opponente jou steeds ore aansit.

’n Goeie voorbeeld hiervan is Jacques Potgieter wat vanjaar vir die Waratahs gaan speel het en toe sommer sy eerste Superrugbytitel verower het.

As hy in Pretoria gebly het, sou hy net nóg ’n stampkar gewees het. Maar onder Michael Cheika se leiding is hy ook geleer om sy brein te begin gebruik.

’n Ander voorbeeld is die geniale Willie le Roux. Goddank die WP het hom nie as goed genoeg vir die Stormers beskou toe Le Roux nog vir die naburige Boland gespeel het nie.

Gelukkig is hy daarna Griekwas en toe Cheetahs toe. Dis hoekom sy aanvallende instinkte nie wegge-coach is deur bleeksiele soos Frans Ludeke, Allister Coetzee en nou, Jake White van die Sharks nie.

Hy is die een speler wat ’n vonk in die Springbok-agterlyn kan verskaf. Maar dit bring jou by ’n ander probleem: wat doen hulle as Willie seekry? Gaan hulle weer vir Zane “Die Niknaks Man” Kirchner inspan? Want dis wat Heyneke vir baie lank gedoen het.

Dit was indrukwekkend om te sien hoe die Leeus Saterdag die Bulle verneder het. Dis nou ’n span met geen groot name in nie. Een wie se kanse om Superrugby te speel ’n jaar gelede nog in die weegskaal was. En by the way, dis die derde keer dat hulle die Bulle in ’n ry wen. Die Bulle het eenvoudig geen antwoord gehad nie.

Waarom speel die Leeus sulke goeie rugby met soveel nobodies?

Die antwoord lê in hulle afrigting en spelfilosofie. En hoewel Johan Ackermann al die krediet verdien wat na sy kant toe kom, sal net ’n baie dom ou ontken dat hy nie iets by Jon Mitchell en Carlos Spencer geleer het nie.

Maar wag… was Mitchell nie ook ’n All Black-afrigter nie? Juis. Kom ons vergeet van Laurie Mains se aborsie by die Golden Cats en konsentreer op wat buitelandse kennis vir ons kan beteken.

As jy kyk na die Leeus se spelpatroon, sien jy dat hulle nie die vaste vasette afskeep nie – trouens, hulle skrum almal pap.

Maar dis wanneer hulle die bal het, wat die poppe begin dans. Om mee te begin doen hulle nie wat die Bulle, Sharks en Stormers doen en skop besit weg nie. Nee, hulle hardloop.

Maar hulle doen meer – hulle hou die bal lewendig. Dis die Nieu-Seeland velcro touch, waar dit van die een stel hande na die ander stel ondersteunende hande beweeg word en dis moerse moeilik om te neutraliseer (vra elke jaar vir die Springbokke).

Hulle is dodelik by die afbreekpunte en laat spanne soos die Bulle en Stormers senuweewrakke word omdat hulle weet dat elke keer as hulle met die bal begin hardloop, hulle waarskynlik die bal gaan verloor wanneer hulle getackle word – waarna die Leeus met ’n verwoestende teenaanval gaan begin. Dit klink bekend. Soos… ’n Nieu-Seelandse span, om die waarheid te sê.

Gepraat van buitelanders – moet ook nie Eddie Jones se waardevolle werk met die Wêreldbeker-Bokke in 2007 vergeet nie. Want as jy dink dat Allister Coetzee, wat die amptelike agterlynafrigter was, dit op daai vlak kan maak, moet jy in die Tokoloshe en die agteruitspeel van plate (wat dóén Sataniste deesdae met CD’s en iTunes?) glo.

Die Leeus hardloop ook nie in teenstaanders vas nie, maar hardloop vir die spasie tussen verdedigers. En skielik laat hulle die Bulle platvoet lyk. En die Stormers. En die Cheetahs.

Kan jy jouself indink wat Johan Ackerman sou regkry met ’n groot tjekboek en topspelers? Of dalk nie.

Dalk is die voorste spelers in SA al so gebreinspoel om soos dom stampkarre te speel dat dit te laat is.

Is dit nie ’n skande dat iemand soos Johan Ackerman nie na waarde geskat word nie?

Kom ons bid en hou duim vas vir Heyneke Meyer. Dit lyk of hy die groter prentjie raaksien. En mag hy nie ’n aar bars daar waar hy die game dophou en bevele oor die walkie talkie gee nie.

En intussen kan ons net sug oor Suid-Afrikaanse franchises wat te domonnosel is om oorsese afrigters te kry om nuwe bloed in ons verouderde spelpatrone te blaas.

Intussen moet ons kyk hoe spelers in opponente in vashardloop en die spel met up and unders afwissel.

37 Responses to Lag ‘n bietjie: Hoekom SA rugby in die #%* is

  • 31

    29 @ MacroBok:
    But many folk were raving about Engelbrecht last year when he was at the Kings and I think in general most Bulls fans were glad he was coming to us so what has happened? Did not see that Kings side in Super rugby but from what I have seen of his play at Edinburgh I think South African rugby teams possibly slipped up in not getting the services of possibly the very best player in that Kings loose trio – Cornell du Preez. I would even be bold enough to suggest that if Cornell was wanting to stay long term that as soon as he could be included in Scotland national team he would.

  • 32

    @ MacroBok:
    Regarding Jaques du Plessis way back when I heard of how well he did in that Junior World Cup and considering his stature and possible lack of quality number 5 locks I was advocating that he be shifted to no 5, this has not happened and since then Matfield has come out of retirement to paper over the cracks for now, but even with Matfield back I think du Plessis could have been shifted and rotated at no 5, what better player to learn from for that position that Matfield – he could have gained a lot of knowledge about playing there and had the benefit of extra physicality as well to bring to the roll.

  • 33

    @ Bullscot:
    maybe if we didn’t have so many injuries and departures in our loose forward department then du Plessis may well have ended up in the second row.

  • 34

    Right folk time to head out of here and off for lunch at SPUR, yip you heard it right we have a Spur here Approve

  • 35

    31 @ Bullscot:
    I was one of the guys who raved about Engelbrecht, he had a few storming runs for the Kings last year, It may simply be a case of the Bulls trio simply just not clicking, I do not know, but his contributions to Bulls rugby has been insignificant this year.

  • 36

    @ robzim:

    My point is that it’s pointless pontificating as to what might have been in the lament of the eternal loser.

    However I appreciate that it’s a popular pastime amongst Stormers fans.

  • 37

    @ gunther:

    Yeah, if we are really critical about it we will see that many or even most of the posts here are pretty pointless as it is often based on speculation,opinions, wishes, hopes, personal preferences, dreams, fears, etc..etc.

    But it is fine as Rugby is not Rock science (as FL has said).

Users Online

Total 81 users including 0 member, 81 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm