Heyneke Meyer

Heyneke Meyer

Frans Ludeke

Frans Ludeke

Die Afrikaanse Naweekpers het verskeie rugbyartikels geplaas en ons bespreek so klompie daarvan onder EEN Artikel.

(To our Non-Afrikaans readership, our apologies that you won’t be able to understand this article, however a very large contingent of our readers are Afrikaans, so we unashamedly accommodate them in this article. The News basically relates to Heyneke Meyer and Frans Ludeke possibly heading to Japan for coaching positions, Francois Hougaard being made available for Super Rugby duties at the Bulls during March to May and suggestions of Referee favouratism and blunders against the Blitzbokke in the Final at the Wellington Sevens Tournament this weekend).

Die nuutste aanduidings is dat beide Heyneke Meyer en die voormalige Vodacom Bulls afrigter, Frans Ludeke, nou in lyn is vir afrigtersposte in Japan.

Verder blyk dit ‘n feitlik uitgemaakte saak dat Francois Hougaard gedurende Maart tot Mei nie deel van die Blitzbokke groep sal uitmaak nie maar ‘n bedeling met die Vodacom Bulls gesluit het wat hom vir ongeveer 8 Super Rugby wedstryde gedurende Maart tot Mei beskikbaar sal stel.

Die laaste aspek wat bespreek word is aantuigings dat die Skeidsregter in die Finaal van die Wellington Sewestoernooi in Nieu-Seeland, seker blatante en ooglopende foute begaan het, om sodoende die Blitzbokke te laat verloor ten gunste van Nieu Seeland, wie op tuisbodem die kroon gevat het in die naweek se toernooi.

 

Heyneke Meyer:

Twee Japanse klubspanne vry hard na die dienste van die voormalige Springbokafrigter, Heyneke Meyer.

Daar word verneem dat hoewel Meyer nog met geen span ’n amptelike ooreenkoms gesluit het nie, onderhandel die Canon Eagles en ­Docomo Red Hurricanes glo reeds met hom.

Na verneem word kan ’n skuif na ’n Europese klubspan ook nie uitgesluit word nie.

Meyer het in Desember verlede jaar skielik as afrigter bedank ná Suid-Afrika se mislukte Wêreldbekerveldtog in Brittanje.

Meyer het na bewering sedertdien “baie van sy aandag” aan sy gesin en Oos-Vrystaatse wildplaas by Memel gegee, maar dat hy nou weer “so vinnig as moontlik” by rugby betrokke wil raak.

’n Moontlike skuif na Japan sal nie verbaas nie – aangesien daar tans nie juis plek is vir Meyer by sy vorige span, die Bulle, nie. Nollis Marais is tydens die Wêreldbeker as die Pretorianers se Superrugby-afrigter aangestel en sal ’n regverdige kans gegun word om sy eie stempel af te druk.

Meyer is glo ook tans te duur vir die Bulle, wat die laaste tyd van verskeie groot name ontslae geraak het om verligting vir hul knap begroting te bied.

Twee Suid-Afrikaners, Albert van den Berg en Kees Lensing, was die afgelope seisoen by die afrigting van die Canon Eagles se voorspelers betrokke.

Verskeie ander Suid-Afrikaanse breiers – insluitende Allister Coetzee (Kobe Kobelco Steelers), een van die gunstelinge om as Meyer se opvolger aangewys te word – brei ook tans in Japan.

Intussen kan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) gedwing word om Rassie Erasmus as tydelike Springbok-afrigter aan te wys vir die 3 Toetse teen Ierland in Junie.

Jurie Roux, SARU se huidige uitvoerende hoof in ernstige spêrvuur is in Desember opdrag gegee om self na Meyer se opvolger te soek. Na verneem word kan dié proses nou vertraag word, aangesien SARU Roux se toekoms Vrydag op ’n raadsvergadering sal bespreek.

 

Frans Ludeke:

Die kern van die Bulle se bestuurspan waarmee hulle in 2009 en 2010 die Superrugby-reeks gewen het – Frans Ludeke, John McFarland en Basil Carzis – gaan volgens ’n ingeligte bron in Japan herenig word.

Rapport verneem dat Ludeke in die plek van die voormalige Wallaby-losvoorspeler Toutai ­Kefu as die Kubota Spears se hoofafrigter aangestel sal word.

Ludeke het verlede jaar, 12 maande voordat sy kontrak as hoofafrigter verstryk het, besluit om sy bande ná ’n sukkelseisoen as Super-afrigter met die Bulle te verbreek.

Hy is daarna vir 3 maande as ’n konsultant deur Fidji vir die Wêreldbekertoernooi betrek.

Ludeke se prokureur, Gerrie Swart, het aangedui dat daar in dié stadium geen kommentaar gelewer kan word oor die bewerings nie. Hy het dit duidelik gestel dat enige beweringe dat sy kliënt by Kubota sal aansluit, in tans “blote bespiegeling” en “voortydig” is.

Een van Ludeke se voorwaardes om sy nuwe pos te aanvaar, was glo om sy voormalige Bul-bestuurslede aan te stel – ’n stap wat as ’n ongewone vergunning deur ’n Japanse klubspan beskou word. McFarland en Carzis is in 2012 by die Bulle weg toe Heyneke Meyer hulle oorreed het om deel van sy Springbok-bestuurspan te word.

McFarland was nog in verlede jaar se Wêreldbeker die Bokke se verdedigingsghoeroe en Carzis hul fiksheidskundige. Nie een van hul kontrakte is ná die rugbyskouspel deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) verleng nie.

Intussen maak nóg een van Heyneke Meyer se voormalige bestuurs­lede groot golwe in die Engelse Premier-sokkerliga.

Craig Roberts, die Springbokke se spandokter onder Meyer, het hom enkele weke ná die Wêreldbeker by die klubspan Bournemouth aangesluit.

Sedert sy koms het die “Cherries” reeds met onder meer Manchester United afgereken.

 

Francois Hougaard:

Francois Hougaard sal eersdaags weer op Loftus Versfeld uitdraf nadat die Blou Bulle Maatskappy ’n ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) bereik het.

Hougaard, wat vroeër vanjaar besluit het om homself by die Springbok-sewesspan te skaar, eerder as om in die Superrugby-reeks te speel, sal vanaf Maart vir minstens 8 wedstryde vir die Bulle beskikbaar wees.

Dié ooreenkoms is nog nie gefinaliseer nie, maar daar word verneem dit is “so te sê afgehandel” – met die finale toestemming wat net deur SARU gegee moet word.

Neil Powell, die Blitsbok-afrigter, het by navraag gesê hy verwag om Hougaard vir nog net 3 toernooie – Sydney, Las Vegas en Vancouver – te gebruik voordat hy hom op die Superreeks toespits.

Hougaard sal dan weer in Junie by die Blitsbokke aansluit vir die laaste 2 toernooie in die reeks in Londen en Parys om homself ’n kans te gee om die span na die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro te haal.

Die Bulle het reeds 2 Springbok-skrumskakels in Rudy Paige en Piet van Zyl, maar Hougaard het homself verlede jaar op vleuel bevind – en die kans is goed dat hy tydens die seisoen weer dáár gebruik sal word. Sy kontrak met die Bulle het verlede jaar verstryk en tans het hy net ’n Sewes-kontrak van SARU.

Xander Janse van Rensburg, hoëprestasiebestuurder van die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU), het bevestig dat hulle ’n aanbod aan Hougaard gemaak het.

“Ons sal hom graag terug op Loftus wil kry. As alles uitwerk, sal hy van middel Maart tot einde Mei by ons inval,” het Janse van Rensburg gesê.

Die ooreenkoms voorsien dat Hougaard 8 wedstryde vir die Bulle kan speel, insluitende op hul toer na Australasië. Hougaard se ervaring tel ook baie, veral vir afrigter Nollis Marais, wat ’n groep jong en onervare spelers het voor vanjaar se toernooi.

Die Springbokke Handré Pollard en Deon Stegmann is boonop beseer.

Hougaard het ’n aanbod van die Engelse klub Worcester gekry, maar dis hoogs onwaarskynlik dat SARU, met wie hy ’n kontrak het, hom sal toelaat om die land vir ’n paar maande te verlaat.

Daar was gerugte dat hy vir die Southern Kings sou uitdraf, maar met die swak finansiële situasie van dié streek lyk ook dít onwaarskynlik. Die kans is goed dat hy ná die Olimpiese Spele oorsee sal speel, met Frankryk of Engeland glo sy top-keuses.

 

Skeidsregter-skandes in Wellington Sewes:

Nog skeidsregter-skandes het die Blitsbokke Sondag van ‘n sege oor Nieu-Seeland beroof.

Dié keer in die Eindstryd van die Wellington-Sewestoernooi waar die tuisspan met 24 / 21 oor Suid-Afrika geseëvier het.

Met ‘n oop doellyn voor hom is Cheslin Kolbe teruggeroep ná die skeidsregter beslis het Seabelo Senatla se aangee na hom was vorentoe. Die kykweer het ‘n ander prentjie geskets.

Saterdag in die groepfase van die toernooi is die Blitsbokke ook met strafskoppe in die 2de helfte gepeper en die Kiwi’s het dié stryd ook met ‘n drie in die doodsnikke gewen.

Een van die strafskoppe het tot die wendrie gelei. Die Blitsbokke het toe ‘n Kiwi-aanvaller in die lug gehou, maar die skeidsregter het beslis dat dit nie ‘n rolmaal gevorm het nie. Die Blitsbokke is toe gestraf omdat hulle nie weggerol het toe die bondel platgetrek is nie.

Joe Webber het Sondag die harte van Suid-Afrika gebreek met die wendrie wat hy in die hoekie gedruk het. Voor dié drie was die Blitsbokke op 21 / 19 op pad ná ‘n 1te sege in jare in die Nieu-Seelandse hoofstad.

Maar die beker was nie vir hulle beskore nie, al het hulle ‘n heldhaftige vertoning gelewer.

Danksy die 2de plek is die Springbok Sewesspan nou met 54 punte die voorste span ná 3 toernooie op Wêreldrugby se Sewesreeks. Fidji en Nieu-Seeland is onderskeidelik kort op hul hakke in die 2de en 3de plek.

Die Blitsbokke het in Sondag se eindstryd in die 1te halfte op ‘n tyd met 14 / 0 voorgeloop danksy drieë deur Philip Snyman en Rosko Specman. Hulle het Nieu-Seeland voos gehardloop en nie sommer balbesit aan die tuisspan gegee nie.

‘n Verbroude duikslag deur Kwagga Smith het ‘n drie aan Akira Ioane kort voor die rustyd besorg om die Kiwi’s terug in die stryd te kry.

Sonny Bill Williams het ‘n louwarm begin tot sy sewesloopbaan gehad en ‘n wilde aangee kort na die 2de halfte begin het, het die Blitsbokke nog ‘n drie besorg toe Francois Hougaard die bal puik opgepik het en aan Seabelo Senatla uitgegee het. Senatla het ore platgetrek en onder die pale gaan druk vir ‘n voorsprong van 21 / 7.

Maar sowat 3 minute voor die eindfluitjie is Rosco Specman vir ‘n professionele oortreding gegeelkaart en vir 2 minute moes die Suid-Afrikaners met 6 spelers hul voorsprong verdedig.

Rieko Ioane het egter in die tyd 2 keer gaan druk om sy span terug in die wedstryd te kry.

Daarna het die Kiwi’s in die doodsnikke met ‘n poging van meer as 90m vorendag gekom om die wendrie in die hoekie te druk.

Vroeër Sondag het die Blitsbokke behoorlik gekook en Fidji ‘n liederlike sewesles in die halfeindronde van die toernooi gegee. Suid-Afrika het met 31 / 0 gewen om sy plek in die eindstryd te bespreek.

In die kwarteindronde teen Australië het die Blitsbokke ook korte mette van hul teenstanders gemaak en dié stryd douvoordag Sondag met 28 / 12 beklink.

 

Rapport

12 Responses to Afrikaanse Naweekpers: Japan wink vir Heyneke Meyer & Frans Ludeke, Francois Hougaard to play for Bulls, Skeidsregter-skandes in Wellington Sewes in Finaal

  • 1

    Ek het die Finaal van die Wellington Sewes weer gekyk… en hierdie beweringe ingedagte gehou.

    Ek moet nogal saamstem, elke skeidsregterbeslissing het teen die Blitzbokke gedraai in die 2de halfte… en verskeie Nieu-Seeland foute is oorgesien of laat aangaan totdat daar ‘n gunstige situasie was om vir die Nieu-Seelanders te blaas.

    Maar nouja, die Blitzbokke moet leer om wedstryde toe te maak, wanneer hulle gerieflik voorloop… dit sal die Blitzbokke net aanspoor om teen hierdie tipe teenkanting te verbeter, in ‘n jaar waarin die Olimpiese Spele so uiters belangrik is.

  • 2

    Sal nogal goed wees as Hougie vir die Bulls beskikbaar is in Maart tot Mei… backup op Nr 9 maar mynsinsien is belangriker sy rol as vleuel om die youngsters in die agterste 3 saam te snoer.

    Ons kort so bietjie ‘n ou ervare kop daaragter, tussen die jonges met baie belofte.

  • 3

    here
    francois hoogard is announced to Lyon (LOU) next year
    and du preez is looking for a two years contract in europe (anywhere)

  • 4

    @ rebop75:
    Hi rebop75 thanks for the information, this is the first I have heard of this. Do you have any more detail about Hougard’s move to Lyon, length of contract etc?

  • 5

    @ Bullscot:
    The french press often name the wrong player… but this is what i found.

    http://www.leprogres.fr/lyon/2016/02/02/hougaard-sur-les-tablettes

    “the Lyon club has established contacts with the back Delon Armitage from Toulon and scrumhalf Springbok Francois Hougaard . The latter must, however, attend the Olympic Games in Rio with the South African team to seven , which could hamper its arrival in Lyon …”

  • 6

    This is one of those situations where one can’t blame the player for opting to take an overseas contract.

    I thought that Hougaard was one of the better SA players in last year’s Super Rugby, yet he failed to get the rewards.

    His biggest problem is that, although he specializes in 2 positions, those positions at the Bulls are earmarked for their PoC’s.

    The appointment of Paige as vice captain has all but closed the door on his aspirations as nr 9 and the wings, as we all know in SA rugby, is reserved for PoC’s.

    So Hougaard will be destined to sit on the bench at most as cover for wing and scrum half.

    This is a guy, who only a few years ago, was the poster boy for the Bulls, bare chested tat covered photo shoots for the Huisgenoot etc.

    By trying to make him a Fourie du Preez clone, the Bulls actually set him back a long way in his development at 9.

    He should have jumped ship to the Stormers when the rumors were floating around…..by staying in Pretoria he didn’t do himself any favors.

  • 7

    @ nortie:
    Hi nortie thanks for that link, did a search earlier of all the mainstream places that I know of but couldn’t find any reference to the possible move. It is a pity if Hougie goes but wish him all the best. As you say he hasn’t quite been allowed to establish himself after quite a while in the rugby there. At least though his talent was recognized as possibly being a bonus for the 7s hopefully if he goes he will do with an Olympic gold medal. Get what you say about being the poster boy but found that he didn’t come across as a Prima donna but a really nice polite bloke.

  • 8

    @ Bullscot:
    Hi Bully
    You must thank Macro for the link, he placed it.

    The Bulls got their pound of flesh out of Hougaard PR wise, but he also scored…..remember him being sponsored the Audi R8 with big fanfare?

    Maybe he does well at the Sevens, wish him well there, but I wouldn’t be surprised if the Bulls will want him just as a super sub. Paige is the new flavor of the month up at Loftus, as is the young back 3 that did so well in the earlier stages of the CC.

  • 9

    @ nortie:
    #8 gosh quite right nortie. Sorry Macro thanks for the link was lekker deurmekitaar there, although was probably because was still rubbing the sleep out of my eyes when I posted, well at least that’s my excuse and I am sticking with it I-see-stars

  • 10

    GBS (and others) – Are we having a 6 Nations SuperBru? The first games are on Saturday . . .

    Pondering

  • 11

    @ GoBokkeAndIreland:
    Hi GoBokkeAndIreland this 6 Nations feels like it could be hard to predict, don’t have a clue who will win it. SuperBru would be a good laugh, that is GBS territory.

  • 12

    MacroPolo wrote:

    @ Bullscot:
    The french press often name the wrong player… but this is what i found.
    http://www.leprogres.fr/lyon/2016/02/02/hougaard-sur-les-tablettes
    “the Lyon club has established contacts with the back Delon Armitage from Toulon and scrumhalf Springbok Francois Hougaard . The latter must, however, attend the Olympic Games in Rio with the South African team to seven , which could hamper its arrival in Lyon …”

    same info was in midi olympique (the rugby bi-weekly) on monday
    as for du preez

    they want a 9 and a 10
    former 9 of clermont and toulon mignoni is the manager
    he likes srum half who make the ball live…

Users Online

Total 27 users including 0 member, 27 guests, 0 bot online

Most users ever online were 3735, on 31 August 2022 @ 6:23 pm